Ek is superopgewonde oor die Hausware-reeks wat ek saam met Swier, die lap-koningin van Moorreesburg, bymekaar gesit het en wat wissel van tafeldoeke, in verskeie groottes, tafellopers, pragtige kussings, oorgroot teedoeke, voorskote en selfs glasplanke en glasstoof-spatplanke.