Ons kan ons erfenis met niks lekkerder vier as om ‘n vuurtjie aan te steek en ‘n vleisie oor die kole te gooi nie nie. Beter nog as jy ‘n braaisous met eg Suid-Afrikaanse bestanddele soos rooibostee maak.
Tag Archives: Braai
Kampioen van kampioene
Vanjaar was ek weereens bevoorreg om deel te wees van die paneel beoordelaars wat jaarliks die nuwe Championship Boerewors van Checkers en Shoprite moet aanwys. Die dertigte jaar van die kompetisie en ek kan met trots sê dat ek van heel van die begin af deel was daarvan.