Eenvoud op sy beste: basiese viskerrie

Dit was tydens ‘n eilandkuier op die Seychelles wat ek tot die besef gekom het dat dit baie keer die eenvoudigste kos met die mees basiese bestanddele is wat ‘n onuitwisbare indruk op mens maak. Ons het vir ‘n wyle kon tuisgaan by een van die plaaslike inwoners in hul houthuis reg voor op die strand waar ons van vroeg tot laat sommer kon instap in die louwarm water en snorkel om die prag van die onderwater te verken. Een aand is hierdie geurige kerrie, gemaak met die eenvoudigste bestanddele aan ons voorgesit toe ons moeghonger, maar tevrede van die strand teruggekeer het huis toe. Hier is my weergawe.

BASIESE VISKERRIE

Genoeg vir 4 mense
Voorbereiding: 7 min
Marineer: 15 minute
Gaarmaak: 6—10 min

1 ui, gekap
3 knoffelhuisies
5 cm gemmerwortel, gerasper
30 ml (2 e) olie
5 ml elk (1 t) elk vismasala, borrie en fyn komyn
2—3 brandrissies, ontpit en gekap
750 g geelbek of stokvis, in stukke gesny
Sout
Olie
Skil van 2 lemmetjies, sap van een
25 ml (5 t) tamatiepasta of 3 tamaties, ontvel
Groot handvol gekapte koljanderblare
4 kerrieblare (opsioneel)
45 ml (3 e) geroosterde klapper of sesamsade

1 Meng die ui, knoffel, gemmer, olie, borrie en komyn. Skep die borriemengsel oor die vis en laat staan 15 minute.
2 Skep die vis uit. Verhit nog klein bietjie olie in ‘n pan en soteer die uiemengsel tot sag. Voeg die brandrissie, lemmetjiesap en –skil saam met die tamatie, koljander en kerrieblare by. Prut tot souserig en geurig, so 5 minute.
3 Geur die visblokkies met sout, braai apart in bietjie olie tot bruin indien verkies. Verlaag die hitte, voeg die vis by die uiemengsel en prut tot die vis net gaar is, sowat 3—5 minute.
4 Sprinkel die klapper of sesamsade oor en sit voor met jasmynrys en komkommerslaai (sien resep).

KOMKOMMERSLAAI Sny ‘n halwe komkommer en 2 wortels in julienne-repies. Voeg ‘n gekapte brandrissie by. Meng 30 ml (2 e) elk suurlemoensap en sesamolie met 5 ml (1 t) heuning of bruinsuiker en giet oor.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: