Super Smoothie

Jy koop my enige dag om met ‘n lekker smoothie, veral as ons haastig inval by ‘n eetplekkie tydens een of ander inkopietog of ‘n wegneemglasie so in die verbygaan gryp. Maar nou dat dit weer regtig somer se kant toe staan, is dit gereeld weer op ons ontbyttafel. Dan snuffel ek in die yskas rond en maak smoothies gelaai met lekkerte maar ook goedheid.

Met die warmer weer kon ek ook nou weer die ou blou Nerfaf-tafeltjie tot in die quad uitskuif waar ons teen die wind kan skuil en onder die sambreel kuier. Dan gooi ek een van my oorgoot teedoeke vanuit my Carmen Niehaus Hausware Kollection oor, sit heerlik agteroor en verlustig ons aan die lekkerte in ons glas. In my nuwe boek, Lekker&Goed, uitgegee deur Penguin Random Struik, wat teen die einde van die maand verskyn, is daar ook ‘n heerlike verskeidenheid smoothies saam met allerhande ander smulkos. So hou jou oë oop daarvoor. Gaan loer ook op Swier se webtuiste waar om die teedoeke wat baie veeldoelig is en waarmee mens die mooiste tafels kan dek, asook tafeldoeke, lopers, kussings, voorskote en kapplanke in my reeks beskikbaar is.

Alles-in-een-smoothie

Die smoothie staan sommer pa vir baie goed – help as jy bietjie wil detoks, ‘n skoot of wat kollageen wil inkry of as teenmiddel teen verkoue. Hier teen die Weskus (en dit klink my die hele land oor) sukkel een en almal tans met een of ander amborstigheid. Daarom het ek hierdie smoothie ‘n lekker hupstoot gegee met ‘n lepel of twee Carmién-rooibospoeier waarby Echinacea & Baobab saam met kollageen ingemeng is. Die Echinacea saam met die sitrus en gemmer help veral verkoues hokslaan en die sitrus help ook met die absorpsie van yster vanuit die spinasie.

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 15 min

1 pynappel, in stukke gesny (en bevries indien daar tyd was)
1 piesang, in skyfies gesny (en bevries indien daar tyd is)
100 g gekleurde jong spinasieblare of baba-spinasieblare
Kwart komkommer, in stukkies gesny
1 lemoen, diep afgeskil en in skyfies gesny
1 suurlemoen se sap en gerasperde skil
5 cm stuk gemmer, in klein stukkies gesny
Handvol mentblare
5—10 ml (1—2 t) Carmién-rooibospoeier met Enchinacea & Baobab
Sowat 125 ml (1/2 k) natuurlike volroom-jogurt
5—15 ml (1—3 t) heuning
Knippie seesout

1 Plaas die vrugte, groente, gemmer en kruie in ‘n voedselverwerker en kap goed fyn.
2 Sprinkel die rooibospoeier oor en voeg die jogurt, heuning en seesout by.
3 Verwerk tot goed gemeng.
4 Giet in ‘n glas en rond af met ‘n takkie ment, suurlemoenblare of spekboom.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: