Peuselgoed vir oujaarsaand

Van ons voorstoep af kyk mens lekker uit op die Langebaanmeer. Onder die lattedak staan daar ‘n groot stewige houttafel met bankies. Lanterns wat al om die kante van die stoep hang, gee net genoeg lig. Dis nou al tradisie dat ons Oujaarsaand saam met familie en ‘n paar vriende op die lekker groot stoep kuier, want hiervandaan kan ons die vuurwerke mooi bekyk. Dis dan wat ek graag groot houtborde met charcuterie en kase uitpak saam met lekker brode en ‘n paar smere. Ek gebruik sommer baie keer ‘n klompie vysels om die eetgoed in uit te sit. Eenkant prakseer ek ‘n ginstasie waar almal kan eksperimenteer met mengeldrankies.

My peuselborde sien gewoonlik as volg daar uit:

  • ‘n Verskeidenheid charcuterie: ham, swartwoudham (pleks van baie duur Parma-ham), prosciutto, coppa, salami en miskien chorizo
  • ‘n Verskeidenheid kase: vars kaas soos rolle roomkaas of bokmelkkaas, sagte kase soos Brie en Camembert; semi-harde kase soos Gouda en komynkaas en harde kase soos goedverouderde Cheddar, pecorino of selfs parmesaankaas
  • Ander peuselgoed sluit in: gemarineerde groen en swart olywe; ‘n guacamole, hoemoes en saad-en-neutesprinkel; vars vrugte in seisoen, veral skyfies nektariens, vye, druiwe, spanspek of selfs klein stukkies waatlemoen is heerlik. ‘n Paar lekker stukkonfyte is ook heerlik hierby.

Vir ‘n broderigheid bak ek graag ‘n vinnige ciabatta of selfs sommer ‘n paar platbrode of maak saadbeskuitjies vir diegene wat wegstaan van gluten af. Daarby saam altyd ‘n goeie olyfolie en verouderde balsamieke asyn.

‘n Lekker piekel of twee sal net so lekker wees – dink aan gepiekelde eiervrug of ingelegde baba-tamaties. Blomkool en soetrissie is ook heerlik. Gepiekelde calamari, rolmops en dolmades is natuurlik tops hierby.

Vir die ginstasie pak ek altyd die volgende uit:

  • ‘n Paar soorte gin waar onder Carmien se Floral Berry en Citrus Chai gin
  • Houertjies met Carmien piramied teesakkies – Turkish Delight, Floral Berry, Citrus Chai en Creamy Mint
  • Houertjies met stukkies kaneel, steranys, droë lemoenstukkies, droë roos- en hibiscusblare, suurlemoen- en lemmetjieskyfies en baie vars kruie soos takkies roosmaryn, tiemie, basilie en malva.
  • Tonic water, sodawater en vonkelwater en natuurlik baie ys

2 vinnige mengeldrankies:

Floral Berry gin: giet 1 tot Carmien Floral Berry in ‘n glas, sit ‘n teesakkie by asook bietjie roos- en hibiscusblare of vars kruie en vul die glas verder met ys en tonic water of sodawater.

Citrus Chai gin: giet 1 tot Carmien Citrus Chai in ‘n glas, sit ‘n teesakkie, verkieslik Citrus Chai by en voeg stukkies kaneel en gedroogde lemoenstukkies by asook skyfies vars lemmetjie of suurlemoen. Vul die glas verder met ys en tonic water of sodawater.

Smul aan keurige oorskiet

Die lekkerte van die Kersete kry net nie einde nie en mens kan tot lank na Kersfees steeds peusel aan al die heerlike oorskiet eetgoed. Die groot geheim is eintlik om dit dan steeds mooi en keurig voor te sit.

Dis dan wanneer ek my ou silwerware, glasvase en versameling vintage kookboeke nadertrek om die tafel mee te tooi. Maak stapeltjies boeke met mooi lint vas en rangskik direk op jou houttafel. Gebruik dit as staanders waarop jy die eetgoed uitpak.

Sit ‘n verskeidenheid vars slaaiblare en ander slaaigoed in ‘n mooi sopturien. Sny die oorskiet gerookte varkboud (gammon) en gewone varkboud dun op en pak dit op ‘n silwer-dienbord saam met ‘n potjie mosterd. Sit die slag ook ‘n vrugtepiekel saam met die vleis voor – dis sommer maklik om te maak, veral as jy weer van Carmien Tea se heerlike teemengsels inspan. Koop ook sommer ‘n paar lewersmere en skep dit in ou botterbakkies. Dun-dun snytjies Melba-roosterbrood, in n ou roosterbroodstaander voorgesit, dien as die basis waarop elkeen weer sy eie happies kan saamstel. Kaasstrooitjies in ‘n lang glasvaas en ‘n verskeidenheid kase op ‘n silwer koekstaander met ‘n mooi glaskoepel oor, rond die prentjie af.

VRUGTEPIEKEL
Maak sowat 750 g piekel
Voorbereiding: 20—20 minute
Gaarmaaktyd: 10 min

PIEKELMENGSEL
500 ml (2 k) kookwater
2-3 sakkies Carmien Tea Citrus Chai-piramiedsakkies
2-3 sakkies Carmien Tea Nursing tea
250 ml (1 k) appel- of rysasyn
180 ml (¾ k) suiker
VRUGTE
Vars nektariens of pruime, goed afgespoel met kookwater of selfs 2—3 pynappels, in dun skyfies gesny
1 rooi ui, in ringe gesny

1 PIEKELMENGSEL Giet die kookwater oor die teesakkies en laat trek tot sterk maar nie te lank. Druk uit.
Kook tee saam met asyn en suiker. al die bestanddele in ‘n groot kastrol en bring tot kookpunt.
2 Pak die vrugte saam met paar ringe rooi ui in gesteriliseerde flesse en giet die kokende piekelmengsel oor. Verseël. Laat staan vir so ‘n week of wat. Verkoel sodra oopgemaak.

Wenk: vir ‘n vinnig piekel, kook die piekelmengsel saam en giet oor rooi uieringe en 4—6 Israeliese komkommers wat in stukke gesny is. Dis sommer dadelik gereed.

Foto verskaf deur SA Pork.

‘n Buffet vir Kersfees

As julle soos ek uit ‘n groot familie kom, is dit die beste en maklikste om ‘n buffet vir die Kersete uit te pak waar almal hulself kan help. Ek het jare terug vir my ‘n ou rustieke buffettafel aangeskaf by Nerf-Af, destyds in Durbanville, deesdae is hulle in Onrusrivier. Daardie dubbeldoortafel dien nie net as buffet as daar baie mense vir ete is nie, maar maak ook die ideale koffiestasie. By Nerf-Af het ek ook al verskeie waardevolle stukke, veral ou emaljeware opgespoor. Die nuutste fonds was ‘n Franse emalje-broodblik, so skaars soos hoendertande.

Vir my Kersbuffet span ek al my emaljeware wat ek my hand op kan lê in om die kos op die buffettafel uit te pak. Die Franse emalje-broodblik dien as blompot waarin ek bosse soutbos , uit my Weskus-veldtuin gepluk, saam met fyn rose rangskik.

Op die dik marmerblok kom die oondgebraaide vinkelvarkboud met gebakte aartappels en appels daarby. ‘n Lekker vars salsa van vars vrugte rond die oondbraad heerlik af. Cos-slaaiblare in ‘n ou emalje-vergiettes gestapel, sorg vir ‘n kraakvars groenslaai. ‘n Heerlike slaaisous, soos die Carmen Niehaus-fynbosslaaisous en ‘n saadkonfetti vir bo-oor strooi is meer as genoeg daarby. As jy wil kan jy enige van jou ander gunsteling Kersfeesslaaie soos tamatieslaai of selfs aartappelslaai of rysslaai bymaak. Vir poeding sorg ek dat daar altyd trifle is, somtyds so eenvoudig soos lae vingerbeskuitjies met baie sjerrie oor, ‘n bakkersvla waarby ek sommer bietjie jogurt inmeng, vars bessievrugte (party tot ‘n stroperige compote gekook) en pekanneute. Alles in lae gepak, afgerond met ‘n bietjie romerige natuurlike jogurt bo-op met vir oulaas bietjie neute oorgesprinkel. As jy wil, maak mooi met vars kersies.

Stapel jou borde opmekaar saam met mooi lapservette. Ek het onlangs ook ‘n waardevolle geskenk gekry by my skoonsuster – my skoonma se beenhefmessegoedstel. En dis hulle wat die Kersfees op my tafel pryk.

Wyne uit Piekenierskloof Wine Company se Piekenierskloofreeks, veral die grenache-wyne waarvoor Piekenierskloof bekend is (insluitend die Carel van Zyl Grenache Noir Old Vine om my pa te gedenk op Kersdag), pas goed by hierdie Kersfeestafel.

Fotos verskaf deur SA Pork.

FENNEL LEG OF PORK WITH BAKED POTATOES

By just changing the type of Carmien tea bags that you are using, you create a whole new dish with interesting flavours without any hassle.

Serves 6-8
Preparation time: 20 min
Cooking time: about 3 hours
Standing time: overnight

PORK
2,5 kg leg of pork, rind scored
Boiling water
60-80 ml (¼–⅓ c) sweet soy sauce
Coarse sea salt
400 g (3) Pink Lady apples
260 g (2) onions
1 L (4 c) Carmién Nursing tea, made with 6 tea bags
SALSA
3 nectarines cubed
20 g coriander leaves, chopped
80 g (1) small red onion, chopped
30 g (1) chilli, chopped
60 ml (¼ c) apple cider or rice vinegar
15 ml (1 T) soy sauce
TO SERVE
2 kg baby potatoes
Grated lemon rind of 1 (100 g) lemon

1 PORK Place the leg of pork with the rind facing upwards on a wire rack in an oven pan. Pour over boiling water. Leave to cool, drain.
2 Rub the meaty side of the meat with sweet soy sauce and the rind with salt. Place open in the fridge with the rind facing upwards. Refrigerate, preferably overnight.
3 Arrange the apples and onion in the oven pan, place the pork on top, rind facing upwards. Oven-roast at 280 °C till rind is nicely browned, about 20 min.
4 Place the 6 tea bags in a jug, add 1 L boiling water. Infuse for 5-10 min till strong. Squeeze out all liquid and remove tea bags.
5 Add the tea to the oven pan, just enough to cover the meaty part of the pork. Cover with foil, lower the heat to 160 °C and bake for about 2½ hours or until the meat is tender. Remove the foil for the last half an hour, allowing the rind to get crispy.
6 SALSA Mix all the ingredients.
7 TO SERVE Cook the potatoes with a dash of oil in the Airfryer till crisp. Add a sprinkle of lemon zest. Cut the meat into slices and serve with the salsa and potatoes.

Kuier op die stoep

Op Langebaan is daar ‘n vakansiegees in die lug. Die dorp is besig, die strate getooi en op die meer bol die seile van die windsurfers in die lug. Stadig maar seker skud almal reg vir die feestyd en lekker saamkuier. Dan hou ek daarvan om ‘n buitetafel te dek op die stoep en ‘n eenvoudige koue feesmaal voor te sit.

Vir so ‘n buitetafel dek ek graag met bonkige helder kleure – ‘n mosterdgeel tafeldoek met uitspattige bontpienk servette. Ek grawe in al wat kas en laai is rond op soek na al daardie houtbakkies, planke en plat mandjies wat ons oor jare heen versamel het tydens al ons wintervakansie-safari’s, selfs ‘n paar ongebruikte keramiek-potplanthouers word ingespan.

Net meer as ‘n week of wat gelede het SAPPO (die varkvleis-produsente vereniging) my uitgenooi na die keurigste maaltyd by Hamm & Uys op Blaauwklippen buite Stellenbosch. Voormalige Kokkedoorwenner, Johnny Hammann en Marius Uys het ons vergas op die heerlikste geregte, alles met varkvleis berei. Ons het soos konings geëet en is ook bederf met ‘n keur van allerlei geskenke. Onder andere is ek daar weg met ‘n almintige varkboud en ‘n gammon. Net reg vir hierdie koue feesmaal. My seun wat op die plaas buite Citrusdal werksaam is, bring ook elke naweek vir ons die sappigste vrugte, want dis oestyd op die plaas.

Rooiwang-nektariens; geelvleis; witvleis, te lekker, ons kan nie ophou eet nie. As ek van tyd tot tyd ‘n draai daar maak, sorg ek ook dat ek goed voorraad inlaai by die De Tol-plaasdeli – olywe, kaas en varsgebakte brood of roosterkoek en natuurlik ook ‘n goeie voorraad Piekenierskloofwyne en van die Carmien-rooibostees. Want ons drink nie net koppies vol Carmien tee nie, ek kook ook mos big time daarmee en maak nou bottels en bottels vol ystee vir lafenis. My skoonsuster bak ook elke jaar vir ons die lekkerste vrugtekoek, volgens Ma Susie se geheime resep en onlangs het ons ons pakkie ontvang.

So, sonder dat ek te veel dinkwerk moes insit het die spyskaart vir my koue feesmaal ongesiens gestalte gekry:

SPYSKAART

Bessie-ystee
Wit en rooi wyne van Piekenierskloof uit die Stonedance en Six Hats-reeks

Verskeidenheid vars goed soos Cos en roket-slaaiblare, nektariens, aarbeie, groen-en-swart olywe en baba-tamaties
‘n Lekker slaaisous of twee – die Carmen Niehaus Forest Berry en Zesty Fennel sal goed te pas kom

Varsgebakte brood met ‘n paar keurige kase

Oondgebraaide varkboud met romerige mosterd
Gemmer-en-brandrissie gammon met gemmerstukke

Vrugtekoek met koffie

OONDGEBRAAIDE VARKBOUD

Genoeg vir 6—8 mense
Bereiding: 15 min
Gaarmaak: 2—3 ure

My geheim om ‘n lekker sappige oondgebraaide varkboud te maak is om ‘n goeie hoeveelheid Carmien-rooibostee (hier gebruik ek groen rooibos saam met ment) ook in die pan te gooi en die pan dan vir die grootste gros van die tyd liggies toe te maak sodat mens ‘n kombinasie van klamhitte en droëhitte kry. Vir ‘n lekker krakerige swoerd moet jy die boud oornag oop in die yskas laat staan.

1 varkboud met swoerd ingekeep, sowat 2-3 kg
Sout
Soet sojasous
2—3 uie, geskil en in dik skywe gesny
2 liter kookwater
6—8 Carmien Creamy Mint piramiedteesakkies

1 Plaas die boud op ‘n rakkie in ‘n oondpan en giet kookwater oor.
Druk goed droog en vryf die swoerd goed in met sout. Plaas oornag oop in die yskas.
Voorverhit die oond tot 230°C
2 Sout die res van die boud en smeer sojasous oor die vleisgedeelte.
3 Pak die uieskywe in die oondbak en plaas die boud bo-op. Oondbraai sowat 20 minute tot die swoerd lekker bros is.
4 Giet die kookwater oor die teesakkies en laat trek tot sterk, maar nie te lank, want dan word die tee bitter.
5 Giet die tee in die oondpan sodat net die vleisgedeelte bedek is, nie die swoerd nie. Bedek die boud nou liggies met tinfoelie en verlaag die hitte na 160°C. Verhit 25 minute per 500 g vleis plus 25 minute of tot die boud sag en sappig is.
6 Verwyder die tinfoelie die laaste 20 minute sodat die swoerd weer lekker bros kan word.
7 Sit die boud by kamertemperatuur voor saam met mosterd waarby jy ook bietjie natuurlike jogurt ingemeng het. (Jy kan natuurlik die pansous ook dreineer en afkook tot geurig en ook ‘n bietjie jogurt daarby inmeng vir ‘n heerlike sous).

GEMMER-GAMMON

Die gemmer en brandrissie in die groen rooibos werk goed saam met vark en is veral lekker as daar heelparty vars vrugte ook by die spyskaart ingewerk is.

Genoeg vir 4 mense
Weektyd: 4 uur
Bereiding: 20 min
Gaarmaak: sowat 2 ure

1,5-2 kg gerookte ontbeende varkboud (gammon)
2—3 liter kookwater
6 sakkies Carmien Revive (met groen rooibos, gemmer en brandrissie)
gemmerlim
1 mediumgroot ui, in stukke gesny
GLANSLAAG
80 ml (⅓ k) ingemaakte gemmerstukke, gekap
20 ml (4 t) gemmerstroop
Ekstra gemmerstukke

1 Week die varkboud 4—6 uur lank voor gaarmaaktyd in koue water.
2 Plaas in ‘n groot kastrol. Giet die kookwater oor die teesakkies en trek tot sterk maar nie te lank. Giet oor die gammon.
Bedek en laat opkook. Verlaag die hitte. Bereken die kooktyd as volg: laat 25 minute per 500 g vleis toe en laat stadig prut tot gaar, tussen 1—2 ure.
3 Verwyder uit die vloeistof en laat afkoel. Verwyder die vel.
4 Voorverhit die oond tot 180°C. Plaas die boud op ‘n rakkie wat op die oondpan pas. Sny die vetlaag in met ‘n skerp mes.
5 Meng die gemmerstukke met die gemmerstroop en skep oor die vleis. Oondbraai 20—30 min tot vetlaag effens verbruin en glansend is.
6 Dien die varkboud by kamertemperatuur op saam met ekstra gemmerstukke, vars vrugte soos nektariens en aarbeie en roketblare.

Super Slaaie

Met die nuwe Carmen Niehaus x Carmien Tea-slaaisouse het jy binne ‘n ommesientjie ‘n smaaklike slaai op tafel. Die Forest Berry-slaaisous is veral lekker saam met vrugtige slaaie soos hierdie komkommer-carpaccio wat ook aarbeie inkry terwyl dit net so lekker in ‘n lensieslaai waarby pruime ingemeng word smaak.

Komkommer-carpaccio
Genoeg vir 4 mense

1 komkommer, in papierdun skyfies gesny
1-2 avokado’s, ontpit en in bolle uitgeskep met ‘n lepel
250 g aarbeie, in stukke gesny
Goeie hoeveelheid Forest Berry-slaaisous
20 g koljanderblare, goed afgespoel
50 g grondbone

1 Pak die komkommer op ‘n dienbord en rangskik die avodado en aarbeie bo-op.
2 Giet die slaaisous ruimskoots oor en verkoel tot net voor opdiening.
3 Stapel die koljanderblare bo-op en sprinkel die grondbone oor.

Pruim-lensieslaai
Genoeg vir 4 mense

500 ml (2 k) klaargekookte lensies, verkieslik nog warm
Goeie hoeveelheid Forest Berry- slaaisous
125 ml (1/2 k) grofgekapte pietersielie en koljanderblare
6 ryp swart pruime, in skywe gesny
Ekstra koljanderblare vir bo-oor sprinkel

1 Meng die lensies met die slaaisous gekapte kruie. Skep in ‘n slaaibak en laat afkoel.
2 Rangskik die pruime bo-op en sprinkel die koljanderblare oor.

Smullekker slaaisous

My grootste uitdaging en droom was nog altyd om te sorg dat slaai die ster van die tafel word en die bak heel eerste dolleeg geëet sal wees. Slaaisous maak die verskil tussen ‘n ordinêre slaai en iets spesiaals. Die Carmen Niehaus-slaaisouse sorg vir daardie spesiale smaak wat enige slaai verhef bo die gewone.

Die basis van hierdie slaaisouse is die unieke rooibosgeure uit die Carmien Tee-reeks – en daarmee het ek slaaie bymekaar gesit wat nog nooit op ‘n winkelrak gesien is nie. Slaaisous met die geure van bos bessies, fynbos en boegoe, vinkel en anys – ongehoord maar heerlik anders en spesiaal.

Die ander groot pluspunt is dat omdat die die rooibostee en al die ander geurgoed die basis van die slaaisous vorm, dit heelwat minder olie en suiker hoef te bevat. SO nie net lekker nie, maar ook gesond. Ek het sommer ‘n hele klompie slaaie bymekaargesit wat goed sal pas by elke slaaisous se unieke geure. Kry joune nou en begin eksperimenteer.

FYNBOS VINAIGRETTE

Tipe Waldorfslaai
Vir 4 mense

1 Cos-blaarslaai, in blare gebreek
250 g jong groenbone, net saggestoom
2—3 gaar bete, in stukke gesny
2 Cripps-appels, in papierdun skywe gesny
1 of 2 stele seldery, in skyfies gesny of komkommer, in repies gesny
100 g gruyère-kaas, in skaafsels gesny
Carmen Niehaus Fynbos Vinaigrette
50 g okkerneute

1 Pak die blaarslaai in ‘n slaaibord en rangskik die groenbone, beet, appels en seldery bo-op.
2 Giet die slaaisous oor en sprinkel die kaas en okkerneute op.

Tipe Keiserslaai
Vir 4 mense

1 groot kop Iceberg-slaai, goed afgewas en in wiggies gesny
Carmen Niehaus Fynbos Vinaigrette na smaak
125 g repe rugspekvleis, gebraai
2 poppadums, 1 minuut in mikorgolfoond gepof en grof opgebreek of 4 snye witbrood, in blokkies gesny en brosgebraai
4 saggeposjeerde of hardgekookte eiers, in wiggies gesny
Sout en peper na smaak
50 g parmesaankaas skaafsels

1 Pak die slaaiwiggies op ‘n plat bord, giet die vinaigrette oor,
2 Pak die spekvleis en eiers bo-op, geur goed na smaak met sout en peper en rangskik die poppadums tussen-in of sprinkel die broodcroutons oor.
3 Sprinkel die parmesaankaasskaafsels oor.

Tipe panzanella-slaai
Genoeg vir 4 mense

½ ciabatta of rogbrood, in stukke gebreek
Olyfolie
Groot handvol baba-tamaties
6—8 verskeidenheid groot tamaties, in stukke gesny
Seesoutvlokkies en peper
1 rooi ui, in skyfies gesny
Paar kappertjiesade
Carmen Niehaus Fynbos Vinaigrette
Basilieblare vir afronding

Voorverhit die roosterelement van die oond
1 Pak die broodstukke op ‘n bakplaat, besprinkel met olyfolie en rooster tot bros.
2 Pak baba-tamaties ook in ‘n bakplaat, geur met sout en peper, sprinkel bietjie olyfolie oor en oondbraai terselfdertyd tot dit net effe oopbars.
3 Meng die baba- sowel as groot tamaties in ‘n mengbak saam met ui en kappertjiesade. Giet ruimskoots van die vinaigrette oor en laat staan so 10 minute.
4 Pak in ‘n bak en rond af met basilieblare.

FOREST BERRY SLAAISOUS

Komkommer-carpaccio
Genoeg vir 4 mense

1 komkommer, in papierdun skyfies gesny
1-2 avokado’s, ontpit en in bolle uitgeskep met ‘n lepel
250 g aarbeie, in stukke gesny
Goeie hoeveelheid Carmen Niehaus Forest Berry-slaaisous
20 g koljanderblare, goed afgespoel
50 g grondbone

1 Pak die komkommer op ‘n dienbord en rangskik die avodado en aarbeie bo-op.
2 Giet die slaaisous ruimskoots oor en verkoel tot net voor opdiening.
3 Stapel die koljanderblare bo-op en sprinkel die grondbone oor.

Nektarienslaai
Genoeg vir 4 mense

1 pak Cos-slaaiblare
4 nektariens of perskes of rooi pruime of selfs aarbeie, gehalveer en ontpit en in kwarte gesny of ‘n spanspek, in skywe gesny
1 rol bokmelkkaas, in skywe gesny
Paar skywe swartwoudham of selfs klam biltong
Goeie hoeveelheid Carmen Niehaus Forest Berry-slaaisous
Groot stuk grondbone-kraaklekker (opsioneel)

1 Pak die slaaiblare op ‘n slaaibord en rangskik die vrugte en ham bo-op
2 Giet van die slaaisous oor en stapel die kraaklekker bo-op.

Pruim-lensieslaai
Genoeg vir 4 mense

500 ml (2 k) klaargekookte lensies, verkieslik nog warm
Goeie hoeveelheid Carmen Niehaus Forest Berry-slaaisous
125 ml (1/2 k) grofgekapte pietersielie en koljanderblare
6 ryp swart pruime, in skywe gesny
Ekstra koljanderblare vir bo-oor sprinkel

1 Meng die lensies met die slaaisous gekapte kruie. Skep in ‘n slaaibak en laat afkoel.
2 Rangskik die pruime bo-op en sprinkel die koljanderblare oor.

ZESTY FENNEL SLAAISOUS

Brusselse spruiteslaai
Genoeg vir 4 mense

150 g Brusselse spruie of kopkool (selfs Chinese kool sal doen)
1 ciabatta-brood, in stukke gesny
Olyfolie
4 knoffelhuisies, gekap
12 repe spekvleis
Goeie hoeveelheid Carmen Niehaus Zesty Fennel-slaaisous
4 stingeluie, grof gekap
Handvol pietersielie, grof gekap

Skakel die roosterelement van die oond aan.
1 Breek buitenste blare van die Brusselse spruite af. Hou eenkant.
2 Sny die binnekante fyn op. (Sny kool fyn op indien dit gebruik word).
3 Pak die broodstukke op ‘n bakplaat, sprinkel olyfolie en knoffelhuisies oor. Rooster tot bruin en bros. (Dit kan ook in ‘n airfryer gedoen word).
4 Rooster terselfdertyd spekvleisrepe tot bros, kap helfte heeltemal fyn en roer by slaaisous in.
5 Meng Brusselse spruitblare en fyngesnyde dele met stingeluie en pietersielie.
6 Giet die slaaisous oor.
7 Rangskik die broodstukke, Brusselse spruitmengsel of kool op ‘n slaaibord, stapel die orige spekvleisrepe bo-op. Garneer met stingeluie en sprinkel pietersielie oor.

Groenslaai met avokado
Genoeg vir 4 mense

1 pak baba-spinasie-en-roketslaai met beetrepies en bosbessies
Carmen Niehaus Zesty Fennel-slaaisous

1—2 avokado’s, in bolle geskep met ‘n lepel
125 ml (1/2 k) geroosterde saadmengsel bv. sonneblom, sesam en pampoensaad
Parmesaankaas skaafsels

1 Pak die slaai in ‘n slaaibord
2 Giet die slaaisous ruimskoots oor.
3 Pak die avokado op.
4 Sprinkel die saadmengsel en parmesaankaasskaafsels oor.

Beet-en-bloubessieslaai
Genoeg vir 4 mense

1 bossie beet
Seesoutvlokkies
Olyfolie
100 g roket
1 groen appel, ontkern en in dun skyfies gesny
1 steel seldery, in stukke gesny
1 rooi ui, in ringe gesny
Groot handvol bloubessies
1 wiel peperfetaas, in stukke gebreek
Carmen Niehaus Zesty Fennel-slaaisous
Pampoensade vir bo-oor sprinkel

Voorverhit die oond tot 190°C

1 Pak die bete in ‘n oondpan, sprinkel sout en olyfolie oor en oondbraai sowat 40 minute tot gaar en sag. Trek skilletjies af. Sny in stukke.
2 Rangskik die roket op ‘n slaaibord, stapel die beet en appel in hopies bo-op.
3 Sprinkel die ui, bloubessies en kaas oor en streep van die slaaisous oor. Rond af met pampoensade.

Luxury creamy rice trifle with berries and rice chocolate crumbs

Since my childhood days, trifle is part of our family Christmas feasts. Every year the bowl needs to be bigger as it is finished to the bottom every time. Nowadays I made individual ones so that everyone can enjoy his own bit of specialness.

This rice trifle is a combination of my most favourite flavours: creamy rice with a hint of rose water, creamy yoghurt, caramel condensed milk, and berries.

Makes about 4—6 individual glasses
Preparation time: 30 min
Cooking time: 30 min

  • 1 slab (100 g) dark chocolate, broken into pieces
  • 160 ml (2/3 c) cooked Spekko Saman white extra-long grain rice
  • 1 can (410 g) evaporated milk, topped with 1 liter of whole milk
  • 250 ml (1 c) Spekko jasmine long grain white rice
  • 80 ml (1/3 c) sugar
  • 2 large egg yolks
  • 20 ml (4 t) rose water
  • 5 ml (1 t) vanilla essence
  • 250 g frozen mixed berries
  • 60 ml (1/4 c) brandy
  • 30 ml (2 t) sugar
  • 1 can (410 g) caramel condensed milk
  • 250 ml (1 c) creamy yoghurt

TO FINISH
variety mixed berries
mint leaves

1 Melt the chocolate in the microwave oven for about 1—2 minutes, stir regularly. Add the cooked rice and mix. Spread in a thin layer on a greased baking sheet and leave till set. Crumble.
2 Bring the milk mixture to the boil with a pinch of salt. When it starts boiling, add the rice, lower the heat, and stir until the milk starts to boil again. Simmer for about 30 minutes, stirring every 10 minutes and heat until the rice is cooked, and the mixture starts to thicken.
3 Beat together the sugar and egg yolks. Slowly stir into the cooked rice mixture, also add the rose water and essence. Cool.
4 Cook the berries with the brandy and sugar till soft. Cool.
5 Spoon layers of creamed rice, chocolate crumb, berries, caramel, and yoghurt in stemless glasses.
6 Top each trifle with a selection of fresh berries and any sprinkle over the rest of the chocolate rice crumbs. Finish with a few mint leaves.

Christmas rice pudding wreath

During my childhood days every year, Christmas was a big family get together on the farm; over fifty of us had a feast under the trees in our garden or on the large stoep on the original family farm. There were leg of lamb and my auntie Martie’s famous chicken pie with lots of salads on the side; my mom made steamed Christmas pudding in which a few coins were also hidden. This wreath is a resemblance of that pudding with the same flavour profile full of spiciness. But it is the silky creaminess of this rice pudding that makes it extra special.

Makes 1 large wreath
Preparation time: 15 min
Cooking time: 40 min
Setting time: 4 hours

  • 500 ml (2 c) water
  • 500 ml (2 c) whole cream milk
  • 4 bags citrus chai rooibos tea OR a piece of orange peel, 2 pieces stick cinnamon, 1 slice of fresh ginger, 2 cardamom pods, and 2 cloves
  • 200 g Spekko basmati rice
  • Pinch of salt
  • 1 can (410 g) condensed milk
  • 100 g mixed raisins or luxury Christmas cake mix
  • 100 g red glacé cherries
  • 50 g almond flakes
  • 5 ml (1 T) vanilla essence
  • 10 ml (2 t) gelatin, soaked in cold water

TO FINISH
fresh cherries
mint

1 Spray a silicon ring cake pan with cooking spray.
2 Combine the water and milk in a saucepan, add the tea bags or loose spices and orange peel and heat till just under boiling point. Squeeze out the liquid from the tea bags, remove the bags or spices and peel. Also, reserve 60 ml (¼ c) of the tea mixture.
5 Add the rice and salt and bring to the boil, lower the heat, cover, and simmer for about 15 minutes.
6 Add the condensed milk and raisins or luxury Christmas mix and continue simmering for another 5—7 minutes till the rice is just tender. Stir in the glacé cherries and almond flakes and vanilla essence.
7 Mix the soaked gelatin with the reserved tea mixture and stir till the gelatin is smooth.
8 Add a few spoonsful of the cooked rice mixture to the gelatin, mix well, then add the mixture to the rest of the rice mixture in the saucepan. Mix well.
9 Spoon into the cake ring and leave to set. Preferably overnight.
10 Unmold onto a platter and decorate with fresh cherries and mint.

Smul aan dadelhawermoutstafies

In my grootwordhuis is koekiesbak gehou vir wanneer ons April-maande see toe vertrek het. Kersvakansies is die koekieblikke ook darem volgemaak met veral gemmerkoekies. Maar hawermoutcrunchies is deurentyd gebak, veral as ons moes begin studeer vir eksamens is daar ook ‘n blik daarvan saamgestuur koshuis toe.

Dan het ons skaamteloos gesmul, want daar kom mos gesonde goed in. Tot ek uitgevind het dis maar goed gelaai met suiker en smeer. Dis toe dat ek hierdie gesonder weergawe bedink, want vir hierdie gunsteling koekies kon ek nie sommer so vir eens en altyd koebaai sê nie – vir soetigheid kry dit dadels in en die smeer is heelwat minder gemaak. Nou is dit propvol vesel en goedheid, maar beslis nog net so lekker.

Ideaal vir daardie tussen-in happie saam met tee of om laataand aan te peusel wanneer die lus vir ietsie soets groot raak. En nou gaan dit beslis nie sleg doen om eksamendruk mee te verlaag nie.

Maak 18 stafies
Voorbereiding: 15 min
Baktyd: 30—45 min

250 g dadels, gekap of vervang 50 g daarvan met bosbessies
125 ml (½ k) warm Carmién Tea Focus rooibostee, gemaak met 2 sakkies
5 ml (1 t) koeksoda
375 ml (1½ k) hawermout
250 ml (1 k) klapper
125 ml (½ k) koekmeel of glutenvrye meelmengsel
5 ml (1 t) kaneel of gemengde speserye
Knippie sout
30 ml (2 e) canola-olie
30 ml (2 e) heuning of bruinsuiker
60 ml (¼ k) botter

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n 20 cm-vierkantige koekpan goed.
1 Meng die dadels en tee en sprinkel die koeksoda oor.
2 Voeg die droë bestanddele by, meng die nat bestanddele saam en voeg by.
Meng goed saam.
3 Druk in die voorbereide pan en bak 30-45 min tot goudbruin bo-op en stewig.
4 Merk in stafies, koel heeltemal af en sny dan in stafies.
4 Verpak in ‘n lugdigte houer.

Wenk: Voeg sowat 2,5 ml (1/2 t) phyllium husk by die droëbestanddele om die mengsel beter te bind as dit te bros is na jou smaak.
As jy lus voel, vervang 125 ml (1/2k) van die hawermout met gemengde sade.

Vis & Tjips

Ek het nooit gehou van diepgebraaide kosse nie. Maar jy kon my nog altyd omkoop met gebakte vis. Ek dink daardie verknogtheid het kleintyd al ontstaan. Op ‘n inkopietog Kaap toe, is daar altyd met die terugkomslag by ‘n viswinkeltjie in Malmesbury se hoofstraat gestop vir vis & tjips. Die reuse visporsies is mooi in groot velle witpapier toegedraai en daarmee is ons vort – dit was dan aandete. Ons kinders was in die hemel. Toe mens vir ‘n eerste slag weer effe kon beweeg na die inperking, verhuis ons permanent Langebaan toe. Dis ‘n dolle gejaag om alles betyds afgepak te kry en kos is die minste waaraan ons dink.

My liewe vriendin, Isabella Niehaus laat weet sy kom maak ‘n draai en sy bring sommer vis & tjips saam. En so is ‘n nuwe tydperk in ons lewens ingewy – met ‘n pakkie vis & tjips wat ons op ons stoep eet terwyl ons uitkyk oor die meer. As ekself vis in ‘n degie gaarmaak, gebruik ek ‘n lekker ligte beslag waarby jy geklitste eierwit inroer en dan sit ek ‘n soetsuursousie daarby voor. En noudat my Airfryer steeds lekker knus op my werksbank staan, maak ek die tjippies sommer daarin gaar – heerlik bros maar glad nie olierig nie.

SOETSUURVIS

Genoeg vir 6 mense
Voorbereiding: 20 min
Gaarmaak: 30 min
Staantyd: 1 uur

TEMPURA-BESLAG
250 ml (1 k) bruismeel
Knippie sout
160 ml (2/3 k) koue vonkelwater
10 ml (2 t) olie
2 eierwitte

SOUS
Olie
125 g wortels, skoongeskraap en in julienne-repies gesny
Halwe rooi en groen soetrissie elk, in julienne-repies gesny
3 knoffelhuisies, in dun repies gesny
3 cm stuk gemmerwortel, in julienne-repies gesny
2 brandrissies, gekap
30 ml (2 e) sesamolie
60 ml (1/4 k) rysasyn
60 ml (1/4 k) sojasous
5 ml (1 t) vissous
60 ml (1/4 k) bruinsuiker
15—30 ml (1—2 e) suurlemoensap
Handvol gekapte koljanderblare

VIS
600 g stokvis, in blokkies gesny
Sout en peper
Olie vir diepvetbraai

VOORSIT
Jasmynrys met sesamsaad
mango-en-komkommersalsa

1 TEMPURA Meng die bruismeel en sout saam, voeg die water en olie by en klits goed tot glad. Laat staan ‘n uur.
2 Klits die eierwitte net voor jy dit benodig sty fen vou by die beslag in.
3 SOUS Verhit bietjie olie en roerbraai die wortels, soetrissie, knoffel, gemmerwortel en brandrissie effe tot net sag maar nog baie bros.
4 Voeg die res van die sousbestanddele buiten die suurlemoensap en koljanderblare by en bring tot kookpunt. Prut sowat 5—10 minute tot stroperig en geurig. Voeg die suurlemoensap en koljander by.
5 VIS Geur die vis met sout en peper en doop die visblokkies daarin.
Verhit genoeg olie in diep kastrol en braai die visblokkies in sarsies tot goudbruin en gaar. Dreineer op handdoekpapier.
6 Skep lae vis en sous in ‘n vlak opskepskottel en sprinkel nog koljanderblare oor.
7 Sit voor met jasmynrys waarby sesamsaad ingeroer is en gekapte mango en komkommerblokkies.

GEWONE BAKVIS: Vervang die vonkelwater met bier en doop groot stukke vis in die beslag. Diepvetbraai en sit voor met tjips en suurlemoenskyfies.
GESONDER WEERGAWE: Rol die vis in mielieblom, dan in geklitste eierwit en dan weer in mielieblom en braai in vlakolie tot gaar.
Wenk: Jy kan ook groentestukkies in die tempura-beslag doop en braai.

Hoender op drie maniere

Eers was dit die Lekkerste hoenderresep wat in 1992 in Huisgenoot se toetskombuis geland het wat minstens een keer per week op ons tafel tuis verskyn het, toe was my huismense weer versot op mosterdhoender, maar nes ons deesdae gek is na enige Oosterse smake, geniet ons hoender met Marrokaanse speseryegeure net so baie.

Ek hou ook partykeer daarvan om van die plaas se heerlike gedroogde geskilde taaipitperskes hierby in te roer. Dan stowe ek die hoender ook lekker sag in Carmién se rooibostee met lieflike masala chai-geure.

Ek gee ook sommer vir julle die maklike mosterdhoenderresep asook die gewilde mayonnaise-hoender. Deesdae halveer ek die mayonnaise en vervang dit met jogurt.

Genoeg vir 6 mense
Voorbereiding: 10 min
Marineertyd: 30 min
Gaarmaaktyd: 11/2 uur

  • 1 kg hoenderporsies, dytjies en boudjies
  • Sout en peper
  • Olie
  • 1 groot ui, gekap
  • 5 ml (1 t) vars gemmer, gerasper
  • 4—6 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 20 ml (4 t) fyn komyn
  • 15 m (1 e) fyn koljander
  • 15 ml (1 e) fyn paprika
  • 2 kaneelstokke of 10 ml (2 t) fyn kaneel
  • 15 ml (1 e) tamatiepasta
  • 250 ml (1 k) Carmién-rooibostee, Focus, gemaak met 2 sakkies
  • 250 ml (1 k) lemoensap
  • Sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • Groot handvol droë taaipitperskes, gesnipper (opsioneel)
  • 4 lourierblare
  • 15 ml (1 e) bruinsuiker of heuning
  • 30 ml (2 e) elk gekapte koljanderblare, ment en pietersielie

Voorverhit die oond tot 180°C
1 Geur die hoender met sout en peper en braai in olie tot bruin. Skep uit en pak in ‘n kasserolbak.
2 Braai die ui en knoffel in die olie in die pan tot sag, voeg die gemmer en speserye by en roerbraai so 1 minuut tot geurig. Voeg die tamatiepasta, tee en lemoensap by en prut 2–3 minute tot geurig. Giet oor die hoender.
3 Giet die suurlemoensap en –skil oor, voeg die droëvrugte, lourierblare en suiker of heuning by en meng deur. Sprinkel die kruie oor.
4 Bedek en bak sowat 11/2 uur of tot die hoender sag en gaar is, verwyder die bedekking en oondbraai tot bruin.
5 Sit voor met rys waarby bietjie gekapte kruie soos kruisement en koljander ingemeng is.

MOSTERDHOENDER: Geur hoenderporsies met sout en peper en rol in meel. Meng 45 ml (3 e) elk Engelse mosterd en heelkorrelmosterd met 30 ml (2 e) botter en gerasperde skil van 1 lemoen. Vryf die hoender daarmee in en pak in ‘n bak. Giet 375 ml (11/2 k) lemoensap oor en bak onbedek vir sowat ‘n uur by 180°C.

TAMATIE-MAYONNAISEHOENDER: Geur die hoenderporsies met sout en peper en vryf dit ook met bietjie droë mosterdpoeier en paprika in. Meng 180 ml (¾ k) natuurlike jogurt met 250 ml (1 k) mayonnaise, 80 ml (1/3 k) tamatiesous, 45 ml (3 e) bruinsuiker, 10 ml (2 t) Worcestersous en paar druppels Tabasco-sous. Giet oor die hoender en bak onbedek by 180°C vir sowat 1 uur of tot gaar.

Geurige Groentebrood

Ek is so bly daar is nou ‘n spesiale bewustheid om die eet van groente aan te wakker, want deesdae word dit beslis nie net meer opgekook en as bykos voorgesit nie. Ek geniet dit om met groente te eksperimenteer, die pragtige kleure en bros teksture leen dit darem net te veel tot smaaklike geregte, want die geure werk tog te lekker saam. Aan groen groentes, tamatie, koolsoorte en eiervrug kan mens ook maar weglê, want dit het lekker min koolhidrate en kilojoules, dis nou te sê as jy dit nie verdrink in die olie terwyl jy dit gaarmaak nie. Met ‘n Airfryer in die huis is hierdie probleem ook nou uitgesorteer en die groente is heerlik bros, maar nie olierig nie.

Ek maak dan graag ‘n groentebrood, geskoei op die Franse aartappelgebak, tartiflette, maar ek vervang net die aartappel met eiervrugskrywe.

Genoeg vir 4 mense
Voorbereiding: 30 min
Gaarmaak: 45 min

125 ml (1/2 k) sagte broodkrummels
60 ml (1/4 k) fyngerasperde parmesaankaas
Sowat 3 medium eiervrugte, in die lengte in skywe gesny
Sout
olyfolie
2 rooi soetrissies, gehalveer
125 g spekvleis
1 ui, in ringe gesny
4 knoffelhuisies, fyngedruk
4-6 murgpampoentjies, in lang dun repe gesny of 300 g baba-spinasie
Sowat 300 g mozzarella-kaas, in skywe gesny
Paar takkies tiemie
80 ml (⅓ k) witwyn
gelatien
SOUS
250 g baba-tamaties
25 ml (5 t) tamatie-pesto

Voorverhit die oond tot 190°C. Voer ‘n klein broodpannetjie uit met tinfoelie en spuit goed.
1 Meng broodkrummels en parmesaankaas en sprinkel helfte daarvan op die boom en teen die kante van die pannetjie.
2 Sprinkel sout oor eiervrugskywe, laat staan 10 minute in ‘n vergiettes, druk droog en drup ‘n klein bietjie olie oor, vryf in met jou hande en pak in die Airfryer. Rooster sowat 15 minute tot net gaar, maar nie droog nie. (Jy kan dit ook in die oond doen op ‘n bakplaat). Sprinkel bietjie olie oor.
3 Pak soetrissies met velkant na bo in die Airfryer of op ‘n bakplaat, plaas ook die repe spekvleis daarby. Braai tot die soetrissies swart blasies bo-op vorm en die spekvleis gaar maar nie bros is nie.
4 Plaas die soetrissies in ‘n plastieksak om af te koel en trek die velletjies af. Sny in groot stukke.
5 Verhit bietjie olie in ‘n pan en roerbraai die ui en knoffel daarin tot sag.
6 Pak lae as volg in die broodpannetjie: pak ‘n enkel laag eiervrug onderin die pan, smeer bietjie van die uiemengsel oor en pak ‘n laag kaas bo-op. Pak dan ‘n laag soetrissie en murgpampoentjies of spinasie, gevolg met die spekvleis bo-op. Herhaal die lae. Sprinkel ‘n klein bietjie gelatien oor elke groentelaag. Dit help om dat hulle beter bymekaarhou. Pak tiemietakkies op, giet wyn oor en sprinkel die orige broodkrummelmengsel bo-op.
7 Maak liggies toe met tinfoelie en bak sowat 25—30 minute by 180°C of tot die kaas goed gesmelt is. Rooster vinnig tot effe bruin bo-op.
8 SOUS Roerraai die baba-tamaties tot hulle net begin oopbars. Roer pesto deur en geur met sout en peper.
8 Laat die groentebrood bietjie afkoel sodat die kaas net effe kan stol en keer dan versigtig op ‘n dienbord uit. Skep die tamatiesous bo-oor en rond af met basilieblare.

Begrotingsvriendelike gesondheid

Eet jy genoeg groente en vrugte? Van 9 tot 15 Oktober vier Suid-Afrika Nasionale Voedingsweek. Die tema vir 2021 is “Eet meer groente en vrugte elke dag”. Maar is dit moontlik op ‘n knap begroting? Dieetkundige Liezel Engelbrecht gee ‘n paar wenke.

Ek hoor dikwels hoe mense vertel dat dit duur is om gesond te eet. En dit is waar dat sekere produkte wat as “gesondheidskos” bemark word dikwels veel duurder is as die “normale” alternatiewe. Groente en vrugte kán egter nog bekostigbaar wees, as ons slim beplan. Daar word aanbebeel dat ons minstens vyf porsies vrugte en groente per dag eet (ongeveer 400g in totaal), maar as dié mikpunt te ver buite bereikjou huidge gewonntes klink, probeer net om meer te eet van waar jy tans is. Groente en vrugte bevat baie voordelige voedingstowwe, soos vitamiene, minerale en antioksidante, wat ons gesondheid bevorder en beskerming bied teen siektes. Boonop kan dit ook help dat jy ‘n gesonde gewig handhaaf. Hier is ‘n paar wenke om dit meer sakpas te maak:

  • Koop in grootmaat of op spesiale aanbiedinge. Verskeie winkels het deesdae promosies dat jy tot vier sakkies groente of vrugte kan koop vir ongeveer R100 tot R125. Dit is ongeveer die prys van een of twee wegneemetes wat in ‘n japtrap opgeëet word, of gelykstaande aan omtrent vyf koppies wegeneemkoffies deur die loop van die week. As mens dit só begin vergelyk, begin groente na slimmer kopies te lyk (Wenk: botterskorsies, aartappel, mielies en patat word gesien as meer styselagtigte groente. Hoewel dit ook gesonde vitamiene, minerale en vesel bevat, stel riglyne voor dat jy dit eerder as styselporsies geniet. Mik dus om ook meer ander, minder styselagtige groentes, soos wortel, pampoen, tamaties, spinasie, soetrissie, broccoli en beet, te eet as deel van jou groenteporsies).
  • Eet dit as peuselhappies. Hoewel naartjies, appels of piesangs dalk duur mag lyk, maak die som van hoeveel peuselhappies jy daaruit kan kry, en vergelyk dit met die prys van ongesonder peuselhappies soos skyfies of sjokoladestafies deur die week. Jy sal dalk vind dat dit jou goedkoper uitwerk.
  • Moenie mors nie. As jy in grootmaat koop is daar die risiko dat jy nie alles kan opgebruik voor dit bederf nie. ‘n Oplossing hiervoor is om ‘n groentesop of -bredie, of ‘n pastasous met ‘n groentebasis, te maak en dit te vries om later te eet. Sekere groente en vrugte soos piesangs, blomkool en druiwe vries lekker om later in gladdejantjies te gebruik. Nog ‘n idee is om gaar groente en vrugte te kook en te puree, en dit dan in ysblokkievorms te vries vir later gebruik om water geur te gee (vrugteblokkies) of as geur by kookkos (groenteblokkies)
  • Koop gerus bevrore. Studies toon dat die voedingswaarde van vars teenoor bevrore groente en vrugte goed vergelyk met mekaar. Sekere bevrore groente en vrugte toon selfs hoër vlakke van sekere voedingstowwe as hul vars eweknieë, wat toegeskryf kan word aan die vermindering in verliese wat soms met die suboptimale tuisberging of vervoer van vars groente en vrugte gepaard gegaan. Bevrore groente is soms goekoper as vars alternatiewe, veral as jy bang is dat vars groente gaan bederf.
  • Plant jou eie. Die groentetuintendens raak al hoe gewilder. Groente soos spinasie, groenbone, wortels en tamaties is relatief maklik om te groei, en jy het nie ‘n groot stuk grond nodig nie. Dit kan ‘n heerlike projek vir die familie wees en selfs ‘n geleentheid bied vir jou om jou kinders om meer te leer oor die oorsprong van kos.
  • Koop seisoenaal. Groente en vrugte in seisoen is gewoonlik veels goedkoper omdat dit nie hoef ingevoer te word of spesiale verbergingsprosesse moet deurmaak nie. Vind uit wat maklik groei en seisoenaal is in die omgewing waar jy bly om die beste waarde vir geld te kry.

Wenke:

  • Volg die hutsmerk #NNW2021 vir meer wenke.
  • Besoek www.nutritionweek.co.za vir meer inligting, wenke en feite oor vrugte en groente. Daar is opvoedkundige infografikas en uitdeelstukke wat jy kan aflaai om op te plak by jou werkplek, jou kind se kleuterskool of skool, en ook boodskappe met prentjies oor vanjaar se veldtog wat jy op sosiale media te deel.
  • Aanvullende bronne: National Nutrition Week 2021 (verskeie bronne in konsepdokument)
  • Verklaring: Liezel Engelbrecht is ‘n woordvoerder vir die Vereniging vir Dieetkunde in Suid Afrika. Besoek gerus www.adsa.org.za vir ‘n dieetkundige in jou area.

Isabella’s Pork Feast

Ek en Isabella Niehaus deel wel dieselfde van, maar is nie familie nie. Maar ons is “close”, soos sy altyd sê: ons “connect” hier by die heup; ons was beide voorheen in die media betrokke, ek as kosredakteur; sy as mode- en skoonheidsredakteur. Ons bly altwee teen die Weskus en geniet lekker kos en wyn en hou van mooigoed. Isabella is ook ‘n uitstekende kosmaker wat uit haar hart uit kook en nie skroom om nuwe kombinasies uit te probeer nie – ek kon al soveel by haar leer. Sy is veral welbekend vir haar langtafeletes wat sy by haar Duinhuis knus teen die Langebaanmeer hou waar jy heeldag lank kan aansit vir ‘n onvergeetlike feesmaal; haar viskosse is legendaries, maar deesdae ooreet ek my ook aan veral die varkvleisdisse wat sy so keurig en geurig voorsit. Van hierdie heerlike varkresepte het sy nou verpak in ‘n oulike digitale kosboekie, Isabella’s Pork Feast. Elkeen van die 15 resepte bevat ‘n tipiese Isabella kinkel en wissel van ribbetjies tot ‘n varkterrien; maar dis veral die vark-en-mosselkasserol wat my oog gevang het – tipies Weskus en so ‘n goeie samevatting van Isabella se manier van kook. Die boek kan bestel word by www.isabellaniehaus.co.za teen R120.

Airfry your veggies

It is no secret that I am mad about salads – the combination of crispy green leaves, a variety of multicolour fresh veggies and creamy cheese with a dressing that is beautifully complimenting it, just appeals to me. During the week I normally stick to fresh veggies that need no cooking. Salads made with roasted veggies e.g., butternut, sweet potatoes, onions, or beetroot was weekend food. No more. With the Instant Pot Vortex Airfryer these veggies are roasted to perfection within half an hour – giving me just enough time to prep the rest of the veggies and the salad dressing.

Roasted beetroot and pickled onion salad

For this salad the unpeeled onions and beetroot are popped as is in the Instant Pot Vortex Airfryer for just about under half an hour; then they are perfectly cooked and ready to peel.

Serves 4
Preparation time: 15 min
Cooking time: 25—30 min

ROASTED VEGETABLES
About 7 baby beetroots
About 12 pickled onions
VINAIGRETTE
45—60ml (3—4T) olive oil
80ml (⅓c) wood aged balsamic vinegar
Grated zest and juice of 1 lemon
20ml (4t) wholegrain mustard
15ml (1T) sugar
Salt and pepper to taste
REST OF SALAD
1 can (400g) butter beans, drained
Half a head cauliflower, broken into small flowers and blanched
1 wheel feta-cheese
1 Cos lettuce

1 ROASTED VEGETABLES Arrange the beetroots and pickled onions in the drawer of the Instant Pot Vortex Airfryer and airfry for 25—30 minutes till soft. Leave to cool until easy to handle, then peel.
2 VINAIGRETTE Mix all the ingredients, add some water if needed.
3 REST OF SALAD Pour half of the salad dressing over the roasted vegetables while still warm. Leave to cool.
4 Pour the rest of the dressing over the butter beans and cauliflower. Refrigerate till needed.
5 Arrange the Cos lettuce leaves in a salad bowl, add the roasted veggies, cauliflower, and butter beans. Pour over the salad dressing as well.
6 Top with crumbled feta cheese and serve.

Shop the Instant Vortex Airfryer at @Home or Takealot.

Minmoeite Bruintjies

Bruintjies is gemaak om dekadent te wees. Ek verkies egter hierdie resep wat steeds met egte sjokolade, donker sjokolade, gemaak word, minder ryk, maar steeds heerlik klam is. Ek’s veral versot op die lae koolhidraat-variasie.

Maak 16 stukke
Voorbereiding: 10 min
Baktyd: 12 min

150 g donker sjokolade (70%)
100 g botter
3 eiers
250 ml (1 k) strooisuiker
80 ml (1/3 k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
80 ml (1/3 k) kakao
Knippie sout
100 g pekanneute, gekap

Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit ‘n groot plat bakplaat en stuif met kakao.

1 Smelt die sjokolade en botter. Verkoel effe.
2 Klits die eiers en strooisuiker tot lig en vou die sjokolademengsel hierby in.
3 Sif die meel, bakpoeier, sout en kakao saam en vou in by die sjokolademengsel saam met neute.
4 Skep in die voorbereide pannetjie, smeer gelyk en bak 10—12 min tot net gaar.
5 Breek in stukke en sit voor saam met roomys.

Wenk: Roer ‘n bietjie gekapte gemmerstukke by die mengsel in voor jy dit bak.

Patatsjokoladebruintjies: ‘n heerlike lae-koolhiraat variasie.

Meng 750 ml (3 k) gerasperde patat, 2 geklitste eiers, 10 ml (2 t) vanieljegeursel, 125 ml (½ k) versoeter of rou heuning en 125 ml (½ k) gesmelte klapperolie goed saam in ‘n mengbak.
Sif die 250 ml (1 k) kakao, 15 ml (1 e) bakpoeier, 10 ml (2 t) koeksoda by die mengsel en meng 37 ml (2½ e) klappermeel laaste by.
Giet in ‘n gespuite 20 cm-koekpannetjie en bak 25—30 minute tot gaar maar steeds effe sag. Laat 5—10 minute afkoel. Sny in blokkies en skep versigtig uit.

Smul aan soesji

Ek is lief vir rys – basmati saam met kerrie is ‘n moet. Maar dan het ek selfs op ‘n stadium vir my jasmynrys lekker klewerig gekook en dit dan net so saam met ‘n goeie skoot sojasous, sesamsaad en piekelgemmer geniet.

Soesji bly ook ‘n groot gunsteling, veral met al die bestanddele wat deesdae so gemaklik in ons supermarkte beskikbaar is. Maar nes skilferkors gee ek myself glad nie uit as ‘n sjoesji-maker nie. Daarom vind ek hierdie soesji-brood is ‘n lekker maklike uitweg. Die meer verwesterde California-rolletjies is my basiese vertrekpunt en ek gebruik gerookte forelvelletjies saam met komkommer en avokado.

Wees ook op die uitkyk vir Japanese Choice Sushi soy sauce – dis ‘n heerlike, goedkoper alternatief vir Kikkoman.

Kortpadwenk: Niks keer jou egter om ‘n byderwetse soesji-bakkie te pak met al die bestanddele in lae in ‘n klein bakkie gepak nie (jy kan selfs julienne-repies wortel byvoeg). Dis ook heerlike happie-kos vir vooraf peusel as jy vriende oornooi.

Voorbereiding: 20-25 min
Gaarmaaktyd: 25-30 min

625 ml (2½ k) jasmaynrys
30 ml (2 e) soesjirys-asyn (of andersins so 7 ml (1½ t suiker by rysasyn ingeroer)
30 ml (2 e) sesamsaadjies, gerooster
3 velle nori (seeweervelle)
2 avokado’s, in dun skyfies gesny
200 g gerookte forelskyfies
1 komkommer, in dun linte gesny met ‘n aartappelskiller
Kwepie-mayonnaise of andersins romerige ligte mayonnaise (ek verkies Checkers se Lite Mayonnaise)
Piekelgemmer, sojasous vir voorsit

Voer ‘n klein broodpannetjie uit met kleefplastiek en spuit met kossproei.
1 Kook die rys volgens die instruksies op die pakkie. Kook ‘n paar minute langer tot lekker klewerig, dreineer die orige water, maar moet nie afspoel nie. Roer die asyn deur en laat heeltemal afkoel.
2 Sprinkel die sesamsade onder in die pan. Druk ‘n derde van die rys styf vas onder in die pannetjie.
3 Knip die vel nori so groot soos die pannetjie (of andersins kan jy dit sommer in stukkies krummel en oorsprinkel). Pak ‘n vel bo-op die rys.
4 Pak die helfte van die avokadoskyfies bo-op die nori gevolg deur die helfte van die forel en die helfte van die komkommerlinte. Smeer bietjie mayonnaise oor indien verkies.
4 Herhaal die lae rys, nori, avokado, forel en komkommer. Herhaal met nog ‘n laag rys en eindig met ‘n vel nori.
5 Bedek met kleefplastiek en plaas ‘n paar blikkies bo-op om die brood plat te druk. Verkoel vir ten minste 30 minute.
6 Keer uit op ‘n dienbord verwyder die plastiek, sny in skyfies en sit voor met gepiekelde gemmer en sojasous.

Wenk: maak jou vingerpunte nat wanneer jy die rys in die koekpan vasdruk.

Variasie – slaai: sny ‘n mango, spanspek of papaja, in lang repies. Voeg ‘n komkommer wat in lang dun repies gesny is by asook skyfies avokado en repies gerookte salm. Rol die gaar rys (sien gaarmaak by resep) in bolletjies en sprinkel sesamsade oor. Pak op ‘n slaaibord. Meng wasabi met bietjie sojasous en sit voor saam met die slaai en piekelgemmer.

Eer jou erfenis met melktert

Melktert soos van ouds is altyd omring met ‘n vlokkerige skilferkors en is baie keer in ‘n emaljebord gebak. Ek gee myself geensins uit as ‘n skilferkorsmaker nie en het myself eerder gewend tot ‘n broskorstipe deeg. Ek’t verskeie melktertresepte en ek het hulle noukeurig vergelyk. Vir my bly hierdie resep, waarvan ek die resep nog by die kosskrywer, Mariette Crafford, gekry het, my gunsteling. Dit kry ‘n bros amandelkors, maar jy kan ‘n smeerkors of selfs dan gekoopte skilferkorsdeeg gebruik.

AMANDELKORS
180 g botter
125 ml (½ k) strooisuiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel
70 g fyngemaalde amandels
2 eiergele
380 ml (ruim 1½ k) koekmeel
Knippie sout
VULSEL
150 ml (⅔ k) koekmeel
50 ml (⅓ k) mielieblom
50 ml (⅓ k) vlapoeier
200 ml suiker
1,25 liter (5 k) volroommelk
2 stukke pypkaneel
3 ekstragroot eiers, geskei
50 g botter
7 ml (1½ t) vanielje- of amandelgeursel
Fyn kaneel

Voorverhit die oond tot 200°C. Smeer ‘n 30 cm-veerklampkoekpan of spuit met kossproei (andersins gebruik 2 kleiner tertborde)

1 KORS Verroom die botter en suiker tot lig en romerig. Voeg die vanieljegeursel en fyn amandels by en meng goed. Voeg die eiergele, meel en sout by en meng tot ‘n sagte deeg. Bedek en verkoel10 minute.
2 Rol uit en voer die koekpan uit. Laat 10 minute rus in die yskas, prik die kors en bak tot liggoud, sowat 10 minute. Verwyder uit die oond
3 VULSEL Meng die meel, mielieblom en vla en die helfte van die suiker. Roer 125 ml (½ k) melk by.
4 Verhit die orige melk met die kaneelstokke tot net onder kookpunt.
5 Voeg sowat 125 ml (½ k) van die kookmelk by die meelpasta, meng goed en roer die gladde pasta stadig by die kookmelkmengsel in. Verhit tot die mengsel kook en verdik, roer gedurig. Verwyder die kaneelstokke
6 Klits die eiergele en orige suiker goed saam, voeg bietjie van die warm melkpap by die eiergele en meng. Voeg dan die eiergeelmengsel by die orige melkpap in die kastrol en meng goed. Verhit oor lae hitte en laat net kook, roer gedurig. Roer die botter en geursel by. Laat effens afkoel.
7 Klits die eierwitte styf en vou by die mengsel in. Giet in die kors en bak sowat 30 minute of tot dit hier en daar bruin sproete het bo-op.
8 Bestuif met kaneel en laat staan tot louwarm en stewig.

SMEERKORS: Klits 125 g botter en 80 ml (⅓ k) suiker tot lig en romerig. Voeg 1 eier by en klits goed. Sif 280 ml (1 hoogvol koppie) bruismeel by en meng goed. Smeer dit met ‘n mes op die boom en teen die kante van tertborde.

Korte mette met aanbrandsels

Ek sukkel nou al ‘n geruime tyd met die groot panne wat in my oond pas waaraan die aanbrandsels hardnekkig vasklou.

Toe daag Dr Beckmann se Oven Cleaner Active Gel hier by my op. En ek spuit dit op – die eerste verrassing, geen oordonderende gasse wat jou na jou asem laat snak nie. Die volgende, die jel loop nie af nie.

Ek wag so 20 minute – met die eerste veegslag, sommer met kombuishanddoekpapier, kom die eerste aanbrandsels af, die ouer aanbrandsels klou nog. Ek spuit weer aan en wag nog so 5 ure. Die slag moet ek bietjie harder vee met die sponsie se growwe kant, maar die ou-ou aanbrandsels begin nou besgee. Ek is seker as ek die jel oornag aanlos, het ek weer oondpanne wat soos nuwe sikspense lyk. Intussen het ek nou al die gietysterpan bygedam en die aanbrandsels het sommer met die eerste veeg afgekom. Nou wag die braairoosters nog. Te minste gaan ons vir Braaidag ‘n slag op blinkskoon roosters braai.

Beskikbaar by Dis-Chem, Pick n Pay, Checkers, Spar en Takealot.

Kook saam met ou vriende

Ek en Mari-Louis Guy, Koekedoor-aanbieder, skrywer van verskeie kookboeke, soos onder andere die Cakebreadboeke, wonderlike stilis en “trendsetter”, stap al vir lank ‘n kospad. Ek kan nie onthou hoeveel keer ek al op haar nommer moes druk as ek vashaak met een of ander iets in die kombuis nie… en altyd kon Mari-Louis my uithelp en reghelp. Met ‘n energie wat net nie einde kan kry het ons letterlik honderde geregte saam gekook en gestileer, selfs in ‘n tierende Suidooster staande gebly om braaifoto’s in haar studio se tuin te neem. Met haar verhuising na Montenegro, kon ons ‘n kykie kry in die glanslewe daar.

Maar nou is sy terug in Kaapstad vir eers en die Cakebreadkombuis en studio wat sy saam met haar broer, Callie Maritz in Vredehoek bedryf, is weer oop. In die pragtige moderne, goed toegeruste kombuis en eetarea kon ek nou die dag weer foto’s neem, maar daar was een groot lekkerte by. Ek kon gaan rondsnuffel tussen die meer as 13 000 rekwisiete wat wissel van modern tot vintage wat Mari-Louis oor jare bymekaar gemaak het en nou in haar winkel onder die kombuis te huur aanbied. ‘n Droom vir enige kreatiewe siel wat wil kook en stileer en mooimaak.

Die kombuis en studio is nie net geskik vir fotografie nie, mens kan dit ook huur om funksies en etes aan te bied en as jy wil mooimaak is die rekwisiete-winkel letterlik op jou voorstoep.

Cakebread Studio Interior

Kontakbesonderhede:

Vir studio, email cakebreadct@gmail.com of Whatsapp Callie Maritz op 072 784 1226
Vir huur van rekwisiete, Whatsapp/skakel Susie 083 219 9840 of Callie 072 784 1226
Adres: 13 Yeoville Road, Vredehoek. Rekwisiete winkel ingang op Grisnez Weg.

Cakebread Studio & Props
Facebook – Cakebread Kitchen Studio & Prop Rental
Instagram- @CakebreadCollective

Mari-Louis Guy
Facebook – Mari-Louis Guy & Mari-Louis Guy- Montelagom
Instagram –@marilouisguy & @montelagom

Callie Maritz – Commercial food stylist, cookbook author, recipe developer and food designer.
Facebook – ConsumerCallie
Instagram – @consumercallie
https://vimeo.com/calliemaritzfoodstylist