Daar is altyd maar altyd ‘n boks filodeeg in my vrieskas, want daarmee tower mens in ‘n ommesientjie ‘n heerlike verskeidenheid geregte op – soet of sout. Eniggeiets wat jy voorheen met skilferkorsdeeg gemaak het, kan jy ook met filo doen.
Tag Archives: Groente
Oondgeroosterde Groente
Ek hou van my slaai, groentes en die heerlike verskeidenheid somervrugtes wat tans beskikbaar is. Waar moontlik verkies ek om dit rou te geniet en ook ongeskil waar moontlik, maar maak doodseker dat jy dit baie baie goed afwas.
Geurige Groentebrood
Ek is so bly daar is nou ‘n spesiale bewustheid om die eet van groente aan te wakker, want deesdae word dit beslis nie net meer opgekook en as bykos voorgesit nie. Ek geniet dit om met groente te eksperimenteer, die pragtige kleure en bros teksture leen dit darem net te veel tot smaaklike geregte, want die geure werk tog te lekker saam.
Begrotingsvriendelike gesondheid
Eet jy genoeg groente en vrugte? Van 9 tot 15 Oktober vier Suid-Afrika Nasionale Voedingsweek. Die tema vir 2021 is “Eet meer groente en vrugte elke dag”. Maar is dit moontlik op ‘n knap begroting? Dieetkundige Liezel Engelbrecht gee ‘n paar wenke.
Smullekker Groentebakkies
Knus langs my kombuisdeur het daar onlangs ‘n soetrissie-plantjie opgeslaan. Ek het nie gedink dit sou die Weskuswind oorleef nie, maar tog, toe ek my weer kom kry, hang dit vol blinkskil soetrissies. Party het ek groen geoes, ander langer laat hang tot hulle mooi rooi geskyn het. En dan maak dit die lekkerste bakkies waarin jy vir elkeen sy eie etetjie kan berei.
Thaise Roerbraaigroente
Sojasous is ook een van my gunstelinge. Kikkoman sou die aangewese soort wees, maar oe, dis maar aan die duur kant. Gelukkig het ek Japanese soesji-sojasous ontdek op Checkers se rakke en dit werk goed. Nie net is dit heerlik oor ‘n klewerige bakkie jasmynrys saam met bietjie sesamsaad nie, saam met bietjie lemmetjiesap, koljanderblare en brandrissie gee dit heerlik geur aan groente. Vir hierdie roerbraaigroente gebruik ek graag groente wat dieselfde tyd neem om gaar te word – blomkool en/of kopkool, broccoli, soetrissie, murgpampoentjies en sampioene werk goed saam. Ek hou ook van bietjie mielies daarby.