Nog Weskusdinge

Ek het nou genoem van die heerlike brood en plaasbotter wat ons altyd by Die Weskus-padstal net neffens die Vredenburg-afdraai op die R27 koop, maar hier op Langebaan val ek deesdae net so gereeld in by die Langebaan Bakery in Die Tuinsentrum in Oostewalstraat vir die lekkerste suurdeegbrood maar veral vir ‘n heerlike volkoring-hawermout-sadebrood en natuurlik ‘n soetigheidjie of twee. Net buitekant Hopefield op die R45 vind mens die kleine gehuggie, Koperfontein met nie veel meer as ‘n paar silos nie. Desjare was daar ook ‘n meul en dié het nou weer oopgemaak waar Gideons-mele hul klipgemaalde mele maal. Wat ‘n ontdekking vir my. En dan is daar natuurlik die mooie klein eetplekkie, The Copper Kettle, waar ek dan aansit vir ‘n goeie koppie koffie met interresante broodjies en gebak. Die spyskaart klein, maar keurig.

SAADBROOD

Ek’t ‘n swak vir brood, buiten Ma se varsgebakte plaasbrood, is bruinbrood wat wemel van die sade my groot gunsteling. Hierdie een word met gis gemaak, maar hoef nie geknie te word nie. Ek meng sommer die droë bestanddele vooraf saam (en pak dit in ‘n seëlbare sakkies vir wanneer ons op ‘n tentsafari die binneland invaar), dan’s dit net vir water bygooi as jy wil bak. Jy kan ook potbrood hiermee maak.

Lewer: 2 medium brode of 1 potbrood
Voorbereiding: 5 – 10 min
Baktyd: 50-60 min

BAKMENGSEL
1 kg volkoringmeel, verkieslik klipgemaal (of 250 g daarvan hawermout)
250 ml (1 k) semels
80 ml (⅓ k) elk sesam-, lyn-, sonneblom- en pampoensade
10 ml (2 t) sout
1 pakkie (10 g) kitsgis
VIR BAK
4—5 x 250 ml (4-5 k) louwarm water
30 ml (2 e) olie
Ekstra sade vir bo-oor sprinkel

1 BAKMENGSEL Meng al die droë bestanddele baie goed saam en skep in ‘n lugdigte houer of sakkie. Hou in die koskas.
2 Giet die bakmengsel in ‘n mengbak. Meng die water en olie en roer by die bakmengsel in. Die beslag is slap.
3 Voorverhit die oond tot 190° C. Smeer 2 medium broodpanne of ‘n groot swartpot en sy deksel. Skep die beslag in, sprinkel ekstra sade oor en laat rys tot dubbel die volume op ‘n warm plek.
4 Bak vir 50-60 minute tot ‘n toetspen skoon uit die middel van die brood kom of tot dit hol klink as jy daarop klop. Keer uit op ‘n bakplaat, plaas terug in die afgeskakelde oond vir nog 15 minute. Dit help dat die binnekant van die brood te klam is.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: