Vinkel en koljander

Ek neem die spreekwoord, vinkel en koljander vandag sommer baie letterlik op – want vinkel en koljander pas soos ‘n bom by varkvleis. As die lus vir ‘n stukkie filet jou oorval, maar jy kan nie oor dit kom hoe duur beesfilet deesdae kos nie, is varkfilet jou antwoord. Ek gebruik dit baie graag, want ek hoef glad nie te kommer dat dit straks aan die taai kant gaan wees nie, dis altyd sag en baie bekostigbaar.

Sappig is dit wel, maar soms kan dit doen met ‘n bietjie ekstra geur, en dis dan waar die Carmen Niehaus-slaaisouse so handig te pas kom – hier kies ek die Zesty Fennel, want soos genoem, die geurprofiel pas perfek by vark. Geniet dit saam met ‘n patatpuree waarby jy ook bietjie rooi rooibospoeier met kollageen en kaneel van Carmién Tea gevoeg het.

Gaan so te werk:

  • Giet van die slaaisous oor die varkfilet en marineer so 20—30 minute sodat die geure lekker kan intrek.
  • Net voor jy braai kan jy dit dan kwistig geur met die Carmen Niehaus-braaisout, dit het weer lekker koljander in.
  • Sprinkel ook bietjie fyn broodkrummels oor en braai in ‘n verhitte pan, met ‘n oondvaste handvatsel, in bietjie olie tot alkant bruin.
  • Plaas die pan sowat 10 minute in die oond by 160°C sodat die vleis net-net gaar kan word van binne – dit moet net af van pienk af wees, maar nog sappig.
  • Berei intussen die patatpuree: Bak die heel patats met skil en al in die Airfryer tot sag, so 30—40 minute. Haal uit, skep die vleis uit die skille en maak fyn in die voedselverwerker, voeg die rooibospoeier by.
  • Skep die puree op ‘n dienbord, sny die filet in dik skywe en plaas bo-op. Geniet met slaai.

Die Carmen Niehaus-slaaisouse sowel as die soute is beskikbaar op die Carmién-webtuiste asook by die Carmién winkels by De Tol en Feines Deli in Seepunt asook by verskeie uitgesoekte winkels in die Wes-Kaap.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: