Elektrisiteit-loosheid hoef ons nie hande in die hare te laat nie. Dan bedink ons alternatiewe maniere om kos te maak.
Tag Archives: carmen niehaus
Peusel aan platbrood
Vir ‘n geruime tyd begin ek al hoe meer opmerk hoe baie mense weer heerlik saamkuier met ‘n broodjie in die hand. Maar nou het die fokus veral verskuif na platbrode, hetsy bros en brekerig of sag en degerig
Avo’s stap voor
Toe ek moes kies watter gereg ek by die huis weer wil uitprobeer en op my manier interpreteer het my keuse op die koningklip geval. Dié het my op ‘n manier laat terugdink aan die gewilde Avokado-Ritz soos van ouds waarvoor Suid-Afrikaners so lief was.
Bobaas Bobotie
Bobotie is net so eie aan ons kultuur en mens sou maklik kon dink dat daar ‘n basiese resep is waarvolgens meeste mense werk. Toe glad nie, daar’s verskeie en elke familie klou vas aan hul resep.
Afrika-geure
Soos wat ek julle vertel het begin Februarie is antieke grane en veral Afrika-grane een van die groot kostendense vir 2023. Ek nader toe vir Local Village Foods om vir my produkte te stuur.
Die soet van suurlemoen
Jare gelede het ek ‘n trefferresep vir ‘n heuning-suurlemoenhoender in Wenresepte 5 gepubliseer. Dit het ‘n staatmaker in my huis geword.
Smul aan rys
Ek was bevoorreg om laas week die gesprek te lei by een van die boekbekendstellings van Isabella Niehaus en Louis Jansen van Vuuren se boek, Daar’s ‘n vegan op my VERANDAH (gespel met ‘n H ja!).
Vis en brood
Jare gelede het ek op die Seychelle-eilande die geurigste kerrie, gemaak met die eenvoudigste bestanddele geproe. Hier is my weergawe.
Weskusjuwele
Die Weskus is ‘n spesiale plek met vele weggesteekte juwele – dié ontdek ons so stelselmatig noudat ons permanent teen die Weskus bly. En wat ‘n verrassing toe ek na “The Ultimate Guide to the West Coast” kyk wat onlangs op Inside Guide in samewerking met Discover Cape Town and the Western Cape gepubliseer is.
Gesonder produkte
In my Lekker & Goed-reis op soek na heilsame kos wat gesonder is maar steeds heerlik smaak, was dit veral my missie om gesonder produkte te gebruik wat maklik verkrygbaar is en jou nie ‘n arm en ‘n been gaan kos nie.
Valentynsvreugde
In my jare as kosredakteur was die spesiale temas wat daar deur die jaar op gefokus was nogals vir my ‘n uitdaging. Een wat my veral soms laat kop krap het was Valentynsdag, want sien, hierdie storie moes alreeds afgehandel en klaar in die sakkie wees voordat ons vir die jaarlikse Kersvakansie gebreek het.
Kweek jou eie groente
Met dié dat plantkosse en groente een van die groot kostendense vir 2023 is, het ek dit goedgedink om weer ‘n groentetuintjie by my Weskushuis aan die gang te kry.
2023 se top kostendense
Volgens my is die beste Suid-Afrikaanse aanlyn-kostydskrif wat daar tans is Crush. Hier kry ek nie net heerlike inspirasie vir resepte nie, maar ook wonderlike addisionele inligting wat alles met kos en nuwe bestanddele te make het. ‘n Paar weke gelede het hulle die top kostendense vir 2023 gedeel en ek kyk graag bietjie dieper daarin.
Rooibos, die nuwe goudstandaard vir gesonde kinderdrankies
Die Star Saturday berig laas week dat KRUIETEES 2023 se groot gonswoord gaan wees as gesonder alternatiewe drankie, spesifiek vir kinders. Ook dat dit selfs vrugtesappies kan uitkikker as die nuwe goudstandaard vir gesonde kinderdrankies.
Eiers: perfek vir die kosblik
My ma glo vas solank jy eiers in die huis het, kan jy iets te ete op tafel sit, van ontbyt tot aandete en selfs as inpakkkos.
Mediterreens bo
Dis ‘n nuwe jaar en vir baie is beter eetgewoontes (ook met die idee om ‘n paar kilos te verloor), deel van hul nuwejaarsvoornemens. Hier’s ‘n paar redes hoekom die Mediterreense eetplan so gewild is.
Waatlemoenfees
Desjare het ons vele waatlemoenfeeste in verskeie formate beleef. Maar waatlemoen werk net so goed by ‘n statige maaltyd.
Waatlemoenlafenis
Deesdae word waatlemoen ingespan op vele maniere, vir van peuselkos tot slaai, saam met vis en seekos is dit heerlik en doen ook sy ding as dit by ietsie soets na ete kom.
Meer as net ‘n mengelslaai
As dit so warm is buite, is geen mens lus vir warm kos of allermins lang ure in die kombuis spandeer nie. So koel slaaie wat verfrissend en vars, maar tog vullend is, is die oplossing en raak my “go to” etes.
Wholesome Lunch Boxes
Packing lunch boxes for the kids that are wholesome and lekker at the same time can be quite a challenge. With these delicious and easy recipes which are also ready in a jiffy there is no need for panic any more.