Carmien Tea maak dinge sommer supermaklik met hul teatox-combo om jou te help om jou Nuwejaars-gesondheidsdoelwitte te bereik. Dit bestaan uit ‘n pak Energise (‘n mengsel van rooibos, boegoe, hoodia en guarana) en ‘n pak Cleanse (‘n mengsel van natuurlike kruie, senna, suurlemoengras, gemmer, spearment en groen rooibos).
Die teatox is net twee stappe: skop die dag af met 1 tot 2 koppies Energise om jou energievlakke ‘n hupstoot te gee. Die hoodia help ook om eetlus te onderdruk terwyl die boegoe waterretensie verminder en help om toksiene uit die liggaam te spoel. Eindig die die dag met 1 tot 2 koppies Cleanse om sodoende die kruie kans te gee om hul reiniging te doen. Senna is ‘n matige natuurlike lakseermiddel terwyl die suurlemoengras, gemmer en ment sal help met vertering en ook om van ‘n opgeblase gevoel ontslae te raak.
GROEN SMOOTHIE
Kry jou detox aan die gang met hierdie groen smoothie, terselfdertyd kry jy sommer ook jou daaglikse kwota Energise in. Die pynappel verleen ‘n heerlike vars smaak.
Maak sowat 750 ml (3 k)
Bereiding: 10 min
2 sakkies Carmien Energise-rooibostee
180 ml (¾ k) kookwater
500 ml (2 k) baba-spinasieblare of krulkool
500 ml (2 c) pynappelblokkies, gevries
Bietjie heuning indien verkies
- Trek die rooibostee in die kookwater tot sterk. Druk vloeistof uit sakkie. Hou eenkant, dis nie nodig om heeltemal af te koel nie.
- Plaas die spinasieblare of krulkool in die voedselverwerker, voeg die pynappelblokkies by en kap fyn. Voeg die tee deur die tuit by terwyl die voedselverwerker loop. Voeg bietjie heuning by indien verkies.
- Kap fyn tot glad.
- Giet in glase en geniet dadelik.
STAAN ‘N KANS OM ‘N DETOKS-GESKENKPAK TER WAARDE VAN R850 TE WEN!
Die geskenkpak bevat:
- Carmien waterbottel
- Carmien gesondheids-tees: Cleanse, Energise, Delight, Relax, Boost, Revive, Restore, Focus
- Carmien rooibos poeiers (perfek vir smoothies!)
- Carmen Niehaus rooibos slaai souse en soute
Volg die stappe op hierdie Facebook en/of Instagram post om in aanmerking te kom vir die prys. Die kompetisie sluit Vrydag 21 Januarie 12:00.
Waar kan ek die teatox combo koop?
LikeLike
Hi Lizette, dis beskikbaar in meeste Dis-Chem en Pick n Pay winkels, of jy kan aanlyn koop op die Carmien Tee webtuiste: https://carmientea.co.za/shop/products/wellness-detox/teatox-combo/
LikeLike