My ma glo vas solank jy eiers in die huis het, kan jy iets te ete op tafel sit, van ontbyt tot aandete en selfs as inpakkkos.
Category Archives: Ontbyt
Super Smoothie
Die smoothie staan sommer pa vir baie goed – help as jy bietjie wil detoks, ‘n skoot of wat kollageen wil inkry of as teenmiddel teen verkoue.
Ontspan met tee en beskuit
Niks help so goed om bietjie tot verhaal te kom wanneer dinge ietwat op galop begin gaan as om te ontspan met ‘n koppie rooibos saam met ‘n beskuitjie wat jy daarin kan doop nie. Des te beter as die tee ook kalmte bring.
Tee en skons
Daar is darem maar net iets spesiaals aan ‘n varsgebakte skon om saam met jou gunsteling tee (deesdae is myne die Carmien groen rooibos Earl Grey) te geniet. Ek het nou al so baie vertel hoe my ma ons leer skons bak het, die botter netjies ingevryf en die meel hoog gelig om lug te kry.
Stafies propvol energie
Ek hou daarvan om neute en sade in te werk by my kos en sprinkel dit graag oor van slaaie tot groente; in granola of selfs oor ‘n smoothie. Na ‘n goeie oefensessie kom ‘n energiestafie waaraan jy vinnig kan peusel, baie handig te pas.
Ontbyt in ‘n kits
Ek is lief vir ‘n romerige hawermoutpap wat ek altyd met ‘n kaneelstok, ‘n paar peule kardamom en ‘n steranys of twee gaarmaak – net soos die pap waarmee die kombuis-assistente in Huisgenoot se toetskombuis my graag destyds bederf het. Maar so baie keer is daar so baie dinge wat tegelykertyd soggens moet plaasvind, dat ‘n ordentlike ontbyt die laaste ding is waaraan jy dink en voor jy jou kom kry begin jy laatoggend peusel aan eniggeiets wat voorkom of slaan die een na die ander koppie koffie weg. Om weg te doen met hierdie slegte gewoontes, maak ek baie keer saans ‘n mengsel oornag-hawermout aan.
Gee jou gesondheid ‘n verdere hupstoot met ‘n vinnige teatox
Gee jou gesondheid ‘n verdere hupstoot met ‘n vinnige teatox. Carmien Tea maak dinge sommer supermaklik met hul teatox-combo om jou te help om jou Nuwejaars-gesondheidsdoelwitte te bereik. Dit bestaan uit ‘n pak Energise (‘n mengsel van rooibos, boegoe, hoodia en guarana) en ‘n pak Cleanse (‘n mengsel van natuurlike kruie, senna, suurlemoengras, gemmer, spearment en groen rooibos).
Skud reg vir 2022
Die beste manier vir my om my dag reg te begin is met ‘n lekker(goed) smoothie, want meeste van ons het bloot net nie die tyd om soggens aan te sit vir ‘n ordentlike ontbyt nie. Hierdie smoothie kan jy regtig binne minute in die voedselverwerker aanmaak.
Opgepofde Omelet
Pofferige omelet gemaak met 3 eierwitte met ‘n eiergeel deurgemarmer, was my gunsteling. Op Langebaan sit ons dit baie keer as ‘n groot tafelomelet voor wanneer ons laatoggend op die stoep kuier. Dan gebruik ek sommer eierbokse as plekmatjies as ons die tafel mooi wil dek.