Eiers: perfek vir die kosblik

My ma glo vas solank jy eiers in die huis het, kan jy iets te ete op tafel sit, van ontbyt tot aandete en selfs as inpakkkos. Veral vandat eiers weer die groenlig gekry het dat ‘n gesonde mens 2 eiers per dag as deel van ‘n gebalanseerde dieet kan eet, word daar in my huis letterlik deur ‘n dosyn of twee eiers in ‘n week se tyd gegaan.

Eiers is propvol goedheid en noodsaaklike voedingstowwe. Dit bevat baie vitamiene en minerale, onder meer choline, wat baie belangrik is vir selbou, breingesondheid en ‘n gesonde senuweestelsel. Een eier bevat 6 g proteïen en 5 g goeie vette asook belangrike aminosure in die regte verhouding. Hoewel die cholesterol-inhoud hoog is (meestal is dit die “goeie cholesterol – HDL – hoëdigtheids-lipoproteïen), is vasgestel dat dit nie die bloedcholesterol-vlakke van die meeste mense beïnvloed nie.

Gewapen met daardie klein kleefvrye pannetjies kan almal gou-gou aansit vir ‘n lekker pofomelet, bakeiers op roosterbrood, gaatjiebrood of selfs ‘n aangepaste variasie van eier Benedict. En dis net so ideaal om inpakkos mee te maak: in my boek, Lekker & Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid, is daar ‘n hele hoofstuk afgestaan aan eiers waarvan baie ideaal is om inpakkos mee te maak soos frittata-tertjies en verskeie soutterttjies. Daar is ook ‘n heerlike eierslaai met suursous wat net so lekker kan werk as inpakkos.

Die boek is beskikbaar by uitgesoekte boekwinkels soos Exclusive Books en Bargain Books asook in Checkers en ook aanlyn op Lapa en die Carmién-webtuistes.

Op die pluimvee-webtuiste sal jy ook heerlike resepte met eiers vind. Gaan na www.sapoultry.co.za; kliek die “hou van” teken EGGcellentFood op Facebook and volg @eggcellentfoodsa op Instagram vir nog meer inligting en resepte.

Cheats Welsh Rarebit

Traditional Welsh Rarebit is made with a bechamel sauce, which can be laborious. Our cheats version uses eggs and is quick and easy. Perfect for after-school snacks or an accompaniment with soup for a light supper.

Serves 2
Preparation time: 5 minutes
Cooking time: 8 minutes

Ingredients:

2 eggs, whisked
2,5 ml (½ tsp.) salt and pepper
2,5 ml (½ tsp. mustard powder
60 ml (¼ cup) milk
150 g cheddar cheese
10 ml (2 tsp.) butter
2 slices wholewheat or health bread
Ground paprika to serve (optional)

Method:

  1. Preheat grill.
  2. Whisk the eggs with salt, pepper, mustard and milk.
  3. Stir in ¾ of the cheese, reserving ¼ to sprinkle on the top.
  4. Lightly toast the bread and spread it with butter.
  5. Spoon the egg and cheese mixture over toast, top with remaining cheese and sprinkle with paprika.
  6. Place under the grill until lightly brown.
  7. Serve immediately.

Croque-Madame

Serves 2
Preparation time: 10 minutes
Cooking time: 25 minutes

Ingredients:

For the cheese sauce
15 ml (1 tbsp). butter
15 ml (1 tbsp.) flour
165 ml (2/3 cup) milk
Pinch salt
Freshly ground black pepper
Pinch of ground nutmeg
30 g (about ¼ cup) grated mature cheddar or Gruyère cheese

For the Croque-Madame
4 slices thick sourdough or country loaf
30 ml (2 tbsp.) butter, softened
30 ml (2 tbsp.) whole grain Dijon mustard
125 ml (1/2 cup) cheese sauce (as above)
6 thin slices of ham
120 g (about 1 cup) grated mature cheddar or Gruyère cheese, divided

For the eggs
15 ml (1 tbsp.) butter
2 large eggs
Salt, for sprinkling
Freshly ground black pepper

Method:

  1. Preheat oven to 180°C.
  2. Start by making a cheese sauce: In a small saucepan over medium heat, melt butter. Add flour and stir for about 1 minute. Gradually whisk in milk and add salt, pepper and nutmeg. Bring to a simmer, whisking constantly and cook until sauce thickens about 2 minutes. Remove from heat and stir in the cheese. Allow cooling for 10 minutes.
  3. To assemble the Croque-Madames: lightly toast the bread. Spread with softened butter on each slice, then flip over two slices and spread each with 5 ml (1 tsp.) mustard and 15 ml (1 tbsp.) cheese sauce. Top each slice with 3 slices of ham, 60 ml (¼ cup) cheese and the remaining bread slices. Spread the tops of each sandwich with 30 ml (2 tbsp.) sauce and sprinkle with the grated cheese.
  4. Place sandwiches on a baking tray and bake until cheese is melted and golden brown on top, about 15 to 18 minutes.
  5. For the eggs, melt the butter in a frying pan over medium-high heat. Crack in the eggs and fry until whites are set, about 3 minutes. Season with salt and pepper and top each sandwich with an egg. Serve immediately.

Mediterreens bo

Dis ‘n nuwe jaar en vir baie is beter eetgewoontes (ook met die idee om ‘n paar kilos te verloor), deel van hul nuwejaarsvoornemens. My inbox is ook gebombardeer met allerlei kitsdiete en produkte om te help om hierdie doel te bereik. Wat wel my oog gevang het, was ‘n storie op die gerekende gesondheidsorg-webtuiste, WebMD oor ‘n ranglys met beste dieetplanne wat uitskieters was.

Hiervolgens is die Mediterreense dieet (ses keer in ‘n ry) weereens aangewys deur die U.S News & World Report as die beste algemene dieetplan. Dadelik het die dieetkundige, Liezl Compion van True You Nutrition geraadpleeg sodat sy met ‘n kennersoog deur die lysie kon gaan en haar opmerkings neerpen. Sy onderskryf die aanbevelings van die Mediterreense dieet aangesien dit veilig en op die langtermyn volhoubaar is. “Jy is nie honger nie en dis baie meer gebalanseerd en fokus ook op die genot en sosialisering rondom eet.” sê sy.

En ek juig en jubel, want my nuwe boek, Lekker & Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid, is juis grotendeels geskoei op ‘n Mediterreense eetplan en dus is die grootste deel van die resepte dus geskik as jy so ‘n eetplan wil volg.

Hier’s ‘n paar redes hoekom die Mediterreense eetplan so gewild is:

1 Jy hoef geen kilojoules te tel nie

Jy hoef nie ‘n sakrekenaar byderhand te hou om kilojoules te tel nie, nee, jy ruil slegte vette uit vir hartvriendelike vette – soos olyfolie pleks van botter; geniet vis en hoender pleks van rooivleis. Geniet vars vrugte en bly weg van suikerbelaaide fênsie poedings.

2 Die kos is vars

Die fokus is op vars seisonale kosse, geensins geprosesseer of vinnige wegneem kitskosse nie. Bou ‘n smullekker slaai met spinasie, komkommer en tamaties saam met heerlike Griekse bestanddele soos olywe en feta kaas of maak ‘n verfrissende tamatie-gazpacho – die resep is in my boek.

3 Yé, jy kan brood eet!

Probeer brood met volgrane (sien die maklike volgraan-roerbrood en heerlikste volgraan muffins in my boek). Ek geniet veral deesdae die broodvierkante (Blue Ribbon squares) wat mens deesdae te koop kry. Die multi seed & oats een is veral vir my lekker. Geniet dit pleks van hamburgerrolletjies of pitabrood saam met iet soos hoemoes (daar’s ook ‘n maklike, bekostigbare resep hiervoor in die boek).

4 Vet is nie verbode nie

Kyk net uit vir die goeie soorte: jy sal dit vind in neute, olywe, en olyfolie. Hierdie vette (nie die versadigde of transvette nie) voeg geur by kos en help om siektes soos diabetes en selfs kanker te beveg. Kyk vir ‘n lekker pesto-resep in my boek.

5 Die spyskaartkeuses is grooot en eenvoudig om te maak

Mediterreense kosse sluit meer in as slegs Griekse of Italiaanse geregte. Marrokaanse, Spaanse en Turkse resepte val ook hierby in. Hou by die basiese: wees lig op rooivleis en volvet-suiwel, maar geniet baie groente en vrugte, olyfolie en volgrane. Sien bv. die Griekse bulgurslaai en Marokkaanse hoenderpastei in my boek.

6 Heerlik gegeur

Suurlemoen, lourierblare, koljanderblare, roosmaryn, tiemie, knoffel, peper, kaneel en koljander gee soveel geur dat dit eintlik nie eers nodig is vir sout nie. Baie bevat antioksidante en het ook gesondheidsvoordele.

7 Geen hongerpyne

Mediterreense kosse bv ‘n boneslaai, word stadig verteer, so jy gaan langer versadig voel. Tussendeur kan jy ook peusel aan neute, olywe of laevet kase – Halloumi en feta het minder vet as Cheddar, maar is net so lekker.

8 Dis hartvriendelik

Omtrent alles is hartvriendelik – olyfolile en neute help om slegte cholesterol te verlaag. Vrugte, groente en bone help om die are skoon te kry. Vis help om trigliseriede en bloeddruk te verlaag. Selfs ‘n daaglikse glasie wyn is goed vir die hart. Loer veral na die heerlike verskeidenheid visresepte soos die viskoekies en gebraaide vis in my boek.

9 Jou brein is skerp

Dieselfde goedheid wat jou hart beskerm, is ook goed vir jou brein. Jy eet nie slegte vette of geprosesseerde kosse wat inflammasie kan veroorsaak nie, maar anti-oksidantryke kosse wat hierdie eetstyl ‘n breinvriendelike keuse maak.

10 Jy kan gewig verloor

Die basiese Mediterreense eetstyl laat jou jou langer versadig voel, jy is dus nie geneig om aan ongesonde kosse te wil peusel nie en daarom is dit makliker om by die eetplan te hou en in proses ‘n paar kilojoules te verloor. Onthou egter ook om gereelde oefening deel van jou leefstyl te maak.

Liezl Compion: liezl.compion@gmail.com

Lekker & Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid word uitgegee deur Lapa en is beskikbaar in vooraanstaande boekwinkels soos Exclusive Books en Bargain Books asook by Checkers en aanlyn op die Carmién-webtuiste.

Waatlemoenfees

Desjare het ons vele waatlemoenfeeste in verskeie formate beleef. Ek onthou Nuwejaarsdag se familie-uitspan op ‘n versteekte strand êrens naby Saldanha waar die waatlemoen in die yskoue Weskuswater koud gehou is om namiddag as almal moeg gebaljaar was, te geniet. By verskeie Sondagskooluitstappies was waatlemoen hoog op die spyskaart en ons het ons daaraan vergryp voordat ons die lang pad terug Citrusdal toe vanaf Saldanha aangepak het. Tydens my studentejare het meeste waarlemoenfeeste wat altyd saamgeval het met karnaval, ontaard in woeste waatlemoengevegte.

Maar waatlemoen werk net so goed by ‘n statige maaltyd. ‘n Skeppie geurige salsa om gebraaide forel mee af te rond of repies waatlemoen voorgesit saam met gebraaide calamari met ‘n Oosterse smakie – net reg vir ‘n keurige aansitete. Gebakte camembert met sy loperige binneste saam met heuningneute opgedien op ‘n skyfie waatlemoen of ‘n hemelse pavlova gevul met waatlemoenhartjies en ingelegte gemmer is net die regte manier om die ete stylvol af te sluit.

PANGEBRAAIDE REËNBOOG-FOREL MET WAATLEMOENSALSA

Waatlemoenstukkies saam met appel en dille is onverbeterlik saam met vis. Die smeersous werk ook goed saam met geelbek of selfs snoek. Hier wys ek jou hoe om forel perfek gaar te maak met ‘n lekker bros velletjie.

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min
Gaarmaak: 10 min

SALSA
2 skywe waatlemoen, geskil en in klein blokkies gesny
Handvol dilletakkies, fyn gekap
1 appel, in blokkies dun stokkies gesny
Sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
5 ml (1 t) heelkorrelmosterd
15 ml (1 e) olyfolie
SMEERSOUS
125 g botter
Sap en fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
30 ml (2 e) fyn appelkooskonfyt
10 ml (2 e) sojasous
1 knoffelhuisie, fyngedruk
Sout en peper
VIS
Sowat 500 g reënboogforelporsies (4)
60 ml (1/4 k) olie

1 SALSA Meng al die bestanddele saam en hou eenkant gereed.
2 SOUS Smelt die botter in ‘n klein kastrolletjie en voeg die suurlemoensap en -skil by asook die konfyt, sojasous en knoffel. Geur na smaak met sout en peper.
3 VIS Geur die visporsies met sout en peper.
4 Verhit die olie in ‘n kleefvrye pan tot warm. Plaas die porsies, velkant na onder, in die pan en braai 4-5 minute of tot die kante van die vis net pienk begin verkleur en die vel bros is (dis belangrik dat die pan kleefvry is anders sit die vel aan die pan vas). Verf die vleiskant met die smeersous, draai die vis vinnig om met ‘n spaan en braai vinnig vir so ‘n minuut of wat tot die vleiskant net effe verkleur en net liggaar is.
5 Plaas op ‘n dienbord, verf nog van die sous oor en skep van die salsa bo-op.
Sit dadelik voor.

OOSTERSE WAATLEMOEN-EN-CALAMARI-SLAAI

Die Oosterse smake van sojasous, hoisinsous rysasyn en gemmer saam met gekapte koljanderblare, stukkies waatlemoen en avokado is ongenadiglik lekker saam met calamari, wat gaargestoom word.

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 min
Gaarmaak: 10 min

SLAAI
15 ml (2 e) hoisinsous
500 g bevrore calamaribuise, -sirkels of baba-inkvistentakels
1 x Oosterse slaaisous (sien onder)
3 skywe waatlemoen, geskil en in lang vingers gesny
½ komkommer, in stokkies gesny
2–3 stingeluie, in dun repies gesny
1 avokado, in dun skyfies gesny of fyngemaak tot glad
VOORSIT
Piekelgemmer
Sesamsaad
Mini-kruie of groot hand vol gekapte koljanderblare (opsioneel)

1 SLAAI Giet die hoisinsous oor die seekos en stoom tot dit net gaar is en wit is, sowat 5 minute.
2 Berei die slaaisous en giet die helfte van die slaaisous oor terwyl dit nog warm is.
3 Meng die res van die slaaibestanddele, voeg die seekos by en meng liggies deur. Voeg nog sous by soos nodig (INdien jy die avokado fyngemaak het, kan jy hopies daarvan oraloor die slaai skep nadat jy dit in ‘n opdienbord geskep het).
3 VOORSIT Skep die slaai in ’n groot opdienbord en sprinkel die piekelgemmer en sesamsaad oor. Rond af met mini-kruie of koljanderblare.

OOSTERSE SLAAISOUS

Maak sowat 250 ml (1 k) slaaisous
Bereiding: 10 min

80 ml (⅓ k) kanola-olie
45–60 ml (3–4 e) rysasyn
Sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene
15 ml (1 e) heuning of bruinsuiker
80 ml (⅓ k) sojasous
5 ml (1 t) vissous
1 knoffelhuisie, geskil en in blokkies gesny
30 ml (2 e) sesamsaad
3 cm gemmerwortel, geskil en in dun repies gesny
1 heel brandrissie

1 Meng al die bestanddele saam buiten die brandrissie. Giet in ’n glasfles.
2 Plaas die heel brandrissie in die bottel. Maak toe. Gebruik die sous soos benodig.

PAVLOVA MET WAATLEMOEN EN GEMMER

Gemmer en waatlemoen is ‘n heerlike kombinasie en sorg vir ‘n perfekte bolaag vir pavlova. Vir die mooi het ek die waatlemoen in hartjies uitgedruk.

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 40 min
Gaarmaak: sowat 3 uur

PAVLOVA
6 eierwitte
400 g strooisuiker
10 ml (2 t) appelasyn
15 ml (1 e) mielieblom
5 ml (1 t) vanieljegeursel
125 ml (1/2 k) amandelvlokkies of gekapte amandels of gemengde neute (opsioneel)
VULSEL
250 ml (1 c) dubbelroom jogurt
Sowat 60 ml (1/4 k) gepreserveerde gemmerstukke se stroop
BOLAAG
3 skywe waatlemoen, in stukke gesny of in sterre of hartjies gedruk
125 ml (1/2 k) gepreserveerde gemmerstukke
Ment of basilieblare vir afronding

Voorverhit die oond tot 150°C. Plaas bakpapier op ‘n groot bakplaat, spuit en stuif met mielieblom.
1 Klits die eierwitte in ‘n groot bak tot skuimerig met ‘n elektriese klitster, voeg die strooisuiker lepelsgewys by en klits tot die mengsel styf en glansend is. Vou die asyn in en sif die mielieblom oor. Vou die vanielje en neute liggies in.
2 Skep die meringue op die bakplaat en vorm ‘n rowwe sirkel met ‘n effense holte in die middel. Plaas in die oond en draai die oond af na 120°C. Bak 11/4 uur, skakel die oond af en laat afkoel in die oond vir sowat 2 ure. (moenie die deur oopmaak nie).
3 VIR VOORSIT: Trek die papier versigtig af van die onderkant van die meringue en plaas op ‘n dienbord of koekstaander.
4 Meng die jogurt met die gemmerstroop en skep in die holte.
5 Stapel die waatlemoenstukke bo-op en sprinkel die gemmerstukke oor. Rond af met ment- of basilieblare.

WAATLEMOENSKYWE MET GEBAKTE CAMEMBERT EN HEUNINGNEUTE

Die loperige camembert saam met die heuningneute voorgesit op ‘n skyfie vars waatlemoen sorg werklik vir ‘n hemelse kombinasie.

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min

1 Camembert-kaas
‘n takkie roosmaryn se blare, gekap
60 m l(1/4 k) elk pistasieneute, pampoenpitte en geroosterde sonneblomsade
100 g gemengde neute
Heuning om aan te klam
1 dik skyf waatlemoen

Voorverhit die oond tot 200°C.
Voer ‘n bakplaatjie met bakpapier uit.
1 Plaas die Camembert op die bakplaatjie en bak sowat 10 minute tot die loperig van binne is, maar die velletjie moenie skeur nie.
2 Meng die roosmaryn, neute en sade met net genoeg heuning om aan te klam en effe loperig te wees.
3 Plaas die skyf waatlemoen op ‘n dienbord en plaas die kaas bo-op.
4 Skep die heuningneute bo-op en sit dadelik voor.

Waatlemoenlafenis

Dis Januarie en hittig warm op Citrusdal, veral as die koshuis jou woning gedurende die week is. Maar Januarie is ook piektyd vir waatlemoene en ons het gereeld ‘n waatlemoen saamgekry koshuis toe. So hier teen Woensdag wanneer die plaasproviand in die kosmandjie gedaan was, was dit tyd vir waatlemoen sny. Die hele Van Zyl-clan (ons was baie) het dan afgespreek om mekaar na aandete op die stuk sement agter die koshuis te kry. Daar is die waatlemoen in netjiese ringe of skywe gesny (almal wou alewig die kroon gaps) en ons het gesmul tot ons omlê.

Deesdae word waatlemoen ingespan op vele maniere, vir van peuselkos tot slaai, saam met vis en seekos is dit heerlik en doen ook sy ding as dit by ietsie soets na ete kom.

Lywige skyfies aan stokkies saam met ‘n neutesprinkel sorg vir heerlike peuselkos en ‘n yskoue sop is net te heerlik om aan te teug as die warmte jou lamlê. Net so lekker in slaai, veral feta of selfs bloukaas is die ideale pasmaats daarvoor; deesdae geniet ek dit selfs effe geskroei saam met gebraaide eiervrug waaroor ek dan ‘n romerige slaaisous (amper soos mayonnaise) giet. (Sien later die week nog heerlike waatlemoenresepte).

KOUE WAATLEMOENSOP

‘n Heerlike verfrissende sop waaraan ek daglank kan teug.

Maak sowat 750 ml
Bereiding: 15 min

Halwe waatlemoen, geskil, ontpit en in stukke gesny (sowat 750 ml/3k)
Halwe komkommer, saadjies uitgeskep en in stukke gesny
1 geel soetrissie, in stukke gesny
60 ml (1/4 k) basilieblare
2 takkies ment
30 ml (2 e) heuning
60 ml (1/4 k) geroomde maaskaas
30 ml (2 e) wit balsamieke of appelasyn
Sout en varsgemaalde swartpeper
feta-kaas vir bo-op sprinkel
basilieblaartjies vir afronding

1 Plaas die spanspek, komkommer, soetrissie en kruie in die voedselverwerker en verwerk tot fyn.
2 Voeg die heuning, maaskaas en asyn by en verwerk tot glad. Geur met sout en peper.
3 GIet in glasies en sprinkel die feta-kaas bo-op. Rond af met basilieblaartjies.

WAATLEMOENWIGGIES MET OKKERNEUTSPRINKEL

Maak sowat 16 happies
Bereiding: 15 min

Doop die wiggies waatlemoen in hierdie geurige sprinkel wat baie aan doekah laat dink. Lieflik om aan te peusel.

OKKERNEUTSTROOISEL
125 ml (1/2 k) okkerneute of selfs grondbone, grof gekap
125 ml (1/2 k) geelsuiker
30 ml (2 e) geroosterde sesamsaad
15 ml (1 e) seesoutvlokkies (nie fyn sout nie)
5 ml (1 t) fyn komyn
5 ml (1 t) fyn gemmer of helfte daarvan kaneel
5 ml (1 t) fyn koljander
HAPPIES
2 dik skywe waatlemoen, in wiggies gesny met skil en al
AFRONDING
Paar langsteel-kappertjiesade en groen olywe (opsioneel)
Olyfolie

1 STROOISEL Meng al die bestanddele en skep in ‘n bakkie
2 HAPPIES Steek ‘n houtsosatiepen deur elk van die waatlemoenwiggies en stapel op ‘n bord.
3 AFRONDING Meng die kappertjiesade en olywe met bietjie olyfolie en skep in ‘n bakkie.
4 Geniet die waatlemoenskyfies met ‘n sprinkel okkerneutsprinkel en ‘n skeppie olyfmengsel bo-op geskep.

WAATLEMOEN-EN-GORGONZOLA SLAAI

Waatlemoen is heerlik saam met enige kaas, maar ek geniet veral ‘n sagte bloukaas daarby.

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 min

MOSTERD-VINAIGRETTE
10 ml (2 t) Dijonmosterd
30 ml (2 e) heuning
Sout en varsgemaalde swartpeper
45 m (3 e) druiwe-asyn
45 ml (3 e) appelasyn
60-80 ml (1/4-1/3 k) olyfolie
SLAAI
Verskeidenheid groen slaaiblare of jong spinasieblare
125 g waatlemoen, in klein blokkies gesny
swartpeper
60 g Gorgonzola (bloukaas), in stukkies gebreek

1 VINAIGRETTE Meng al die bestanddele goed met ‘n draadklitser.
2 Rangskik die blare op ‘n dienbord.
3 Geur die waatlemoen goed met peper om die geur uit te bring. Stapel bo-op die slaaiblare en sprinkel die kaas bo-oor.
4 Giet van die slaaisous oor en sit voor met die res van die slaaisous.

WAATLEMOEN-EN-EIERVRUGSLAAI MET ROMERIGE SLAAISOUS

Gebraaide eiervrug waarby ‘n sprinkel komynsaad gevoeg is, smaak heerlik met skywe geskroeide waatlemoen.

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 20 min
Gaarmaak: 20 min

SLAAI
4 eiervrugte of so 10 baba-eiervruggies, in die lengte in skywe gesny
sout
olyfolie
5 ml (1 t) komynsaad (nie fyn komyn)
4 knoffelhuisies, fyngedruk
3 dunnerige skywe waatlemoen, geskil en in wiggies gesny
4 murgpampoentjies, met ‘n aartappelskiller in linte gesny
60 ml (1/4 k) pistasie- of amandels, fyn gekap
60 ml (1/4 k) bosbessies
Hand vol basilieblare
pecorinokaafsels vir bo-oor
ROMERIGE SLAAISOUS
2 eiergele
30 ml (2 e) appelasyn
1 knoffelhuisie, fyngedruk
10 ml (2 t) Dijonmosterd
5 ml (1 t) Worcestershiresous
45 ml (3 e) gerasperde pecorino-kaas
Sout en peper na smaak
60 ml (1/4 k) olyfolie

1 SLAAI Besprinkel die eiervrug met sout en laat staan so 15 minute. Spoel af en druk droog met handdoekpapier. Verhit bietjie olie in ‘n braaipan en braai die eiervrugskywe daarin saam met die knoffel en komyn tot bruin en sag, maar nie droog nie. Skep uit.
2 Rooster die waatlemoenskywe in ‘n verhitte gietysterpan tot effe geskroei aan beide kante.
3 Pak die waatlemoenwiggies en eiervrug op ‘n dienbord en stapel die murgpampoentjie-linte bo-op.
4 Sprinkel die res van die slaaibestanddele oor. Rond af met pecorinoskaafsels en sit voor met die slaaisous.
5 SLAAISOUS Plaas al die bestanddele buiten die olyfolie in ‘n lang dun beker waarin ‘n stokmenger sal pas. Skakel die stokmenger aan en giet die olie in ‘n dun straaltjie by terwyl jy aanhou meng tot ‘n dik sous gevorm het. Geur weer met sout en peper na smaak. Skep in ‘n bekertjie en sit voor saam met die slaai.

Meer as net ‘n mengelslaai

Ons het die afgelope week of wat ‘n paar hittige somersdae beleef – heerlik vir die laaste uitspan by die see voor almal die jaar met nuwe ywer pak. Dit het ons ook goed voorberei vir die bloedige warm dae wat nog voorlê. As dit so warm is buite, is geen mens lus vir warm kos of allermins lang ure in die kombuis spandeer nie. So koel slaaie wat verfrissend en vars, maar tog vullend is, is die oplossing en raak my “go to” etes.

Dis dan wat ek hierdie lieflike mengelslaai, wat nie net blare en komkommer met tamaties is nie, naderskraap. Buiten vir ‘n verskeidenheid vrugte soos pynappel, druiwe en appels, kan jy ook gebraaide eiervrug insit. Die lemoenslaaisous is heerlik vars hierby terwyl neute ‘n lekker brosheid daaraan verskaf met die kersie op die koek, piekelgemmer waarmee jy dit afrond.

Die slaai is ook baie veelsydig – vir ‘n ligte ete kan jy romerige kerriehoender (sien die variasie) bysit of selfs hoenderschnitzel maak en dit byvoeg. Die slaai met die kerriehoender het ons voorgesit by ‘n vrouedag by die NG-Kerk Saldanha en almal het gesmul en hul regmerkie daarvoor gegee.

Slaai was mos nog maar altyd my ding, so hierdie resep asook vele ander heerlike slaairesepte soos ‘n anderste aartappelslaai met kappertjiesade, boneslaai met piekeluie en kekerertjies, Midde-Oosterse blomkool-en-broccoli-piekelslaai, vierboneslaai met ‘n rooibosslaaisous, bulgurslaai met tuna, ‘n reënboog-quinoaslaai en ‘n eierslaai met die lekkerste suursous, vorm almal deel van my nuutste boek, Lekker & Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid. Die boek is te kry by vooraanstaande boekwinkels soos Exclusive Books en Bargain Books asook in Checkers en aanlyn by Lapa en op die Carmién-webtuiste.

VEELSYDIGE MENGELSLAAI

Gebraaide eiervrug maak hierdie mengelslaai heerlik anders, maar dis veral die piekelgemmer wat laaste bo-op wat die mengelslaai verhef bo die gewone. Die mengelslaai vorm ook ‘n lekker basis vir ‘n ligte ete met romerige kerriehoender wat jy bo-op kan skep. Jy kan selfs hoenderschnitzel in repies sny en dit bo-op die slaai stapel. Heerlike koel kos vir die hitte somersdae.

Genoeg vir 8-10 mense
Voorbereiding: 15—20 min
Gaarmaak: 30 min

EIERVRUG
1-2 eiervrugte, in blokkies gesny
fyn sout
olyfolie
balsamieke asyn
MENGELSLAAI
1 groot tros groen of swart druiwe se korrels of selfs ‘n piesang, in skyfies gesny
1 Iceberg-slaaikop, in repies gesny en/of 2 sakkies roketblare of selfs 1 pak baba-spinasieblare
½ rooi-ui, in klein blokkies gesny
½ komkommer, in blokkies of stokkies gesny
1–2 Pink Lady appels, in skyfies of stokkies gesny
½ pynappel, in blokkies gesny
1 steel seldery, in ringetjies gesny
AFRONDING
Lemoenmosterdslaaisous (sien onder)
Groot blok feta
80 ml (⅓ k) piekelgemmer, fyn gekap
Groot handvol elk bosbessies en okkerneute of pekanneute vir bo-oor sprinkel
Ekstra koljanderblare

1 EIERVRUG Besprinkel die eiervrug met sout en laat staan vir 10 minute (dit help dat die eiervrug nie so baie olie opsuig as jy dit braai nie). Spoel goed af. Verhit bietjie olie in ‘n pan en braai die eiervrug daarin tot effe bruin en sag, sprinkel ‘n spatsel balsamieke asyn oor.
2 MENGSELSLAAI As jy die kerriehoenderslaai gaan maak, meng die druiwekorrels of piesangskyfies by die hoendermengsel in, andersins voeg by die res van die mengelslaai. Pak die blare op ‘n bord en rangskik die gebraaide eiervrug, druiwekorels of piesang, rooi ui, komkommer, appels, pynappel en seldery bo-op.
3 Berei die lemoen-slaaisous soos bekryf en giet oor.
4 Sprinkel die feta-kaas oor en stapel die piekelgemmer bo-op. Rond af met die bosbessies en neute asook koljanderblare.

LEMOENMOSTERD-SLAAISOUS

Lewer sowat 180 ml (¾ k) slaaisous

125 ml (½ k) lemoensap
Sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
30 ml (2 e) olyfolie
2 knoffelhuisies, fyngedruk
15 ml (1 e) korrelmosterd
5 ml (1 t) Dijonmosterd
15 ml (1 e) heuning
45 ml (3 e) vars gekapte pietersielie, koljanderblare en ment (15 ml elk)
Sout en peper na smaak

1 Meng al die bestanddele saam. Hou in die yskas.

ROMERIGE KERRIEHOENDER

Maak hierdie romerige kerriehoender en stapel bo-op die mengelslaai, die gebraaide eiervrug en feta-kaas en selfs die piekelgemmer kan dan uitgelaat word.

1 kg hoenderborsfilette
Sout en peper of Carmen Niehaus-masala rooibossout
olyfolie
KERRIESOUS
Olie
2 klein uie, gekap
30—45 ml (2 –3 e) geroosterde masala of matige kerriepoeier (Ina Paarman of Cape Herb & Spice)
5 ml (1 t) fyn komyn
Sap en skil van 1 suurlemoen
125 ml (½ k) goeie kwaliteit minder-olie mayonnaise (ek gebruik sommer Checkers se Lite-mayonnaise)
125 ml (½ k) romerige natuurlike jogurt

Voorverhit die oond tot 180°C.
1 HOENDER Geur die hoender met sout en peper, pak in ‘n enkellaag in ‘n oondbak, giet die olie oor en oondbraai tot net gaar en sag, sowat 30 min. (ek doen dit sommer deesdae in die Airfryer, sowat 15—20 min). Sny of breek in stukke.
2 KERRIESOUS Verhit bietjie olie in ‘n pan en roerbraai die ui daarin tot sag. Voeg die kerriepoeier en komyn by en meng deur. Verwyder van die hitte en roer die mayonnaise en jogurt deur.
3 Voeg by die hoender en roer deur en koel af.
4 Meng die druiwekorrels by die hoender in.
5 Skep die hoendermengsel bo-op die bereide mengelslaai wat jy alreeds met slaaisous bedruip het en sprinkel die bosbessies en okkerneute of pekanneute bo-oor.
8 Rond af met piekelgemmer indien verkies en die koljanderblare. Sit koud voor.

Wenk: Die kerriehoender asook die slaaisous kan vooraf gemaak word. Dan kan mens net op die dag die slaai saamstel.

Wholesome Lunch Boxes

Packing lunch boxes for the kids that are wholesome and lekker at the same time can be quite a challenge. With these delicious and easy recipes which are also ready in a jiffy, there is no need for panic anymore. And if all these goodies are packed in a quirky animal-printed lunch bag and water bottle, Max, the sugarbird, Maya mouse and Babilo, the elephant will win over the little ones in no time to enjoy their wholesome eats. Girls will love the pink bag, while boys will be delighted to have the blue one.

The lunch bag, made with insulated foam, will ensure that the food stays cool and fresh for longer and can be used with an ice pack as well.

A balanced lunch box needs to consist of a variety of food that will last for the day and is easy to handle too. Make sure that the lunch box includes all the various food groups: from protein and dairy to carbs; fruit and vegetables. Also, remember to keep them hydrated with a healthy drink.

A wholesome bran muffin containing yoghurt, eggs, nuts and fruit as well as healthy rooibos topped with creamed cheese, biltong or peanut butter and even containing grated vegetables like carrots, will already tick all the boxes for a nutritious lunch box.

The super healthy oats crunchies will be ideal to satisfy their craving for something sweet, especially after their afternoon sports activities. Add a fruit or two.

To quench their thirst an invigorating rooibos tea drink will be ideal. This is where Carmién Tea’s kiddies range comes to the rescue. The combo consists of Very Berry containing rooibos with berry flavours, Sleepy Time, with rooibos & chamomile with a strawberry flavour and Happy Tummy with rooibos and flaxseed with an apple flavour. The Happy Tummy with the flaxseed will add extra wholesomeness when making the muffins as well as the crunchies while the Very Berry and the Sleepy Time can be used for making cold rooibos tea drinks as well as adding flavour and extra goodness to cold milkies which are also wonderful to pack into the lunch box.

MAYA MOUSE BRAN MUFFINS

Carmién’s Happy Tummy is a safe, effective, digestive blend, ideal for kiddies. Apart from rooibos, it contains ground flaxseed and fennel which may help to gently relieve constipation. Rooibos is naturally soothing and helps to relieve stomach cramps. It also has a refreshing apple flavour.

Makes 34 small muffins
Preparation: 15 min
Baking time: 15—20 min

750 ml (3 c) all bran
250 ml (1 c) Carmién Happy Tummy rooibos tea, made with 3 tea bags
180 ml (¾ c) brown sugar
100 ml canola oil
250 ml (1 c) cake flour
375 ml (1½ c) wholewheat flour
2 ml (½ t) salt
125 ml (½ c) almonds & raisin mix
125 ml (½ c) luxury fruit and nut mix
12 ml (2½ t) bicarbonate of soda
60 ml (¼ c) plain yoghurt
2 eggs
60 ml (¼ c) each sesame – and roasted sunflower seeds

Preheat the oven to 180°C. Spray the hollows of two patty pans with spray ‘n cook.
1 Mix together the all-bran, rooibos tea, sugar and oil and let cool.
2 Add the cake flour, wholewheat flour, salt, nut and fruit mixtures and gently mix.
3 Mix the bicarbonate of soda with the yoghurt, add the eggs and beat till well blended.
4 Add the egg mixture to the flour mixture and stir till lightly mixed.
5 Spoon into the prepared hollows of the pans and top with a sprinkling of sesame- and sunflower seeds.
6 Bake for 15—20 minutes or until a testing skewer comes out clean from the middle of the muffins. Let cool in the pans.
7 TO SERVE: Halve the muffins and spread them with creamed cottage cheese, add some biltong. Sugar-free peanut butter, mixed with some creamed cottage with a sprinkling of grated carrots or some fruit spread is also good.
Hint: the muffins freeze well.

MAYA MOUSE OATS CRUNCHIES

The dates in this recipe add good sweetness to this yummy oats crunchies. It is made with coconut oil and nuts and seeds are added to give it a nice “crunch”.

Makes about 18
Preparation: 15 min
Baking time: about 30 min

250 g dates, chopped
125 ml (½ c) warm Carmién Happy Tummy, made with 3 bags
1 egg, beaten
250 ml (1 c) oats
250 ml (1 c) coconut
60 ml each (¼ c) of roasted sunflower seeds and pumpkin seeds
125 ml (½ c) cake flour
2,5 ml (½ t) bicarbonate of soda
5 ml (1 t) cinnamon
Pinch of salt
180 ml (¾ c) coconut oil, melted
80 ml (⅓c) brown sugar

Preheat the oven to 180°C. Spray a baking sheet or 20 cm square cake tin with spray ‘n cook.
1 Place the dates in a bowl and add the warm rooibos tea. Leave to stand for 5 minutes, then add the beaten egg and mix well.
2 Mix together the dry ingredients.
3 Mix the melted coconut oil with the sugar and add to the soaked dates.
4 Add the dry ingredients to the date mixture and mix well.
5 Press into the prepared tin and bake for about 30 minutes or until brown.
6 Cool and slice.
7 Keep in an airtight container.

BABILO ELEPHANT STRAWBERRY MILKIE

Carmién Sleepy Time is specially formulated to soothe and relax. Rooibos is naturally soothing to the nervous system and therefore excellent for hyperactive children. Camomile is long known as a safe, calming herb. A natural strawberry flavour gives a delicious taste and lovely aroma to the tea, making it smells just like sweeties!

2 bags Carmién Sleepy Time rooibos tea
180 ml (¾c) milk

Place the tea bags in the milk and refrigerate, preferably overnight to infuse and get a strong strawberry flavour.
Pour in the water bottle and pack in the lunch box with an ice pack to help keep it cold.

MAX, THE SUGARBIRD’S VERY BERRY MILKIE

Carmién’s Very Berry is a delicious blend of rooibos with natural blackcurrant & strawberry flavours. It has an intense aroma, is naturally sweet and is totally sugar-free. It is also ideal to make ice tea with.

2 bags Carmién Very Berry
180 ml (¾ c) milk

Place the tea bags in the milk, preferably overnight to infuse and get a strong berry flavour.
Pour into the water bottle and pack in the lunch box along with an ice pack to help keep it cold.

Dorslesser teen die hitte

Die somer is in volle swang en dis hittig daarbuite; daarom is dit so belangrik dat mens ten alle tye gehidreer bly. Beste bly maar water, maar so op sy eie kan dit maar ‘n eentonige storie raak en koeldrank gaan nie eintlik die ding doen nie.

Rooibosystee is dan die oplossing, want nie net is dit ‘n goeie hidreerder nie, dit het ook ‘n wye verskeidenheid gesondheidsvoordele (sien inligting hieromtrent onder aan die stuk).

Somertye het ek dus altyd gesorg dat my yskas tot boordens toe vol ystee was. Dit was egter ‘n hele gedoente: eers om die tee in die kookwater getrek te kry en dan om dit weer af te koel. Deesdae is dit egter glad nie meer nodig nie. Met die Cold Brew-rooibosteesakkies van Carmién, maak mens ystee in ‘n ommesientjie en ook net soveel soos wat jy op ‘n slag sou drink of voorsit. Jy gooi slegs ‘n sakkie of twee (afhangend van hoe groot jou houer is) in jou waterbottel of beker, laat dit ‘n bietjie trek… en daar het jy jou ystee! (geen kookwater is nodig nie).

Dis in die lekkerste geure denkbaar beskikbaar: Cranberry Hibiscus, Apricot Blossom en my gunstelinge: Coco Pine en Apple Mint. Beste is, dis reeds effe versoet, nie met suiker nie, maar met ‘n natuurlike versoeter – stevia-blare (wat nie die bittersmaak van die poeier het nie).

Ek gebruik dit selfs as ek gaan oefen: gooi net ‘n sakkie in die bottel en daar gaat ek. (Ek is ook altyd gewapen met ‘n ekstra verpakte sakkie of twee in my handsak, vir wanneer my waterbottel te gou leegraak). Carmién verkoop ook pakkies Cold Brew met die verskillende geure elk in ‘n afsonderlike sakkie verpak.

Carmién het onlangs nog ‘n treffer bekend gestel: hul sprankel-ysteesblikkies! (en die vlieg behoorlik van die rakke). Daar’s 3 heerlike geure: Tangerine Grapefruit, Geranium Mint en Berry Hibiscus (al drie is vir my so lekker, ek kon nog nie ‘n gunsteling vaspen nie). Die sprankel-ystees is nie net propvol geur nie, maar ook vol goedheid en antioksidante uniek aan rooibostee, daarby bevat dit min kilojoules.

Gaan bestel joune op die Carmién-webtuiste.

DIE GOEDHEID VAN ROOIBOS

Die bewese gesondheidsvoordele van Suid-Afrika se unieke kruietee, rooibos, word net by die dag meer en meer. Rooibos is deesdae as gefermenteer (rooitee) en ongefermenteer (groentee) beskikbaar. Rooibos is kafeïenvry en bevat min tannien, iets wat ysterabsorbsie kan beïnvloed. Dit bevat ook omtrent geen kilojoules nie. Dit bevat egter baie antioksidante, waarvan aspalatien die belangrikste is. Die nuutste navorsing dui daarop dat hierdie natuurlike antioksidant bloedglukosevlakke kan help beheer en sodoende help om die risiko van tipe 2-diabetes te voorkom. ‘n Studie onder mense het ook bewys dat gefermenteerde rooibos bloedcholesterolvlakke verlaag, asook die mens se eie antioksidantsisteem ondersteun (lg. neem af soos ’n mens ouer word). Dus bied rooibos goeie ondersteuning daarvoor. Aspalatien beskerm ook die hart deur vaskulêre inflammasie en die opbou van plaak binne die are te help verminder wat gebeur a.g.v. onder meer te hoë bloedsuikervlakke.

Ander studies het bevind dat rooibos kan help met gewigbeheer deurdat dit help om die leptienvlakke te verhoog. Die hormoon stuur seine na die brein wat hongerpyne onderdruk. Rooibos kan ook help om die metabolisme te verhoog en help om die vorming van nuwe vetselle te beperk.

Vier Nuwe Jaar

Wat is dan nou meer opwindend om die nuwe jaar mee in te gaan as met ‘n lekker mengeldrankie. Ek maak graag ‘n afsonderlike mengeldrankie-tafel staan met meerendeels jenewer en verskillende tonikums, lemonade, sodawater en baie ys. Maar die groot lekkerte kom in van wat jy alles kan byvoeg: ek sit houertjies uit met van skyfies vrugte soos suurlemoen, lemoen, nektariens of appel en ook bessies. Dan druk ek ‘n klompie vars kruie in ‘n pot met ‘n skêrtjie by en mense kan self afknip, daar’s ook spekboom- en malvatakkies en roosblare.

Die grootste uniekheid is egter dat ek deesdae my mengeldrankies altyd met ‘n sakkie geurige rooibostee as basis doen – Carmién se verskeidenheid ken nie perke nie – dink aan geure soos Floral Berry of Turkish Delight; Tropical Burst, Citrus Chai of Orange Camomile en Creamy Mint – kan mos net lekker wees om daarmee te eksperimenteer.

Dan is daar ook nog die lieflike Cold Brew-reeks waar jy weer jou weer kan begewe in geurkombinasies soos Coco Pine, Apricot Blossom, Apple Mint en Cranberry Hibiscus. En boonop is daar twee jenewers ook in die reeks: Floral Berry Gin asook Citrus Chai Gin.

En die nuutste treffer: Carmién se sprankel ystees (Sparkling Ice Teas), gelaai met interressante geure en antioksidante, maar met min kilojoules! Die pragtige blomblikkies is mooi genoeg om uit te stal op tafel en ook ideaal vir by jou mengeldrankie gooi. Nog lekker geure om mee rond te speel soos Tangerine Grapefruit; Geranium Mint en Berry Hibiscus.

Sorg vir baie ys en laat die lekkerte begin! Sien ook Huisgenoot van 29 Desember 2022 vir lekker idees vir die mengeldrankies.

WEST COAST GIN & TONIC

The West Coast’s distinctive flora inspires unique cocktails made with Carmien’s Floral Berry and Citrus Chai gins. Adding a bag of Carmién’s Pyramid Rooibos Tea Blends or even a Cold Brew one makes for an exciting twist and an unforgettable G&T experience. Ideal for the Festive Season.

FLORAL BERRY G&T

For the gin, the popular Floral Berry Rooibos Pyramid Tea Blend has been distilled into a light Floral Berry gin which has a beautifully aromatic, sweet floral nose and a classic initial top note of juniper ending with a lingering berry flavour. The gin is available in a beautiful 500 ml bottle or in a 50 ml Mini Gin Taster Bottle, which is just enough for a generous one shot.

1 tot of Carmién’s Floral Berry Gin
1 Carmién Turkish Delight Pyramid bag or Cranberry Hibiscus Cold Brew bag
Ice
Pink Indian Tonic water (sugar-free if preferred)
Soda water (if preferred)
Spekboom or geranium sprigs
Variety of West Coast flowers

Pour a tot of gin into a glass and add your preferred tea bag. Infuse for 2 minutes, remove the bag if preferred (I keep the bag in), top with ice and add the tonic water. (For a less sweet taste you can have half tonic water and half soda water). Arrange a spekboom or geranium sprig in the glass and garnish with some West Coast flowers. Serve immediately.

CITRUS CHAI G&T

The spicy pyramid Citrus Chai rooibos tea blend is distilled into a beautifully aromatic blend with a warm lingering chai note which is intense and fragrantly spicy on the nose.

1 tot Carmién’s Citrus Chai Gin
1 Carmién Tropical Burst Pyramid bag or Apricot Blossom Cold Brew Bag
Star anise, cinnamon sticks and pink peppercorns
Ice
Lemon Tonic water (sugar-free if preferred)
Soda water (if preferred)
Variety of West coast flowers for garnishing

Pour the gin into a glass, add your preferred tea bag and infuse for 2 minutes. Remove the bag if preferred and add the spices. Top with ice. Add tonic water and soda water if preferred and garnish with West Coast flowers. Serve immediately.

Heerlike kuierkos

As jy met ‘n huis vol kuiermense sit of lekker uitspan by die see en daar gereeld gaste inval vir ete, raak mens gou hande in die hare van wat om voor te sit wat sommer baie mage gaan voed. Dis dan wanneer ek die pak koeskoes of bulgur nadertrek (deesdae gebruik ek ook graag sorghum). ‘n Klein bietjie vermeerder soveelso dat jy gemaklik ‘n menigte kan kosgee en dis ook die ideale plek om die oorskiet van die groot dae by in te werk. (Ander lekkerte is dat jy dit op verskeie maniere kan aanpas om die geurprofiel te verander).

Ek gebruik sommer rooibostee om die graan in gaar te maak – as ek met baie speserye gaan werk, is Carmién se Focus met sy heerlike speserygeure net die ding, andersins as jy meer van ‘kruiegeur’ verlang, gebruik ek graag die Rescue van Carmién wat ook bietjie boegoe in het. So ook is die Revive, ‘n groen rooibostee met gemmer en bietjie brandrissie in, net so geskik en gee ‘n lekker, maar nie oordadige skop. Trek ‘n sterk treksel tee en gebruik dit pleks van groenteaftreksel. Nadat dit klaargekook is, klam ek dit graag verder aan met een van my eie rooibos-slaaisouse.

In my resepteboek, Lekker & Goed, lekker kos propvol heilsaamheid, wys ek verskeie maniere hoe lekker en maklik dit is om met rooibostee te kook en sodoende nie net ekstra goedheid en antioksidante by jou gereg in te werk nie, maar dit verleen net so ‘n unieke geur daaraan, veral as jy met Carmién se wye verskeidenheid rooibostees met die heerlikste geurkombinasies werk.

Lekker & Goed, lekker kos propvol heilsaamheid is beskikbaar by uitgesoekte boekwinkels, Checkers asook op die Lapa- en Carmien-webtuistes.

ROOIBOS-MASALA-KOESKOES

Genoeg vir 6—8 mense
Bereiding: 20 min
Gaarmaak: 15 min

1 sakkie (500 g) botterskorsie- of pampoenblokkies
1 sakkie (500 g) patatblokkies
1 klein blomkool, in blommetjies gebreek
2 uie, gekap
1 rooi soetrissie, ontkern en in blokkies gesny
60 ml (¼ k) olyfolie
2owat 15 g Masala Chai-sout (Carmen Niehaus) of andersins geroosterde masala en komyn vir oorsprinkel
1 blik (400 g) kekerertjies, gedreineer
2,5 ml (1/2 t) Fynbossout (Carmen Niehaus), paprika en komyn
250 g Marrokaanse koeskoes, geweek in 500 ml (2 k) chai-rooibostee, gemaak met 4 sakkies Focus van Carmién
Gerasperde skil van 1 suurlemoen
200 g rugspekvleis, in stukke gesny
Sowat 180 ml (¾ k) fynbosslaaisous (Carmen Niehaus) of lemoenslaaisous of mosterd-vinaigrette
20 g koljanderblare vir bo-oor sprinkel

Voorverhit die oond tot 190°C.
1 Meng die groente met die olyfolie en vryf goed met jou hande deur. Geur met die Masala Chai-sout of andersins geroosterde masala en komyn en meng weer lekker deur met jou hande. Skep in ‘n enkellaag in ‘n oondpan en oondbraai sowat 30 minute of tot gaar en effe bros. Skep uit.
2 Pak die kekerertjies in ‘n enkellaag in die Airfryer, sprinkel die sout, paprika en komyn oor. Airfry tot bros, sowat 5 minute.
3 Week die koeskoes in die rooibostee. Plaas in die mikrogolf vir 1 minuut en maak die koeskoes los met ‘n vurk.
4 Voeg die groente en kekerertjies by.
5 Braai die spekvleis tot net gaar, kap fyner indien nodig en roer by die koeskoes in. Giet die slaaisous oor en laat afkoel.
6 Skep op in ‘n platterige opdienskottel en sprinkel die koljanderblare oor.

Wenk: Verleen verdere Marrokaanse smake aan die gereg deur dadels, bosbessies, Turkse appelkose en rosyne by die koeskoes in te meng. Dan kan jy die groente effe minder maak. Roerbraai sonneblomsade in ‘n droë pan, sprinkel bietjie sojasous oor en braai tot droog. Sprinkel oor die gereg. Andersins kan jy gekapte pekanneute oorsprinkel en inroer.

SLAAISOUSE

LEMOENMOSTERD-SLAAISOUS
250 ml (1 k) lemoensap
Sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene
60 ml (4 e) olyfolie
4 knoffelhuisies, fyngedruk
30 ml (2 e) korrelmosterd
10 ml (2 t) Dijonmosterd
30 ml (2 e) heuning
Sout en peper na smaak

MOSTERD-VINAIGRETTE
6 knoffelhuisies, fyngedruk
100 ml olyfolie
200 ml vars uitgedrukte suurlemoensap of houtverouderde balsamieke asyn
30-40 ml klaarbereide mosterd
Sowat 45—60 ml (3—4 e) heuning of bruinsuiker
sout en peper na smaak

Vir beide slaaisouse, meng net al die bestanddele goed saam.

Peuselhappies by die feesmaal

Terwyl almal vir oulaas rondskarrel voor daar aangesit word vir die Kersfeesmaal, is dit altyd goed om ‘n paar eetgoedjies vooraf te bedien om almal welkom te laat voel. Die Vietnamese pannekoekies en koue Persiese sop is ideaal om vooraf te bedien, so ook hierdie frittata-tertjies, wat jy ook vir ontbytkos kan uitsit. As ‘n lekker broodtafel jou ding is, probeer gerus ook die lae koolhidraat groente-saadbrood en bros saadbrode of andersins ‘n glutenvyre brood of twee saam met mieliebrood en die bekende volgraan-roerbrood, platbrode of selfs muffins of pizza; almal uit my boek, Lekker & Goed, lekker kos propvol heilsaamheid.

Vir vooraf geniet is ‘n glasie vonkelwyn net die ding, ek bedien graag Piekenierskloof se Wilhelmina MCC of andersins ‘n koue ystee. Daarvoor is Carmién se reeks Cold Brew- rooibostees ideaal. Daar is verskeie geure en al wat jy doen is om ‘n sakkie of wat in ‘n beker met yskoue water te voeg en dit bietjie te laat trek. Ek geniet veral die nuutste geur, Coco Pine, maar die Apple Mint is net so verfrissend.

Hier is ook net weer die spyskaart wat julle kan volg om ‘n heerlike feesmaal te berei, almal met resepte uit my boek, Lekker & Goed, lekker kos propvol heilsaamheid.

SPYSKAART
By aankoms

In jou glas
Piekenierskloof Wilhelmina MCC
Carmién Coco Pine Cold Brew-ystee

Vooraf

Vietnamese pannekoekies met Vietnamese slaaislous en grondboontjiedoopsous
Koue Persiese jogurtsop
Mini frittata-tertjies met parmaham en songedroogte tamaties

Wyn: Piekenierskloof Heirloom White

Op die Tafel

Rooibos-masala couscous
Griekse bulgurslaai met tuna
Mengelslaai met piekelgemmer en lemoenmosterd-slaaisous
Aartappelslaai met bros kappertjiesade
Franse oondhoender
Oosterse baba-inkvistentakelslaai
Vark-oondbraad met vinkel en vrugtesalsa
Gebakte blomkool met blomkoolpuree en kruie-vinaigrette
Brosbrood met hangkaas en tuinpiekels
Groente-saadbrood

Soet

Suurlemoen-meringuetert
Patatbrownies met gepreserveerde gemmer-jogurt
Dadelballetjies

Wyne
Piekenierskloof Grenache Blanc
Piekenierskloof Grenache Noir
Piekenierskloof Cinsault
Piekenierskloof Heirloom Red

Tee
Carmién Citrus Chai
Carmién Creamy Mint
Carmién Turkish Delight
Carmién Floral Berry

Verskeie van die resepte wat op die spyskaart genoem word, het ek ook op my blog geplaas, so jy kan daar gaan loer. Vir die res sal jy die Lekker & Goed-boek moet koop. Die boek is beskikbaar by uitgesoekte boekwinkels, Checkers en op Carmién se webtuiste.

FRITTATA-TERTJIES
Lekker vir ontbyt of selfs as inpakkos.
Maak 6–8 groot muffins | Bereiding: 20 min | Bak: 25 min

TERTJIES
2 uie, gekap
Olie
200 g gerasperde murgpampoentjies en/of gekapte spinasie
100 g fyngekapte sampioene
6 repies bladspek, gekap, of 2 gaar hoenderborsies, gepluis
250 ml (1 k) gerasperde sterk cheddarkaas
1 wiel fetakaas, grof gekrummel
5 ml (1 t) aangemaakte mosterd
250 ml (1 k) ertjies (opsioneel)
20 g gekapte kruie soos pietersielie of koljander
4 songedroogde tamaties in vinaigrette
6 eiers
Sout en peper na smaak
80 ml (⅓ k) natuurlike ongegeurde jogurt
30 ml (2 e) mielieblom

1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 8 holtes van ’n diep muffinpan deeglik.
2 TERTJIES Braai die uie in ’n bietjie olie tot glasig, voeg die groente by en roerbraai tot net sag en tot alle vloeistof verdamp het.
3 Voeg die spek of hoender, kaas, mosterd, ertjies en kruie by. Meng en skep in die goedgesmeerde muffinholtes. Sprinkel die songedroogde tamaties
bo-op elkeen.
4 Geur die eiers met sout en peper, voeg die jogurt en mielieblom by en klits goed.
5 Giet oor die groentemengsel in die muffinholtes.
6 Bak sowat 25 minute of tot ferm. Sit louwarm of koud voor.

Wenk: Voeg ’n paar gekapte swart olywe by indien verkies.

Smul aan ‘n Feesmaal vir Kersfees

Jou kopseer oor wat om voor te sit vir Kersfees is grootliks opgelos as jy jou hand kol lê op my boek Lekker & Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid. Daarin is die allerlekkerste disse wat ideaal vir jou feestafel gaan wees. Met my onlangse boekbekendstelling by Hemelhuijs (wat onlangs met ’n ster by die Eat Out-toekennings vereer is) in die Kaapse middestad, het befaamde sjef Jacques Erasmus, ’n verruklike feesmaal met disse uit die boek vir ons bymekaargesit wat almal laat swymel het. So ja, al let jy op wat jy eet, is die kos steeds feestelik en smullekker. Grootste bonus vir my is al het ek soos ’n koning gesmul, voel ek nie nie na omval-ooreet en ongemaklik nie.

Piekenierskloof se pryswennerswyne saam met verskeie Carmién tees om die palet skoon te maak, het bygedra tot verdere smaakgenot. Hier is die spyskaart.

SPYSKAART
By aankoms

In jou glas
Piekenierskloof Wilhelmina MCC
Carmién Coco Pine Cold Brew-ystee

Vooraf

Vietnamese pannekoekies met Vietnamese slaaislous en grondboontjiedoopsous
Koue Persiese jogurtsop
Mini frittata-tertjies met parmaham en songedroogte tamaties

Wyn: Piekenierskloof Heirloom White

Op die Tafel

Rooibos-masala couscous
Griekse bulgurslaai met tuna
Mengelslaai met piekelgemmer en lemoenmosterd-slaaisous
Aartappelslaai met bros kappertjiesade
Franse oondhoender
Oosterse baba-inkvistentakelslaai
Vark-oondbraad met vinkel en vrugtesalsa
Gebakte blomkool met blomkoolpuree en kruie-vinaigrette
Brosbrood met hangkaas en tuinpiekels
Groente-saadbrood

Soet

Suurlemoen-meringuetert
Patatbrownies met gepreserveerde gemmer-jogurt
Dadelballetjies

Wyne
Piekenierskloof Grenache Blanc
Piekenierskloof Grenache Noir
Piekenierskloof Cinsault
Piekenierskloof Heirloom Red

Tee
Carmién Citrus Chai
Carmién Creamy Mint
Carmién Turkish Delight
Carmién Floral Berry

Verskeie van die resepte wat op die spyskaart genoem word, het ek ook op my blog geplaas, so jy kan daar gaan loer. Vir die res sal jy die Lekker & Goed-boek moet koop. Die boek is beskikbaar by uitgesoekte boekwinkels, Checkers en op Carmién se webtuiste.

VARK-OONDBRAAD MET VINKEL EN VRUGTESALSA

VARK
2 kg ontbeende varknek of -skouer
of -boud, swoerd klaar ingekeep
Sout
60–80 ml (¼–1/3 k) soet sojasous of andersins heuning gemeng met ’n bietjie sojasous
Paar repe gemmerwortel en suurlemoenskil
1–2 uie en appels, in skywe gesny
1 liter (4 k) rooibostee met vinkel-en-fenegriek (8 sakkies Nursing-tee van Carmién – helfte hiervan kan lemoensap ook wees)
10 ml (2 t) vinkelsaad om bo-oor te sprinkel
Ongegeurde jogurt
SALSA
10 ml (2 t) ment- of koljanderblare, gekap
10 ml (2 t) gekapte piekelgemmer
3 nektariens of pruime of ’n pynappel, in blokkies en skyfies gesny
Skeut balsemieke asyn
Sprinkel suiker (opsioneel)

1 Plaas die vark op ’n draadrakkie oor ’n oondpan. Giet kookwater oor die swoerd en druk droog met handdoekpapier. Vryf die swoerd goed met sout
in en laat staan oop oornag in die yskas.
2 Voorverhit die oond tot 230 °C.
3 Vryf die vleiskant van die oondbraaistuk in met die soet sojasous of andersins heuning-en-sojasousmengsel.
4 Pak die gemmerwortel, suurlemoenskil, uie en appels in ’n oondbak en plaas die oondbraaistuk met die velkant na bo in die bak. Oondbraai by 230 °C of
tot die swoerd mooi bruin is, sowat 20 minute.
5 Verlaag die temperatuur na 160 °C.
6 Giet die rooibostee en lemoensap indien gebruik, in die bak, maar moenie dat dit die vetlaag en vel bedek nie en sprinkel die vinkelsaad bo-oor. Bedek
liggies met tinfoelie of bakpapier en oondbak by 160 °C vir sowat 2½ uur of tot die vleis heerlik sag is – verwyder laaste halfuur die tinfoelie sodat die
vel weer lekker bros kan word.
7 Kook die sous af tot lekker geurig en meng ’n bietjie jogurt by.
8 SALSA Meng al die bestanddele saam en sit voor saam met die oondbraaistuk.

Variasie: rafelvleis Bak die vleis tot baie sag, verwyder die swoerd en vet en trek in rafels. Dreineer en maak ’n sousie van die pansappe: Voeg nog sowat 80 ml (⅓ k) soet sojasous, ’n teelepel of wat tamatiepasta, 5 ml (1 t) elk mosterdpoeier, paprika en Chinese vyfspeserypoeier by, asook 60 ml (¼ k) appelasyn by. Meng deur en giet terug by die vleis. Sprinkel sowat 45–60 ml (3–4 e) bruinsuiker oor die vleis en oondrooster vinnig onder die
roosterelement tot effe gekaramelliseer. Sit voor op platbrode.

Smul aan seekos

Desembermaand is net die regte tyd om jou vis- en seekosinname ‘n hupstoot te gee. Ons weet dat vis en seekos ‘n uitstekende bron van proteien is. 90 g gekookte vis bevat 21 g – dieselfde as rooivleis. Maar anders as rooivleis wat baie versadigde vette bevat, bevat vis en seekos min versadigde vette en is goeie bronne van die goeie langketting omega-3-vetsure asook verskeie vitamiene en minerale. Seekos word egter meestal in diepvetolie gaargemaak – en dadelik word iets wat gesond was, ongesonder gemaak.

In my nuutste boek, Lekker & Goed, lekker kos propvol heilsaamheid, het ek verskeie vis- en seekosresepte wat nie een gediepvetbraai word nie. Van viskoekies wat jy in die airfryer kan gaarmaak tot mossels en inkvistentakels wat jy gaarstoom! En steeds is dit heerlik en lekker vars.

OOSTERSE BABA-INKVISTENTAKELSLAAI

Die tentakels word gaargestoom en is letterlik binne minute gaar. Dit bevat ook ‘n verskeidenheid vars groentes. Die Oosterse slaaisous saam met die piekelgemmer is smullekker hierby. Heerlik vir ’n voorafhappie of as deel van ‘n uitpaktafel.

Maak sowat 10 happies slaai | Bereiding: 20 min | Gaarmaak: 5 min

SLAAI
15 ml (2 e) hoisinsous
500 g bevrore baba-inkvistentakels
1 x Oosterse slaaisous (sien onder)
½ komkommer, in lang, dun repe gesny
1 wortel, skoongeskraap en in julienne-repies gesny
2–3 stingeluie, in dun repies gesny
¼ kopkool, in papierdun skyfies gesny
1 avokado, in dun skyfies gesny
Groot hand vol gekapte koljanderblare (opsioneel)
VOORSIT
Piekelgemmer
Sesamsaad

1 SLAAI Giet die hoisinsous oor die inkvistentakels en stoom tot dit net gaar is, sowat 5 minute.
2 Berei die slaaisous en giet die helfte van die slaaisous oor terwyl dit nog warm is.
3 Meng die res van die slaaibestanddele, voeg die tentakels by en meng liggies deur. Voeg nog sous by soos nodig.
3 VOORSIT Skep die slaai in ’n groot opdienbord of as jy enkelporsies wil voorsit in klein Chinese lepeltjies en sprinkel die piekelgemmer en sesamsaad oor.

OOSTERSE SLAAISOUS

Maak sowat 250 ml (1 k) slaaisous | Bereiding: 10 min

80 ml (⅓ k) kanola-olie
45–60 ml (3–4 e) rysasyn
Sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene
15 ml (1 e) heuning of bruinsuiker
80 ml (⅓ k) sojasous
5 ml (1 t) vissous
1 knoffelhuisie, geskil en in blokkies gesny
30 ml (2 e) sesamsaad
3 cm gemmerwortel, geskil en in dun repies gesny
1 heel brandrissie

1 Meng al die bestanddele saam buiten die brandrissie. Giet in ’n glasfles.
2 Plaas die heel brandrissie in die bottel. Maak toe. Gebruik die sous soos benodig.

Proe die nostalgie

In my nuwe boek, Lekker & Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid, het ek my in ‘n groot mate oorgegee aan die nostalgie, maar allerlei slim kinkels bedink om hierdie destydse lekkertes op te kikker deur dit meer heilsaam te maak. In die boek is daar minstens 30 koesterresepte wat ek menigmaal in my grootwordhuis geniet het, maar wat ek nou net afgestof en gesonder gemaak het deur veral die suiker- en vetinhoud te verminder – daar’s my ma se immergewilde tuisgemaakte roomys en malvapoeding, die bekende ongelooflike muffins, poetoepap en sheba, bobotiebrood, tamatiekos, aartappelslaai, viskoekies en eierslaai met suursous tot melktert en ryspoeding, piesang- en gemmerbrood, hawermoutstafies en sjokoladeclusters om maar ‘n paar te noem. Hierdie ou kosse verskyn deesdae weer gereeld op my tafel en ek geniet dit sonder enige skuildgevoel.

Ek is veral gek na oudag se dadelballetjies en onthou nog so goed hoe ons die ryk suikerbottersous stadig gesmelt het voor ons die dadels en Mariebeskuitjies of selfs Rice Krispies daarby ingemeng het. Deesdae sien ek dit ook nogal baie keer weer op veral padstalle se rakke en die versoeking is meestal groot om ’n pakkie te koop. Maar telkens as ek aan al die baie vet en suiker dink wat daarin kom, skrik ek my gelukkig gou weer tot ander insigte en het ek aan die werk gespring in my kombuis om aanpassings te maak, te toets en weer te toets, nie een keer nie maar verskeie kere tot ek gevoel het die lekkerte is steeds daar maar nou is dit heilsamer en gesonder. Net soos dit die geval was met baie van ons heerlike onthoukosse wat ek in my boek ingesluit het. Ek onthou ondermeer my immergewilde sjokoladekoek wat ek 2 uur in die oggend uiteindelik die Jackpot geslaan het met die byvoeging van patat wat daartoe gelei het dat ek die suiker dramaties kon verminder en so kan ek aangaan.

Lekker & Goed, heilsame kos propvol heilsaamheid is die ideale Kersgeskenk. Gaan loer veral op Carmién se webtuiste waar jy ‘n lekker pakkie kan opmaak met die boek en allerlei ander spesiale produkte soos die Carmen Niehaus-slaaisouse en -soute as ook van die Carmen Niehaus Haus Collection teedoeke en voorskote. Die boek is ook te kry in alle vooraanstaande boekwinkels, Loot, Takealot en in Checkers.

Dadelballetjies

Dadelballetjies kan soveel variasies aanneem – voeg ’n bietjie grondboonbotter en droëvrugte soos Turkse appelkose en bosbessies by en jy het heerlike energiepeuselkos waaraan jy kan weglê tydens of ná ’n oefensessie. Net so, met ’n goeie skoot gemmer in, is dit ’n lekker soetdingetjie wat ek deesdae graag saam met tee of koffie voorsit. Bowendien maak dit ’n pragtige geskenk in ’n mooi boksie.

Maak 50 balletjies | Bereiding: 20 min

500 g ontpitte dadels
1,25 ml (¼ t) koeksoda
125 ml (½ k) kookwater of rooibostee met gemmer en brandrissie (Carmién se Revive)
1 pakkie (200 g) suikervrye semelkoekies of 375 ml (1½ k) hawermout, gerooster
160 ml (⅔ k) kakao
250 ml (1 k) klapper
80 ml (⅓ k) klapperolie, gesmelt
30–35 ml (6–7 t) fyn gemmer
10 ml (2 t) vanieljegeursel
60–80 ml (¼– 1/3 k) bruinsuiker, as jy hawermout gebruik (opsioneel)

1 BALLETJIES Plaas die dadels in ’n glasbak en sprinkel die koeksoda oor. Giet die kookwater oor en verhit 1 minuut in die mikrogolfoond.
Laat afkoel.
2 Plaas die dadels saam met res van die bestanddele (buiten die klapper om in te rol) in die voedselverwerker en maak goed fyn.
3 Skep 12,5 ml (1 dessertlepel) van die mengsel op ’n keer uit en rol in balletjies.
4 AFRONDING Rol die balletjies in klapper. Verpak in ’n geskikte houer.

Wenk: Jy kan ook ’n bietjie fyngekapte Turkse appelkose en bosbessies, selfs ’n bietjie grondboontjiebotter of neute en sade by die mengsel inmeng vir ’n heerlike energieballetjie – maak die klapper dan net minder.

Lekker min koolhidrate

Die min koolidraat-eetplan het groot aanhang onder Suid-Afrikaners en destyds moes ek my deeglik vergewis van hoe dit werk. En glad nie te moeilik om toe te pas nie, dis net as mens begin hunker na ‘n lekker broodjie of soetdingetjie wat jy alternatiewe moes bedink. Omdat ek hou van my broodjie op sy tyd het ek my veral toegespits om te kyk watse lekker brode en soetigheid mens kan bak sonder dat jy peperduur amandelmeel hoef te gebruik.

In my nuutste boek, Lekker & Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid, het ek dan ook meer dan 35 resepte wat almal minder koolhidrate bevat, ingesluit. Dit wissel vanaf smoothies en sjaksjoeka, frittata-tertjies, vleis- en groentegeregte, soppe, viskoekies, klappermeel-roti’s en ‘n klappermeelkors vir pizza tot verskeie brode en beskuit wat baie sade asook klappermeel inkry. Daar is ook ‘n groot aantal soetigheid soos ‘n sjokoladekoek gemaak met klappermeel, patatabrownies, piesang-hawermoutbrood en suurlemoen–meringuetert. Die groente-saadbrood, gemaak met murgpampoentjies, sade en mozzarella-kaas, is veral ‘n treffer.

GROENTE-SAADBROOD

Toe ek die eerste keer hierdie brood probeer, was ek bra skepties. Ek het nie gedink ’n klomp gerasperde murgpampoentjies sou ooit as ’n brood kon uitdraai nie. Groot was my verbasing – dis heerlik klam en bevat min koolhidrate, want daar is nie enige koring in nie, maar tog lekker baie sade. Die eier en kaas help om die mengsel te bind.

Maak 1 brood | Bereiding: 15 min | Gaarmaak: 30–40 min

4 eiers
60 ml (¼ k) olie
625 ml (2½ k) gerasperde murgpampoentjies
180 ml (¾ k) gerasperde mozzarella-kaas
125 ml (½ k) elk pampoenpitte en geroosterde sonneblomsaad
45 ml (3 t) vlassaad
7 ml (1½ t) bakpoeier
Knippie sout
AFRONDING
Pampoenpitte vir bo-oor sprinkel

1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n broodpannetjie goed, voer die bodem uit met bakpapier en spuit weer.
2 Klits die eiers en voeg die olie, murgpampoentjies, mozzarella-kaas, pitte, sade, bakpoeier en sout by.
3 Skep in die voorbereide pan en sprinkel pampoenpitte oor. Bak sowat 30 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Koel effe af in die pan tot
stewig genoeg om uit te keer.
4 Sit voor met botter of avokado of roomkaas

AVOKADO-SMEER: Meng 1 houer (230 g) geroomde maaskaas, grasuiegeur, met 1 ryp avokado wat fyngedruk is en geur goed met sout en peper.

Glutenvry en nuwerwetse happie

Die seisoen van kuier en samesyn is hier en almal is alewig op soek na iets nuuts om as happiekos voor te sit. Hetsy vir ‘n peuselhappie voor ete of by ‘n skemerkelkie-geleentheid waar die eetgoed meerendeels peuselkos is.

Hierdie nuwerwetse Vietnamese pannekoekies met sy geurige groentevulsel en grondbone-doopsous is ideaal, ook omdat dit boonop glutenvry en vegetaries is. Ek hou daarvan om die vulsel en sousie apart op ‘n groot bord of plank uit te pak sodat elkeen sy eie happie kan saamstel. Die glasplanke uit die Carmen Niehaus Hausware Collection wat ek saam met Swier bemark, is ideaal daarvoor.

Hierdie happies was ‘n treffer by die onlangse bekendstelling van my nuutste boek, Lekker & Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid. Met die resepkeuse vir die boek het ek werklik gepoog om onder andere te fokus op geregte wat glutenvry is en daar is ‘n hele 62 glutenvrye resepte ingesluit – buiten vir verskeie glutenvrye brode soos ‘n heerlike kaas-en-uiebrood, mieliebrood en saadbrosbrood is daar poetoepap met sheba, ‘n klappermeelkors vir pizza en souttert, appelkrummeltert, klappermeelplaatkoekies en klappermeel-sjokoladekoek; selfs die kaaskoek is glutenvry en kan jy ook weglê aan ‘n heerlike romerige ryspoeding, grondboontjiebotterkoekies en piesangbrood, gemaak met hawermout. Maak net seker jy gebruik glutenvrye hawermout. Dan praat ons nog nie eers van die heerlike aartappelslaai, viskoekies of visbrijani en ander smullekker vleis- en slaairesepte nie.

Lekker & Goed, heilsame kos propvol heilsaamheid is die ideale Kersgeskenk. Gaan loer veral op Carmién se webtuiste waar jy ‘n lekker pakkie kan opmaak met die boek en allerlei ander spesiale produkte soos die Carmen Niehaus-slaaisouse en -soute as ook van die Carmen Niehaus Haus Collection teedoeke en voorskote.

VIËTNAMESE PANNEKOEKIES

Dié gluten- en suiwelvrye pannekoekies is heerlik lig en ragfyn. Ook ideaal om voor te sit aan vegetariërs en te gebruik vir ’n slaairolletjie saam met ’n grondboontjiedoopsous vir ’n lekker happie vir vooraf peusel. Jy kan ook die die vulsel en sousie apart voorsit sodat elkeen sy eie happie saamstel.

MAAK 10–12 pannekoekies | Bereiding: 15 min | staantyd: 2 uur | Gaarmaak: 20 min

PANNEKOEKBESLAG
100 g Glutagon-bruismeel (of 100 g rysmeel en 15 ml (1 e) mielieblom) (jy kan ook Health Connection Wholefoods se glutenvrye bruismeel gebruik)
2,5 ml (½ t) borrie (opsioneel)
Knippie seesout
200 ml klappermelk
150–200 ml koue water
VULSEL
1 groot wortel, geskil en in dun repies gesny
1 komkommer, pitte uitgekrap met ’n teelepel en in dun repies gesny
½ groot rooi soetrissie, in dun repies gesny
1 avokado, in dun skywe gesny
Groot hand vol boontjiespruite
Groot hand vol vars koljander, basilie en ment
5 groot, sagte blaarslaaiblare, in dun repies gesny
Sesamsaad vir bo-oor sprinkel
VIËTNAMESE SLAAISOUS
20 ml (4 t) water
10 ml (2 t) suiker
5 ml (1 t) vissous of 10 ml (2 t) sojasous
10 ml (2 t) lemmetjiesap
2,5 ml (½ t) droë brandrissievlokkies
5 ml (1 t) fyngedrukte knoffel
GRONDBOONTJIEDOOPSOUS
125 ml (½ k) growwe grondboontjiebotter
125 ml (½ k) ongegeurde jogurt
hand vol vars koljander, fyngekap
15 ml (1 e) hoisinsous
15 ml (1 e) sojasous
3 knoffelhuisies, fyngekap
2 vars rooi brandrissies, ontpit en fyngekap
15 ml (1 e) vars suurlemoensap, of meer na smaak
2 stingeluie, fyngekap
30–60 ml (2–4 e) warm water, of meer soos nodig

1 BESLAG Sif die bruismeel (of rysmeel en mielieblom), borrie en sout saam in ’n groot mengbak. Klits die klappermelk in en voeg net genoeg water stadig by terwyl jy klits om ’n gladde, dun beslag te vorm wat soos skinkroom lyk en die agterkant van ’n lepel sal bedek. Bedek en laat staan minstens 2 uur in die yskas, verkieslik oornag.
2 VULSEL EN SLAAISOUS Meng al die slaaisousbestanddele saam. Giet dit oor die vulselgroentes sodat dit bietjie daarin kan marineer terwyl jy die pannekoekies berei.
3 DOOPSOUS Meng al die bestanddele saam.
4 BEREIDING Verf ’n klein pannetjie met olie, klits die beslag en giet net genoeg daarvan in die pannetjie om die bodem te bedek.
Die pannekoekies behoort dadelik klein gaatjies te maak. Verhit tot die bokant taamlik droog lyk, draai vinnig om en braai tot gaar, net so 1 minuut.
5 Vul die pannekoekies met die vulselgroentes (of sit apart voor sodat elkeen sy eie happie kan saamstel) en sit voor met die grondboontjiedoopsous.

WENKE

  • Pleks van die groentevulsel marineer in die slaaisous, kan jy ook die slaaisous as doopsous voorsit pleks van die grondboontjiesous. Voeg dan net ’n bietjie grondboontjies by die vulsel se bestanddele.
  • Jy kan ook ryspapiervelletjies (die soort wat jy net in water week) gebruik om die vulsels in toe te draai pleks van pannekoekies te bak.

Smullekker en suikervry

Soos meeste van julle bederf ek graag my mense met ‘n soetdingetjie of twee, maar telkens as ek resepte vir soetigheid bekyk het en die groot hoeveelhede suiker en vet en verfynde produkte daarin raakgelees het, het ek dit eerder maar gelos, want so kon ‘n mens darem nie jou geliefdes van die wal in die sloot help nie. Daarom het ek dit veral my missie gemaak om soetigheid gesonder te maak deur minder suiker by te voeg of dit deels met versoeter of vrugte te vervang. In my nuuste boek, Lekker & Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid is daar verskeie resepte vir soetigheid wat nou gesonder gemaak is. Daar’s sjokoladekoek, melktert, roomys, malvapoeding, ryspoeding en sponskluitjies, beskuit, pampoentert, kaaskoek, piesangbrood en gemmerbrood en dan ook hierdie suurlemoenmeringuetert wat ek met ‘n versoeter gemaak het, maar jy kan ook helfte daarvan met gewone suiker vervang.

Wanneer dit by kook en bak kom verkies ek om suikeralkohole soos eritritol as alternatiewe versoeter te gebruik, mens kan selfs meringue daarmee klits. Vir hierdie immergewilde tert het ek ‘n kors met hawermout en klapper bedink en die vulsel met vars uitgedrukte suurlemoen en jogurt gemaak en eritritol wat terloops ook heelwat goedkoper is as xylitol, ingespan om die nodige soet te verskaf. Vir die meringue kan jy egter nie net bloot die suiker vervang met ‘n versoeter nie. Jy moet ‘n tipe malvalekker-meringue maak waar jy die versoeter in die eierwit oplos oor kookwater voor jy dit klits.

SUURLEMOEN-MERINGUETERT

Ek het nog nie iemand teëgekom wat nie gek is na suurlemoenmeringuetert nie. Ook ’n staatmaker op al wat ’n koffiewinkel is se spyskaart. Vir hierdie lekker gesonder weergawe maak ek ’n hawermoutkors met klapper, die vulsel met egte suurlemoensap en jogurt, en die meringue, wat met versoeter gemaak word, word oor kookwater geklits om ’n heerlike malvalekkertekstuur daaraan te verleen. Ek hou van die surigheid van hierdie tert, maar as jy dit soeter verkies, gebruik 180 ml (¾k) suurlemoensap pleks van die volle 250 ml (1 k).

Maak 1 groot tert of 2—3 kleineres| Bereiding: 30 min | Baktyd: 40 min

KORS
60 ml (¼ k) bruinsuiker of versoeter soos eritritol
250 ml (1 k) hawermout, liggies gerooster indien verkies
80 ml (⅓ k) fyn klapper
60 ml (¼ k) klappermeel
Knippie bakpoeier
Knippie sout
1 eier
80–115 g klapperolie of botter, gesmelt
VULSEL
250 ml (1 k) versoeter soos eritritol
4 ekstra groot eiers
250 ml (1 k) ongegeurde volroomjogurt
180-250 ml (¾-1 k) vars uitgedrukte suurlemoensap
Gerasperde skil van 1 suurlemoen
MERINGUE
3 eierwitte, by kamertemperatuur
180 ml (¾ k) versoeter soos eritritol
Knippie kremetart
15 ml (2 e) mielieblom
5 ml (1 t) vanieljegeursel

1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n 23 cm-losboompan met kossproei of andersins 2—3 kleiner pannetjies of selfs ramekins.
2 KORS Plaas die bruinsuiker, hawermout, klapper en klappermeel saam met die bakpoeier en sout in die bak van ’n voedselverwerker. Pols tot fyn.
Voeg die eier by en pols tot deurgemeng. Voeg net genoeg gesmelte klapperolie of botter by om ’n saamdrukbare deeg te vorm. Druk die deeg vas op die bodem en teen die kante van die pan. Verkoel sowat ’n halfuur in die yskas, prik die bodem liggies en bak dan 10 minute.
3 Verlaag die temperatuur na 140 °C.
4 VULSEL Klits die versoeter, eiers, jogurt, suurlemoensap en -skil goed saam.
Giet in die voorbereide kors en bak 10 minute. Verlaag die hitte na 90 °C en bak verder tot die vulsel net gestol, maar steeds binne nog effe sag is,
sowat 20–30 minute. Verwyder uit die oond en laat afkoel.
5 MERINGUE Plaas die eierwitte, versoeter en kremetart in ’n glasbak oor ’n kastrolletjie met kookwater. Laat dit 3 minute prut terwyl gedurig geroer word en tot die versoeter opgelos is.
6 Verwyder van die hitte en klits sowat 10 minute met ’n elektriese klitser tot lig en blink. Vou die mielieblom en vanieljegeursel in. Skep bolle meringue bo-op die suurlemoenvulsel en skroei effe met ’n blaasvlam.

Wenk: as jy kleiner tertjies maak, sal ek voortel jy verdubbel die kors se hoeveelhede.

Span jou airfryer in

In my huis werk my airfryer deesdae oortyd. Darem net te lekker en maklik om te gebruik as jy vinnig iets te ete aanmekaar moet slaan. Niemand hoef hom eintlik ook meer deesdae op kitskos te verlaat nie. Veral dít kan jy baie maklik en vinnig teen ‘n fraksie van die koste en beslis heelwat heilsamer in die airfryer doen. Vat nou maar hierdie hoenderschnitzel – binne 10 minute is dit gereed, lekker bros buiteom en heerlik sappig van binne.

In my boek, Lekker & Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid, gee ek veral aandag daaraan hoe om kitskos gesonder te maak. Ek het verskeie resepte, soos onder andere viskoekies, gebakte patats, patattjips of gebraaide kekerertjies, wat as vulsel vir ‘n schwarama dien, in die airfryer gaargemaak. En ons het heerlik gesmul!

Hoenderschnitzels

Hoenderschnitzels uit die boonste rakke – heerlik bros buite-om en sappig van binne. Ek was nooit een vir enige diepvetgebraaide kosse nie. Maar met dié dat jy dit nou in die airfryer kan doen, gebruik jy bitter min olie. Wat meer is, dis binne ’n ommesientjie gaar; die kans vir droogbak is dus min.

Genoeg vir 4 | Bereiding: 10 min | Verkoeling: 30 min | Gaarmaak: 10 min

HOENDER
4 hoenderborsfilette
Sout en peper
mengsel van bruismeel en mielieblom (jy kan ook glutenvrye bruismeel gebruik)
1 eier, geklits
broodkrummel-en sesamsaadmengsel (of slegs sesamsade)
ligte olyfolie
BYKOS
Groente-salsa

1 HOENDER Sny ’n paar kepe in die hoenderfilette en kap platter met die kant van jou handpalm. Geur met sout en peper.
Rol in die meelmengsel, doop in eiergeel en rol dan in die krummelmengsel. Plaas die hoender vir minstens ’n halfuur in die yskas dat die krummelmengsel goed aan die hoender kan kleef.
2 Besprinkel die hoenderschnitzels alkant liggies met olie en plaas hulle langs mekaar in die laaitjie van die airfryer. Lugbraai vir 10 minute of tot die hoender net gaar en brosbruin buite-om is (draai halfpad om).
3 BYKOS Sit die hoenderschnitzels voor met ‘n groente-salsa gemaak met pitmielies, baba-tamaties, avokadostukkies, gekapte rooi ui en groen soetrissie en ‘n goeie handvol gekapte koljanderblare.

Wenk: Die geheim om te keer dat die krummels loskom, is om die filette eers goed te verkoel voordat jy dit gaarmaak sodat die krummels behoorlik kan vaskleef.
Besprinkel dit baie liggies oral oor met ’n bietjie olie. Belangrik ook is dat die filette in ’n enkellaag in die laaitjie moet lê sodat dit eweredig goudbruin kan braai.

VIR ‘N LAE KOOLHIDRAATVARIASIE: kap geroosterde sonneblomsade fyn tot ‘n meel en doop die filette daarin pleks van in die bruismeel, of jy kan die bruismeelstap heeltemal uitlaat en die hoenderfilette slegs in eier doop en dan in sesamsade rol . Die kan jy dan twee maal doen om ‘n lekker lagie buite-om te verkry. Verkoel baie goed voordat jy dit gaarmaak.

Lekker en Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid is by vooraanstaande boekwinkels te koop asook by Checkers. Kyk ook op die Carmién-webtuiste vir hierdie boek wat jy tesame met teedoeke uit die Carmen Niehaus Hausware-reeks asook die Carmen Niehaus-soute en -slaaisouse kan aanskaf.

Superplantkosse

Ek lees in die nuus dat 28 lande se leiers hul mense gaan maan om minder diereprodukte te eet. Die rede: veeproduksie het ‘n groot impak op klimaatverandering, in ag genome dat 33 persent van alle kweekhuisgasse wat in die atmosfeer gepomp word, van veeboerdery afkomstig is. Daarom word mense aangemoedig om meer plantgebaseerde kosse te eet en hul inname van vleis in te kort tot sowat 300g per week – dis selfs minder as wat die Wêreldkanker navorsingsfonds se aanbeveling van 500g rooivleis is om beter gesondheid te bevorder.

In November kry ons ook nie net Black Friday nie, maar dis ook veganisme-maand – ‘n eetpatroon wat besig is om wêreldwyd al hoe meer aftrek te kry, selfs hier in Suid-Afrika. Met Meatless Mondays wat al ‘n geruime tyd op ons eetkalender aanbeveel word, voel al hoe meer mense gemaklik daarmee om van tyd tot tyd hul vleistande te trek en plantkosse nader te hark. En ewe skielik voel 500g of selfs 300g rooivleis nie meer so vergesog nie. Maar as mens dit werklik volhoubaar wil doen, moet mens ‘n arsenaal resepte hê wat geur en kleur aan hierdie meerendeels geurlose produkte kan verskaf.

So waar bring dit my? Ekself beskou myself as ‘n flexitariër wat vir lank sal smul aan heerlike plantkosse, maar ook van tyd tot tyd ‘n vleisie sal geniet soos die geleentheid hom voordoen. Daarom het dit ook een van my missies geword om plantkosse so geurig as moontlik voor te sit. En dis nou net hier waar my nuutste boek, Lekker & Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid, inkom. Daarin vind jy nie net ‘n hele afdeling vir superplantkosse met sowat 10 resepte in wat wissel van lensiebobotie en dahl tot falafelbakkies en bone-groentekerrie met roti’s nie, maar daar is ook velerlei ander plekke in die boek waar mens vegetariese resepte (wat ook geskik vir vegans sal wees of wat net ‘n klein tweak verg) kan vind, ‘n hele 25-tal bymekaar, van brode en slaaie tot koeke en ontbytkosse. En ek het doodseker gemaak dat elkeen van hul drup van geur en lekkerte. Soos byvoorbeeld die lensie-bobotiebrood – my man wat ‘n vurige vleiseter is, het tydens die fotosessie bykans die hele brood verorber so lekker was dit vir hom. Ekself sal my telkens ooreet aan die dahl om nie te praat van die velerlei lekker slaaie of groentegeregte nie.

Lekker & Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid is beskikbaar by meeste vooraanstaande boekwinkels, Checkers en ook aanlyn op die Carmién-webtuiste (‘n groot bonus hier is dat dit kosteloos versend word).

SORGHUM-EN- SAADPLATBRODE MET GROENTESALSA

Platbrode saam met ‘n groentesalsa is heerlik as ‘n peuselhappie of as ligte maaltyd. Sorghum is ’n antieke graan wat glutenvry is en baie vesel bevat. Dit het heelwat gesondheidsvoordele soos dat dit ’n goeie antioksidant is, stadig opgeneem word in die spysverteringstelsel en help om bloedglukosevlakke stabiel te hou. Dit help ook teen infeksies en verminder selfs jou risiko om kanker en hartsiektes te kry. Die groentesalsa is heerlik hierby.

LEWER SOWAT 6 PLATBRODE
Bereiding: 15 min.
Rus: 15 min.
Bak: 5-8 min.

160 ml (2⁄₃ k) yswater
60 ml (4 e) olyfolie
250 ml (1 k) klipgemaalde witbroodmeel
250 ml (1 k) growwe sorghummeel (of maltabella-pap)
5 ml (1 t) phylliumvesel
sout
ekstra olyfolie
hand vol elk chia-, sesam- en vlassade
VOORSIT
Gemarineerde sampioene (sien resep)

Voorverhit die oond tot 230 °C. Smeer ’n groot bakplaat en bestuif met meel.
1 Meng die water en olyfolie.
2 Plaas die mele, phylliumvesel en sout in die bak van ’n voedselverwerker of elektriese menger met die plastiek- of deeglem. Voeg die
water stadig deur die tuit by terwyl die masjien loop en meng goed tot ’n stywe deeg wat in ’n bol vorm in die bak – meng minstens 5 min. – dan hoef ’n mens dit nie te knie nie. Laat rus 15 min. Deel in 6 bolletjies.
3 Rol elke bolletjie so dun as wat jy kan op ’n meelbestrooide oppervlak uit. Strooi sade oor. Verf met die ekstra olyfolie en bak 5-8 min. tot gaar met ’n paar bruin vlekke en blase. Smeer weer met die olyfolie en sit voor saam met die gemarineerde groente.

GEMARINEERDE GROENTESALSA

Die sampioene in die salsa word “gaar” in die sitrussap waarby ook allerhande ander lekkertes soos tamatie, avokado en mieliepitte ingemeng word.

GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 15 min.
Marineer: 30 min.

MARINADE
sap van 5-6 lemmetjies
fyngerasperde skil van 1-2 lemmetjies
sout en peper
2,5 ml (½ t) komyn
2,5 ml (½ t) paprika
5 ml (1 t) fyngekapte vars knoffelhuisies
GROENTE
625 ml (2½. k) bruin-en-knopiesampioene, in dun skyfies gesny
8-10 baba-Romatamaties, gehalveer
1 groen soetrissie, ontpit en gekap
1 brandrissie, gekap
1 avokado, ontpit en in skyfies of blokkies gesny
1 middelslag-rooi-ui, geskil en gekap
125 ml (½ k) vars mieliepitte
125 ml (½ k) koljanderblare, gekap

1 MARINADE Meng al die bestanddele.
2 GROENTE Plaas al die groentebestanddele in ’n groot mengbak, giet die sous oor en meng goed.
3 Maak toe en verkoel sowat 30 min. in die yskas sodat die geure kan ontwikkel. Sit voor saam met die platbrode.

Al te lekker avokado’s

Ek is gek oor avokado’s en geniet van ontbyt tot aandete, nie net op ‘n roosterbroodjie nie of maak guacamole daarmee nie, maar werk dit graag in in ‘n groen slaai of ‘n salsa wat ek voorsit op ‘n kaasbord saam met platbrode of andersins Mexikaanse geregte soos quesadillas. ‘n Geruime tyd lees ek nou al resepte vir gepiekelde avokado’s raak en toe ek eers besef dit word in werklikheid met groenerige avokado’s gemaak, het ek net geweet dis ‘n resep wat ek net moet probeer, want so baie keer skaf mens ‘n sakkie avokado’s aan wat nog moet ryp word – daarvoor is ek net te ongeduldig, so avokado-piekels is vir my die antwoord. Hier is ‘n resep vanuit die perd se bek, die South African Avocado Growers’ Association (SAAGA).

Pick a peck of pickled avos!

You’ve heard of pickled cucumbers, onions and carrots, but have you ever heard of pickled avocados? It’s true, pickled avos are a thing, and over the past few years have become increasingly popular with foodies. They’re a favourite among chefs who love their combination of creaminess and spiciness, and the fact that they’re always ready in the fridge, no matter what dish they decide to whip up on a whim!

Pickles have been around for more than 4 000 years when ancient Mesopotamians began soaking cucumbers in a salty brine to preserve them. They have since become a staple in many cultures, and today some pickled vegetables may offer health benefits due to the fermentation process that they undergo.

Pickled avos are prepared from not-quite-ripe avos, which helps when you got a little avo-zealous in the store and are now faced with a bowl full of avos ripening at the same time!

Simply boil up the pickling liquid, allow it to cool, add to a screw-top bottle with sliced unripe avos, refrigerate and you’re good to go.

Pickled avos totally transform regular grilled cheese sarmies and cheeseburgers, and are showstoppers in egg and tuna salads, on BLTs, and in Mexican favourites like quesadillas, burritos and tacos.

You can even add the pickle juice to Bloody Marys for a little extra kick, and panko-coat pickled avo slices for deep-fried pickles. Don’t take our word for it, try it!

Pickled avos are quick and easy to make, taste delicious, and are always on hand when you need avos and find yourself in a pickle!

For further information and avo recipes, visit www.avocado.co.za, like us on Facebook @iloveavocadoSA and follow us on Instagram @iloveavossa.

Pickled Green Avocado

Makes 1 Jar
Preparation time: 20 minutes + 3 hours refrigeration
Cooking time: 10 minutes + 20 minutes cooling

You can eat these pickles, when stored in the fridge, for up to 2 or 3 weeks, depending on how ripe the avocados were when you pickled them. If you notice that the pickled avocados are mushy, or have started to disintegrate, they are past their shelf life

2 unripe avocados, peeled and stoned
2 cloves garlic, finely chopped
fresh dill sprigs (optional)
FOR THE PICKLING LIQUID
250 ml (1 cup) white vinegar or apple cider vinegar
250 ml (1 cup) water
60-80g (¼-⅓ cup) sugar (depending on the type of vinegar used)
5 ml (1 t) salt
30 ml (2 T) yellow mustard seeds
5 ml (1 t) black peppercorns
5 ml (1) chilli flakes (optional)

In a small saucepan over medium heat, combine vinegar, water, sugar and salt and bring to a boil, stirring frequently. If using apple cider vinegar increase the amount of sugar. When the sugar and salt have dissolved, add the mustard seeds, peppercorns and chilli flakes. Set aside to cool. Cut the avocado into wedges. In a screw-top jar, place the garlic, dill and avocado slices. Pour the cooled pickling liquid into the jar and seal it tightly with a lid. Refrigerate for at least 3 hours before serving.

Serve on salads, toast spread with cream cheese or with other pickles at a braai.

Maak mooi

Met meeste van my boeke was dit nog altyd die geval – net nadat ons besluit het wat die titel, oftewel in daardie stadium die werkstitel, van die boek gaan wees, dink ek eerstens volgende daaraan van hoe die boek moet lyk. Veral die foto’s – waar en hoe hulle geplaas moet wees, is dit volblad of kom die teks op die foto asook wat die look & feel daarvan moet wees. Want dis nie net lekker resepte in ‘n resepteboek wat mense se oog vang nie, die foto’s moet ook met die leser praat.

Oral in my huis sal jy jou teen ‘n stapeltjie kookboeke vasloop – ‘n stapeltjie voor my bed saam met die nuutste kostydskrifte, ‘n paar in ‘n mandjie gepak op die stoep sommer vir lekker deurblaai as ons kuier om die braai. Andersins mooi uitgepak in perfekte hopies op die bankie voor die rusbank of netjies staangemaak in die rakke van die ou koskas of houtwerkbank wat noodgedwonge as boekrakke moet dien. Baie van my kosboeke skaf ek aan om as inspirasie te dien wanneer ek resepontwikkeling doen. Dié word mooitjies gemerk met geel plakkertjies wat oral uithang by die kante van die boeke – tot groot frustrasie van my man wat dit eintlik ietwat onnet vind, maar vir my baie doenbaar en prakties as ek begin soek na ‘n resep, want ja, ek onthou nogals in watter boek ek watter resep gevind het, maar om die bladsy ook te onthou is darem net ietwat te veel gevra.

Maar dan het ek ook boeke wat ek meerendeels koop omdat hulle vir my so mooi is. Ek kan my verkyk aan die fotografie en props (rekwisiete) en het net die grootste waardering daarvoor, want ek weet presies hoeveel werk en tyd daarin gaan, nie net om ‘n gereg mooi gestileer te kry nie, maar ook met die beplanning van die foto en om die regte props vir die regte dis te vind wat sal meehelp om die storie te vertel. En dis deur hulle wat ek begin blaai en pienk plakkertjies plak as ek op soek is na insprasie van hoe ek graag wil hê my nuwe boek moet lyk.

Gedagtig hieraan begin grawe ek in my laaie en kaste en haal so stelselmatig bakke, borde en lappe uit. Meestal is daar net een of twee van elk, want jy het nie veel meer nodig vir fotografie nie – jy kan jou egter net indink watter nagmerrie dit is om ‘n kas netjies te hou met so ‘n konglomerasie van vet en rond, slank en lank, vierkantig of reghoekig wat nie een inmekaar pas of bo-op mekaar gestapel kan word nie. Baie keer moet ek wanhopig keer as ek ‘n kasdeur oopmaak om te voorkom dat die lotjie nie op my sal omtuimel nie.

So met die uitpakslag kom ek af op heelwat pragtige borde wat ek eens op ‘n tyd by die befaamde pottebakker, Mervyn Gers, gekry het. En net daar besluit ek dis nou weer tyd om vir Mervyn te kontak. So maklik het dit nog nooit gegaan om props te vind nie. Elke Mervyn Gers-stuk ‘n meesterstuk en meer uniek as die ander, maar tog maak hulle saam ‘n mooi prentjie en praat met mekaar. Net daar word dit die ruggraat waarvandaan ek my foto’s begin beplan.

In die studio word nog ‘n tafel staangemaak en al die props daarop uitgepak. Vir eers probeer ek hou by ‘n basiese kleurskema, maar toe die grafiese kunstenaar, Helen Henn, vir my die boekuitleg stuur, begin ek prentjies in my kop vorm en elkeen se props kom sorgvuldig bymekaar – die Mervyn Gers-keramiekware vorm meestal die basis, daarby ‘n geroeste plaatjie wat ek in die middel van die Namib-woestyn opgetel het, die Xhosa-mandjie wat ek gekoop het by ‘n vrou langs die pad wat my vertel die mandjie het haar ma nog spesiaal vir haar geweef, ‘n eierkelkie uit Praag of die messegoed wat my skoonma se trougeskenk was. En natuurlik die lappe en glaskapplanke wat deel vorm van my Carmen Niehaus-reeks, help ook mooimaak en pas mooi in by die Mervyn Gers-ware.

En nou ‘n grootste verrassing: terwyl ek hier skryf, kry ek ‘n epos – dis Mervyn Gers wat my uitnooi om by hom my EIE unieke reeks keramiekware te kom maak. Iets wat ek soooo lank al droom oor. My beker loop oor! Hopelik kan ek julle binnekort wys wat ons geskep het.

Lekker & Goed is beskikbaar by alle goeie boekwinkels, Takealot en Loot asook direk op LAPA se webtuiste en ook Checkers. Hou ook die Carmién-webtuiste dop vir dié boek saam met ander verrassings wat jy kan aankoop.