Ek hou van ‘n geurige kerrie soos die Maleiers dit maak eerder as die woeste brandkerries uit Natal. Cass Abrahams was dan ook die een wat my leer kerriemaak het. Cass het my ook geleer – gebruik kerriemengsels wat reeds klaar gerooster is soos geroosterde masala.
Category Archives: Vleis
Maklike Brejani
Noudat die kouer weer begin toeslaan, skuif mens outomaties oor na groter bakke kos wat beide lekker warmmaakkos en vullend is. Brejani is vir my so ‘n gereg en ek val gereeld daarop terug veral as ek heelwat mense moet kosgee.
Staatmaker kerrie
Hierdie Thaise kerrie is een van my groot staatmakers as dinge nou rerig bietjie dol begin gaan. Die resep is lekker veelsydig – soms gebruik ek varkfiletrepies pleks van hoender en as jy die dis vegetaries wil maak, kan jy patat-en botterskorsie pleks van die vleis gebruik.
Kuier op die stoep
Op Langebaan is daar ‘n vakansiegees in die lug. Die dorp is besig, die strate getooi en op die meer bol die seile van die windsurfers in die lug. Stadig maar seker skud almal reg vir die feestyd en lekker saamkuier. Dan hou ek daarvan om ‘n buitetafel te dek op die stoep en ‘n eenvoudige koue feesmaal voor te sit.
Hoender op drie maniere
Eers was dit die Lekkerste hoenderresep wat in 1992 in Huisgenoot se toetskombuis geland het wat minstens een keer per week op ons tafel tuis verskyn het, toe was my huismense weer versot op mosterdhoender, maar nes ons deesdae gek is na enige Oosterse smake, geniet ons hoender met Marrokaanse speseryegeure net so baie.
Romerige Kerriehoender met Groen Rys
Ons eet gereeld kerrie in die huis – meestal geskoei op die matige aromatiese kerries soos ek by die kosfoendi, Cass Abrahams nog geleer het. By haar het ek ook geleer wat die waarde is om met jogurt te kook – amper om romerigheid by kos te voeg sonder om ‘n gereg ryk te maak.
Woensdag Wenke: Hoeveel rooivleis eet jy?
Liezel Engelbrecht, geregistreerde dieetkundige, gesels hierdie week oor rooivleisinname en ander proteïenbronne. Hoewel rooivleis ‘n goeie bron van proteïen is en ook ander voedingstowwe soos yster, vitamien B12 en sink bevat, beveel die Wêreldkankernavorsingsfonds aan dat ons nie meer as 500 g rooivleis per week eet nie, wat verwerkte vleis insluit.
Woensdag Wenke: Chuck
Beesvleis is van die moeilikste vleise om ordentlik gaar te maak en mens moet weet met watter vleissnit jy werk om die regte gaarmaakmetode toe te pas. Die karkas word in ‘n voor- en agterkwart verdeel en elk het verskillende gaarmaakmetodes.
Gemmer Varkboud
Op ons Kerstafel is varkboud ‘n jaarlikse instelling in ons huis. En al lees ek wyd en het verskeie resepte vir varkboud en gammon, is dit op hierdie varkboud wat in gemmerlim gaargebak word, waarop ek telkens terugval.