Vanaf Aprilmaand begin die snoek loop aan die Kaapse Weskus en snoekbakkies kry hul staning langs die pad waar jy altyd ‘n mooi snoek of wat kan kry. Soms loop jy ‘n gelukkie raak deur ‘n vars snoek by die hawe sommer direk van ‘n boot af te kan koop.
Tag Archives: Vis
Vis & Tjips
Ek het nooit gehou van diepgebraaide kosse nie. Maar jy kon my nog altyd omkoop met gebakte vis. Ek dink daardie verknogtheid het kleintyd al ontstaan. Op ‘n inkopietog Kaap toe, is daar altyd met die terugkomslag by ‘n viswinkeltjie in Malmesbury se hoofstraat gestop vir vis & tjips. Die reuse visporsies is mooi in groot velle witpapier toegedraai en daarmee is ons vort – dit was dan aandete. Ons kinders was in die hemel.