Skoffel in die tuin

Op Sondag 9 Oktober is dit Tuindag – tyd om jou blommekroon op te sit en die dag in jou tuin te geniet, hetsy met ‘n stukkie koek saam met tee of lekker mengeldrankie.

Teen die Weskus sukkel dit maar om ordentlik tuin te maak – nie net is dit die tierende wind wat jy in ag moet neem nie, maar die grond is ook maar arm, pure sandgrond. Toe ons Weskushuis nog net ‘n wegbreekplekkie was, het ons volstaan met ‘n paar riete wat spontaan die hele erf vol was en oorleef het na die bouery en daarby net ‘n lappie of wat buffelsgras. Maar die verskriklike droogte het destyds goed verwoesting gesaai met letterlik net die rietbosse wat weereens oorleef het. Ons het nog altyd geweet die Weskus so eens op ‘n tyd ons blyplek word, Covid het dit net verhaas en toe ons weer kon rondgaan het ons dadelik permanent hierheen verkas.

My voorwaarde was net – die tuin moet dringend aandag geniet. So ja, nog voor ons nog eers die planne vir aanbou kon bedink het ek al my tuingenoot, Cobus Smit nadergehark om my Weskustuintjie te kom regruk. En so het my Weskustuin tot stand gekom – oor naweke het Cobus kom oorbly en sy towerhand oor die tuin geswaai. Vragte en vragte kompos ingery en toe geplant, al om die riete, en net inheemse Weskusplante – sandolyf (wat later as skild moet dien teen die tierende wind), soutbos, vygies, salie saam met verskeie soorte aalwyne, vetplante en natuurlik spekboom… en die tuintjie gedy en verskaf baie genot, nie net vir ons nie maar ook verbygangers. En dis ook die mooiste agtergronde vir van my kosfoto’s wat fotograaf, Daniela Louw so mooi vasvang.

In die fantastiese tydskrif, Country Cooking, met sy Weskusaanslag, vind ek ‘n resep van die Weskuskos-ikoon, Rina Theron, vir wortelkoek met spekboom in, doodreg vir nog gebruike van die spekboom wat so geil groei in my Weskustuin. My weergawe van ‘n Weskus-wortelkoek soos wat ek dit hier aan die Weskus geniet en toe tot ‘n gesonder weergawe aangepas het, sal julle vind in my nuwe boek, Lekker & Goed, wat einde van Oktober uitkom. So hou dop!

SPEKBOOM-WORTELKOEK

Vir die versiersel meng ek net ‘n klein bietjie versiersuiker by geroomde maaskaas in. Gee meer as genoeg soetigheid. Spesiaal vir tuindag versier ek dit met Weskusblommetjies uit my tuin.

3 groot eiers
250 ml (1 k) sonneblomolie
250 ml (1 k) bruinsuiker
100 ml melk
5 ml (1 t) vanieljegeursel
5 ml (1 t) bakpoeier
5 ml (1 t) koeksoda
5 ml (1 t) sout
500 ml (2 k) koekmeel of witbroodmeel
30 ml (2 e) kaneel
Handvol elk rosyntjies en neute
500 ml (2 k) fyngekapte spekboom
VERSIERSEL
230 g geroomde maaskaas
30—45 ml (2—3 e) versiersuiker

Voorverhit die oond tot 160°C. Spuit ‘n koekpan met kossproei.
1 Verroom die eiers, olie en suiker tot skuimerig. Voeg die melk en vanieljegeursel by.
2 Sif die droë bestanddele saam en meng die nat bestanddele in.
3 Voeg die rosyntjies, neute en spekboom by en meng deur.
4 Skep in die voorbereide pan en bak tot gaar.
5 Koel af.
6 Meng die maaskaas en versiersuiker saam en smeer rofweg oor die koek. Versier met ‘n takkie spekboom.

WEST COAST GIN & TONIC

The West Coast’s distinctive flora serves as inspiration for unique cocktails made with Carmién’s Floral Berry and Citrus Chai gins. Adding a bag of Carmién’s Pyramid Rooibos Tea Blends or even a Cold Brew one makes for an interesting twist and an unforgettable G&T experience. Ideal for the Festive Season.

FLORAL BERRY G&TEA

For the gin, the popular Floral Berry Rooibos Pyramid Tea Blend has been distilled into a light Floral Berry gin which has a beautifully aromatic, sweet floral nose and a classic initial top note of juniper ending with a lingering berry flavour. The gin is available in a beautiful 500 ml bottle or in a 50 ml Mini Gin Taster Bottle, which is just enough for a generous one shot.

1 tot of Carmién Floral Berry Gin
1 Carmién Turkish Delight Pyramid bag or Cranberry Hibiscus Cold Brew bag
Ice
Pink Indian Tonic water (sugar-free if preferred)
Soda water (if preferred)
Spekboom or geranium sprigs
Variety of West Coast flowers

Pour a tot of gin into a glass and add your preferred tea bag. Infuse for 2 minutes, remove the bag if preferred (I keep the bag in), top with ice and add the tonic water. (For a less sweet taste you can have half tonic water and half soda water). Arrange a spekboom or geranium sprig in the glass and garnish with some West Coast flowers. Serve immediately.

One thought on “Skoffel in die tuin

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: