As dit dan by eetgenot kom, is daar niks beter om dit mee te vier as een of ander groentegereg, reg uit die aarde nie.
Tag Archives: Brood
Beste brosdeeg ooit
Hierdie brosdeeg, wat jy sommer in die voedselverwerker aanmaak is een van my grootste staatmakerresepte. Ek gebruik die deeg vir van tertkorse tot brosbrood en ander koekies, maak selfs soet “pizza” daarmee. ‘n Wonderlike resep wat net moet deel wees van jou resepte-repetoire.
Geurige Groentebrood
Ek is so bly daar is nou ‘n spesiale bewustheid om die eet van groente aan te wakker, want deesdae word dit beslis nie net meer opgekook en as bykos voorgesit nie. Ek geniet dit om met groente te eksperimenteer, die pragtige kleure en bros teksture leen dit darem net te veel tot smaaklike geregte, want die geure werk tog te lekker saam.
Botterkoekbrood
Die lewe kom nie met ‘n handleiding nie, maar met ‘n ma. Onbewustelik leer ons ontsaglik baie by ons ma’s, meestal ongesiens en sonder groot omhaal van woorde. Dit lê in haar doen en omgee en vir ‘n “no go” weet jy net uit die kyk en rol van haar oë.
Tuisgemaakte Teebrood
Die dadels en rooibostee maak hierdie teebrood lekker swaar en klam, nes ek van ‘n koekbrood hou. Carmien Tea se Citrus Chai-rooibostee verleen ‘n ekstra speserygeur met ‘n tikkie sitrus, maar ek gebruik ook net so graag die Carmien Natural rooibos om hierdie teebrood mee te maak. Die maaskaasversiersel is heerlik hierby en ek was ook gelukkig om koekheuning in die hande te kry om daarby voor te sit.
Oesbrood
In die Mediterreense lande word hierdie brood met oestyd gebak. Die vars druiwekorrels bo-op, vertel die storie van die nuwe druiweoes wat ingesamel moet word.
Rosyntjies in rooiwyn gekook saam met bietjie suiker, kan ook in die middel van die brood gepak word voor dit gebak word. Dan verteenwoordig die rosyntjies die vorige jaar se oes.
Die speserygeure van die Six Hats Shiraz werk goed saam met die soetigheid wat die druiwe verleen aan die brood. Smullekker by die rib, maar net so lekker saam met vis of op sy eie saam met die olyf-maaskaassmeer.