Soos wat ek julle vertel het begin Februarie is antieke grane en veral Afrika-grane een van die groot kostendense vir 2023. Ek nader toe vir Local Village Foods om vir my produkte te stuur.
Category Archives: Slaaie
Waatlemoenfees
Desjare het ons vele waatlemoenfeeste in verskeie formate beleef. Maar waatlemoen werk net so goed by ‘n statige maaltyd.
Waatlemoenlafenis
Deesdae word waatlemoen ingespan op vele maniere, vir van peuselkos tot slaai, saam met vis en seekos is dit heerlik en doen ook sy ding as dit by ietsie soets na ete kom.
Meer as net ‘n mengelslaai
As dit so warm is buite, is geen mens lus vir warm kos of allermins lang ure in die kombuis spandeer nie. So koel slaaie wat verfrissend en vars, maar tog vullend is, is die oplossing en raak my “go to” etes.
Smul aan seekos
Die tentakels word gaargestoom en is letterlik binne minute gaar. Dit bevat ook ‘n verskeidenheid vars groentes. Die Oosterse slaaisous saam met die piekelgemmer is smullekker hierby. Heerlik vir ’n voorafhappie of as deel van ‘n uitpaktafel.
Hey Pesto
Die veelsydigheid van hierdie pesto ken nie perke nie – roer dit by pasta in en rasper pecorino-kaas oor of skep dit oor geroosterde groente voor dit oond toe gaan; smeer dit oor vis of vleis voor jy dit braai.
Pure Weskus
Ek het mos op die rand van die Weskus grootgeword – bo-op die Olifantsrivierberge waarvandaan jy op ‘n mooi dag die son oor die see by Elandsbaai kan sien blink. Maar nou bly ek midde-in die Weskus hier op Langebaan en die ontdekking van Weskusjuwele hou net nie op nie. Daarom toe ek die nuutste uitgawe van Country Cooking op die rak sien opgedra aan die Weskus moes ek dit net dadelik aanskaf.
Slaai by die braai
Vir braaidag moet daar darem ‘n slaai of twee op tafel wees waarmee jy die nodige varsheid en vrolikheid na die tafel kan bring om so ook die koms van die somer te vier.
Opslag tamaties
Vir ‘n wyle hou ek nou al die plantjie wat neffens die agterdeur opgeslaan het, dop. ‘n Tamatieplant, ontdek ek by nadere ondersoek. En hy gedy by die dag al hoe meer. Hierdie keer wend ek my dan tot die ruim oes van tamaties en maak ‘n slaaisous met songedroogde tamaties.
Slaai vir die winter
Dis veral die wintervrugte en wortelgroentes wat goed kan instaan vir ‘n vullende slaai wanneer die weer sy koue tande wys.
Koue Kerriehoenderslaai
desjare terug op Heidelberg in die Wes-Kaap geniet het so handig te pas kom, veral omdat Februarie ook mos druiwetyd is.
Veelsydige Quinoa Slaai
As mens té veel rooivleis inneem, loop jy die risiko om gesondheidsprobleme soos hartsiektes en kanker te verhoog. Dis dus ‘n goeie idee om ‘n vleislose dag of twee per week in te werk. Gelukkig is daar heelwat alternatiewe hoë-proteïenbronne om van te kies.
Kuier op die stoep
Op Langebaan is daar ‘n vakansiegees in die lug. Die dorp is besig, die strate getooi en op die meer bol die seile van die windsurfers in die lug. Stadig maar seker skud almal reg vir die feestyd en lekker saamkuier. Dan hou ek daarvan om ‘n buitetafel te dek op die stoep en ‘n eenvoudige koue feesmaal voor te sit.
Super Slaaie
Met die nuwe Carmen Niehaus x Carmien Tea-slaaisouse het jy binne ‘n ommesientjie ‘n smaaklike slaai op tafel. Die Forest Berry-slaaisous is veral lekker saam met vrugtige slaaie soos hierdie komkommer-carpaccio wat ook aarbeie inkry terwyl dit net so lekker in ‘n lensieslaai waarby pruime ingemeng word smaak.
Smullekker slaaisous
My grootste uitdaging en droom was nog altyd om te sorg dat slaai die ster van die tafel word en die bak heel eerste dolleeg geëet sal wees. Slaaisous maak die verskil tussen ‘n ordinêre slaai en iets spesiaals. Die Carmen Niehaus-slaaisouse sorg vir daardie spesiale smaak wat enige slaai verhef bo die gewone.
Airfry your veggies
It is no secret that I am mad about salads – the combination of crispy green leaves, a variety of multicolour fresh veggies and creamy cheese with a dressing that is beautifully complimenting it, just appeals to me. During the week I normally stick to fresh veggies that need no cooking. Salads made with roasted veggies e.g., butternut, sweet potatoes, onions, or beetroot was weekend food. No more. With the Instant Pot Vortex Airfryer these veggies are roasted to perfection within half an hour – giving me just enough time to prep the rest of the veggies and the salad dressing.