Lus vir sjokolade, kaaskoek of Turkish Delight, maar jou kop wil jou nie toelaat om jou te verlustig aan hierdie lekkerkry nie? Wel dis nie meer nodig nie. ‘n Tydjie gelede stuur Lancewood vir my al die pad Langebaan toe ‘n pragtig verpakte geskenkpak met hul nuutste jogurts in: hul Double Cream Indulgent Yoghurt – en watse heerlike treat was dit nou nie – daar’s Lemon Cheesecake, Chocolate with choc chips en my gunsteling, Turkish Delight. ‘n Regte mmmm moment sonder ‘n oomlik se skuldig voel, want daardie jogurts bied jou eintlik die beste van twee wêrelde – heeeerlike verleiding saam met pure gesondheid, die ideale heilsame alternatief vir roomys, sjokolade of koek. Dit bevat maar 5,4% vet (al is die jogurt dubbelroom) teenoor die 36% vet van room en slegs 9% koolhidrate waarvan 7% suiker is. Natuurlik het ons ons daar en dan daaraan verlustig soveelso dat daar nie eers oor was wat ek in een of ander resep kon gebruik nie, maar nou dat ek bietjie meer tyd gehad om my kop aan die dink te kry, besef ek dis net die regte jogurts om sonder moeite en skuldigvoel ‘n lekker yskas-kaaskoek of selfs Peppermint Crisp tert mee maak en dit pas perfek by my nuwe motto van lekker & goed (ook my nuwe boek se naam), waar ek lekker kos met ‘n heilsamer aanslag voorop stel!
SMUL AAN YSKASTERT
Met Lancewood se verleidelike dubbelroom-jogurts, Lemon Cheesecake, Turkish Delight en Chocolate with chocolate chips is dit doodmaklik om vinnige ‘n smullekker yskasttert op te tower. Wat meer is, jy het regtig net 4 bestanddele nodig, want meeste lekkerte is reeds vervat in die jogurt.
TWEEKLEUR-YSKASTERT
Hierdie is ‘n aanpassing op ‘n tipe Bannoffee-tert, net sonder die karamelkondensmelk. Maar ek mis dit glad nie. Die tert is eerder geurig en romerig as wat dit soet is. Om seker te maak jy kan ‘n netjiese snytjies sny, moet jy die tert verkieslik oornag of te minste 6 ure in die yskas hou. Hierdie maak ‘n klein tert, as jy een wil maak soos op die foto, verdubbel die bestanddele.
Maak ‘n klein tert
Bereiding: 20 min
Verkoeltyd: 6—12 uur
KORS
1 pakkie (200 g) veselryke, suikervrye, indien verkies, semelkoekies
Ekstra hawermout
Sowat 125 g klapperolie, gesmelt
VULSEL
1 houer (230 g) geroomde maaskaas
250 ml (1 k) Lemon Cheesecake dubbelroom-jogurt
250 ml (1 k) Chocolate with Chocolate Chips dubbelroom-jogurt
2 piesangs
Spuit ‘n klein losboom-tertpan goed met kossproei.
1 Maak die veselkoekies goed fyn in die voedselverwerker, gooi bietjie hawermout ook by om dit bietjie meer te maak.
2 Verdeel die maaskaas in twee in twee bakke.
3 Klits die Lemon Cheesecake jogurt by een deel maaskaas en die Chocolate-jogurt by die ander.
4 Smeer die sjoolade op die boom an die tertkors.
5 Sny die piesangs in skyfies en pak bo-op.
6 Smeer die Lemon Cheesecake jogurt bo-oor.
7 Verkoel minstens 6 uur of oornag tot lekker stewig om te sny.