Tee en skons

Daar is darem maar net iets spesiaals aan ‘n varsgebakte skon om saam met jou gunsteling tee (deesdae is myne die Carmién groen rooibos Earl Grey) te geniet. Ek het nou al so baie vertel hoe my ma ons leer skons bak het, die botter netjies ingevryf en die meel hoog gelig om lug te kry. Maar as die lus vir skons my so ongesiens betrap, of jy gou-gou ‘n eetdingetjie wil optower wat mense nie dadelik van die hand gaan wys omdat daar te veel suiker of vet in is nie, vat ek kortpad – skons gemaak met bietjie olie en jy meng alles net liggies saam met ‘n slaplemmes. Geen uitrollery nie! Ek skep dit sommer in oondvaste bakkies of flessies (of jy kan selfs ou bakpoeierpotjies gebruik), andersins sal ‘n muffinpannetjie ook doen, maar die potjies lyk nogals vir my mooi as jy dit sommer so daarin voorsit.

FLESSKONS

Die skons word vining met olie gemaak. Ek bak dit deesdae in klein glasflessies en stuif dan versiersuiker oor as dit uit die oond kom. Heerlik saam met aarbei- of bessie-konfyt en room. Meng die droë bestanddele reeds vooraf en bêre in ‘n lugdigte houer. Dan’s die mengwerk nog gouer klaar.

SKONS
Lewer: 12-15 skons
Voorbereiding: 10 min
Baktyd: 15-20 min

BAKMENGSEL
4 x 250 ml (4 k) koekmeel
22 ml (41/2 t) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
15 ml (1 e) suiker (opsioneel)
VIR BAK
2 eiers
500 ml (2 k) melk
60 ml (1/4 k) olie
Versiersuiker vir oorstuif

1 BAKMENGSEL Sif die droë bestanddele 2 maal saam tot deeglik gemeng, skep in ‘n lugdigte houer of glasfles en bêre in die koskas.
2 VIR BAK: Voorverhit die oond tot 220°C. Spuit 12-15 breëbekglaspotjies met kossproei en stuif met meel.
3 Klits die eiers en meng die melk en olie by. Meng goed en voeg dit by die bakmengsel. Meng liggies deur met ‘n slaplemmes tot net gemeng.
4 Skep lepelsvol van die deeg in die glasflessies tot driekwartvol, Pak die flessies op ‘n bakplaat.
4 Bak 15-20 min tot goudbruin bo-op en ‘n toetspen skoon uit die skons kom. Stuif viersiersuiker oor.
5 Sit warm voor saam met botter, bessie-konfyt of suurlemoensmeer en room.

VARIASIE KAASSKONS: Voeg 250 ml (1 k) gerasperde sterk Cheddarkaas en ‘n knippie rooipeper by die mengsel. Bak soos beskryf en sprinkel gerasperde pecorino-kaas en grasuie oor as dit uit die oond kom. Sit voor met botter en konfyt.

Vir SPINASIE-KAASSKONS: voeg ‘n groot handvol fyngesnyde spinasie by die kaasskons.

UITROLSKONS: Sif 500 ml (2 k) koekmeel, knippie sout en 15 ml (1 e) bakpoeier twee keer saam. Vryf 45 ml (3 e) botter in. Klits 80 ml (1/3 k) melk, 5 ml (1 t) suurlemoensap en 2 eiers saam. Voeg by die meelmengsel en vou net liggies in met ‘n slaplemmes. Druk 2 cm dik uit, Druk koekiedrukker eers in meel en druk dan skons uit. Gee die koekiedrukker so ‘n effense draai voor jy dit uitlig. Dit help dat die skons nie skuins rys nie. Verf met melk, net op die bokors, anders kry jy nie die bekende bars in die middel nie. Bak by 220°C vir 12 minute tot goed uitgerys.

Klappermeel in ‘n klapperdop

Ek glo aan gebalanseerd eet, en sny nie sommer enige kosse kosse uit nie, maar soos sekere tendense gewild raak, hou ek daarvan om dit uit te toets en behou dit wat vir my sin maak. Ek het dus baie rondgespeel in gebak met alternatiewe meelsoorte. Omdat die neutmele so duur is, het ek bitter gou besef dis nie ‘n volhoubare opsie as jy so vinnig so my huishouding bv deur ‘n baksel beskuit draf nie. So ek het intensief begin soek na ander alternatiewe. Totdat ek klappermeel ontdek het, nie net gaan dit nie heeltemal jou begroting buite beheer laat gaan nie, maar werk dit eintlik baie lekker as jy net eers die verhoudings onder beheer het. Ek hou veral van die feit dat dit so veselryk is. As ek ‘n saadmeel wil bysit, maal ek bloot sonneblomsade fyn. Dan het jy nog bietjie speling om gekapte neute by te voeg, as jy sou wou. Soos wat ek reeds genoem het, het ek nou net ‘n boek voltooi oor gesonder maar lekker eet. Die beskuit-resep waarvoor ek julle hier nou lusmaak, sal in daardie boek wees. So hou die spasie dop vir wanneer dit gaan verskyn.

Klappermeel is ‘n goeie alternatief vir koringmeel. Alhoewel dit hoër koolhidraatvlakke, maar ‘n laer kilojoule-waarde, het as neutmele soos amandelmeel is dit ‘n gewilde en meer bekostigbare keuse vir mense wat ‘n laer koolhidraat-eetplan volg. Daarby is dit graan- en glutenvry, so diegene wat ‘n sensitiwiteit vir gluten het, kan dit ook inneem.

Klappermeel word gemaak van die klappervleis wat agtergebly het nadat die klappermelk of vloeistof gedreineer is vanuit die heel vars klapperneut. Dit word dan gedroog en gemaal tot meel.

Klappermeel bevat veral baie vesel asook yster, kalium en plantproteïene. Die veselinhoud is meerendeels onoplosbaar wat help met spysvertering asook klein hoeveelhede fermenteerbare vesel wat die “goeie” bakterieë in jou spysverteringskanaal voed.

Dis veral die hoë veselinhoud wat gesondheidsvoordele inhou – dit help met die regulering van bloedsuikervlakkte en kan sodoende meehelp om diabetes en gewig te help beheer; die vesel saam met die proteien help ook om jou langer versadig te laat voel en verhoed dus oormatige kosinname. Die byvoeging van klappermeel by gebakte produkte help bv ook om die glukemiese indeks van die gebak waarin dit gebruik is, te verlaag.

Verder dra klappermeel by tot beter hartgesondheid deurdat dit cholesterol- en trigliseriedvlakke help verlaag.

Hoe vergelyk klappermeel met ander glutenvrye mele:

60 ml klappermeel (28 g)60 ml amandelmeel (30 g)60 ml bruinrysmeel (39,5 g)
Kilojoules504 kJ840 kJ602,7 kJ
Vet3 g16 g1 g
Proteien6 g6 g3 g
Koolhidrate18 g6 g30 g
Vesel10 g2 g2 g

Hoe gebruik mens klappermeel:

Klappermeel kan in ‘n verskeidenheid geregte gebruik word – van gebak soos koeke, pizzakorse, tortillas en selfs ook om geregte te verdik soos burgerpatties, soppe of bredies.

Klappermeel kan egter nogals ‘n uitdaging wees om mee te werk aangesien dit baie meer vloeistof absorbeer as ander mele en dus tot droë gebak kan lei. (Ek moes omtrent rondspeel voordat ek die perfekte kombinasie vir beskuit kon kry)

Vir beste resultate vervang 250 ml (1 k) gewone koringmeel met 60 ml (28 g) klappermeel.

Jy sal ook miskien die vloeistof-inhoud van die gebak moet opstoot – gebruik 60 ml (1/4 k) ekstra vloeistof vir elke 60 ml (1/4 k) klappermeel
Klappermeel is ook meer vas as ander mele. Meng dit dus met ander mele of voeg 1 eier by vir elke 60 ml (1/4 k) klappermeel om sodoende ‘n sagter krummel te verkry.

Bron: healthline.com

Hoendersop uit ‘n teepot

Hier teen die Weskus begin die winter sy eerste tande wys. Die Langebaanmeer is baie keer tot laatoggend nog toegemis en ‘n reënbui of wat maak gereeld die aarde nat. Die aalwyne in my Weskustuin begin ook nou hul rooi pyle uitskiet en binnekort gaan ons geseën wees met die kleurespel van spatsels rooi in my meerendeels grys en groen blaretuin. Ook die suikerbekkies kuier dan heeldag deur in die tuin. Dis nog nie koud genoeg om nou al dik gort-en-groentesop te kook nie, maar ‘n geurige hoendersop met heelwat vars bestanddele in, kom nou handig te pas. Omdat hierdie ‘n lekker dun sop is, skink ek dit in teepotte en sit dit so voor saam met die ander vars bestanddele apart in bakkies. Almal maak dan hul eie sop.

OOSTERSE HOENDERSOP

Vir die sop kook jy ‘n kragsop (broth) met ‘n heel hoender en verskeidenheid speserye. Ek hou veral van die Oosterse smake en vars lemmetjie saam met sojasous wat jy byvoeg.

Genoeg vir 4 mense
Voorbereiding: 15 min
Kooktyd: 1 uur

BASIESE HOENDERAFTREKSEL
1 klein heel hoender
2 lourierblare
15 ml (1 e) swartpeperkorrels
3 knoffelhuisies
2 uie, gehalveer
4-6 stele sopseldery, in stukke gesny
2 wortels, in stukke gesny
50 g droësampioene
2,5 liter water
VIR OOSTERSE AFTREKSEL – VOEG EKSTRA BY
5 cm gemmerwortel, dun gesny
2 heel rooi brandrissies
1 heel kaneelstok
3 steranys
10 ml (2 t) komynsade
10 ml (2 t) Chinese vyfspeserypoeier
2 lemmetjies se sap
30 g koljanderblare
15 ml (1 e) bruinsuiker
60 ml (1/4 k) sojasous
EKSTRA BYVOEGINGS VIR OOSTERSE SOP
200 g rysnoedels, gekook
Halwe kop Chinese kool, in dun repies gesny
Bossie stingeluie, dun gesny
Groot handvol elk vars koljanderblare, ment en basilie, gekap indien verkies
1 lemmetjie, in skyfies gesny vir voorsit

1 AFTREKSEL Plaas die heel hoender in ‘n kastrol, voeg al die bestanddele vir die basiese sowel as Oosterse aftreksel by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat stadig prut tot die hoender van die bene afval, sowat 40-60 minute. (Jy kan dit ook in die drukpot doen).
2 Haal hoender uit aftreksel, verwyder die bene en pluis die vleis. Hou eenkant.
3 Dreineer die aftreksel, gooi die groente en speserye weg. Giet die aftreksel in ‘n teepot of groot beker.
4 EKSTRA BYVOEGINGS Pak die bestanddele saam met die hoender in bakkies op tafel, laat elkeen sy eie sop in ‘n sopkommetjie saamstel en skink die warm aftreksel uit ‘n teepot oor.

HOENDER-GROENTE-NOEDELSOP: Berei die hoenderaftreksel met slegs die basiese bestanddele. Dreineer, behou aftreksel. Haal beentjies uit, pluis vleis en hou eenkant. Voeg 200 g jong groenbone of murgpamoentjies, bossie jong aspersies en 100 g pastaskulpies of enige ander klein pastavormpies by. Voeg die aftreksel by en prut tot die pasta net sag is. Voeg die hoenderstukkies by. Geur met sout en peper soos nodig en die sap van 1 suurlemoen en ‘n knippie gerookte sout . Sprinkel gekapte stingeluie en/of pietersielie oor.

Wenk: Vir ‘n nog lekkerder geur laat ek soms ‘n paar Citrus Chai-teesakkies van Carmién in die water trek voordat ek dit by die hoender voeg.

Beste brosdeeg ooit

Ek het nou net klaar geskryf aan ‘n boek oor gesonder resepte wat einde van die jaar uitkom, so nou het die lus vir sommer net ‘n slag lekker stout wees in die kombuis my so oornag beetgepak. Daarom bak ek die week sommer lekker soet en ryk.

Hierdie brosdeeg, wat jy sommer in die voedselverwerker aanmaak is een van my grootste staatmakerresepte. Ek gebruik die deeg vir van tertkorse tot brosbrood en ander koekies, maak selfs soet “pizza” daarmee. ‘n Wonderlike resep wat net moet deel wees van jou resepte-repetoire.

BROSBROOD

  • 250 g yskoue botter, in stukke gesny
  • 250 ml (1 k) versiersuiker, gesif
  • 500 ml (2 k) koekmeel
  • 80 ml (1/3 k) mielieblom
  • 80 ml (1/3 k) papawersaadjies, of gekapte kruie (opsioneel)

1 BROSBROOD Plaas al die bestanddele in die voedselverwerker. Verwerk tot die botter goed in die meel ingemeng is en ‘n bol om die lem vorm.
2 Skep uit die voedselverwerker. Vorm in ‘n bol, draai toe in kleefplastiek en verkoel ‘n halfuur lank.

Vir brosbrood

Berei die deeg sonder sonder saadjies of kruie.Druk die deeg vas in ‘n 20 cm-vierkantige koekpan. Merk in lang stafies, druk vurkmerke op elke stafie en strooi strooisuiker bo-oor. Bak 10 minute by 200°C, verlaag hitte tot 160°C en bak nog sowat ‘n halfuur of tot ‘n ligte strooikleur. Strooi ekstra strooisuiker oor. Koel af en sny in stafies.

Vir kruie-koekies

Berei die deeg. Pak vars kruietakkies op ‘n plat oppervlak, druk die deeg daarop vas, plaas ‘n vel kleefplastiek of bakpapier op en rol die deeg uit tot so 3 mm dik (die kruie sit aan die onderkant vas). Druk koekies, enige vorm uit, pak op bakplaat en bak sowat 8—12 minute by 180°C tot gaar. Sit voor met kaas.

Vir hartjie-koekies

Berei die deeg en rol uit. Druk hartjies uit met ‘n koekiedrukker. Pak helfte van die deegharte op die bakplaat, plaas ‘n skeppie roomkaas bo-op met ‘n lepeltjie konfyt op. Smeer die kante met water. Plaas nog ’n deeghartjie bo-op en druk die kante vas met ‘n vurk. Sny ‘n kruisie in die middel. Smeer die bokant met melk en sprinkel suiker oor. Bak sowat 12–15 minute by 180°C of tot goudbruin en gaar. Laat effe afkoel op die bakplate en plaas dan op ‘n draarakkie om heeltemal af te koel. Stuif met versiersuiker.

Vir konfytkoekies

Berei die deeg, rol uit en druk sirkels uit. Druk klein hartjies of sirkeltjies in die middel van helfte van die sirkels. Pak al die koekies op die bakplaat en bak 8–10 minute of tot gaar by 180°C. Koel af. Plak ‘n hartsirkel en heel sirkel aanmekaar met aarbeikonfyt. Stuif met versiersuiker.

Vir hertzoggies

Berei die deeg en rol dun uit. Druk groot sirkels met ‘n koekiedrukker uit en voer die holtes van ‘n kolwyntjiepan daarmee uit. Skep ‘n klontjie appelkooskonfyt in. Klits 3 eierwitte styf, voeg 250 ml (1 k) strooisuiker geleidelik by terwyl jy klits. Roer die klapper by. Skep lepelsvol van die mengsel oor die konfyt tot goed bedek. Bak 20—25 minute lank by 180°C tot die deeg en die kors gaar en goudbruin is.

Vir vrugte-pizza

Berei die deeg en rol in ‘n groot plat sirkel uit. Plaas op ‘n omgekeerde bakplaat en bak sowat 20 minute of tot net gaar. BOLAAG Breek ‘n wiggie brie-kaas in growwe stukke en pak op die deeg. Plaas net voor opdiening weer in die oond, skakel die roosterelement aan en verhit tot die kaas net gesmelt is, sowat 5 minute. Plaas op ‘n groot dienbord of plank. Halveer perskes en nektariens indien te groot, stuif met versiersuiker en rooster onder die roosterelement tot effe verbruin. Stapel saam met vars vrugte bo-op die brosbroodpizza. Meng ‘n handvol gesoute neute met 60 ml (1/4 k) heuning en skep oor die pizza.

Koekies uit die vrieskas

Soos die kouete nader kruip, bekruip die lus vir ‘n soetdingetjie jou ook mos meer en meer. Veral hier teen laat aand, wanneer ons vir ons ‘n koppie Orange Camomile rooibostee van Carmién maak, begin mens rondsoek vir ietsie om aan te peusel daarby. Dan is dit voordelig om hierdie deegmengsel gereed in die vrieskas te hê. Soos die lus jou beetpak, sny jy skyfies van die rol af en bak vinnig-vinnig die lekkerste koekies. Die ander groot lekkerte is dat mens met hierdie basiese resep ‘n hele verskeidenheid koekies kan bak – van klapper, neute, amandel, gemmer, sjokolade en selfs koffiekoekies.

Maak sowat 20 koekies per mengsel
Voorbereiding: 15 min
Baktyd: 12—15 min
Vriestyd: 24 uur

700 g (5 k) koekmeel
20 ml (4 t) bakpoeier
2 ml (1 t) sout
400 g botterblokkies by kamertemperatuur
250 ml (1 k) strooisuiker
1 blik (387 g) kondensmelk

1 Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.
2 Room die botter en suiker tot lig en romerig. Voeg die kondensmelk by en meng tot glad.
3 Vou die droë bestanddele en enige van die variasies by die bottermengsel in.
4 Rol in rolle van sowat 5 cm in deursnee elk. Rol toe in waspapier en plaas 24 uur in vrieskas.
5 Voorverhit die oond tot 160 °C en spuit 3 groot bakplate met kossproei.
6 Sny deeg in skyfies van 5 mm dik soos benodig. Sprinkel koekkonfetti of neute oor soos genoem by koekies. Pak op die bakplate en bak sowat 12-15 min. of tot ligbruin. Laat afkoel. (Hou res van deeg in vrieskas vir latere gebruik).

VARIASIES
1 KLAPPERKOEKIES: voeg 250 ml (1 k) klapper by die droë bestanddele en meng in by die bottermengsel. Marmer koekkleursel deur plastiese versiersel, druk patroontjies uit en plak vas op die koekies met versiersuiker wat tot ‘n pasta gemeng is met water.
2 SJOKOLADEKOEKIES: Vervang 70 g van die koekmeel met kakao. Versier met koekkonfetti en bak. Plak opmekaar met karamelkondensmelk indien verkies.
3 NEUTEKOEKIES: Voeg 100 g elk bosbessies en gekapte pistasieneute by. Rol die deegrol in ekstra gekapte pistasieneute en sny in skyfies.
4 AMANDELKOEKIES: Voeg 100 g elk fyn amandels en rooikersies by.
5 GEMMERKOEKIES Voeg 15 ml (1 e) fyn gemmer by die basiese vrieskaskoekiemengsel en meng goed, verkoel 20 minute. Druk vas in ‘n gesmeerde bakplaat. Bak 15–20 min of tot gaar by 180°C. Sny in vingers en plak twee-twee opmekaar met karamel-kondensmelk.
6 KOFFIEKOEKIES Voeg 10 ml (2 t) kitskoffiekorrels, aangemaak met bietjie water, by die deeg. Bak die koekies en plak opmekaar met ‘n koffiefugevulsel: Meng 25 ml (5 t) kitskoffie met 25 ml (5 t) kookwater en voeg 250 ml (1 k) suiker, 125 g botter en 75 ml (5 t) melk by. Bring tot kookpunt, roer tot die suiker gesmelt is en kook dan 5 minute lank. Klop met ‘n houtlepel tot dik en koud.

Sondag-souskluitjies

Ons het gereeld souskluitjies, gemaak volgens my Ouma Carmen se resep, as Sondagmiddag-poeding gekry. Dit was ‘n veerligte sponskluitjie, eerder ‘n tipe melkpap as kluitjie, wat versigtig met twee poedinglepels in klein hopies in ‘n soet kaneelstropie geskep is.

My skoonmense het vir jare lank ook klipgooi van ons gewoon – een groot lekkerte vir my kinders, want dit was hul tweede huis. En so het dit toe ook gekom dat my skoonma later van jare, toe sy in die aftreeoord was, elke Sondag by ons kom eet het. En sy het gesorg vir die poeding – soms die eenvoudige lekkerte soos jellie en vla, ander kere ‘n wonderlike gebakte skepping. Maar dis veral haar souskluitjies en fluweelpoeding waaraan ons weggelê het. Hier kombineer ek die twee resepte, maak maak die sous met Carmién se natuurlike rooibostee , maar glad nie so soet soos my ouma se oorspronklike skepping nie. Op die foto gedenk ek hierdie lekkerte – die groen bak is waarin my skoonma altyd haar poeding vir ons gebring het en die poedingbakkies het ek nog van my ouma Carmen geërf. Die groen tafeltjie, met sy formaica-blad, ko mook nog uit my skoonma se huis en het vir jare diens gedoen in hul karavaan.

SOUSKLUITJIES

GENOEG VIR 4 MENSE
BEREIDING: 15 MINUTE
GAARMAAK: 20 MINUTE

SOUS
500 ml (2 k) rooibostee, gemaak met 3 Carmién Natural-sakkies
80 ml (⅓ k) suiker
5 ml (1 t) fyn kaneel
5 ml (1 t) botter
KLUITJIES
45 ml (3 e) koekmeel
30 ml (2 e) mielieblom
15 ml (1 e) vlapoeier
1,25 ml (¼ t) sout
500 ml (2 k) melk
2 eiers, by kamertemperatuur, geskei
5 ml (1 t) vanieljegeursel

1 SOUS Plaas al die bestanddele in ‘n kastrol en laat goed kook. Giet daarna in ‘n opdienskottel.
2 KLUITJIES Meng die koekmeel, mielieblom, vlapoeier en sout met ’n bietjie van die melk om ’n slap pasta te vorm.
3 Kook die res van die melk en roer die pasta stadig daarby in.
4 Kook die mengsel 2 minute en roer aanhoudend tot dit verdik het. Pas op dat dit nie aanbrand nie.
5 Klits die eiergele en roer dit geleidelik by die kokende mengsel in. Voeg die vanieljegeursel by.
6 Haal van die stoof af. Klits die eierwitte styf en vou in.
7 Skep lepels vol van die mengsel in die sous in die opdienskottel. Sit die sponskluitjies warm voor.

FLUWEELPOEDING

Met die basiese souskluitjie-resep tower mens net so maklik fluweelpoeding op.

(1) Berei die basiese souskluitjies soos beskryf, maar verdubbel die resep. Vou net helfte van die styfgeklitste eierwitte in. Skep die vlapap in ‘n bak en bak 15 minute tot stewig by 180°C. Smeer ‘n lagie (sowat 10—15 ml) verminderde suiker-konfyt bo-oor (andersins kan jy net bietjie suiker by die melkpap inroer).
(2) Maak ‘n meringue met die eierwitte as volg: plaas die eierwitte saam met 125 ml (1/2 k) versoeter in ‘n glasbak wat oor ‘n kastrol kookwater staan, roer tot die suiker opgelos is. Verwyder van die hitte en klits die eierwitte tot styf met ‘n elektriese klister, sowat 10 minute. Skep bollings op die konfytlaag en skroei met ‘n kombuis-blaasvlam.

Kaapse Kerrie

Ek hou van ‘n geurige kerrie soos die Maleiers dit maak eerder as die woeste brandkerries uit Natal. Cass Abrahams was dan ook die een wat my leer kerriemaak het. Cass het my ook geleer – gebruik kerriemengsels wat reeds klaar gerooster is soos geroosterde masala. En ook, jy roerbraai slegs die heel speserye om die geur uit te bring, nie fyn mengsels nie – dit brand gou aan en laat die kerrie bitter smaak, daarom sprinkel jy dit saam met die nat bestanddele oor. Wat Cass nie weet nie, is dat ek selfs ook haar resep gebruik wanneer ek ‘n kerriepot met varkskenkels maak. Jy kan ook hoenderstukke gebruik. Sien ook die variasie vir kerrie-maalvleis.

BESTANDDELE
2 uie, in ringe gesny
4 knoffelhuisies, fyngedruk
15 ml (1 e) gemmerwortel, gerasper
1 kaneelstokkie
1 lourierblaar
Olie
1 kg stoweskaapvleis of varkskenkels, in blokkies gesny
Sout en swartpeper
15—20 ml (3—4 e) matige geroosterde kerriepoeier
5—10 ml (1—2 t) fyn komyn (jeera)
15 ml (1 e) borrie
5 ml (1 t) fyn koljander
1 blik (400 g) geskilde tamaties of 1 blikkie (65 g) tamatiepasta
Groot handvol gekapte koljanderblare
Bruinsuiker na smaak

GROENTE
2 elk aartappels en wortels, geskil en in stukke gesny
1 klein botterskorsie, in stukke gesny OF 1 kg bevrore groentemengsel met mieliepitte, wortel en ertjies (liefs vir kerrie-maalvleis)

VIR AFRONDING
1 suurlemoen se skil
Groot handvol koljanderblare

VIR VOORSIT
Basmatirys
Sambals (sien onder)

1 Roerbraai die uie, knoffel en gemmerwortel saam met die heel speserye in bietjie olie tot sag in ‘n groot swaarboomkastrol.
2 Geur die vleisblokkies met sout en peper, voeg bietjie vir bietjie by en braai bruin.
3 Voeg die res van die speserye, tamaties, gekapte koljanderblare en brunsuiker by, geur met sout en peper en roer 1 minuut.
4 Verlaag die hitte, bedek en laat prut tot die vleis sag is.
5 GROENTE Voeg die groente bys en verhit verder tot die groente sag en gaar en die sous lekker dik is (voeg warm water by as die kerrie droog kook).
5 VOORSIT Rasper suurlemoenskil oor, sprinkel koljanderblare oor en sit voor met basmati-rys en sambals.

VARIASIE: KERRIE EN RYS MET MAALVLEIS: Berei net soos beskryf, vervang die stukke vleis met 1 kg maalvleis en roerbraai tot net gaar. Gebruik die gemengde bevrore groente en voeg ook 2 pakkies (50g elk) tamatiepasta, 60 ml (1/4 k) blatjang en 30 ml (1 e) worsestersous by die mengsel. Kook goed tot geurig. Sit voor op rys. Dis ook heerlik in vetkoek of toegedraai in ‘n roti, los dan net die groente uit.

SAMBALS:
Tamatiesambal: Sny ‘n paar kersie-tamaties kleiner op. Voeg gekapte rooi ui by. Meng bietjie bruinasyn, strooisel suiker en 2 gekapte groen brandrissies by. Sprinkel handvol gekapte koljanderblare oor.
Piesangsambal: Sny 5 piesangs in skyfies en meng 30 ml suurlemoensap en 60 ml geroosterde klapper by.
Komkommersambal: Sny halwe komkommer in klein blokkies, voeg ‘n handvol gekapte kruisement en gekapte rooi brandrissie by en vou volroom-jogurt daarby in. (die een moet jy maaknet voordat jy dit voorsit, want die komkommer trek water).
Pynappelsambal: sny ‘n pynappel in stukke, voeg ‘n handvol gekapte koljanderblare en 1 gekapte brandrissie by.
Appelraita: Kap 2 Granny Smith-appels op, voeg 250 ml (1 k) gekapte mentblare, 1 gekapte knoffelhuisie, knippie masala, 30 ml (2 e) suurlemoensap en 60 ml natuurlike jogurt by en meng.

Spoggerige Pavlova vir Ma

Op Moedersdag wil mens die een mens wat lewenslank vir jou gaan omgee, jou ma, met iets spesiaals bederf. Weet nie hoekom nie, maar ek dink dan outomaties aan ietsie soets wat ook mooi is. Vanjaar is dit asof pavlova vir my daardie boksie gaan tiek, want mens kan dit darem altevol mooimaak met van vrugte en sommer vars blomme ook. Die bros meringue saam met die romerige vulsel wat so in jou mond wegsmelt is vir my hemels. Dis ook ‘n gereg wat ek aan moedersknie leer maak het. Daarom het ook nog nooit geskrik vir meringue klits of pavlova maak nie. Menige keer moets om dit maak onder Ma se wakende oog. Die grootste geheim is om die suiker net bietjie-bietjie by te voeg sodat dit fluweelglad in die meringue ingeklits is, anders gaan die meringue nat trek en trane huil soos my ma altyd gesê het.

Mooiste Moedersdag vir alle Ma’s!

Maak 1 groot pavlova
Voorbereiding: 30 min
Baktyd:1 uur

BASIESE MERINGUE
6 ekstragroot eierwitte
Knippie sout
300 g strooisuiker
15 ml (1 e) asyn
5 ml (1 t) mielieblom
EKSTRA
100 g pistasieneute of amandels , gekap
VULSEL
125 ml (½ k) natuurlike jogurt
125 ml (½ k) room, styf geklits
60 ml (¼ k) suurlemoensmeer
Verskeidenheid vars vrugte soos bessies, aarbeie, vye, turksvye, druiwe, geskil soos nodig en in stukke gesny
Grenadillapulp vir bo-oor
Versiersuiker vir bo-oor skuif

Voorverhit die oond tot 120°C. Voer ‘n bakplaat uit met bakpapier, spuit met kossproei en stuif met mielieblom.
1 Klits die eierwitte tot skuimerig saam met die sout.
2 Voeg die strooisuiker lepelsgewys by en klits elke keer goed tot dik en blink.
3 Vou die asyn in. Stuif die mielieblom oor en vou deur.
4 Skep ‘n rowwe sirkel op die bakplaat en skep bolle meringue op die kante om ‘n rowwe rant te vorm. Sprinkel die neute oor.
6 Bak 1—11/2 uur lank tot bros en gaar. Skakel die oond af en koel af.
7 VULSEL Meng die jogurt en room en marmer die suurlemoensmeer deur. Skep in die meringuemandjie.
8 Stapel die vrugte bo-op en skep die grenadillapulp oor. Stuif met versiersuiker.

Wenk: Die meringuemandjie kan in ‘n lugdigte houer gestoor word vir ‘n paar dae. Skep die vulsel in net voor opdiening, anders raak die meringue pap.

Looppoeding met mentroomys

Bakpoedings was nog nooit eintlik my ding nie, maar hierdie sjokolade een met sy loperige sousie is vir my hemels. Doen die moeite en maak die mentroomys daarby. Heerlik! Ek maak afsonderlike poedinkies, maar jy kan ook een groot bak maak.

Maak 4—6 poedings
Voorbereiding: 10 min
Baktyd: 12 min

POEDING
250 ml (1 k) versiersuiker
160 ml (⅔ k) fyngemaalde amandels
110 ml koekmeel
150 g donker sjokolade
50 g botter
6 ekstra-groot eierwitte
SOUS
125 ml (½ k) bruinsuiker
45 ml (3 e) kakao
125 ml (½ k) Carmién Red Mocha rooibostee (gemaak met 3 sakkies)
VOORSIT
Ment-roomys (sien resep hieronder)

Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit 4—6 oondvaste bakkies (ramekins) goed met kossproei.
1 POEDING Meng die versiersuiker, amandels en koekmeel saam.
2 Smelt die sjokolade en botter in ‘n glasbak ook kookwater.
3 Klits die eierwitte styf, roer ‘n derde van die versiersuikermengsel hierby in.
4 Vou die gesmelte sjokolade en res van die versiersuikermengsel alternatiewelik in.
5 Skep in die voorbereide bakkies en bak sowat 12 minute tot die buitekant net gaar en stewig is.
6 SOUS Meng die bruinsuiker, kakao, kitskoffiekorrels en kookwater saam en giet oor die poedings. Laat intrek en sit voor met roomys.

MENTROOMYS

Maak sowat 750 ml (3 k)

10 g mentblare (stingels verwyder, maar behou)
250 ml (1 k) water
100 g strooisuiker
250 ml (1 k) room, verkoel
500 ml (2 k) roomkaas

1 Plaas die mentstingels saam met 250 ml (1 k) water en die suiker in ‘n kastrol, bring tot kookpunt en kook af tot 100 ml oor is. Koel af en dreineer.
2 Kap die mentblare goed fyn in die voedselverwerker, giet die stroop by en verwerk tot ‘n gladde pasta, voeg bietjie water indien nodig.
3 Klits die room styf, meng met die roomkaas en mentmengsel. Skep in ‘n houer en vries.

Maklike Brejani

Noudat die kouer weer begin toeslaan, skuif mens outomaties oor na groter bakke kos wat beide lekker warmmaakkos en vullend is. Brejani is vir my so ‘n gereg en ek val gereeld daarop terug veral as ek heelwat mense moet kosgee. Soos met meeste gespeseryde kosse is dit ook geuriger op dag twee. Ek het al heelwat brejani-resepte uitprobeer, maar hierdie een wat Pricilla Petersen, ‘n voormalige kombuis-assistent in Huisgenoot se toetskombuis vir ons gemaak het, bly net vir my die maklikste en eenvoudigste om te maak. Die klaargemengde brijani-mengsels (ek gebruik Spice Mecca) wat jy in die supermark koop, is vir my lekker geurig en maak mens se werk heelwat minder.

Genoeg vir 6—8 mense
Voorbereidingstyd: 15 minte
Marineertyd: 20—30 minute
Gaarmaaktyd: 45 minute

MARINADE
5 ml (1 t) birjani-heelspeserymengsel
15 ml (1 e) birjani-masala
10 ml (2 t) garam masala
5 ml (1 t) droë brandrissievlokkies
1 stuk pypkaneel
2 lourierblare
125 ml (½ k) natuurlike jogurt
HOENDER
8 hoenderporsies, kleiner gesny indien verkies
Sout na smaak
UIEMENGSEL
30 ml (2 e) olie
1 ui, fyn gekap
4 knoffelhuisies, fyngedruk
15 ml (1 e) gerasperde gemmerwortel
1 groen soetrissie, fyn gekap
60 ml (¼ k) gekapte koljanderblare
RYS EN LENSIES
500 ml (2 k) gaar basmati-rys
250 ml (1 k) gaar lensies
AFRONDING
30 ml (2 e) botter
Groot handvol koljanderblare
3 hardgekookte eiers, afgedop en in kwarte gesny

1 MARINADE Meng al die bestanddele vir die marinade saam. Geur die hoender met sout en giet die marinade oor. Maak seker die hoenderporsies is goed bedek. Marineer 20—30 minute.
2 UIEMENGSEL Verhit die olie in ‘n groot diep kastrol en braai die ui, knoffel, gemmerwortel en soetrissie daarin tot sag. Voeg die koljanderblare by.
3 Giet 160 ml (⅔ k) kookwater in die kastrol en voeg die hoender met die marinade by. Verlaag die hitte, bedek en prut sowat 30 minute lank of tot die hoender gaar is.
4 AFRONDING Skep twee derdes van die hoender uit. Skep nou ‘n laag rys en dan ‘n laag lensies bo-op die hoender in die kastrol. Herhaal lae en stip met botter. Bedek en laat 10 minute stoom oor lae hitte sodat die geure lekker kan deurtrek.
5 Strooi die koljanderblare oor en sit voor met die eierkwarte.

Verleidelike Tert

Alhoewel ek nie veel van ‘n soettand het nie en jy my nie sommer gaan verlei met sjokolade of enige koekerasies nie, het ek ‘n swak of twee – karamelkondensmelk en Smarties. Ek kan my lus nog bedwang as die blik karamelkondensmelk nog toe is, maar as hy eers oopgesny is, is dit verby. Daar’s niks lekkerder om so ‘n lepeltjie uit te skep en jou daarin te verlustig. Kleintyd het my Ma altyd self die kondensmelk gekook. Dit was dan ons bederf op ons jaarlikse Aprilmaand-seevakansie op Hartenbos. In hierdie ongebakte tert word die soet van die kondensmelk bietjie afgewerk deur die maaskaas en die piesangs is hemels daarby. Net reg vir die vakansiedae wat voorlê.

BANOFFEE-KOEK

Ek’t die heerlike variasie op banoffee-tert in die Oos-Kaap geniet.

Maak 1 groot koek
Voorbereiding: 20 min
Verkoeltyd: oornag

KORS
11/2 pak (300 g) Tennisbeskuitjies, fyngedruk
150 g botter, gesmelt
VULSEL
250 ml (1 k) room, verkoel
60 ml (1/4 k) strooisuiker
460 g (2 bakkies van 230 g elk) geroomde maaskaas
1 blik (375 g) karamelkondensmelk
3—4 ryp piesangs, in skyfies gesny
Kakao vir bo-oor stuif

Spuit ‘n 25 cm-losboompan met kossproei. Voer uit met tinfoelie en spuit weer.
1 Meng die krummels en botter en druk vas op die boom en teen die kante van die pan. Verkoel.
2 Klits die room en strooisuiker tot styf en vou die maaskaas hierby in. Plaas in die yskas om te verkoel tot stewig.
3 Smeer die karamel-kondensmelk oor die boom van die beskuitjiekors.
4 Rangskik die piesangs bo-op en skep die roommengsel oor.
5 Maak gelyk bo-op en stuif met kakao
6 Plaas oornag in die yskas om te verstewig.
7 Ontvorm deur die ring versigtig los te maak.

VARIASIE: BANOFFEE-MERINGUE-LAAGKOEK Gebruik ‘n basiese meringuemengsel en vorm 3—4 sirkels, sowat 20 cm, rofweg op 2 uitgevoerde bakplate en bak 1½ uur tot bros by 120°C. SAMESTELLING Plaas ‘n pavlova-kors op ‘n dienbord, smeer elke pavlovalaag met karamelkondensmelk en styfgeklopte room; pak skyfies piesangs bo- op. Stapel die lae opmekaar en rond af met praliensplinters indien verkies.
Wenk: Doen die samestelling net voor opdiening, anders word die meringue pap.

Snoektyd in die Kaap

Vanaf Aprilmaand begin die snoek loop aan die Kaapse Weskus en snoekbakkies kry hul staning langs die pad waar jy altyd ‘n mooi snoek of wat kan kry. Soms loop jy ‘n gelukkie raak deur ‘n vars snoek by die hawe sommer direk van ‘n boot af te kan koop. Ek het grootgeword met snoek oor die kole, trouens dit was al vis wat ons ooit gebraai het, en my pa was ‘n meester daarvan. As die snoeksmous omgekom het op die plaas met ingesoute snoek, het hy altyd ‘n paar mooies eenkant gehou vir braai en niemand moes peuter as hy doenig was voor die vuur nie. Ek gee ook die tradisionele resep vir die sous wat my pa altyd gebruik het om oor sy snoek te smeer terwyl hy braai. Snoek wat liggies gerook is, is vir my wonderkos, net so is ek ook gek na neute. Kombineer die twee en jy het kos vir ‘n koningstafel.

Snoek met pekanneutkors

Genoeg vir 4 mense
Voorbereiding: 10 min
Gaarmaak: 20 min

  • 1 medium snoek, gevlek (kan effe gerook wees indien verkies)
  • Sout en peper
  • 5 ml (1 t) mosterdpoeier of Chinese 5-speserypoeier of visspeserye
  • 80-125 ml (80-1/2 k) botter, gesmelt
  • 4 knoffelhuisies, gekneus
  • Sap en skil van 2 suurlemoene
  • 160 ml (2/3 k) gekapte pekanneute
  • 125 ml (1/2 k) gekapte koljander of pietersielie
  • VOORSIT: vinnige perske-blatjang (sien resep hieronder)

1 Geur die snoek aan die vleiskant met sout en peper en speserye (As die snoek ingesout is, spoel af onder lopende water, druk droog en moet vir eers nie sout nie).
2 Meng die botter, knoffel en suurlemoensap en –skil.
3 Plaas die vis met die velkant na onder op die gesmeerde bakplaat.
4 Smeer die vis goed met van die bottermengsel en oondbraai 10 minute.
5 Smeer die res van die bottermengsel oor, sprinkel helfte van die neute en kruie oor en bak ‘n verdere 10 minute of tot die vis net gaar is en maklik vlok met ‘n vurk.
6 Sprinkel die res van die kruie en neute oor en sit voor met die perske-blatjang.

VINNIGE VRUGTE-BLATJANG
Soteer 1 gekapte ui en 2 gekapte knoffelhuisies in olie tot sag, sprinkel 10—15 ml (2—3 t) suiker oor en braai tot gekarameliseer. Roer 15 ml (1 e) druiwe-asyn en 4 gesnyde pruime of nektariens by en verhit tot die vrugte effe sag, maar nie stukkend gekook is nie.

SOUS VIR WESKUSSNOEK: Meng 100 ml olie of gesmelte botter, 60 ml (1/4 k) suurlemoensap, 10 ml (2 t) visspeserye (opsioneel), 30 ml (2 t) gekapte vars knoffel, 60 ml (1/4 k) appelkooskonfyt en 60 ml (1/4 k) mayonnaise saam en smeer gereeld oor die snoek terwyl dit oor die kole braai. (Ek sit soms bietjie gerasperde gemmer by).

Aartappels is smulkos

Op ons grootwordplaas is daar ook met aartappels geboer, goeie kontantvloei het my Pa geglo en my Ma staan tot vandag vas daarop dat as daar aartappels in die huis is, mens kos op die tafel het. As die ranke begin skeefkop lê is ons altyd saam met Pa land toe om ‘n eerste kooksel te gaan uitsteek, net reg Sondag se brosgebraaide bakaartappels saam met braaiboud. As dit rerig uithaaltyd begin word het, moes ons inspring by die sorteertafel, later was net jou oë sigbaar so vol stof was jy.

In my huis maak ek ook altyd seker dat daar aartappels in die groentemandjie is, deesdae verkies ek baba-aartappels, want dit het ‘n laer glisemiese indeks en veroorsaak dat jou bloedsuikervlakke nie op galop gaan nie. Noudat ek die Airfryer ontdek het, smul ek net so lekker saam aan slaptjippies of aartappelwedges, alles bykans sonder olie tot heerlike brosheid daarin gaargemaak. Maar as jy bietjie wil uithang, maak hierdie spoggerige onderstebo aartappeltert – nie net mooi nie, maar absoluut heerlik!

AARTAPPEL TARTE TATIN

Maak 1 groot tert
Voorbereiding: 20 min
Baktyd: 25—35 min
Kooktyd: 15 min

  • 200 g kersie-tamaties
  • Sout en peper
  • 5-10 ml (1-2 t) bruinsuiker
  • 1 groot ui, in ringe gesny
  • 10 g botter
  • 500 g baba-aartappels, met skille aan saggekook
  • 3 takkies elk roosmaryn en tiemie
  • 100 g rol roomkaas met peper
  • 1 skilferkorsdeegvel

Voorverhit die oond tot 200°C. Smeer ‘n 20 cm losboom-koekpan met botter. Vou ‘n vel tinfoelie buite om die boom van die pan.
1 Pak die kersie-tamaties op ‘n bakplaat, besprinkel met olyfolie, sout en peper en helfte van die suiker en oondbraai sowat 15 minute tot dit net wil oopbars. Hou eenkant.
2 Verhit die botter en roerbraai die ui daarin tot sag. Sprinkel die suiker oor en roerbraai tot effe gekarameliseer. Skep in die koekpan en smeer gelyk. Sprinkel die kruie oor.
3 Sny die aartappels almal ewe dik.
4 Rangskik die aartappels, ongesnyde kant na onder, en tamaties bo-op die uie in die pan, pak die skywe kaas bo-op.
5 Plaas die skilferkorsdeeg bo-op en druk langs die kante in. Bak totdat die skilferkors goudbruin en gaar is, sowat 25 min.
6 Laat staan vir so 2-3 minute, sny die skilferkors langs die kante los van die pan en keer die pan om op ‘n dienbord. Verwyder die ring versigtig en dan die boom.
7 Sit louwarm voor.

Stafies propvol energie

Ek hou daarvan om neute en sade in te werk by my kos en sprinkel dit graag oor van slaaie tot groente; in granola of selfs oor ‘n smoothie. Na ‘n goeie oefensessie kom ‘n energiestafie waaraan jy vinnig kan peusel, baie handig te pas. Hierdie energiestafies is doodmaklik om te maak – dit kry slegs ‘n klein bietjie heuning en klapperolie in wat ook die hele lotjie bymekaarhou. Ek roer ook graag ‘n lepel of twee rooibospoeier, wat ook kollageen in het, hierby in (sien Carmién se rooibos powders). Sodoende kan jy help om te sorg dat jou gebeente en gewrigte asook jou vel gesond en in goeie kondisie bly. Hierdie stafies is ook ideale inpakkos vir die kinders saam skool toe, veral as hulle na skool aan buitemuurse aktiwiteite deelneem.

Energy bars

These bars, which are packed with almonds and a variety of seeds are ideal for a quick on the go energy booster, making them the perfect lunch box or workout treat. A big bonus is the rooibos powder with its anti-inflammatory and antioxidant properties which adds extra goodness to the bars by helping to boost the immune system. The added flaxseed is a good source of omega-3 fatty acids while the hydrolysed collagen from grass-fed beef aids in better joint and bone health.

Makes 8-10 bars
Preparation time
Baking time: 40 min

50 g whole almonds
125 ml (½ c) oats or coconut
125 ml (1/2 c) pumpkin seeds
45 ml (3T) chia seeds
Pinch of salt
10 ml (2 t) Carmién green rooibos powder with Echinacea & Baobab
45 ml (3 T) honey
30 ml (2 T) coconut oil, melted
1 slab (80 g) dark chocolate, sugar-free if preferred, melted (optional)

Preheat the oven to 170°C. Line a small baking tin with baking paper and spray well with cooking spray.
1 Mix together the almonds, oats or coconut, seeds, salt, and rooibos powder.
2 Mix together the honey and coconut oil, add to the nut mixture and mix well.
3 Spoon into the prepared baking tin and press down firmly with a spatula.
4 Bake for 40 minutes.
5 Remove from the oven and cool in the baking tin. Then gently lift from the baking tin and transfer to a cutting board. Use a large, serrated knife and cut it into 8 bars.
6 Spread or drizzle melted chocolate over each bar.
7 Store in an airtight container with baking paper in between to prevent them from sticking together.

Ontbyt in ‘n kits

Ek is lief vir ‘n romerige hawermoutpap wat ek altyd met ‘n kaneelstok, ‘n paar peule kardamom en ‘n steranys of twee gaarmaak – net soos die pap waarmee die kombuis-assistente in Huisgenoot se toetskombuis my graag destyds bederf het. Maar so baie keer is daar so baie dinge wat tegelykertyd soggens moet plaasvind, dat ‘n ordentlike ontbyt die laaste ding is waaraan jy dink en voor jy jou kom kry begin jy laatoggend peusel aan eniggeiets wat voorkom of slaan die een na die ander koppie koffie weg. Om weg te doen met hierdie slegte gewoontes, maak ek baie keer saans ‘n mengsel oornag-hawermout aan. Die resep het ek onlangs by een van ons Crossfit-afrigters, Manta Huisamen, gekry en ek het dit effe aangepas en met rooibos gemaak pleks van koffie. Die mengsel rou hawermout word regtig in ‘n kits gemeng en dan oornag geweek – dan is dit honderd present vir môreoggend se ontbyt.

Vir hierdie resep laat week ek die hawermout in hawermoutmelk (jy kry dit deesdae sommer te koop in supermarkte) saam met rooibostee waarby egte koffieboon-stukkies ingemeng is (Carmién Tea se Red Mocha). Dan kry die hawermout so ‘n heerlike tiramisu-smaak. Hierby voeg ek ook van Carmién se rooibospoeier waarby daar kollageen asook kakao en kaneel ingemeng is. Die kollageen help dat jou gebeente, gewrigte en vel gesond en in goeie kondisie bly. Dié mengsel pak jy dan in lagies wat jy afwissel met jogurt waarby jy bietjie wei-proteienpoeier (een met ‘n aarbeigeur werk goed saam met die kakao) inmeng, in glasies of botteltjies met deksels wat dit dan ook die ideale inpakkos maak.

Overnight Tiramisu Oats

These overnight oats are ideal to have on hand if you are in a hurry and do not have enough time to prepare breakfast. All the ingredients are thrown together and soaked overnight. Carmién Tea’s Red Mocha rooibos tea with its real coffee beans nibs adds a wonderful coffeelike flavour to the oats while the rooibos powder with collagen and turmeric adds extra goodness. Oats are packed with the anti-inflammatory and antioxidant properties of rooibos which will help in boosting your immune system; the turmeric helps to improve digestion while the cinnamon not only pairs beautifully with the cacao in the recipe but also helps to control blood sugar levels while the hydrolyzed collagen from grass-fed beef aids to your joint and bone health.

Makes about 4—5 glasses
Preparation time: 15 min
Soaking time: overnight

OATS MIXTURE
250 ml (1 c) oats
15-20 ml (3-4 t) chia seeds
45 ml (3 T) cocoa
45-60 ml (3-4 T) brown sugar or sweetener like Erythritol
30 ml (2 T) Carmién rooibos powder with collagen & turmeric
180 ml (¾ c) oat milk
125 ml (½ c) strong Carmién Red Mocha rooibos tea, made with 2—3 bags
YOGHURT MIXTURE
250 ml (1 c) plain yoghurt
30 ml (2 T) protein whey powder, vanilla or strawberry flavour
blueberries to finish

1 OATS MIXTURE Place the oats, chia seeds, cocoa, sugar or sweetener and rooibos powder in a large bowl and mix.
2 Mix the almond milk and red mocha rooibos tea.
3 Add the tea mixture to the oats mixture and stir well. Cover and leave overnight to soak.
4 YOGHURT MIXTURE Mix the yoghurt and whey protein.
5 Layer the oats mixture and yoghurt mixture in small glasses. Otherwise, stir and swirl the yoghurt mixture through the oats mixture in bowls.
6 Finish with the berries.

Lekker soet sonder sonde

Ek het nie juis ‘n soettand nie, maar vir melktert het ek nog nooit nee dankie gesê nie. Langebaan is die deesdae geseën met oulike bakkerye en ek draf gereeld daar in vir ‘n suurdeegbrood of twee. Dan bederf ek my graag met hul heerlike Portuguese tertjies – baie soos ons Suid-Afrikaanse melktert, maar daar word ‘n soet suurlemoenstropie in die melkpap ingemeng. Carmién Tea se nuutste toevoeging tot hul uitgebreide rooibostee-reeks is ‘n rooibostee met ‘n heerlike suurlemoengeur, Zesty Lemon. En dis toe net daar wat ek besluit dis mos nou sommer doodmaklik om die teesakkies te gebruik om die suurlemoenstropie mee te brou – jy gooi die teesakkies sommer saam met die water en suiker (ek het ‘n versoeter soos Erythritol gebruik) in die pot en laat prut 5 minute, dan is dit reg.

Outentieke Portuguese tertjies word met skilferkorsdeeg gemaak, ek gebruik filo wat die tertjies heerwat ligter maak as die oorspronklikes. Ek pak 4 velletjies filo in die muffinpannetjie, maar tussen-in strooi ek bietjie kaneelsuiker (kaneel gemeng met versoeter) wat die filo so lekker stroperig maak. In die oorspronklike resep word room gebruik. Vir my het boksmelk ‘n heerlike volroomsmaak, al is dit laevet, so dis ideaal om hier te gebruik. Gaan maak nou jou ‘n koppie tee, die nuwe Zesty Lemon van Carmién Tea, is so gepas en dan kan jy maar smul sonder skuldig voel.

PORTUGUESE CUSTARD TARTLETS

Makes 9—10 tartlets
Preparation time: 40 min
Baking time: 30 min

SYRUP
180 ml (¾ c) water
4 Carmién Tea Zesty Lemon tea bags
180 ml (¾c) sweetener like Erythritol
CRUST
5 sheets of phyllo pastry
Cooking spray or melted butter
Cinnamon sugar, made with Erythritol
FILLING
325 ml (1⅓ c) whole milk or evaporated low-fat milk
60 ml (¼ c) flour
Pinch salt
4 large eggs, beaten
5 ml (1 t) vanilla essence
Sugar for dusting

Preheat the oven to 190°C. Spray the hollows of 9-10 medium muffin pans with cooking spray.
1 SYRUP Place the water, tea bags and sweetener or sugar in a pot, and stir till the sweetener or sugar has dissolved. Then boil without stirring till syrupy, about 5 minutes. Keep aside while preparing the rest of the tartlets.
2 CRUST Fold each sheet of pastry in half and repeat once more. Cut through each fold to get long strips. Then cut each strip into two blocks.
3 Spray each piece of phyllo with cooking spray.
4 Arrange 2 blocks of phyllo in each hollow of the muffin pan to make 10 crusts. Dust with cinnamon sugar and add another 2 phyllo blocks. Cover the tin with a damp cloth.
5 FILLING Mix 50 ml of the milk with the cake flour. Scald the rest of the milk, remove it from the stove plate and slowly add the flour mix, whisking constantly. Return to the heat and whisk till thick.
6 Mix some of the thickened milk mixtures into the beaten eggs, then pour into the pot and bring to a boil while stirring.
7 Remove from the heat and slowly add the cooled syrup into the egg and flour mixture while beating.
8 Pour into the prepared pastry cases and fill to the top. Bake for about 30 minutes until the filling has been set.
9 Remove from the oven and let cool.
10 Sprinkle with a little sprinkling of sugar and scorch with a blow torch.

Hint: You can prepare the custard filling in the microwave as well.

Wat is kollageen en hoekom is dit goed vir jou?

Al meer mense gebruik deesdae kollageen-aanvullings derhalwe die gesondheid van hul vel, hare en gewrigte ‘n hupstoot te gee, maar daar’s min wat werklik weet wat kollageen is en wat die werking daarvan is in die liggaam.

Ek het op ‘n onlangse opgedateerde artikel oor kollageen afgekom op die gesondheids-webtuiste, healthline.com wat my nogals heelwat insae hieromtrent gegee het. Hier is kortom wat ek daar raakgelees het:

  • Kollageen is ‘n tipe proteïen wat natuurlik deur die liggaam vervaardig word en is te vinde in bindweefsel, vel, senings, bene en kraakbeen. Dit het verskeie funksies soos oa weefselherstel en as boodskapdraer tussen selle.
  • Soos jare aanstap is daar outomatiese verlies aan kollageen, maar oormatige alkohol-inname, rook, sonblootstelling en inname van te veel suiker en geprosesseerde kosse kan die verouderigsproses verhaas.
  • Jy kan die natuurlike vervaardiging van kollageen in jou liggaam aanhelp deur proteienryke kosse soos vleis, veral bindweefselryke snitte, vis, hoender en eiers asook plantproteine soos peulgroente in te neem, maar dis ook belangrik om genoegsaam vrugte en groente te eet, veral vitamien C-ryke kosse om sodoende kollageen-vervaardiging te ondersteun en inflammasie te beperk. Jy kan egter ook kollageen as ‘n supplement, hetsy in kapsule of in poeiervorm inneem en tot dusver is daar nie enige newe effekte aangemeld.
  • Genoegsame inname van kollageen is buiten vir verbeterde gesondheid van vel, hare en gewrigte veral ook voordelig om die beenmineraal-digtheid in ouer vroue te verbeter. Gereelde oefening, veral weerstandsoefeninge (resistance training) word ook aanbeveel.

Kortom dus, ‘n dieet ryk aan vrugte, groente en proteienryke kosse met min geprosesseerde kosse en suiker bly een van die belangrikste maniere om tekens van veroudering teen te werk.

Tea to the table

Now that you have mastered the terminology of tea tasting, it is time to pair your tea with some food.

It’s been a while now that we as a family are enjoying an exciting new eating experience: we discovered tea, specifically rooibos tea is delicious when enjoyed at the table with your food. It’s no longer only good for having just for breakfast or late afternoon tea with something sweet, but to enjoy with your main meals too.

We call it tea to the table – a journey of tea and food tasting and pairing where a variety of the Carmién tea blends are served in cute teapots, each on its own burner on the table, standing side to side with the food and wine. You sip small cups of the perfectly brewed teas, experimenting with what works best with what type of food.

The different tea blends not only revealed a new world of flavours when combining it with a mouthful of food and a sip of wine but also serve as a palate cleanser, specifically when you have a variety of wines. It also helps for better digestion of food and is hydrating and not dehydrating as wine and coffee tend to be.

HOW IT WORKS

  • Make your favourite tea blend or a variety (2—3 different ones are ideal) in glass pots and keep it warm at the table on a burner over a tea light.
  • Leave the tea to cool to at most 60°C. Served at this temperature it brings out best the flavour of both the tea and the food.
  • Pour the tea into small glasses or cups and serve black and unsweetened with the food.
  • Take a bite of food, then a sip of tea, then a sip of wine and discover how the flavours come to light.
  • Experimenting is key.

MATCHMAKING

There are no rules, but a few guidelines can make your tasting experience an unforgettable experience.

WHICH TEA GOES WITH WHAT FOOD:

  • The same principle used for pairing wine and food applies: flavours can be COMPLEMENTARY or CONTRASTING.
  • If the tea COMPLEMENTS the food they will have the same full-flavour intensity, e.g. the sweetness of vanilla with the sweetness of the cake.
  • CONTRASTING flavours could be when for example serving SWEET with SAVOURY eg the sweetness of a berry rooibos tea with the grassy, spicy flavour of a pulled leg of lamb.

A FEW EXAMPLES OF CARMIEN TEA BLENDS MATCHING WELL WITH WHAT TYPE OF FOOD

These are only suggestions!

DELIGHT (rooibos, honeybush, hoodia & buchu) – meat like fatty lamb, casseroles or bredies or vegetables
FOCUS (rooibos & chai spices) – match with almost any food, but specifically spicy food eg curries, Moroccan dishes, cakes and sweet treats
RESTORE (rooibos, lemongrass & ginger) – Oriental flavours, curries, fish, green vegetables and salads
RESCUE (rooibos & buchu) – fatty meats specifically lamb, pork neck, meat casseroles with dried fruit, offal
BLACKCURRANT ROOIBOS – the fruitiness in the tea pairs well with creamy desserts eg ice cream, panna cotta, cakes as well as a contrasting flavour with meat like lamb, pork or chicken
EARL GREY ROOIBOS & VANILLA ROOIBOS – the smooth almost neutral taste of both teas will match well with almost any kind of food, specifically sweet stuff. A safe choice to start your tea pairing experience with.

Also, see the pairing sheet of the exiting Carmién Tea and chocolate tasting experience as well as the pairing sheet of the unique De Tol Tasting Experience where Carmién Tea and Piekenierskloof wines are paired with various food nibbles.

All these experiences are available at The De Tol Deli on the N7, near Citrusdal. For further info, visit the Carmién website and book through the De Tol website.

Mango’s vir oulaas

Jare terug kuier ek in die Magoebaskloof-omgewing en by die hotel waar ons tuisgaan word ons elke oggend bederf met die ‘n mango’s in allerlei vorms op die ontbytspyskaart. Toe ons onlangs weer die mooi van die Drakensberge kon aanskou, was daar ook hope mango’s om aan te peusel en wat ons selfs kon saamneem terug huis toe. Ons het omtrent gesmul aan hierdie sappige stroopsoet vrugte. Jy hoef egter nie te wag tot mango’s volryp is voordat jy daaraan weglê nie. Groen mangos kan net so lekker werk in geregte, veral in kerrie. Ek het hierdie geurige kerrie vinnig bedink vir aandete nadat ‘n verrassingsboks met mangos en bestannddele om eintlik ‘n tipe kroningshoenderslaai te maak by my huis afgelewer is deur die mango-kwekersvereniging. Ek kon my lus nie beteuel nie en wou nie wag tot die mangos volryp genoeg was om die slaai te maak nie. Hierdie kerrie, gemaak met die groen mango, was my uitkoms en ons het almal heerlik gesmul.

Groen mango-kerrie

Genoeg vir 4—6 mense
Bereiding: 20 min
Gaarmaak: 20 min

Olie
2 uie, gekap
5 cm vars gemmer, gerasper
6 hoenderfilette, in blokkies gesny
Sout
20 ml (4 t) tandoori-masala of andersins geroosterde masala
1 blik (400 g) klappermelk
2 groen mango’s geskil en grof gerasper
15—20 ml (3—4 e) vrugtige blatjang
Kwart kop kool in dun repies gesny
2 lemmetjies se sap en gerasperde skil
Sojasous na smaak
Groot handvol koljanderblare, gekap
Amandelvlokkies vir bo-oor sprinkel
Basmatirys vir voorsit

1 Verhit bietjie olie in ‘n groot pan en braai die uie saam met die gemmer tot sag.
2 Geur die hoenderbrosfilette met sout, voeg by die uiemengsel en braai tot net effe geseël buite-om.
3 Voeg die tandoori of geroosterde masala en klappermelk by en meng deur.
4 Voeg die gerasperde mango by en verhit tot die mango bykans weggekook het. Roer die blatjang deur.
5 Voeg die kool by en geur met lemmetjiesap en -skil asook sojasous. Verhit tot net warm, maar die kool moet nog lekker bros wees.
6 Sprinkel die koljanderblare en amandelvlokkies oor en sit voor met basmati-rys.

Exploring tea is the new cool: a basic guide to tea drinking

More people around the world are opting for tea as their preferred beverage and tea offerings have dramatically expanded in the last few years. “Ready-to-drink” teas, functional teas and speciality teas are now available in all shapes, sizes and flavours.

But with tea becoming so popular, few really know the difference between their teas as most South Africans still refer to all leafy beverages steeped in hot water as tea. Strictly speaking, the word ‘tea’ only refers to a beverage that comes from the Camellia Sinensis plant, which is native to Asia. The most common tea varieties are black, green, white, oolong, purple, Pu-erh and herbal infusions.

Herbal teas are referred to as tisanes (pronounced ti-zahn), since they don’t come from the Camellia Sinensis plant. They can be made from leaves, fruit, flowers, roots, berries, seeds and spices. Popular tisanes include hibiscus, mint, chamomile, lemon balm and our homegrown, Rooibos. They also don’t contain caffeine, whereas traditional teas do, albeit in varying amounts. Both teas and tisanes cater for specific health needs.

Brewing the perfect cuppa

To get the best flavour along with health-promoting antioxidants one must brew each tea correctly:

White and green teas taste better when steeped in slightly cooler water for shorter times. If you over-steep or burn green tea with water that’s too hot, it spoils the sweet and vegetal (botanic) taste and will become bitter. Black tea, on the other hand, can handle the hot water and may be steeped for longer.

  • Black tea (Earl Grey, English Breakfast, Assam, Darjeeling): steep for 5 min at 95 ºC.
  • White tea (Silver Needle, White Peony): steep for 4-5 min at 79 ºC.
  • Green tea (Matcha, Sencha): steep for 3-4 min at 79 ºC.
  • Oolong tea (Ti Kuan Yin, Dan Cong): steep for 3-5 min at 91 ºC.

Keep in mind that water boils at 100 ºC, so it’s best to let it cool for a few minutes before pouring it over the teabag/leaves.

  • Dried tisanes (Rooibos, Chamomile, Hibiscus) can handle hotter water: steep for up to 15 minutes at 100 ºC.
  • Fresh tisanes made from chopped up fruit, roots or spices need to steep for up to 30 minutes at 100 ºC.

Tea terminology

Just like wine, tea also has its distinct tea tasting language. Here’s how you can differentiate between tastes, flavours, mouthfeel and aromas.

  • Astringency – dry, bitter taste, caused by tannin.
  • Earthy – nature-inspired taste and aroma.
  • Floral/flowery – floral taste or aroma.
  • Fruit – rich in colour, dominantly sweet and fruity, but not overpowering.
  • Spicy – strong spicy infusion.
  • Balanced – where aromas succeed each other smoothly, highlighted by flavours and texture.
  • Bite – tastes alive.
  • Body – fullness and strength.
  • Crisp – yielding a clean, refreshing taste.
  • Generous – rich in aromas.
  • Hungry – lacking in cup quality.
  • Intense – strong taste.
  • Long in the mouth – aromas that leave a pleasant and lasting impression in the mouth after tasting.
  • Nose – pleasant aroma.
  • Pungent – astringent effect on the palate without bitterness.
  • Silky – silky and smooth, almost oily taste.
  • Sweet – slightly sweet flavour, with no astringency associated with sweet, vanilla-flavoured aromas.
  • Woody – reminiscent of freshly-cut timber.

Flavour wheel

A flavour/aroma wheel (view here) is a helpful tool that will help you to categorise certain characteristics and aromas of a tea/tisane. The wheel will also help you to point out positive and negative attributes.

Rooibos’ flavour profile is unique. Although it brews into a cup of intense red, the flavour is very different from black teas. Most of us have enjoyed Rooibos in a ‘red’, fermented form, but it’s equally satisfying in its unfermented, ‘green’ guise.

When tasting Rooibos, you will notice three primary aromas i.e. fynbos-floral, woody and honey, followed by secondary aromas: fruity-sweet, caramel and apricot. While red Rooibos has a light, earthy taste, it’s strong enough to hold other ingredients like fruit, herbs, flowers, spices and even chocolate. This allows for it to be enjoyed both hot or cold, in cappuccino, latte or espresso formats.

On the other hand, green Rooibos is more delicate and has a vegetal, yet sweet note.

The sensory lexicon (view here) will give you more detailed information and descriptions of the different types of aromas with both positive as well as negative attributes.

All of these will help you to make the most of your tasting experience by stimulating your taste buds and to explore all the wonderful aromas in a tasty cup of rooibos.

Information supplied by Adele du Toit of SA Rooibos Council.