Smul aan varkvleis

Vark as my voorkeurvleis is alombekend. Verlede week het ek tog te lekker geëksperimenteer met varkvleis daar in Herman Lensing se studio en verskeie videos vir Media24 geskiet. Die crew het heerlik gesmul aan van rafelvleispakkies tot roerbraai-soetsuurvark en varksteaks, selfs hamburgers en spaghetti bolognaise, om maar ‘n paar te noem. Dit het net weereens bewys hoe lekker en veelsydig varkvleis kan wees. Hier is ‘n lusmakertjie vir ‘n heerlike resep met soetsuursmake wat jy kan inspan vir van varkribbetjie tot tjoppies, steaks en heel varkfilet, selfs heel varklende. As ek haastig is, kook ek die ribbetjie vooraf eers in ‘n aftreksel gemaak van so 4 sakkies van Carmién se groen rooibostee met gemmer en brandrissie (Revive) op 750 ml (3 k) water. Die aftreksel kan jy ook in die pan giet as jy ‘n heel lende gaarmaak. Die rooibostee help om die vleis heerlik sag te kook, maar die gemmer en bietjie brandrissie verleen ‘n heerlike smaak wat lekker pas by varkvleis.

SOETSUUR VARKRIBBETJIES OF -TJOPS

Nes soet en suur werk Oosterse smake baie goed saam met vark. Die doodmaklike smeerselresep van gelyke hoeveelhede heuning en suurlemoensap met helfte sojasus is geskik vir van ribbetjies tot varktjops en heel snitte soos lende.

Genoeg vir 4 mense
Voorbereiding: 15 min
Gaarmaak: 30—40 min

SMEERSEL
90 ml (6 e) suurlemoensap en skil van 1 suuremoen
90 ml (6 e) heuning
45 ml (3 e) sojasous
6—8 knoffelhuisies, gekneus
2 brandrissies, ontpit en gekap
3—5 ml (ruim ½-1 t) 5/7-spesery Chinese poeier
VARK
1 varkribbetjie van sowat 1,5 kg of 6 varkneksteaks
Sout en peper
VIR VOORSIT
4 Granny Smith appels, gekap
45 ml (3 e) suiker
125 ml (½ k) water
60 ml (¼ k) botter
3 suurlemoene of lemmetjies vir voorsit
15 ml (2 e) Szechaun- of swartpeperkorrels

Voorverhit die oond tot 180°C.
1 SMEERSEL Meng al die bestanddele saam.
2 VARK Geur die ribbetjie met sout en peper en smeer die smeersel oor. Marineer 3—4 uur. Oondbraai 30—40 minute tot sag en gaar. (braai 45—60 minute oor matige kole). Smeer gereeld met die smeersel. Sny in ribbetjies, smeer die vleiskante ook met die smeersel en oondbraai vinnig tot bros.
3 VOORSIT Kook die appels, suiker en water saam tot sag. Plaas saam met botter en peper in ‘n voedselverwerker en maak fyn.
4 Sit appelmoes en lemmetjies voor saam met ribbetjies.

VIR HEEL VARKFILET Verf die smeersel oor die varkfilet en braai vinnig in ‘n verhitte riffelpan tot geseël buite-om. Plaas dan op ‘n bakplaat en sit vir 10 minute in ‘n 200°C oond en oondbraai tot die vleis bleek van binne, maar nie droog is nie, meestal duur dit so 10 minute afhangende van die grootte van die vleis. Sny in stukke en sit voor met ‘n patatpuree, roerbraaigroente indien verkies en ‘n vars vrugtesalsa soos appelliefies, gekapte perskes of mango, 1 klein gekapte rooi ui, gekapte koljanderblare en spatsel balsamieke asyn.

Mooi en veeldoelig

Ek is superopgewonde oor die Hausware-reeks wat ek saam met Swier, die lap-koningin van Moorreesburg, bymekaar gesit het en wat wissel van tafeldoeke, in verskeie groottes, tafellopers, pragtige kussings, oorgroot teedoeke, voorskote en selfs glasplanke en glasstoof-spatplanke. Wat my die meeste opgewonde maak en baie na aan die hart lê is die spesiale ontwerpe wat ek saam met hulle gestileer het en wat hul fotograaf, Daniela Louw so pragtig afgeneem het.

Op ‘n bloedig warm dag in die laatsomer het ons begin speel met breekgoed, messegoed en emaljegoed uit my huis wat ek oor jare as stilis bymekaar gemaak het. Daarby saam kleurvolle vars goed om die mooi van seisoene uit te beeld. Daardie ontwerpe is nie net gewoon mooi nie, maar ook baie spesiaal vir my en bring baie lekker onthoue terug. Jy kan amper sê “Carmen in portret”. Daarom het ek elk van die ontwerpe ‘n spesiale naam gegee: Sitrusdal vir die sitrusvrugte met die pragtigste vars kleure; Bergendal vir die een met perskes en Plaasvars vir die mooi eierontwerp – alles om my afkoms te gedenk. Dan is daar Nostalgie vir die prent met die ou boeke en silwergoed; Erfgoed vir die ou dienbord van Renate Coetzee en die messegoed uit my skoonma se huis; Ouma Suzie vir die een met die gerysde brooddeeg en spesiale kalenderlappie uit haar huis; Nagmaal vir die silwerkraffie met druiwe en Sjiek enamel vir die een met my spesiale versameling emaljeware saam met die sagte blomme.

Ek het egter nie net gepoog om dit pragtig en mooi te maak nie – dit moet prakties en veelsydig ook wees.

Die oorgroot teedoeke is geskik om van servet (hulle staan tog te mooi op ‘n bord) tot plekmatjie gebruik te word, selfs om breekware in toe te draai as jy dek. Maar jy kan ook jou brood daarin toevou of dit gebruik as vatlap om jou warm skottels mee vas te vat, selfs as vadoek, want die materiaal absorbeer goed vloeistof.

Die tafeldoeke weer se materiaal is supersterk en van so ‘n aard dat dit nie maklik vuiligheid gaan aantrek of kreukel nie. Dis ook ideaal is vir buite dek, want dit gaan nie gou uitbleik met jou ontwerpe wat in die niet verdwyn nie. Dit behou dus vir lank hul glans en mooi.

Die voorskote is van ‘n materiaal wat maklik skoon afvee, en wys nie gou vuil, so jy kan maar jou hande daaraan afsmeer sonder om die ontwerp te beskadig. Dit was ook goed. ‘n Ander groot lekkerte is die spesiale “plastieksakkie” wat daarop aangebring is waarin jy jou selfoon kan bêre en gemaklik naby jouk an hou sonder dat dit vuil of beskadig word. (Hopelik is die soektog na my selfoon wanneer ek besig raak nou iets van die verlede).

En dan is daar die glaskapplanke – supersterk en jy gaan hulle nie sommer gou gebreek kry nie – ideaal om op te sny, maar net so lekker om te gebruik as voorsitplank – ek pak van broodborde, pizzas en happies daarop uit of gebruik dit as skinkbord vir ontbyt of koffie en tee. Die gebruike is eindeloos.

Die stoofspatplanke is soortgelyk aan die kapplanke, maar groter om agter jou stoof te pas en jou kombuis ‘n ektra hupstoot in mooi te gee!

Gaan loer op Swier se webblad www.swier.co.za om te bestel; dis ook beskikbaar by verskeie winkels landwyd.

Van 8—11 September is ons ook by die Moorreesburgskou, so kom maak ‘n draai by die Swier-stalletjie en vanaf 17 Oktober tot 5 November 2022 by Stellenberg-kersmark.

Vir verdere navrae skakel: 083 409 6788

Lus vir soet

Ek kan nie eintlik my vinger daarop lê nie, maar die afgelope tyd oorval ‘n lus vir ietsie soets my nogals van tyd tot tyd. Eintlik het ek besluit dis die naderende lente wat seker die oorsaak is. Want soos ek die Weskus se blommeprag aanskou wat oral te bespeur is, is dit ook asof daar ‘n soet bloeiselgeur in die lug hang. Dis toe wat ek ‘n vorige boek van my nader trek en die koekhoofstuk van naderby beskou. Die maklike sjokoladekoek het ek anderdag gebak, so ook die rooi fluweel een en ook die kaaskoek. Net voor ek die boek wil toeslaan, val my oog op ‘n klapperkoek wat toentertyd baie gewild was in die toetskombuis. Buiten vir klapper in die koek, kry dit ook so ‘n tipe klapperstrooisel oor wat jy dan rooster onder die roosterelement van die oond. Soet, maar tog word dit in bedwang gehou deur die klappersmakie en jogurt wat dit inkry. ‘n Maklike koek om te maak en ek bak dit sommer in ‘n vierkantige pannetjie. Daar is wel heelwat suiker in, maar jy kan versoeter gebruik. Die koek is egter ook op my lysie om te kyk of mens hom dalk met klappermeel kan bak, maar ek weet dit gaan ‘n paar probeerslae verg, want klappermeel is moeilik om mee te werk. Sodra ek dit egter onder die knie het, deel ek die resep met julle. Maar vir nou kan ons maar klein blokkies sny en heerlik smul om die koms van die lente te gedenk.

PAPAWERSAAD-KLAPPERKOEK

Die klapperstrooisel wat na die tyd oorgesprinkel en geskroei word smaak hemels op hierdie klapperkoek wat met jogurt gemaak word.

Maak 1 groot vierkantige koek
Voorbereiding 20 min
Baktyd: 50 min

KOEK
3 ekstragroot eiers
375 ml (1 1/2 k) suiker
125 ml (1/2 k) olie
40 g papawersaad
100 g klapper
250 ml (1 k) bruismeel
Knippie sout
250 ml (1 k) natuurlike jogurt
Gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
STROOISEL
60 ml (1/4 k) room
80 ml (1/3 k) botter
125 ml (1/2 k) sagte bruinsuiker
160 ml (2/3 k) klapper
80 ml (1/3 k) pekanneute, gekap

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n 20 cm vierkantige koekpan goed met botter of spuit met kossproei. Stuif met meel.
1 KOEK Klits die eiers en suiker goed saam.
2 Voeg die res van die bestanddele by en klits goed.
3 Giet in die voorbereide pan. Bak 40—45 minute lank of tot ‘n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.
4 STROOISEL Verhit al die bestanddele vir die strooisel in ‘n kastrolletjie. Kook 1 minuut lank.
5 Keer die koek op ‘n bakplaat uit en skep die strooisel oor. Rooster onder die roosterelement van die oond tot die stooisel net effe verbruin.

Eiers tot die redding

My ma het altyd gesê: as daar eiers in die huis is, het jy kos op die tafel – van vroeg tot laat, ontbyt tot aandete en tussendeur, kan dit deel vorm van jou van jou spyse. Soveel meer so, noudat voedingskenners dit eens is dat een tot twee eiers maar daagliks deel kan uitmaak van jou dieet.

Eggs can be enjoyed with any mealtime: as a main dish, as an accompaniment to other meals or as a part of a recipe. The versatility of the egg places it amongst the top items required in basic culinary preparation, after all what other ingredient forms the base of so many recipes – from sauces to sweet treats, fish cakes to frittatas and not forgetting eggs as the perfect topping to a juicy steak or sandwich filler extraordinaire.

So, the deliciousness of eggs is confirmed, but how do they rate on the nutritional scale? Eggs contain protein and just the right mix of essential amino acids needed by humans to build tissues. This high-quality protein found in eggs makes them one of the most affordable substitutes for more expensive proteins in these tough financial times.

Next to affordability, another scarce luxury must be time. Rushing to work, fetching kids, helping with homework, how is one expected to produce nutritious and delicious meals for the family at any time of the day – not just breakfast? Including eggs is a good way to start, when all else fails who doesn’t enjoy a hearty frittata loaded with all those leftover veggies and rotisserie chicken sitting in the fridge? Or how about an onion tart – you have no idea how truly delicious it is!

Like EGGcellentFood on Facebook and follow us on Instagram @eggcellentfoodsa, for further information and recipes visit www.sapoultry.co.za

ONION TART

Serves 6- 8
Preparation time: 20 minutes
Cooking time: 30 – 35 min

INGREDIENTS
125 g butter
250 g bacon, cubed
4 onions, peeled and sliced
60 ml (4 tbsp.) flour
500 ml (2 cups) milk, lukewarm
4 large eggs
Salt and freshly ground pepper
150 g (about 1 ½ cups) grated cheddar cheese
Green salad and crusty bread to serve

  • In a large pan melt the butter, add the bacon and onions and fry until soft, about 6 minutes.
  • Stir in the flour to make a paste, and slowly pour in the milk stirring continuously.
  • Whisk the eggs and add to the milk mixture, stir well. Add the cheese and seasoning.
  • Pour the mixture into a pie dish and allow to stand until settled and at room temperature, about 20 minutes.
  • Preheat the oven to 200°C and bake until set, about 30 – 35 minutes.
  • Serve sliced with a green salad and crusty bread for lunch or a light meal.

Vinkel en koljander

Ek neem die spreekwoord, vinkel en koljander vandag sommer baie letterlik op – want vinkel en koljander pas soos ‘n bom by varkvleis. As die lus vir ‘n stukkie filet jou oorval, maar jy kan nie oor dit kom hoe duur beesfilet deesdae kos nie, is varkfilet jou antwoord. Ek gebruik dit baie graag, want ek hoef glad nie te kommer dat dit straks aan die taai kant gaan wees nie, dis altyd sag en baie bekostigbaar.

Sappig is dit wel, maar soms kan dit doen met ‘n bietjie ekstra geur, en dis dan waar die Carmen Niehaus-slaaisouse so handig te pas kom – hier kies ek die Zesty Fennel, want soos genoem, die geurprofiel pas perfek by vark. Geniet dit saam met ‘n patatpuree waarby jy ook bietjie rooi rooibospoeier met kollageen en kaneel van Carmién Tea gevoeg het.

Gaan so te werk:

  • Giet van die slaaisous oor die varkfilet en marineer so 20—30 minute sodat die geure lekker kan intrek.
  • Net voor jy braai kan jy dit dan kwistig geur met die Carmen Niehaus-braaisout, dit het weer lekker koljander in.
  • Sprinkel ook bietjie fyn broodkrummels oor en braai in ‘n verhitte pan, met ‘n oondvaste handvatsel, in bietjie olie tot alkant bruin.
  • Plaas die pan sowat 10 minute in die oond by 160°C sodat die vleis net-net gaar kan word van binne – dit moet net af van pienk af wees, maar nog sappig.
  • Berei intussen die patatpuree: Bak die heel patats met skil en al in die Airfryer tot sag, so 30—40 minute. Haal uit, skep die vleis uit die skille en maak fyn in die voedselverwerker, voeg die rooibospoeier by.
  • Skep die puree op ‘n dienbord, sny die filet in dik skywe en plaas bo-op. Geniet met slaai.

Die Carmen Niehaus-slaaisouse sowel as die soute is beskikbaar op die Carmién-webtuiste asook by die Carmién winkels by De Tol en Feines Deli in Seepunt asook by verskeie uitgesoekte winkels in die Wes-Kaap.

Opslag tamaties

Vir ‘n wyle hou ek nou al die plantjie wat neffens die agterdeur opgeslaan het, dop. ‘n Tamatieplant, ontdek ek by nadere ondersoek. En hy gedy by die dag al hoe meer. Ons tuinier het sy moontlikhede raakgesien en vir die plantjie ‘n oprankstokkie ingeplant. En die plantjie het nie teleurgestel nie. Toe ek besig was met foto’s vir my nuutste resepteboek, kon ek ruimskoots lote van die mooiste klein groen tamatietjies afpluk wat op vele plekke in die boek pryk. Ons is weg vir ons wildtuinkuier en by ons terugkoms het die plantjie omtrent ontpop in ‘n hele bos, oorlaai met tamatietjies, bloed-bloedrooi en heerlik geurig. Ek loop en peusel heeldag lank daaraan. Maar julle is ook na al goed bekend met my liefde vir slaai en met die oordaad tamaties wat so in my skoot geval het, is dit tog te lekker om ‘n paar maklike slaaie te bedink. Maar soos ek ook al vele kere vantevore genoem het, is dit die slaaisous wat die maak of breek van ‘n slaai is. Hierdie keer wend ek my dan tot die ruim oes van tamaties en maak ‘n slaaisous met songedroogde tamaties.

Rooi tamatie-vinaigrette

Die vinaigrette is ideaal om oor ‘n tipe Caprese of Panzanella-slaai te sprinkel. Sorg dat jy goeie kwaliteit olyfolie gebruik.

Maak 125 ml (1/2 k)

  • 2 knoffelhuisies, gekneus
  • 45-60 ml (3-4 e) songedroogde tamaties in vinaigrette, gekap
  • 30 ml (2 e) pesto van songedroogde tamaties (opsioneel, maar sien resep onder – dis heerlik)
  • 30 ml (2 e) vars pietersielie, gekap
  • 15 ml (1 e) vars origanum, gekap (opsioneel)
  • 60 ml (¼ k) olyfolie
  • 15 ml (1 e) balsemieke of sauvignon-asyn
  • 5 ml (1 t) suurlemoenskil, gerasper
  • vars gemaalde swartpeper
  • water of van die songedroogde tamatie-vinaigrette (sien onder) om die sous loperig te maak

Verwerk al die bestanddele in ’n voedselverwerker tot glad. Voeg water by om ’n loperige sous te kry.

Caprese-slaai

Die is ‘n heerlike vars slaai. As jy nie eiervrug kan kry nie, rooster sommer skywe murgpampoentjies of laat dit bloot weg. Ek geniet ook veral die variasie van die roomkaasbolletjies.

Genoeg vir 4 mense

  • Verskeidenheid groot rooi tamaties, in skywe gesny
  • Groot handvol baba-Roma-tamaties
  • 1 medium eiervrug, in skywe gesny en in ’n riffelpan of oond gebraai tot gaar, maar steeds lekker sappig en sag
  • sowat 8 swart olywe
  • 4 bolle bocconcinikaas, in stukke geskeur (sien ook wenk)
  • Basilieblare vir afronding
  • Tamatie-vinaigrette om mee voor te sit

1 Rangskik al die bestanddele op ’n bord en sit voor saam met die vinaigrette.

Wenk: skep roomkaas in bolletjies met ‘n teelepel en rol in broodkrummels. Braai in diepolie tot bruin en gebruik pleks van die bocconcini-kaas. As jy nie wil braai nie, rol die bolletjies roomkaas in gekapte pietersielie of selfs neute.

Panzanella-slaai

Brood in bonkige stukke gebreek is heerlik in hierdie slaai, gemaak met vars en oondgebakte tamatie.

Genoeg vir 4 mense

  • ½ ciabatta of rogbrood, in stukke gebreek
  • olyfolie
  • groot handvol baba-tamaties
  • 6—8 verskeidenheid groot tamaties, in stukke gesny
  • seesoutvlokkies en peper
  • 1 rooi ui, in skyfies gesny
  • Paar kappertjiesade
  • Tamatie-vinaigrette
  • Basilieblare vir afronding

Voorverhit die roosterelement van die oond
1 Pak die broodstukke op ‘n bakplaat, besprinkel met olyfolie en rooster tot bros, maar steeds effe sag van binne.
2 Pak die baba-tamaties ook in ‘n bakplaat, geur met sout en peper, sprinkel bietjie olyfolie oor en oondbraai terselfdertyd tot dit net effe oopbars.
3 Meng die baba- sowel as groot tamaties in ‘n mengbak saam met die ui en kappertjiesade. Giet bietjie slaaisous oor en laat staan so 10 minute.
4 Pak in ‘n slaaibord, stapel brood bo-op en sprinkel basilieblare oor.

Sondroë-tamatiepesto

Maak 375 ml (11/2 k)

  • 150 g sondroë tamaties
  • Kookwater
  • 8 knoffelhuisies, geskil
  • 100 g gepelde amandels of enige ander neuter
  • 45 ml (3 e) suurlemoensap
  • 60 ml (1/4 k) pecorino-kaas, gerasper
  • 80 ml (1/3 k) feta-kaas, in stukkies gebreek
  • 125—160 ml (1/2—2/3 k) olyfolie

1 Bedek die tamaties met kookwater en laat staan oornag om te versag. Dreineer, behou water, en knip die tamaties fyner.
2 Vul water aan tot 100 ml met kookwater.
3 Plaas die tamaties en water saam met knoffel, amandels en kase in die voedselverwerker.
4 Verwerk tot goed gemeng, maar steeds growwerig.
5 Voeg net genoeg olie deur die tuit by om ‘n loperige pasta te maak.
6 Skep in flessies en verkoel.

Spinasie-kaaskoek uit die bos

Ek is lief vir Popeye se sterkmaakkos en probeer spinasie op alle denkbare maniere inwerk wanneer ek kook. Ek is nou net terug van ‘n heerlike wildtuin-vakansie in die Krugerpark en het ook digby Phalaborwa verby gery. Dis toe wat ek weer aan hierdie besonderse spinasie-kaaskoek dink wat ek jare terug op Phalaborwa by die Masorini Lodge buitekant die dorp geproe het. Omdat mens daar in die bos maar moet maak doen met dit tot jou beskikking, word hierdie spinasie-kaaskoek sommer met blaarspinasie en nie baba-spinasie nie, gemaak. (Meeste lodges het ook nou hul eie groentetuine waar veral spinasie gedy – grootste uitdaging egter is om die wild uit die groentetuin te hou). Ek sukkel nie eers meer deesdae om van die stingels ontslae te raak nie, maar kap dit net lekker fyn op. Die oorspronklike koek het ‘n Bacon Kip-kors gehad, maar ek gebruik nou my gunsteling voedseverwerkerdegie wat ek tot inspan vir pizzakorse en bodder nie eers om die koek in ‘n koekpan te bak nie, maar vorm dit sommer so rowwerig op ‘n bakplaat. Ek maak selfs klein tertjies wat ek sommer net so sonder kors in muffinpanne bak.

Maak sowat 12 stukke
Bereidingstyd: 20 min
Baktyd: 35 min

KORS
1 x voedselverwerkerdeeg (sien resep onder)
VULSEL
45 ml (3 e) olyfolie
1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
3 repies rugspekvleis
230 g knopiesampioene (opsioneel)
600 g spinasie, goed afgespoel
200 g peperfetakaas
230 g geroomde maaskaas
10 songedroogde tamaties in vinaigrette
Sout en peper na smaak
2 ekstra-groot eiers
1 eiergeel gemeng met bietjie melk vir smeer oor kors

Voorverhit die oond tot 200°C. Smeer ‘n groot bakplaat en stuif met meel.
1 KORS Berei die deeg soos beskryf. Rol die deeg sowat 3 mm dik uit en plaas op die bakplaat, dit kan maar oor die kante hang. Prik die deeg. Verkoel.
2 VULSEL Verhit die olie en braai die ui, knoffel en spekvleis tot gaar. Laat effe afkoel
3 Plaas saam met die res van die bestanddele, buiten die eiergeel en melk, in die bak van ‘n voedselverwerker en verwerk tot goed gemeng.
4 Skep die deeg in die middel van die kors en vou die kante van die deeg oor die vulsel toe. Vou die kante effe terug sodat mens nog bietjie van die vulsel kan sien.
5 Verf die deeg met eiergeelmengsel en bak sowat 35 minute tot die deeg goudbruin en die vulsel gaar is. Sit louwarm voor in skywe gesny saam met ‘n tamatieslaai.

Variasie vir KORSLOSE TERTJIES: Skep die vulsel in gesmeerde diep muffinpanne en bak sowat 20—30 minute of tot gestol.

Voedselverwerker-deeg
160 ml (⅔ k) yswater
60 ml (4 e) olyfolie
500 ml (2 k) witbroodmeel
Sout
1 Meng die water en olyfolie.
2 Plaas die koekmeel en sout in die bak van die voedselverwerker of ‘n elektriese menger met die plastiek- of deeglem. Voeg die water stadig deur die tuit by terwyl die masjien loop en meng goed tot ‘n stywe deeg wat in ‘n bol vorm in die bak – meng te minste vir 5 minute, dan het mens nie nodig vir knie nie. Laat rus 15 minute. Gebruik soos beskryf.

Low Carb Lasagne

My ma se lasagne was fenominaal – die vleissous met lekker baie rooiwyn in, is lank en stadig geprut tot sielsalige lekkerte. Bo-oor ‘n heerlike ryk kaassous. Die resep wat sy gebruik het, het altyd gevra vir groen pastalinte, nie lasagnevelle nie (of miskien was dit net dat daar destyds bloot net nie lasagnevelle op die platteland beskikbaar was nie). Soos ek al meermale genoem het, is ek nie ‘n aanhanger van enige spesifieke eetplan nie, maar stel ek gesond eet voorop. Maar net soos wat ek van tyd tot tyd poog om my vleisporsies te verminder en meerendeels groente en peulgroente te geniet, is dit ook vir my goed om te kyk hoe ek koolhidrate in geregte kan verminder – en die maklikste plek om dit te doen, is met vleiskosse. Die legendariese lasagne-resep van my ma het ek dus aangepas en die groen pastalinte met eiervrug vervang en die kaassous met ‘n maaskaassous waarby heelwat spinasie ingewerk word, een van my gunsteling groentes. Heerlik en ideaal om sommer in groot maat te maak en te vries. My kleinsus, Aletta Groenewald, is ‘n meester as dit kom by vooraf kosmaak (pre-prep) en dit dan in eenman-porsies vries. Ideaal veral as jy, soos sy, vir ‘n handvol honger seuns moet kosgee. Sy het sulke nuttige porseleinbakkies, net genoeg vir een, aangeskaf wat sy hiervoor gebruik. Ekself span sommer klein broodpannetjies in. Net so handig om saam te stuur as die kinders hul eie woonplekke kry terwyl hul studeer of begin werk en mens so verhoed hulle leef nie net op takeaways nie en hoop hulle kry so iets voedsaams in hul lywe.

Genoeg vir 6 mense
Voorbereiding: 30 min
Gaarmaak: 60 min

VLEISSOUS
olie
1 ui, gekap
4 knoffelhuisies, fyngedruk
250 g spekvleis, in stukkies gesny
750 g ekstra-maer beesmaalvleis of selfs ‘n kombinasie van bees- en wildsvleis
65 g tamatiepasta
1 blik (410 g) gekapte tamaties
1 blik (410 g) tamatiepuree
15 ml (1 e) gekapte roosmaryn
Sout en peper na smaak
45 ml (3 e) suiker
2 ml (½ t) paprika
180 ml (¾ k) rooiwyn
SPINASIE-KAASSOUS
1 pak (300 g) spinasie, gekap en verhit tot verwelk en fyn gekap
2 bakkies (230 g elk) geroomde maaskaas
AFRONDING
3—4 eiervrugte, in lengte in dun skywe gesny
375 ml (1½ k) Mozzarella-kaas vir bo-oor sprinkel

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n oondbak of ‘n paar kleiner panne of oondvaste bakkies wat genoegsaam is vir ‘n porsie.
1 VLEIS Verhit die olie, braai die ui en knoffel tot sag. Voeg die spekvleis by en braai tot geurig. Voeg die maalvleis by en roer tot gaar (my ma het gehou daarvan om dit bietjie bruin te braai).
2 Voeg res van bestanddele by en prut tot geurig, sowat 30 minute.
3 KAASSOUS Meng al die bestanddele saam tot goed gemeng.
4 AFRONDING Pak die eiervrugskywe in enkellae in ‘n oondpan, geur met sout en peper en sprinkel bietjie olie oor. Oondbraai tot gaar en effe bruin, maar nie hard gebak nie (mens kan dit ook in die Airfryer doen).
5 Skep ‘n lagie vleissous in die oondpan(ne) of bakke, vervolg met ‘n laag eiervrug. Herhaal die lae tot alles opgebruik is en eindig met ‘n dik laag kaassous. Sprinkel die Mozzarella-kaas bo-oor. (indien jy dit maak vir vries, vries die porsies voor jy dit bak) Bak sowat 20—30 minute of tot die kaas gesmelt is.

Wenk: Om ‘n gewone lasagne te maak: Maak ‘n dik witsous met 60 ml elk meel en botter en 375 ml melk, waarby ‘n lourierblaar of twee gevoeg is. Roer ‘n goeie handvol Cheddarkaas by. Gebruik in plaas van die kaassous in die resep. Dompel lasangevelle in kookwater en gebruik in plaas van die eiervrugskywe. Berei verder soos beskryf.

Die mooi van lente

Elke jaar as ons terugkom van ‘n bossafari hetsy in Namibië of een of ander wildreservaat, word ons telkens begroet met ‘n kleurespel van die eerste lenteblomme sodra die N7 Bitterfontein nader – en hoe wonderskoonmooi is dit nie, veral as die stof en sand en kaal vlaktes wat vir ‘n wyle ons blyplek was, nog vars in ons geheue ingeprent is. Mens kan nie vra vir ‘n beter tuiskoms-verwelkoming nie. Ek weet dan by die huis wag ons Weskustuin in volle blom met voëltjies wat baldadig tussen die blomme fladder, teugend aan nektar. Mens kan nie anders as om in hul vreugde te deel nie, dan bak ek koek om die koms van die lente te vier, ‘n mooi rooifluweel ene, baldadig bestrooi met blomme uit my tuin. Die blomtema eindig nie net daar nie, dit vra ook vir blomtees, in die koek sowel om daarmee saam voor te sit – dan kies ek die Floral Berry-tee uit Carmién Tea se uiters gewilde blomteereeks met die teemengsels wat in spesiale piramied-teesakkies verpak is. (Nou die dag het ek ‘n slaggie deur die fabriek op die plaas geloop en verstom gestaan by die spesiale masjien wat die tee so netjies verpak) Ek koop sommer die pakkies partykeer ook net vir die mooi – julle weet, elkeen van daai blommetjies is oorspronklik met die hand geverf – hoe spesiaal is dit nie!

ROOI FLUWEEL-BESSIETEEKOEK

Die koek met sy mooi bessiekleure en geure word binne ‘n japtrap aanmekaar geslaan en jy maak net twee bakke vuil. Ek bak dit graag in ‘n Bundt-pan om dit meer spesiaal te maak. Die silikoon-Bundtpan verseker dat jy dit gemaklik kan uitkeer sonder dat dit wil vassit of breek. Versier die koek met wat jy tot jou beskikking het, maar vir lente moet dit blomme en mooigoed uit die veld wees.

Maak 1 groot koek
Bereiding: 20 min
Baktyd: 25 min

KOEK
625 ml (2½k) koekmeel
250 ml (1k) suiker
30 ml (2 e) kakao
10 ml (2 t) bakpoeier
2,5 ml (¼ t) sout
2 eiers
115 ml olie
250 ml (1 k) Carmién Tea Floral Berry rooisbostee (4 sakkies) en 1 bottetjie (40 ml) rooi voedselkleursel, gemeng
5 ml (1 t) vanieljegeursel
VERSIERSEL
230 g geroomde maaskaas
Sowat 30 ml (2 e) versiersuiker
Veldblomme vir versiering

Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit 1 silikon-bundtpan met kossproei.
1 Meng die droë bestanddele saam.
2 Klits die eiers en voeg die res van die nat bestanddele by. Klits goed.
3 Giet by die droë bestanddele en roer goed tot ‘n gladde beslag.
3 Giet in die voorbereide pan en bak sowat 40 minute of tot ‘n toetspen skoon uit die koek kom. Laat effens afkoel in die pan en keer dan uit op ‘n koekstaander.
4 VERSIERSEL Meng die maaskaas met versiersuiker tot soet genoeg na jou smaak.
5 Skep oor die koek en laat teen die kante afloop. Versier met blommetjies. Sit voor met Floral Berry-rooibostee uit die Carmién Tea-reeks.

Vroue met moed

Dis vir my lekker om my te omring met mense wat ‘n verskil maak en wat nie skroom om skouer aan die wiel te sit nie. Augustusmaand is vrouemaand en daarom is dit vir my goed om dan spesifiek te fokus op vroue wat hul kleim afgesteek het en wat vir my as inspirasie dien. En ek hoef nie eens ver te gaan soek nie, my inspirasie is baie na aan my en onlosmaaklik deel van my. My tweelingsus, Mientjie Mouton, is die CEO van Carmién Tea, die formididabele rooibos-maatskappy wat in net oor die 20 jaar se tyd gegroei het van ‘n amperese “one man brand” tot die internasionaal erkende handelsmerk wat nie net in Suid-Afrika stem dikmaak nie, maar ook in talle oorsese lande aansien geniet. Van ons twee het Mientjie beslis die besigheidsbrein, sekerlik aangespoor deur die vele stoepkuierpraatjies tussen my pa en sy broers wat sy so graag kleintyd sit en beluister het.

En toe die rooibosteebedryf dereguleer in die laat 1990’s het sy besluit om ‘n eie handelsmerk staan te maak. ‘n Maklike paadjie was dit gewis nie, maar tipies haar Van Zyl-gene was daar van moed opgee en tou opgooi net nooit sprake nie en bereid te wees om alles te doen, al beteken dit ook vloere vee. Van die begin af wou Mientjie Carmién ‘n internasionale handelsmerk maak en sy het nie geskroom om vrou alleen op die vliegtuig te klim om internasionale kopers te gaan soek of vele kere aan die deure van plaaslike supermarkte te klop nie. Sy het geweet om enigsins te oorleef in ‘n baie mededingende mark moes Carmien hulself onderskei… en dit het sy begin doen deur Carmién as ‘n premieproduk te posisioneer en internasionale sertifiserings te verkry.

Vir my persoonlik is dit egter die spesiale rooibos-vermengings wat met die jare gekom het, wat die grootste onderskeiding en uniekheid gebring het – nie net rooi rooibos nie, maar ook groen rooibos wat met verskillende natuurlike aktiewe bestanddele gemeng word wat nie net sorg vir verskillende geurprofiele nie maar ook funskioneel ‘n verskil maak. ‘n Koppie rooibos om nie net saam met kos te geniet nie, maar wat net so goed werk om kos mee te berei – daarom dat dit vir my so lekker is om die talle nuwe Carmién-tees op vele maniere in my geregte te gebruik want dit verleen so ‘n sagte geur aan kos, baie keer ook met unieke smake wat mens nie gewoonweg kan bewerkstellig nie. Deesdae is daar so baie soorte om van te kies – buiten die verskillende geure is daar ook die blomtee-reeks, gemaak met gedroogde blommetjies en vrugte wat in piramiedsakkies verpak word, nog ‘n nuutjie van Carmién of die cold brew-reeks waar jy die teesakkies sommer in koue water brou en dan is daar ook nog Carmién se pryswenners jenewers. Aan nuwe produkte is daar net geen einde niet, hulle is beslis aan die voorpunt as dit kom by die interpretasie van nuwe neigings op die teefront. Nog iets unieks wat hul begin het was die kos, tee en wyn “pairings” waar tee as deel van die ete aan tafel geniet word, nie net as paletskoonmaker dien nie, maar bring ook die smaak van die kos en die wyn na vore en dan natuurlik ook om te help met hidrasie.

Die “one man brand” het gegroei tot ‘n goed georganiseerde maatskappy met ‘n uitgebreide personeelkorps en soos terg Mientjie sê, wat tesame met hul lojale kliënte, vir haar ‘n groot inspirasie is en haar lewe ontsettend verryk. Syself is seker een van Carmién se grootste ambassadeurs en drink daagliks koppies vol daarvan – Creamy Mint en Revive met brandrissie en gemmer haar voorkeurtees. Sy is ‘n toonbeeld van hoe om ‘n gesonde lewenstyl na te streef; oefening is deel van haar daaglikse bestaan met haar springtou haar beste metgesel, selfs op oorsese reise. Gedrewe, selfgedissiplineerd leef, haar God haar grootste anker en gesonde familiewaardes ononderhandelbaar – dis hoekom ek haar salueer as ‘n vrou met mannemoed. Kom ons klink saam met haar ‘n glasie jenewer, gemaak met ‘n sakkie Carmién-rooibos, baie soda water en min tonic water.

Eenvoud op sy beste: basiese viskerrie

Dit was tydens ‘n eilandkuier op die Seychelles wat ek tot die besef gekom het dat dit baie keer die eenvoudigste kos met die mees basiese bestanddele is wat ‘n onuitwisbare indruk op mens maak. Ons het vir ‘n wyle kon tuisgaan by een van die plaaslike inwoners in hul houthuis reg voor op die strand waar ons van vroeg tot laat sommer kon instap in die louwarm water en snorkel om die prag van die onderwater te verken. Een aand is hierdie geurige kerrie, gemaak met die eenvoudigste bestanddele aan ons voorgesit toe ons moeghonger, maar tevrede van die strand teruggekeer het huis toe. Hier is my weergawe.

BASIESE VISKERRIE

Genoeg vir 4 mense
Voorbereiding: 7 min
Marineer: 15 minute
Gaarmaak: 6—10 min

1 ui, gekap
3 knoffelhuisies
5 cm gemmerwortel, gerasper
30 ml (2 e) olie
5 ml elk (1 t) elk vismasala, borrie en fyn komyn
2—3 brandrissies, ontpit en gekap
750 g geelbek of stokvis, in stukke gesny
Sout
Olie
Skil van 2 lemmetjies, sap van een
25 ml (5 t) tamatiepasta of 3 tamaties, ontvel
Groot handvol gekapte koljanderblare
4 kerrieblare (opsioneel)
45 ml (3 e) geroosterde klapper of sesamsade

1 Meng die ui, knoffel, gemmer, olie, borrie en komyn. Skep die borriemengsel oor die vis en laat staan 15 minute.
2 Skep die vis uit. Verhit nog klein bietjie olie in ‘n pan en soteer die uiemengsel tot sag. Voeg die brandrissie, lemmetjiesap en –skil saam met die tamatie, koljander en kerrieblare by. Prut tot souserig en geurig, so 5 minute.
3 Geur die visblokkies met sout, braai apart in bietjie olie tot bruin indien verkies. Verlaag die hitte, voeg die vis by die uiemengsel en prut tot die vis net gaar is, sowat 3—5 minute.
4 Sprinkel die klapper of sesamsade oor en sit voor met jasmynrys en komkommerslaai (sien resep).

KOMKOMMERSLAAI Sny ‘n halwe komkommer en 2 wortels in julienne-repies. Voeg ‘n gekapte brandrissie by. Meng 30 ml (2 e) elk suurlemoensap en sesamolie met 5 ml (1 t) heuning of bruinsuiker en giet oor.

Smul aan patatteesop en vier vrouemaand

Die immergewilde botterskorsiesop het ek nou omskep in ‘n fluweelgladde patatsop, maar wat ek ook nog doen, is pleks van groenteaftreksel te gebruik, ‘n aftreksel te trek van groen en gewone rooibostee. Daarvoor span ek dan Carmién Tea se groen rooibostee met camomile en ook die een met sitrus chai in (hulle is beskikbaar in die immergewilde blomreeks met die piramiedsakkies). Heeerlik!

Jy kan ook kom smul saamsmul aan hierdie heerlike sop en terselfdertyd ook jou kwota rooibostee koop by die Carmién teewinkel. Op 6 Augustus gee Petronel Baard ‘n uitvoering by De Tol Plaas Deli op die Piekenierskloofpas naby Citrusdal met haar interpretasie van ‘n Blom in elke vrou waar sy ‘n ligte, klassieke, digterlike reis deur die vier seisoene neem. By aankoms kan julle teug aan ‘n glasie soetwyn. Saam met die sop en roti, sal jy ook kan proe aan 3 van Carmién se heerlike verskeidenheid rooibostees en die pryswenners-Piekenierskloofwyne sal ook beskikbaar wees om te koop (ook per glas).

Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid om die koms van die blommeseisoen (en vrouemaand) te vier. Kry jou vriendinne bymekaar en gaan geniet ‘n daggie in mooi van die platteland. Vir meer inligting en om te bespreek, besoek hierdie skakel.

Fluweelgladde patatsop

Maak sowat 3 liter
Bereiding: 20 min.
Gaarmaak: 30 min.

SOP
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
Olie
15 ml (1 e) geroosterde masala of brejani-masala
1,5 kg geel patat, geskil en in blokkies (500 g daarvan kan ook botterskorsie wees)
1 appel, gerasper
5 sakkies groen rooibostee met camomile
5 sakkies rooibostee met sitrus-chai
2,5 liter (10 k) kookwater
1 sakkie (50 g) tamatiepasta
AFRONDING
45–60 ml (3–4 e) romerige natuurlike jogurt (opsioneel)
Groot handvol gekapte koljanderblare (opsioneel)

1 SOP Braai die ui en knoffel in ’n bietjie olie tot sag. Roer die masala by.
2 Voeg die botterskorsie, patat en appel by en meng.
3 Knoop al die teesakkies aanmekaar, verwyder die plakker en voeg by.
4 Giet die kookwater en tamatiepasta by, geur met sout en bring tot kookpunt.
5 Verlaag die hitte en laat kook tot die groente sag is, sowat 30 minute. Verwyder die teesakkies.
6 Maak die groente goed fyn met ’n staafmenger .
7 AFRONDING Skep in ’n sopbak of klein koppies of teepot, en roer die jogurt liggies deur en rond af met gekapte koljanderblare indien verkies.

Wenk: Indien die sop te dik is vir die tuit van jou teepot, verdun dit net effens met nog bietjie van die tee sodat dit gemaklik kan skink.

Die goedheid van groente en vrugte

Ek hou van vars goed, veral vrugte maar ook groente en voel sommer omgekrap as ek vir ‘n dag of wat nie my kwota groente of vrugte ingekry het nie. Dis die natuurlike soetigheid, brosheid en varsheid wat vir my lekker is en ek voel nooit ongemaklik geëet, al vergryp ek my soms daaraan nie.

Die aanbevole hoeveelheid groente en vrugte is ‘n verskeidenheid van vyf porsies groente en vrugte per dag (ongeveer 400g in totaal). Dit mag baie klink, maar met slim beplanning kan jy dit inwerk by jou gewone geregte soos in bredies, deur maalvleis geregte daarmee te rek, in slaai of sop. Jy kan gerus bevrore groente koop, hul voedingswaarde vergelyk goed met die van vars groente. Sommige bevrore produkte se voedingswaarde is selfs beter omdat daar beter beheer oor vervoer en berging is. Bevrore groente is ook soms goedkoper as vars alternatiewe, veral as jy dink vars groente gaan bederf.

Groente en vrugte bevat baie voordelige voedingstowwe, soos veral vitamiene, minerale en antioksidante, wat ons gesondheid bevorder en imuunstesel opbou en sodoende beskerming bied teen siekte soos verkoues, asook diabetes, hartsiektes en sekere kankers. Groente en vrugte bevat min vet en is meestal laag in kilojoules/kaloriee, so dit kan ook help dat jy ‘n gesonde gewig handhaaf.

Groente en vrugte bestaan meerendeels uit koolhidrate, wat wissel van soort tot soort. Groentes soos spinasie en brokkoli bevat min koolhidrate teenoor tipiese styselbevattende groente soos aartappel en patat. Groente en vrugte se groot pluspunt is dat dit buiten water ook veral vesel bevat. Die vesel, help om die omskakeling van koolhidrate tot suiker te vertraag en keer daardeur dat die bloedglukose vlakke skielik die hoogte inskiet.

  • Botterskorsie is anti-inflammatories, hoogs alkalies, help om cholesterol te verlaag, bevat baie vitamien C en die koolhidrate wat dit bevat word stadig verteer en het dus meer gereguleerde bloedglukose vlakke tot gevolg.
  • Sitrusvrugte is nie net gelaai met vitamien C nie, hulle het ook ‘n alkaliese uitwerking op liggaam al is hulle opsigself suur.
  • Brokkoli is alkalies, ‘n natuurlike antibiotika en ryk aan kalsium en vesel.
  • Bloubessies bevat baie antioksidante en word as ‘n superkos beskou.
  • Groenbone bevat baie vesel en is gelaai met vitamien C, help om been digtheid te bevorder.
  • Uie is ‘n natuurlike antibiotika en anti-septies, help om die bloed te suiwer, bloedglukosevlakke te reguleer en help die liggaam veg teen kanker en hartsiektes.
  • Pynappel is anti-inflammatories en help veral om inflammasie in gewrigte en spiere te voorkom, verder bou dit die immuunstelsel op en verbeter bloedsirkulasie.
  • Tamaties help om inflammasie te verlaag, verbeter beengesondheid en gee die immuunstelsel ‘n hupstoot.
  • Spinasie is anti-inflammatories, hoog in vesel, antioksidante en yster (eet sitrusvrugte daarby vir beter absorpsie) en help met brein- en senuweestelsel funksies.
  • Patat bevat baie vesel wat dermkanaalfunksie aanhelp en ook help om bloedsuikervlakkte te reguleer. Daarby is dit anti-inflammatories en versterk die immuniteit.

Dadelteebrood

‘n Swaarder weergawe van desjare se tipsytert en ‘n goeie voorbeeld van waar mens deur die byvoeging van dadels die suiker in gebak kan verminder. Pleks van die gebruiklike suikerstropie oor kry dit ‘n maaskaasversiersel – dan hoef jy dit nie met room voor te sit nie. Hierdie is ook ‘n lekker lusmaker, want ek het nou net klaar geskiet aan ‘n splinternuwe resepteboek wat teen die einde van die jaar vrygestel word. Daarin gaan jy nog resepte vir van piesang- tot gemmerbrood kry wat op slim maniere met minder suiker berei word.

Maak 1 teebrood
Voorbereiding: 15 min
Baktyd: 50 min

BROOD
250 g dadels, gekap
50 g botter
160 ml (⅔ k) bruinsuiker
250 ml (1 k) sterk rooibostee of water
5 ml (1 t) koeksoda
2 eiers, geklits
500 ml (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
5 ml (1 t) fyn gemmer
5 ml (1 t) fyn kaneel
Knippie sout
100 g okkerneute, gekap
VERSIERSEL
230 g roomkaas
30 ml (2 e) heuning
Koekheuning en vrugte (bv. heel vye ) of gedroogde appelskyfies vir bo-op

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n medium broodpan.
1 BROOD Plaas die dadels, botter, suiker, tee of water en koeksoda in ‘n kastrol en kook 5 minute saam. Koel af.
2 Voeg die eiers by en sif die droë bestanddele oor. Voeg die neute by en meng liggies.
3 Skep in die voorbereide pan, maak gelyk en bak 50 minute of tot ‘n toetspen skoon uit die middel van die brood kom.
4 Laat effe afkoel in die pan, keer uit en laat heeltemal afkoel.
5 VERSIEREL Meng die roomkaas en heuning en skep oor die brood. Versier met koekheuning en vars vye of gedroogde appelskyfies.

Die soet en suur van suiker

Suiker se onderrok hang lelik uit, en die slegte reputasie is nie onverdiend nie, want die vernietigende effek van ‘n langdurige oormatige inname daarvan raak net al hoe meer: nie net is dit verslawend nie, maar beïnvloed jou geheue en breinfunksie en ‘trigger” inflammasie; dit kan tandbederf en tandvleissiektes veroorsaak en selfs jou oë aantas (bv. tydelike wasige sig). Suiker, veral fruktose in gaskoeldrank en lekkergoed is skadelik vir die lewer en vel. Dit kan ook die niere en hart beskadig en die balans van die goeie bakterieë in ons spysverteringskanaal versteur asook gewigstoename veroorsaak. Wanneer jy gereeld ‘n oormaat suiker inneem, kan dit begin veroorsaak dat jou liggaam nie behoorlik op insulien reageer nie en die pankreas nog meer insulien vervaardig. Dit kan lei tot diabetes.

Dis egter nie suiker opsigself wat gif is nie. Glukose (die mees eenvoudigste vorm van suiker) is jou brein se hoofbron van energie en is noodsaaklik om optimaal te funksioneer. Mens moet egter onthou dat jy suikers uit ‘n klomp ander natuurlike kosse kan kry: alle koolhidrate (bv wat in graanprodukte, styselbevattende groente, vrugte en peulgroente voorkom) word in suikers afgebreek en kan jou liggaam van glukose voorsien. Dis dus selde nodig (behalwe tydens intense oefening) om enige bygevoegde suiker in te neem vir energie, Dis juis hierdie bygevoegde suikers wat die groot sondebok is. Hierdie suikers is buiten vir in tafelsuiker, ook verskuil in veral gaskoeldranke, energiedrankies, selfs vrugtesap, lekkernye en ander versnaperinge.

Suiker-inhoud in vrugte

Baie vrae het ook afgelope tyd ontstaan oor of die suikerinhoud van veral vrugte sleg is vir ‘n mens. Fruktose is die suiker in vrugte en party groentesoorte. Die fruktose in heel vrugte en groente word stadig afgebreek omdat dit heelwat water en vesel bevat en ook lank neem om te kou, daarom gaan dit nie veel skommeling op bloedglukosevlakke hê nie. Die fruktose-inhoud verskil egter tussen vrugte, so mens moet steeds verstandige keuses maak en porsies beheer. Die groot bohaai oor fruktose wat die lewer kan beskadig gaan egter oor hoëfruktrose-mieliestroop oftewel HFCS, wat baie in verwerkte kosse gebruik word. As fruktose tot HFCS verfyn word, verloor dit die vesel en voedingstowwe wat jou liggaam help om die fruktose goed te verwerk. As mens te veel daarvan inneem deur veral verfynde kosse te eet, kan dit lei tot insulien weerstandigheid wat gepaard gaan met die opbou van vet in die lewer.

Met bogenoemde in aggenome het ek begin om bygevoegde suiker in veral soetigheid en gebak so min as moontlik te maak en dit grotendeels te vervang met natuurlike soetmakers soos vrugte, veral appels en dadels asook groente soos patat wat ook baie vesel bevat. Deur met baie speserye en kruie te kook, verlaag jy ook die lus na soetigheid.

Al is dadels van die vrugte wat die swaarste gelaai is met suiker – 12 dadels bevat altesaam 15 1/2 teelepels suiker- het dit ‘n lae glukemiese indeks en is gepak met voedingstowwe, anti-oksidante en vesel. Saam met die gebruik van ander bestanddele soos sade, neute en klapper verminder die hoë veselinhoud die uitwerking van die suiker op die bloedglukose. Sien later die week my resep vir ‘n heerlike dadelbrood.

Mossels op sy lekkerste

Ek was nog altyd lief vir mossels, veral ‘n dik geurige mossel-chowder gemaak met vars mossels, is ‘n gunsteling van my. Nou se dae hoef mens glad nie meer te kla dat jy nie vars mossels in die hande kan kry nie. Hulle word nou op mosselplase teen die Weskus en by Knysna gekweek en is op die groen SASSI-lys. Mooi skoon en jy hoef nie te kommer oor sand nie. Die prys is ook glad nie sleg nie. Bevrore gaar mossels, steeds in hul skulp, is selfs in supermarkte te kry. Die afgelope tyd het ek ‘n paar keer melding gemaak van kollageen en dat mens genoegsaam daarvan moet inkry, veral soos mens ouer word. Omdat mense meerendeels dink hulle moet ‘n smoothie aanmekaarslaan om kollageenpoeier by te werk, is dit iets wat baie maklik tydens die koue wintermaande vergete kan bly, want wie wil nou in ysige koue aan ‘n koue smoothie teug. Moenie kommer nie, soppe is ideaal om ook bietjie kollageen in te werk. Hierdie chowder is ideaal – ek gebruik graag Carmién Tea se groen rooibospoeiers met kollageen en klapper by.– nie net verleen dit ekstra goedheid nie, die geurprofiele vul mekaar soomloos aan. Die ander groot pluspunt is dat dit regtig binne minute gereed is. Sit dit voor as ‘n voorgereg of geniet as ligte ete saam met ‘n varsgebakte brood of saam met platbrood

Thaise mosselsop

Genoeg vir 4 mense
Voorbereiding: 10 min
Gaarmaak: sowat 7 min

200 g uie, gekap
3 knoffelhuisies, fyngekap
Olie
1 blik (400 g) ligte klappermelk
1 blik (400 g) gekapte tamaties
45 ml (3 e) Carmién groen rooibospoeier met kollageen en klapper
Groot handvol vars koljanderblare
5 ml (1 t) bruinsuiker
Sout en peper
1 kg bevrore gaar mossels in skulp
Sap van 2 lemmetjies
Koljanderblare vir afronding

1 Braai die ui en knoffel in ‘n pot tot sag.
2 Meng die klappermelk en tamaties saam in ‘n bak en voeg by die gebraaide uie.
3 Sprinkel die groen rooibospoeier oor en meng in. Sprinkel die gekapte koljanderblare oor.
4 Geur met lemmetjiesap, sout en peper na smaak en ‘n knippie suiker.
5 Voeg die mossels by, bedek die pot en bring tot kookpunt. Laat prut, sowat 5 minute of tot die chowder lekker warm is.
6 Sprinkel vars koljanderblare oor en sit voor met brood.

Roerbraai in ‘n kits

Menige dag wend ek my tot ‘n roerbraai as ek vinnig iets te ete wil berei wat ook voedsaam is. En dis dan wanneer my reeks Carmen Niehaus-rooibosslaaisouse so handig te pas kom. Want ja, hulle is nie net geskik vir oor slaai nie, dit kan net so lekker in roerbraaie gebruik word. Veral die Carmen Niehaus-Fynbos-slaaisous met sy tikkie boegoe in, is heerlik in hierdie hoenderroerbraai. (Gebruik die Zesty Fennel een met sy vinkelgeure as jy ‘n varkroerbraai maak). As jy tyd het, laat lê die hoenderfilette vooraf ‘n bietjie in die slaaisous om te marineer. Dis ook nie nodig om ekstra olie in die pan te gooi om die roerbraai in te doen nie, sprinkel net van die begin af van die slaaisous oor. Die groente kan jy varieer soos wat jy beskikbaar het. Maak die groente ook net skrik in die pan sodat dit lekker bros kan bly. Ek hou veral van bietjie neute oor die roerbraai gesprinkel – kasjoe- of grondbone is lekker.

Die Carmen Niehaus-slaaisouse en soute is beskikbaar op die Carmién Tee-webtuiste asook by verskeie plaasstalle en deli’s in die Wes-Kaap.

4 hoenderborsfilette, in repies gesny
1 bottel (250 ml) Carmen Niehaus Fynbos-rooibos slaaisous
Carmen Niehaus Fynbos sout
GROENTE
1 ui, gekap
4 knoffelhuisies, fyngedruk
1 rooi brandrissie, in stukkies gesny (opsioneel)
Halwe rooi of wit kopkool, in dun repies gesny
2 wortels, in julienne-repies gesny
1 rooi of groen soetrissie, in repies gesny
Paar sampioene, in skyfies gesny
Kwart kop blomkool of broccoli, in blommetjies gebreek
3 stingeluie, in stukkies gesny
eiernoedels vir voorsit
gekapte kasjoeneute of grondbone vir bo-oor sprinkel

1 Plaas die hoenderrepies in ‘n bak en giet helfte van die bottel slaaisous oor. Laat staan terwyl jy die groente gereed kry en solank ook die noedels vinnig kook.
2 Geur die hoenderrepies met die Carmen Niehaus Fynbos sout.
3 Verhit ‘n kleefvrye pan tot goed warm en braai die hoenderrepies in stukke daarin tot gaar, voeg van die slaaisous waarin die hoender gemarineer was terwyl jy braai. Skep uit, behou die slaaisous in die pan.
4 Voeg die ui, knoffel en brandrissie in die pan en roerbraai effe. Voeg dan die groente by en roerbraai vinnig tot nog baie bros. Giet die res van die slaaisous oor.
5 Voeg teen die einde die eiernoedels by en meng deur, verhit tot warm, geur met nog sout soos nodig.
6 Skep in bakkies en sprinkel die neute oor.

Ontspan met tee en beskuit

Niks help so goed om bietjie tot verhaal te kom wanneer dinge ietwat op galop begin gaan as om te ontspan met ‘n koppie rooibos saam met ‘n beskuitjie wat jy daarin kan doop nie. Des te beter as die tee ook kalmte bring. Carmién Tea, wat teen die tyd nou al goed bekend is vir hul innoverende teemengsels het daarvoor ook net die regte tee – Calm is ‘n natuurlike rooibos gemeng met ‘n fraksie CBD by en het subtiele geure van grenadella en suurlemoenbalsem. Ek het hierdie tee ook ingespan om ‘n heerlike neuterige beskuit te maak wat mens binne ‘n ommesientjie aanmekaar slaan en wat nie eens eiers of melk inkry nie.

Deluxe nutty wholewheat rusks

These delicious rusks are loaded with nuts and seeds and made with rooibos tea containing CBD (THC free). The rooibos tea adds subtle notes of lemon balm and passionflower to the rusks. The rusks contain no egg or milk, making them suitable for vegetarians and vegans as well.

Makes 60—80 rusks
Preparation time 20 in
Baking time: 50—60 min
Drying time: overnight

375 ml (1½ c) white bread flour
10 ml (2 t) baking powder
5 ml (1 t) bicarbonate of soda
5 ml (1 t) salt
500 ml (2 c) wholewheat flour
250 ml (1 c) oats
160 ml (⅔ c) sugar
125 ml (½ c) sunflower seeds
125 ml (½ c) pumpkin seeds
250 ml (1 c) cranberries
250 ml (1 c) nuts, chopped
250 g coconut oil, melted
375 ml (1½ c) lukewarm Carmién Calm rooibos tea with CBD, passionflower & lemon balm, made with 6 bags
15 ml (1 T) unfiltered apple vinegar

Preheat the oven to 180°C. Spray an oven-roasting pan with spray & cook.
1 Sift the flour, baking powder, and bicarbonate of soda and salt together in a large bowl. Add the rest of the dry ingredients and mix well.
2 Mix together the coconut oil, rooibos tea and vinegar.
3 Add to the dry ingredients and mix well. Turn the dough into the prepared tin and spread evenly.
4 Bake for 50—60 minutes or until a testing skewer comes out clean from the centre of the rusks.
5 Turn out onto a wire rack and leave to cool. Cut into neat fingers and arrange in a single layer onto a baking tray.
6 Dry out in the oven at 90°C until completely dry. Store in an airtight container.
7 Serve with a cup of Carmién’s Calm rooibos tea or Red Mocha rooibos tea.

Nostalgie opgeklits

Onthou julle nog destyds se dadelbolletjies – naas crunchies was dit sekerlik van die lekkerste tuisgemaakte soetgoed waaraan ek my kleintyd gereeld vergryp het. Deesdae sien ek hulle weer gereeld op veral padstalle se rakke en dit kos wilskrag om nie ‘n pakkie te koop nie – maar dan onthou ek weer die resep – die baie margarien en suiker waarby die dadels en mariebeskuitjies ingemeng is. Dis toe wat ek dit goeddink om so bietjie te timmer aan die oudagse lekkerte. Geen meer margarien of ekstra suiker nie en pleks van die Mariebeskuitjies gebruik ek nou hawermout, maar die grootste bonus is die rooibos espresso wat ‘n subtiele nuwe geur daaraan verleen. Ek hou veral daarvan om die chai-espresso daarby in te meng. Ek weet ook nie of julle nou al agtergekom het nie, maar elke nou het ek ‘n ander gunsteling tee uit Carmién Tea se wonderlike verskeidenheid rooibostees. Dan drink ek letterlik koppies vol daarvan sommer so al om die uur, veral as ek vassit agter my rekenaar. Deesdae is my nuutste gunsteling rooibos cuppaccino, gemaak met Carmién se rooibos espresso, sommer so ‘n dubbele sterkte daarvan. As ek ‘n vinnige draai gooi by die Carmién-teewinkel by die Feines Fine Foods Deli in Seepunt, staan die koppie sommer al klaar reg, ek hoef nie eers te vra nie.

ESPRESSO DATE BALLS

Makes 40 balls
Preparation time: 20 min

400 g pitted dates
1,25 ml (¼ t) bicarbonate of soda
125 ml (½ c) boiling water
375 ml (1½ c) oats or 1 packet (200 g) sugar-free bran biscuits
125 ml (½ c) cacao
250 ml (1 c) desiccated coconut
80 ml (⅓ c) coconut oil, melted
45—60 ml (3—4 T) Carmién Rooibos Espresso (Natural or Chai)
Desiccated coconut for rolling

1 Place the dates in a glass bowl and sprinkle over the bicarbonate of soda. Pour over the boiling water and microwave for 1 minute. Let cool.
2 Place dates with the rest of the ingredients except the coconut needed to roll the balls, in the bowl of the food processor and process till a smooth paste is formed.
3 Scoop out 12,5 ml (1 dessert spoon) of the mixture and roll in balls, then roll in coconut. Refrigerate till needed.

Hint: Add some honey if you prefer a sweeter date ball.

Braai op safari

Die wintervakansie is om die draai en wat ‘n verligting en blye vooruitsig: mens kan weer ‘n lekker toersafar aanpak! Ja, na twee jaar is ons super opgewonde om vir ‘n slaggie weer in die wiltuin te gaan kuier. Ons hou van kamp, want dan is jy so lekker naby die natuur. Saans pak ons ‘n vuurtjie en braai ‘n vleisie of soms sommer net ‘n braaibroodjie. Ek kan nie wag nie (en ek gaan julle ook vanuit die wildtuin vertel watter avonture ons alles beleef).

Maar daarmee gepaardgaande kom mos vele voorbereidings. Ons toerwa is reeds gediens en alles wat moet saam, begin staan die hele garage vol, want na twee jaar is dit al asof jy van nuuts af jouself moet vergewis van wat alles ingepak moet word. Die vleis is reeds gekoop en netjies in pakkies, net genoeg vir een keer se braai, vakuumverpak. Ons maak ook graag ons eie veeldoelige braaisous wat sommer as marinade ook dien en ook in ‘n potjie gebruik kan word.

ROOIBOS BRAAI SAUCE

The combination of various Carmién Tea infused rooibos teas helps to create an interesting flavour profile to this versatile braai sauce that is ideal to use over chicken as well as pork and lamb. Apart from the rooibos, it has subtle notes of ginger and chilli, fenugreek and fennel as well as lemon. The rooibos in the sauce also serves as a tenderizer and makes it ideal to marinade tougher meat cuts in. The sauce can be used in a potjie as well. To add a more unique flavour to your braaivleis, season the meat with one of the Carmen Niehaus salt and rooibos combos. I have used the Fynbos salt (green rooibos with a hint of buchu in the mix) on our meat. You can also use the Carmen Niehaus Braai salt.

BRAAI SAUCE
8 Carmién Revive (green rooibos with ginger & chilli)
5 Carmién Nursing (rooibos with fenugreek & fennel)
4 Carmién Zesty Lemon (rooibos with lemon)
750 ml (3 c) boiling water
80 ml (⅓ c) oil
1 onion, chopped
3 cloves garlic, crushed
60 ml (¼ c) apple cider vinegar
4 sachets (50 g each) tomato paste
100 ml brown sugar
15 ml (1 T) mustard powder
10 ml (2 t) Worcestershire sauce
Salt to taste
CHICKEN
12 chicken pieces
Carmen Niehaus Braai or Fynbos salt

1 SAUCE Place the tea bags in a large mixing bowl, add boiling water and infuse for about 5 minutes; squeeze the bags to remove all liquid and remove the bags.
2 Heat the oil in a large pot, add the onion and garlic and stir till soft. Add the rest of the ingredients, including the tea. Stir well and bring to a boil. Lower the heat and simmer for 15 minutes till the sauce has reduced and a nice flavoursome sauce has formed. Let cool.
3 Arrange the chicken pieces in a single layer in a large dish. Season with salt. Pour over the marinade. Leave to marinate for at least 1 hour but preferably overnight.
4 CHICKEN Arrange the chicken on a braai grid and braai over moderate coals till done, about 30—40 minutes or until the juices run clear. Brush frequently with the braai sauce.
5 Pour the leftover marinade into a small saucepan and bring to a boil. Boil until reduced to a thick sauce. Serve the chicken with bread rolls or pap and spoon over some of the sauce.

HINT: Store any of the leftover sauce (that has been cooked) in the fridge for a week or two and use it for your next braai. If you want a more fiery sauce just add more Carmién Revive green rooibos (with ginger & chilli) when making the tea.