Vier romanse met roulade

Februarie is die maand van liefde en romanse. Vier dit met ‘n happie roulade waarin lappies forel in toegerol is. Nie net heerlik en verleidelik nie, maar ook doodmaklik en vinnig om te maak want dit vra nie dat jy eers witsous hoef te maak nie. Koud of warm smaak dit ewe lekker. Met dieselfde mengsel kan jy selfs ‘n klein omelet maak.

ROULADE
200 g spinasie, gaargestoom en vloeistof goed uitgedruk
60 ml (1/4 k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
2 ml (1/2 t) neutmuskaat
30 ml (2 e) gekapte grasuie
Sout en peper
4 eiers, geskei
VULSEL
230 g-houer geroomde maaskaas
45 ml (3 e) koljanderpesto
1 pakkie gerookte forel
Halwe komkommer, in linte gesny met ‘n aartappelskiller

Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit ‘n 33 x 23 cm bakplaat met kossproei en voer uit met bakpapier.
1 ROULADE Plaas die spinasie, meel, neutmuskaat, grasuie en sout en peper in ‘n voedselverwerker en verwerk tot glad. Voeg die eiergele by en klits goed.
2 Klits die eierwitte in ‘n aparte bak tot styf. Vou by die spinasiemengsel in.
3 Giet die spinasiemengsel in ‘n uitgevoerde bakplaat en bak 10–15 min lank tot gaar. Keer uit op ‘n skoon doek en rol versigtig op terwyl nog warm.
4 Rol af om te vul. Meng die maaskaas en pesto en smeer oor die spinasierol. Pak die forel en komkommerlinte op en rol weer stewig op. Sit voor met suurlemoenskyfies.

Nostalgie met Peppermint Crisptert

Ek onthou die Peppermint Crisptert wat my ma altyd in ‘n Pyrexbak gemaak het vir talle Sondagmiddagkuiers. Een van daai terte wat jy nie kan ophou eet as jy eers begin het nie. Ook my man se gunsteling. Maak dit in ‘n broodvorm sodat mens dit makliker kan sny of maak weer ‘n slag ‘n driehoektert, die treffer uit die tagtigs.

Maak 1 medium tert
Voorbereiding: 20 min
Verkoeltyd: oornag

  • 1 blik (360 g) karamelkondensmelk
  • 250 ml (1 k) geroomde maaskaas
  • 6 Peppermint Crisp-sjokolades
  • 1 pak (200 g) Tennisbeskuitjies
  • 300 ml (1¼ k) room, verkoel
  • Mentblaartjies vir versiersel

Voer ‘n mediumgroot broodpannetjie met kleefpastiek uit, groot genoeg sodat dit ook oor die kante hang.

1 Meng die kondensmelk en maaskaas saam tot goed gemeng.
2 Plaas 4 van die sjokolades in ‘n plastieksak en maak fyn met ‘n rolstok.
3 Pak ‘n laag Tennisbeskuitjies op die boom van die voorbereide broodpan.
4 Skep ‘n laag karamelmengsel oor en smeer gelyk oor die beskuitjies.
5 Klits 250 ml (1 k) van die room styf en smeer ‘n laag oor die karamelmengsel. Sprinkel ‘n laag van die sjokolade oor.
6 Herhaal die lae, eindig met ‘n laag beskuitjies.
7 Vou die kleefplastiek toe oor die tert en verkoel oornag in die yskas.
8 Ontvorm op ‘n dienbord, verwyder die plastiek.
9 Smelt die orige 2 Peppermint Crisp-sjokolades saam met die orige room in die mikrogolfoond of in ‘n glasbak oor kookwater.
10 Giet die gesmelte sjokolademengsel oor die tert. Laat staan tot die versiersel stewig is. Versier met mentblaartjies.

VARIASIE: PEPPERMINT CRISP-DRIEHOEKTERT

Gebruik 2 pakkies (200 g elk) Tennisbeskuitjies. Lê die beskuitjies in drie rye van vier elk op ‘n groot vel tinfoelie uit. Meng die kondensmelk, maaskaas en 250 ml (1k) styfgeklopte room saam. Smeer ‘n lagie oor die Tennisbeskuitjies. Pak nog ‘n laag Tennisbeskuitjies op. Vou die gekapte Peppermint Crisp sjokolade by die orige roommengsel in en skep dit oor die middel van die beskuitjies. Gebruik die foelie en vou die buitenste lae oor die vulsel toe om ‘n driehoek te vorm. Maak die foelie toe en vries 6 uur. Haal uit vrieskas en bedek met die gesmelte sjokolade. Laat hard word. Sny in skywe en versier met ment.

Oondgeroosterde Groente

EET VARS EN GESOND: Eet meer vars vrugte en groente

Ek hou van my slaai, groentes en die heerlike verskeidenheid somervrugtes wat tans beskikbaar is. Waar moontlik verkies ek om dit rou te geniet en ook ongeskil waar moontlik, maar maak doodseker dat jy dit baie baie goed afwas.

Vrugte, soos veral appels, wat ek fyn rasper of ‘n gekookte appelpuree, werk ook baie goed in gebak as jy die suikerinhoud en selfs smeerinhoud van koek wil verminder en ek eksperimenteer deesdae graag daarmee om van die lekkerste sjokoladekoeke tot klapperkoeke mee te maak. Meer daaroor later.

Vars vrugte en groente is propvol goedheid soos vitamiene en minerale. Die vesel daarin hou ook die mikrobiome van goeie bakterieë in jou spysverteringstelsel gelukkig. So verminder dit die risiko vir die infeksies wat onderliggend is van vandag se chroniese siektes.

OONDGEROOSTERDE GROENTE

Vir my is dit die heel maklikste om groente in die oond te druk as ek dit as bykos wil berei. Deesdae gebruik ek natuurlik my Instant Vortex AirFryer daarvoor. Die belangrikste is is dat jy die laaitjie van die airfryer nie te vol moet pak nie en hou die groente eweredig gesny. Daarna gee ek dit geur met slaaisouse, of deur selfs ‘n neutkonfetti oor te sprinkel.

GROENTE
4 x 250 ml (4 k) groente, geskil waar nodig en in linte, lang skywe of wiggies gesny
Groep 1: wortel, botterskorsie, patat, rooi en bruin uie
Groep 2: eiervrug, rooikool, blomkool, broccoli, murgpampoentjies, rooi soetrissie en bruinsampioene
45 ml (3 e) olyfolie per oondpan
2 heel knoffelbolle, gehalveer
Paar roosmaryn- en tiemietakkies
Seesoutvlokkies en varsgemaalde swartpeper
SLAAISOUS
Neuterige slaaisous (sien resep onder)
AFRONDING
Paar roketblare of heel stingeluie wat in diepvet gebraai is
VOORSIT
250 ml (1 k) Quiona, bulgurkoring of koeskoes
250—500 ml (1—2 k) groenteaftreksel
Koljander of pampoenpitpesto (opsioneel)

Voorverhit die oondpan tot 200°C. Smeer 2 oondpanne.

1 GROENTE Pak die groente uit groep een eerste in die oondpan, voeg olyfolie by en meng deur met jou hande. Voeg die knoffelbolle by en pak die kruietakkies bo-op. Geur met sout en peper. Bak sowat 30 minute tot die groente sag en gaar, maar nie pap is nie.
2 Pak die groente uit groep 2 na sowat 15 minute in enkellaag in ‘n ander oondpan, giet olyfolie oor en meng deur met jou hande. Pak kruietakkies op, geur met sout en peper. Oondbraai sowat 15 minute tot net gaar.
3 Pak die groentes op ‘n groot dienbord en giet die neuterige slaaisous of die salsa verde oor.
4 Sprinkel die roket of stingeluie net voor opdiening oor.
5 VOORSIT Vir quinoa: Spoel die quinoa goed af en kook in 500 ml (2 k) groenteaftreksel vir 15 minute of tot sag.
Vir koeskoes en bulgur: Giet 250 ml (1 k) kokende groenteaftreksel oor die koeskoes of bulgur en laat staan tot sag en uitgepof. Maak los met ‘n vurk.

NEUTERIGE SLAAISOUS

Lieflik om oor vars blare of oondgroente te gooi. Maak sowat 180 ml (3/4 k).

  • 125 ml (1/2 k) amandels, pekan- of kasjoeneute
  • 30 ml (2 e) sonneblomsaad, gerooster
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 2 stingeluie, gekap
  • 45 ml (3 e) sterk groen rooibostee, gemaak met 1 Carmien Tea-sakkie (kan boegoegeur ook wees)
  • 60 ml (1/4 e) olyfolie
  • 15 ml (1 e) suurlemoensap

Meng al die bestanddele saam in ‘n voedselverwerker en verwerk tot growwerig fyn.

NEUTKONFETTI
Ek sprinkel hierdie neutmengsel oor enigiets van slaaie tot oondgeroosterde groente. Dit verleen nie net geur nie, maar verleen ook ‘n heerlike krakerigheid daaraan.

Maak sowat 250 ml (1 k)

  • 5 ml (1 t) elk fyn koljander en komyn
  • 15 ml (1 e) sesamsade
  • 80 ml (1/3 k) elk gekapte amandels, okkerneute en pekanneute
  • 30 ml (2 e) bruinsuiker
  • 5 ml (1 t) soutvlokkies
  • 2 ml (1/2 t) sumac (opsioneel)

Meng al die bestanddele saam en hou in ‘n lugdigte houer.

Variasie – SOET OONDGEROOSTERDE GROENTE: Sny botterskorsie, wortel, en patats in skywe, sprinkel sout oor. Meng 5 cm stuk gerasperde gemmerwortel, 2 fyngekapte knoffelhuisies en gerasperde skil en sap van 2 lemoene met 20 ml (4 t) gekapte mentblare en 30—45 ml (2—3 e) bruinsuiker of heuning en meng deur die groente. Versprei in enkellaag in die oondpan en oondbraai tot sag.

Veelsydige Quinoa Slaai

Ek het verlede jaar ‘n groot skrik gekry met ‘n taamlike hoë cholesterol-telling. Ek het dadelik werk gemaak en my leefstyl-patrone nogals dramaties aangepas. Nie net het ek my oefenprogram goed opgeskerp deur aan te sluit by Crossfit nie, maar het ook goed begin kyk na wat ek eet – net vleis (vark of hoender) per geleentheid, baie groente en meer peulgroentes soos kekerertjies, lensies en quinoa en ook heelwat jogurt. Om gehidreer te bly natuurlik ook minstens 8 glase water en/of rooibostee per dag. En nou kan ek getuig dat my cholesteroltelling nou goed onder beheer is met ‘n telling van onder 3. Ek voel energiek en gesond en ek verbeel my al my klere sit heelwat losser en gemakliker. Net reg en vol lus om die uitdagings van 2022 te pak!

As mens té veel rooivleis inneem, loop jy die risiko om gesondheidsprobleme soos hartsiektes en kanker te verhoog. Dis dus ‘n goeie idee om ‘n vleislose dag of twee per week in te werk. Gelukkig is daar heelwat alternatiewe hoë-proteïenbronne om van te kies. Plantbronne soos lensies, bone, hempsade, lynsade, quinoa, ertjies, neute en grondbonebotter is goeie voorbeelde. Ander verstandiger vleiskeuses sluit in hoender, vis, maaskaas, jogurt, melk en eiers. Selfs meeste groente en stysel bevat ook klein hoeveelhede proteïene. Bowendien verskaf lensies en bone asook sade en neute baie vesel en jy voel ook langer versadig. Neute en sade bevat ook vet, maar dis onversadigde vette wat as gesonder beskou word as versadigde vette in diere. Dis dus heeltemal haalbaar om genoegsaam proteïene in te neem uit alternatiewe bronne soos bv. plantbronne.

Die grootste bonus vir my is dat al hierdie kosse gretig is om geur op te neem. Mens kan dus lekker rondspeel met slaaisouse en ander geurmiddels om ‘n heerlike eetervaring te verseker.

VEELSYDIGE QUINOA-SLAAI

Hierdie is ‘n heerlike vleislose slaai wat heelwat proteien bevat met die dat dit quinoa, kekerertjies en neute inkry. Bv. 1 k gaar quinoa bevat 10 g proteïen, 30 g neute bevat 6 g proteïen terwyl 1 k gaar kekerertjies soveel as 14 proteïen bevat, Gee die slaai geur met ‘n geurige pesto of my gunsteling, lemoen-mosterdslaaisous. Wat die groente aanbetref kan jy rondspeel met dit wat jy tot jou beskikking het.

Genoeg vir 4 mense

  • 375 ml (11/2 k) quinoa
  • 750 ml (3 k) groen rooibostee (van Carmien Tea) of andersins groente-aftreksel
  • 180 ml (⅔ k) kruie-pesto soos koljanderpesto of andersins lemoen-mosterdslaaisous (sien resep)
  • 1 blik (400 g) kekerertjies, gedreineer (opsioneel)
  • 100 g groenbone, effe gestoom en/of ‘n halwe elk rooi, geel en groen soetrissie, ontkern en in klein blokkies gesny
  • 3 radyse, dun gesny (opsioneel)
  • 1 klein rooi ui, in dobbelsteentjies gesny of 2 gekapte stingeluie
  • 2 stukke peperfeta-kaas, in stukke gebreek
  • Groot handvol bosbessies
  • Handvol elk amandels of pekanneute of pistasieneute en pampoenpitte
  • Handvol roketblare of baba-spinasieblare

1 Spoel die quinoa goed af onder lopende water (dis belangrik, anders is dit geneig om bitter te wees) en kook 15 minute in groenteaftreksel tot die quinoa uitgeswel en gaar is. Dreineer.
2 Meng net genoeg van die pesto of slaaisous deur om dit goed aan te klam.
3 Voeg die groente en fetakaas by en sprinkel die bosbessies, neute en pampoenpitte oor.
4 Rond af met die roketblare of spinasieblare.

LEMOENMOSTERD-SLAAISOUS

Lewer sowat 180 ml (¾ k) slaaisous

  • 125 ml (1/2 k) lemoensap
  • Sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 30 ml (2 e) olyfolie
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 15 ml (1 e) korrelmosterd
  • 5 ml (1 t) Dijonmosterd
  • 15 ml (1 e) heuning
  • 45 ml (3 e) vars gekapte pietersielie, koljanderblare en ment
  • Sout en peper na smaak

1 Meng al die bestanddele saam en giet oor slaaie of hou in die yskas.

Wenk: Hier gee ek ‘n resep vir ‘n slaaisous wat jy kan oorgiet, maar enige van die Carmen Niehaus-slaaisouse, veral die Zesty Fennel of Fynbos-slaaisous gaan heerlik werk by hierdie slaai.

Vermy kitskos, maak dit self

Sekerlik die belangrikste aspek vir my as mens gesonder en skoner wil eet, is om kitskos en geprosesseerde kosse te beperk. Maar jy kan steeds jou geliefde pizza of hamburger geniet – die geheim – maak dit self.

Wanneer dit by skoner eet kom, moet jy kosse vermy wat baie suiker, verfynde grane en gehidrogeneerde olies bevat en ook ‘n lang lys van meestal onherkenbare bestanddele. Hieronder tel veral kitskos en wegneemetes. Gaan ook matig te werk met koue vleise. Jy kan jou eie slaaisouse, pesto’s en hummus self maak, maar daar is ook goeie produkte in winkels beskikbaar – lees net die bestanddelelys! Natuurlike jogurt en ongeprosesseerde kaas kan in gematigde hoeveelhede ingesluit word by ‘n gebalanseerde eetplan.

Vrydagaande is baie keer pizza-aand by ons en met ‘n deeg wat ek sommer in die voedselverwerker aanmaak is dit glad nie moeite om dit sommer self aanmekaar te slaan nie. Jy weet ook presies wat alles daar inkom. Ek maak my deeg met klipgemaalde meel, bietjie olyfolie en groen rooibostee (nie net werk dit ekstra goedheid by die deeg in nie, dit gee ook ‘n subtiele kruiesmaak daaraan). Die tamatiesous is ‘n mengsel van songedroogde en vars tamaties. Die sous maak ek sommer in die mikrogolfoond. Heerlik. Ek gaan liggies te werk met die kaas – gebruik ‘n mengsel van ongeprosesseerde wit Cheddarkaas en mozzarella. En dan vir bolae hou ek van vars goed soos spinasie, broccoli, baba-tamaties, soms pynappel en selfs rou beet of oondgeroosterde botterskorsie, die maak ek sommer in die Airfryer gaar.

PIZZA UIT DIE BOONSTE RAKKE

Die pizzakors is lekker bros en jy kan hom dun uitrol. Hier’s ook ‘n resep vir ‘n kors met blomkool gemaak.

DEEG
5 x 250 ml (5 k) witbroodmeel
15 ml (1 e) olyfolie
10 ml (2 t) sout
1 pakkie (10 g) kitsgis
500 ml (2 k) flou groen rooibostee, gemaak met 1 sakkie en afgekoel tot louwarm

BOLAE
Olyfolie
Mieliemeel om oor te strooi
Tamatiesous (sien resep onder)
Kombinasie van gerasperde mozzarellakaas en wit Cheddarkaas
Bolae van jou keuse (sien lys)

  1. Voorverhit die oond tot 230°C. Plaas ‘n omgekeerde bakplaat (dit help dat dit makliker afgly) in die oond om goed warm te word voordat jy die pizzabasisse oppak.
  2. DEEG Plaas al die bestanddele vir die deeg, buiten die louwarm tee in die mengbak van ‘n voedselverwerker. Giet die tee deur die tuit by en meng tot goed gemeng, so 7–10 minute en die deeg in ‘n bol rondom die lem vassit. Die deeg is effe klewerig. Vewyder uit die bak, vorm in ‘n bol, verf met olyfolie, bedek en laat rys tot dubbel die grootte.
  3. Verdeel die deeg in 4 (8 vir kleiner pizzas) bolletjies en rol so dun as moontlik op ‘n meelbestrooide oppervlak uit.
  4. Bestrooi die warm bakplaat met mieliemeel en plaas die basis(se) bo-op (dis nie nodig om hul weer te laat rys nie). Plaas die bakplaat so na as moontlik aan die onderste element en bak 5—7 minute tot gaar maar nie bruin nie.
  5. Haal uit die oond, en smeer ‘n dun lagie tamatiesous oor. Strooi kaas oor en pak bolae van jou keuse op. (sien variasies).
  6. Skakel die boonste roostelement van die oond aan en rooster tot die kaas net gesmelt het.

TAMATIESOUS
750 g pruimtamaties (Roma), ontvel en in klein stukkies gesny
80—125 ml (¼-½k) songedroogde tamaties in vinaigrette, gekap
6 knoffelhuisies, fyngedruk of gerasper
15—30 ml (1—2 e) songedroogde tamatiepesto (opsioneel)
5 ml (1 t) droë oreganum

Plaas al die bestanddele in ‘n glasbak en mikrogolf 10 minute by 100-persent-krag tot die sous nie meer waterig is nie. Roer elke 3 minute. (jy kan ook die sous in ‘n kastrol op die stoof maak). Laat goed afkoel.

BOLAE

  • Smeer tamatiesous oor elke basis, strooi gerasperde mozzarella- en wit Cheddarkaas oor en pak enige van die onderstaande op.
  • Fetakaas, gaar spekvleis, geroosterde soetrissies, swart olywe en baba-spinasieblare. Bak en stapel skywe avokado op, geur goed met sout en peper. Rond af met roket.
  • Basiliepesto, kersietamaties, swart olywe, sampioene en bocconcini of feta-kaas. Bak tot gaar en stapel basilieblare bo-op.
  • Pikante pepers, rooi uie en oondgebraaide botterskorsie. Bak tot kaas gesmelt is. Rond af met roket.
  • Parmaham, murgpampoentjieskaafsels, rooi uie en kappertjiesaad. Bak tot die kaas gesmelt is en rond af met roket of basilieblare.
  • Kersie-tamaties, broccoli, pynappel, groen olywe en tuna of gepluisde gaar hoender. Bak tot die kaas gesmelt is. Rond af met roket.

MEELLOSE PIZZAKORS
Kap ‘n halwe blomkoolkop fyn en mikrogolf tot sag. Roer ‘n fyngekapte knoffelhuisie, 250 ml (1k) gerasperde Mozzarella-kaas, 1 geklitste eier, 5 ml (1 t) droë basilie en oregano in die voedselverwerker. Smeer die blomkoolpasta op ‘n uitgevoerde gesmeerde bakplaat, sowat 1 cm dik. Bak sowat 20 minute by 180°C tot stewig en effe bruin om die kante.

Eet vars en gesond

Daar is deesdae so baie eetplanne oor gesonder eet dat dit mens meestal goed deurmekaar maak. Ek het nou al bykans na almal geloer en meeste beproef en op die ou einde het ek volstaan by gebalanseerd eet met die volgende 6 riglyne as basis:

Eet volgraan, beperk suiker, eet meer vars vrugte en groente, eet minder vleis, beperk geprosesseerde en kitskosse en verminder jou soutinsname.

Ons kyk na die eerste twee naamlik eet volgraan en beperk suiker en ek gee ‘n heerlike beskuit- en dadelbolletjie-resep wat ideaal is vir ‘n vinnige happie saam met jou oggendkoffie voor werk of skool of as inpakkos saam werk of skool toe.

Eet volgraan

Die natuurlikste volgrane is die wat die minste deur prosessering geraak is en grotendeels lyk soos net nadat dit geoes is. Hawermout, quinoa, wilderys, klipgemaalde volgraanmele en -pasta of -brood is goeie voorbeelde. Volgraankosse bevat meer vesel en dit word nie tydens vertering afgebreek nie. Semels, onverfynde rys en die skil van groente en vrugte bevat baie onoplosbare vesel, terwyl droëpeulgroente, neute, hawermout en vrugte soos appels ryk is aan oplosbare vesel. ‘n Produk met ‘n kort lys herkenbare bestanddele waar volgraan onder die eerstes gelys is en wat min of geen suiker bevat nie, sal ook deug. Ek eksperimenteer nou al ‘n geruime tyd om ‘n lekker volgraan en veselryke beskuit wat mens met of sonder suiker kan maak, te bak en hier’s hy nou.

Gesondheidsbeskuit

Semels bevat 40-50% vesel en is spotgoedkoop. Ek gebruik net dadels of sultanas om die nodige soetigheid te verskaf in hierdie beskuit, maar jy kan ook bietjie suiker bygooi. Ek maak die beskuit met olyfolie, nie botter of margarien nie. Die hoeveelheid wat ek gebruik verskaf net genoegsame brosheid sonder om die beskuit hard te maak. Pleks van karringmelk gebruik ek natuurlike jogurt, ek gebruik gewoonlik die lactolite-vrye een. Groen rooibostee, spesifiek die Carmien Tea Earl Grey, help om die beskuit aan te klam. Die Earl Grey gee ‘n heerlike ligte lemoengeurtjie aan die beskuit.

Lewer 60 stukkies beskuit
Bereiding: 20 min
Baktyd: 20 min
Uitdroog: 3—4 ure of oornag

750 ml (3 k) klipgemaalde witbroodmeel
750 ml (3 k) semels
125-250 ml (½-1 k) klapper
250 ml (1 k) hawermout
250 ml (1 k) bruinsuiker (opsioneel)
5 ml (1 t) sout
30 ml (2 e) bakpoeier
250 ml (1 k) lynsaad
250 ml (1 k) geroosterde sonneblomsade of helfte daarvan pampoensade
250 g fyngekapte dadels of sultanas
250 ml (1 k) olyfolie
500 ml (2 k) natuurlike jogurt
2 eiers
Carmien Tea Earl Grey groen rooibostee, aangemaak met 2 sakkies per 250 ml kookwater, soos nodig
sade vir bo-oor sprinkel

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondpan goed of bespuit met kossproei.
1 Meng die meel, semels, klapper, hawermout, suiker, indien gebruik, sout en bakpoeier goed. Voeg die lynsaad, sonneblomsaad en of pampoensade
dadels of sultanas by en meng goed deur.
2 Klits die olyfolie, jogurt en eiers saam en voeg by die droë bestanddele.
Meng goed en voeg die groen rooibostee by soos nodig totdat jy ‘n stewige mengsel het. Skep in die pan en maak gelyk. Sprinkel sade bo-oor indien verkies.
3 Bak 50 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom.
4 Laat effens in die pan afkoel en keer dan uit op ’n draadrak om heeltemal af te koel.
5 Sny in klein stukkies en pak op ’n bakplaat. Verlaag die oondtemperatuur tot sy laagste en laat droog die beskuit 3-4 uur in die oond uit of tot heeltemal droog. Laat afkoel en bêre in ’n lugdigte houer.

Beperk suiker

Suiker is deesdae die groot vloekwoord. My filosofie is om nie soseer alle suiker uit te sny nie, maar om dit te verminder en deels te vervang met suiker-alternatiewe. Ek verkies natuurlike suikers soos mens dit kry in vrugte, want dit bevat ook ekstra vesel wat die effek van die suiker op insulienvlakke teenwerk. Bv. droëvrugte se suiker is baie gekonsentreerd, maar bevat ook hope vesel. As jy dus skoner wil eet, kan jy ook aan onversoete droëvrugte soos dadels, gojibessies, rosyne en bosbessies peusel, maar hou matigheid voor oë. Ek’s gek na dadels in enige vorm en dis ideaal om ‘n heerlike peuselhappie mee te maak.

Dadelbolletjies

Wie van ons is dan nou nie gaande oor daardie outydse dadelbolletjies waarby daar ook fyngekapte Mariebeskuitjies ingemeng was nie. Dié is soortgelyk, buiten dit word nie gemaak met die suiker-en-botter stropie (die vervang ons met rooibostee) nie en het neute pleks van die Mariebeskuitjies in. Dis heerlike inppakkos en ideaal om jou soettand in bedwang te hou.

Maak sowat 28 balletjies
Bereidingstyd: 30 minute
Gaarmaaktyd: 5-10 minute

500 g dadels, fyn gekap
180 ml (¾ k) rooibostee gemaak met 1 sakkie Carmien Tea Red Mocha (‘n mengsel van roobos en koffiebonestukkies en egte sjokolade)
150 ml (½ k) fyn klapper
60 ml (¼ k) kakao
15 ml (1 e) rou heuning (opsioneel)
100 g rou heel amandels, fyner gekap
kakao, of klapper of amandelbrokkies om balletjies in te rol

1 Kook die dadels in die rooibostee tot sag en die vloeistof bykans weggekook het. Kap fyn in die voedselverwerker.
2 Voeg die klapper, kakao en net genoeg heuning by indien verkies om ’n stywe pasta te maak. Roer die gekapte amandels by en vorm in klein balletjies.
4 Rol in die kakao, kakao of amandelbrokkies en verkoel tot stewig.

Gee jou gesondheid ‘n verdere hupstoot met ‘n vinnige teatox

Carmien Tea maak dinge sommer supermaklik met hul teatox-combo om jou te help om jou Nuwejaars-gesondheidsdoelwitte te bereik. Dit bestaan uit ‘n pak Energise (‘n mengsel van rooibos, boegoe, hoodia en guarana) en ‘n pak Cleanse (‘n mengsel van natuurlike kruie, senna, suurlemoengras, gemmer, spearment en groen rooibos).

Die teatox is net twee stappe: skop die dag af met 1 tot 2 koppies Energise om jou energievlakke ‘n hupstoot te gee. Die hoodia help ook om eetlus te onderdruk terwyl die boegoe waterretensie verminder en help om toksiene uit die liggaam te spoel. Eindig die die dag met 1 tot 2 koppies Cleanse om sodoende die kruie kans te gee om hul reiniging te doen. Senna is ‘n matige natuurlike lakseermiddel terwyl die suurlemoengras, gemmer en ment sal help met vertering en ook om van ‘n opgeblase gevoel ontslae te raak.

GROEN SMOOTHIE

Kry jou detox aan die gang met hierdie groen smoothie, terselfdertyd kry jy sommer ook jou daaglikse kwota Energise in. Die pynappel verleen ‘n heerlike vars smaak.

Maak sowat 750 ml (3 k)
Bereiding: 10 min

2 sakkies Carmien Energise-rooibostee
180 ml (¾ k) kookwater
500 ml (2 k) baba-spinasieblare of krulkool
500 ml (2 c) pynappelblokkies, gevries
Bietjie heuning indien verkies

  1. Trek die rooibostee in die kookwater tot sterk. Druk vloeistof uit sakkie. Hou eenkant, dis nie nodig om heeltemal af te koel nie.
  2. Plaas die spinasieblare of krulkool in die voedselverwerker, voeg die pynappelblokkies by en kap fyn. Voeg die tee deur die tuit by terwyl die voedselverwerker loop. Voeg bietjie heuning by indien verkies.
  3. Kap fyn tot glad.
  4. Giet in glase en geniet dadelik.

STAAN ‘N KANS OM ‘N DETOKS-GESKENKPAK TER WAARDE VAN R850 TE WEN!

Die geskenkpak bevat:

  • Carmien waterbottel
  • Carmien gesondheids-tees: Cleanse, Energise, Delight, Relax, Boost, Revive, Restore, Focus
  • Carmien rooibos poeiers (perfek vir smoothies!)
  • Carmen Niehaus rooibos slaai souse en soute

Volg die stappe op hierdie Facebook en/of Instagram post om in aanmerking te kom vir die prys. Die kompetisie sluit Vrydag 21 Januarie 12:00.

Eet skoner en varser

‘n Goeie afskop om gestalte aan gesonder eetgewoontes te gee is om vir ‘n week of wat skoner te eet met lekker baie vars kosse, want ‘n mens hoef geensins net van water en groentestokkies te leef as jy bietjie wil detoks nie. Dieetkundiges beveel aan dat mens sowat 3—7 dae detoks, maar moenie vas nie, want dit vertraag die metabolisme.

  • Detoks deur sekere kossoorte soos suiker, sout, koring, kafeïen, alkohol, tabak, melk en verfynde kosse uit te sny.
  • Eet slegs natuurlike, nie-geprosesseerde kosse – vra die vraag: “is dit van ‘n boom of ‘n fabriek?.”
  • Eet soveel as moonlik vars of rou kos soos baie groente en vrugte. ‘n Lekker vars slaai of ‘n smoothie is ideaal.
  • Sorg dat jy genoegsaam water of kruietees soos rooibos, heuningbos en boegoe (Carmién Tea se detoxtees is ideaal – meer hieroor Vrydag) inneem, want dit sal meehelp om ontslae te raak van die onsuiwerhede in die liggaam, help met hidrasie asook om hardlywigheid te voorkom.
  • Sorg ook dat jy wel maer proteïen inneem, want dit help om nuwe weefsel te genereer.
  • Eet meer hiervan: amandels, appels, avokado’s bloubessies, beet, granate, gemmer, roket, suurlemoen, kruietee, knoffel, kool, blomkool, quinoa, pietersielie, vlassade en vinkel.
  • Eet minder hiervan: suiwelprodukte en eiers, gluten- en koringprodukte soos brood en pasta, suiker en versoeters, sojaprodukte, kafeïendrankies soos koffie, tee en gaskoeldrank, diereprodukte en seekos, geursouse soos blatjang, margarien, gis en alkohol.

KLEURVOLLE MENGELSLAAI

My buurvrou en oefenmaat, Louise Brand is bekend vir haar kleurvolle mengelslaaie. Soos wat sy gereeld sê, “ek meng sommer heelwat bestanddele saam, want dis wat dit ‘n mengelslaai maak.” Nie net is dit lekker vars nie, maar ook heerlik (my man wat hom glad nie uitgee vir ‘n slaaieter nie, smul telkens tog te lekker daaraan.)

Hier is wat sy bymekaarvoeg – die hoeveelhede kan jy aanpas soos wat jy beskikbaar het:

  • Cos-blaarslaai, fyn opgesny
  • Komkommer, in dun repies gesny
  • Baba-tamaties, gehalveer
  • Pink Crispp-appel, in klein blokkies gesny (met skil en al)
  • Aarbeie, gehalveer
  • Bloubessies
  • Avokado, in blokkies gesny
  • Rooi ui, in dun repies gesny
  • Swartpeper-fetakaas, in growwe blokkies gebreek
  • Stewige handvol gedroogde bosbessies
  • Goeie sprinkel sade soos pampoensade en geroosterde sonneblomsade
  • Goeie handvol neute soos amandels en/of pekanneute

Hierdie word dan so in lagies in ‘n bak gepak en net liggies deurgemeng. Sy sit nie ‘n slaaisous by nie, maar ‘n goeie skoot van een van my Carmen Niehaus-slaaisouse soos die Fynbos of selfs die Zesty Fennel-slaaisous sal heerlik wees hieroor. Dit bevat min olie en suiker en dra boonop by tot ekstra goedheid.

Skud reg vir 2022

Ek hoop van harte julle het die uitspantydjie geniet en dat julle weer propvol planne en nuwe idees is om die uitdagings van 2022 aan te pak. Net so vertrou ek dat julle ook weer propvol energie is om 2022 sommer van maand een vir ‘n ses te slaan. Ek weet ook dat meeste van ons goeie Nuwejaarsvoornemens het om 2022 gesonder te eet. Daarom het ek besluit om die hele Januarie af te staan aan gesonder eet idees met lekker, maklike resepte. So, hou dop.

ENERGIEKE SMOOTHIE

Die beste manier vir my om my dag reg te begin is met ‘n lekker(goed) smoothie, want meeste van ons het bloot net nie die tyd om soggens aan te sit vir ‘n ordentlike ontbyt nie. Hierdie smoothie kan jy regtig binne minute in die voedselverwerker aanmaak. Dit bevat ‘n goeie skoot goedheid wat jou energievlakke (sonder onnodige kilojoules) die nodige hupstoot te gee. Boonop is dit heeerlik – wie gaan dan nee sê vir “strawberries & cream”.

Die basis van hierdie smoothie is Carmien se Energise-rooibostee wat ook guarana, hoodia en boegoe bevat. Guarana help die metabolisme aan en verminder moegheid, terwyl boegoe help om waterretensie te beveg en hoodia die eetlus help demp op ‘n natuurlike manier. Die wilde bessies in die Carmien Energise-rooibostee werk ook baie lekker saam met enige kombinasie van bessies soos aarbeie, frambose en selfs bloubessies. Bessies is gelaai met vesel en superkos-goedheid. As ek nie genoegsaam tyd het om my eie vrugte op te sny en te vries nie, gebruik ek graag deesdae die Früzo flash frozen fruit. Daar is verskeie soorte beskikbaar, van bessies tot pynappel en tropiese vrugte.

Om die nodige romerigheid te verskaf, voeg ek graag ‘n paar lepels jogurt by – omdat dit reeds gefermenteer is, verteer jogurt beter as melk. Jy kan ‘n romerige jogurt (verkieslik met lewende kulture) gebruik, maar ek verkies om ‘n Lactolite lae-vet jogurt te gebruik wat veral ook geskik is vir mense wat laktose intolerant is. Diegene wat nie suiwel gebruik nie, kan amandelmelk gebruik. As jy ‘n redelike soettand het, voeg klein bietjie heuning of versoeter by.

Omdat ek nie juis ‘n groot vleiseter is nie en sukkel om my daaglikse hoeveelheid proteien in te kry, voeg ek ook graag ‘n skep of twee wei-proteien by, veral as ek ‘n strawwe oefensessie het wat wag. Tans gebruik ek USN se Ultralean weiproteïenpoeier. Daar is 3 smake – sjokolade, aarbei en vanielje.

Nota: Ek voeg ook graag ‘n sakkie van die Carmien Energise-rooibostee in my waterbottel. Heerlik om tydens ‘n oefensessie aan te teug of sommer net so gedurende die dag. Dit maak dit soveel smaakliker om jou daaglikse 8 glase water in te neem.

RECIPE

Makes 1 large serving
Preparation time: 3 minutes

4 Carmien Energise (with guarana, hoodia & buchu) teabags
250 ml (1 c) boiling water
250 ml (1 c) frozen berry mix or frozen strawberries, raspberries and or blueberries (I usually use Früzo flash-frozen fruit)
1-2 scoops (50—100 ml) Ultralean whey protein powder (I use USN low GI Dietfuel nutrition shake)
80-160 ml (⅓—⅔c) natural plain yoghurt (can be creamy or Lactolite low fat)
5 ml (1 t) raw honey or sweetener (optional)

1 Place 4 tea bags in a cup of boiling water and steep for 2 minutes.
2 Place the frozen berries in a blender or the jug of the stick blender.
3 Pour the hot tea over the berries.
4 Add the whey protein, yoghurt and honey/sweetener as preferred.
5 Blend or insert the stick blender into the jug and puree until smooth.
6 Pour into a glass and enjoy.

Peuselgoed vir oujaarsaand

Van ons voorstoep af kyk mens lekker uit op die Langebaanmeer. Onder die lattedak staan daar ‘n groot stewige houttafel met bankies. Lanterns wat al om die kante van die stoep hang, gee net genoeg lig. Dis nou al tradisie dat ons Oujaarsaand saam met familie en ‘n paar vriende op die lekker groot stoep kuier, want hiervandaan kan ons die vuurwerke mooi bekyk. Dis dan wat ek graag groot houtborde met charcuterie en kase uitpak saam met lekker brode en ‘n paar smere. Ek gebruik sommer baie keer ‘n klompie vysels om die eetgoed in uit te sit. Eenkant prakseer ek ‘n ginstasie waar almal kan eksperimenteer met mengeldrankies.

My peuselborde sien gewoonlik as volg daar uit:

  • ‘n Verskeidenheid charcuterie: ham, swartwoudham (pleks van baie duur Parma-ham), prosciutto, coppa, salami en miskien chorizo
  • ‘n Verskeidenheid kase: vars kaas soos rolle roomkaas of bokmelkkaas, sagte kase soos Brie en Camembert; semi-harde kase soos Gouda en komynkaas en harde kase soos goedverouderde Cheddar, pecorino of selfs parmesaankaas
  • Ander peuselgoed sluit in: gemarineerde groen en swart olywe; ‘n guacamole, hoemoes en saad-en-neutesprinkel; vars vrugte in seisoen, veral skyfies nektariens, vye, druiwe, spanspek of selfs klein stukkies waatlemoen is heerlik. ‘n Paar lekker stukkonfyte is ook heerlik hierby.

Vir ‘n broderigheid bak ek graag ‘n vinnige ciabatta of selfs sommer ‘n paar platbrode of maak saadbeskuitjies vir diegene wat wegstaan van gluten af. Daarby saam altyd ‘n goeie olyfolie en verouderde balsamieke asyn.

‘n Lekker piekel of twee sal net so lekker wees – dink aan gepiekelde eiervrug of ingelegde baba-tamaties. Blomkool en soetrissie is ook heerlik. Gepiekelde calamari, rolmops en dolmades is natuurlik tops hierby.

Vir die ginstasie pak ek altyd die volgende uit:

  • ‘n Paar soorte gin waar onder Carmien se Floral Berry en Citrus Chai gin
  • Houertjies met Carmien piramied teesakkies – Turkish Delight, Floral Berry, Citrus Chai en Creamy Mint
  • Houertjies met stukkies kaneel, steranys, droë lemoenstukkies, droë roos- en hibiscusblare, suurlemoen- en lemmetjieskyfies en baie vars kruie soos takkies roosmaryn, tiemie, basilie en malva.
  • Tonic water, sodawater en vonkelwater en natuurlik baie ys

2 vinnige mengeldrankies:

Floral Berry gin: giet 1 tot Carmien Floral Berry in ‘n glas, sit ‘n teesakkie by asook bietjie roos- en hibiscusblare of vars kruie en vul die glas verder met ys en tonic water of sodawater.

Citrus Chai gin: giet 1 tot Carmien Citrus Chai in ‘n glas, sit ‘n teesakkie, verkieslik Citrus Chai by en voeg stukkies kaneel en gedroogde lemoenstukkies by asook skyfies vars lemmetjie of suurlemoen. Vul die glas verder met ys en tonic water of sodawater.

Smul aan keurige oorskiet

Die lekkerte van die Kersete kry net nie einde nie en mens kan tot lank na Kersfees steeds peusel aan al die heerlike oorskiet eetgoed. Die groot geheim is eintlik om dit dan steeds mooi en keurig voor te sit.

Dis dan wanneer ek my ou silwerware, glasvase en versameling vintage kookboeke nadertrek om die tafel mee te tooi. Maak stapeltjies boeke met mooi lint vas en rangskik direk op jou houttafel. Gebruik dit as staanders waarop jy die eetgoed uitpak.

Sit ‘n verskeidenheid vars slaaiblare en ander slaaigoed in ‘n mooi sopturien. Sny die oorskiet gerookte varkboud (gammon) en gewone varkboud dun op en pak dit op ‘n silwer-dienbord saam met ‘n potjie mosterd. Sit die slag ook ‘n vrugtepiekel saam met die vleis voor – dis sommer maklik om te maak, veral as jy weer van Carmien Tea se heerlike teemengsels inspan. Koop ook sommer ‘n paar lewersmere en skep dit in ou botterbakkies. Dun-dun snytjies Melba-roosterbrood, in n ou roosterbroodstaander voorgesit, dien as die basis waarop elkeen weer sy eie happies kan saamstel. Kaasstrooitjies in ‘n lang glasvaas en ‘n verskeidenheid kase op ‘n silwer koekstaander met ‘n mooi glaskoepel oor, rond die prentjie af.

VRUGTEPIEKEL
Maak sowat 750 g piekel
Voorbereiding: 20—20 minute
Gaarmaaktyd: 10 min

PIEKELMENGSEL
500 ml (2 k) kookwater
2-3 sakkies Carmien Tea Citrus Chai-piramiedsakkies
2-3 sakkies Carmien Tea Nursing tea
250 ml (1 k) appel- of rysasyn
180 ml (¾ k) suiker
VRUGTE
Vars nektariens of pruime, goed afgespoel met kookwater of selfs 2—3 pynappels, in dun skyfies gesny
1 rooi ui, in ringe gesny

1 PIEKELMENGSEL Giet die kookwater oor die teesakkies en laat trek tot sterk maar nie te lank. Druk uit.
Kook tee saam met asyn en suiker. al die bestanddele in ‘n groot kastrol en bring tot kookpunt.
2 Pak die vrugte saam met paar ringe rooi ui in gesteriliseerde flesse en giet die kokende piekelmengsel oor. Verseël. Laat staan vir so ‘n week of wat. Verkoel sodra oopgemaak.

Wenk: vir ‘n vinnig piekel, kook die piekelmengsel saam en giet oor rooi uieringe en 4—6 Israeliese komkommers wat in stukke gesny is. Dis sommer dadelik gereed.

Foto verskaf deur SA Pork.

‘n Buffet vir Kersfees

As julle soos ek uit ‘n groot familie kom, is dit die beste en maklikste om ‘n buffet vir die Kersete uit te pak waar almal hulself kan help. Ek het jare terug vir my ‘n ou rustieke buffettafel aangeskaf by Nerf-Af, destyds in Durbanville, deesdae is hulle in Onrusrivier. Daardie dubbeldoortafel dien nie net as buffet as daar baie mense vir ete is nie, maar maak ook die ideale koffiestasie. By Nerf-Af het ek ook al verskeie waardevolle stukke, veral ou emaljeware opgespoor. Die nuutste fonds was ‘n Franse emalje-broodblik, so skaars soos hoendertande.

Vir my Kersbuffet span ek al my emaljeware wat ek my hand op kan lê in om die kos op die buffettafel uit te pak. Die Franse emalje-broodblik dien as blompot waarin ek bosse soutbos , uit my Weskus-veldtuin gepluk, saam met fyn rose rangskik.

Op die dik marmerblok kom die oondgebraaide vinkelvarkboud met gebakte aartappels en appels daarby. ‘n Lekker vars salsa van vars vrugte rond die oondbraad heerlik af. Cos-slaaiblare in ‘n ou emalje-vergiettes gestapel, sorg vir ‘n kraakvars groenslaai. ‘n Heerlike slaaisous, soos die Carmen Niehaus-fynbosslaaisous en ‘n saadkonfetti vir bo-oor strooi is meer as genoeg daarby. As jy wil kan jy enige van jou ander gunsteling Kersfeesslaaie soos tamatieslaai of selfs aartappelslaai of rysslaai bymaak. Vir poeding sorg ek dat daar altyd trifle is, somtyds so eenvoudig soos lae vingerbeskuitjies met baie sjerrie oor, ‘n bakkersvla waarby ek sommer bietjie jogurt inmeng, vars bessievrugte (party tot ‘n stroperige compote gekook) en pekanneute. Alles in lae gepak, afgerond met ‘n bietjie romerige natuurlike jogurt bo-op met vir oulaas bietjie neute oorgesprinkel. As jy wil, maak mooi met vars kersies.

Stapel jou borde opmekaar saam met mooi lapservette. Ek het onlangs ook ‘n waardevolle geskenk gekry by my skoonsuster – my skoonma se beenhefmessegoedstel. En dis hulle wat die Kersfees op my tafel pryk.

Wyne uit Piekenierskloof Wine Company se Piekenierskloofreeks, veral die grenache-wyne waarvoor Piekenierskloof bekend is (insluitend die Carel van Zyl Grenache Noir Old Vine om my pa te gedenk op Kersdag), pas goed by hierdie Kersfeestafel.

Fotos verskaf deur SA Pork.

FENNEL LEG OF PORK WITH BAKED POTATOES

By just changing the type of Carmien tea bags that you are using, you create a whole new dish with interesting flavours without any hassle.

Serves 6-8
Preparation time: 20 min
Cooking time: about 3 hours
Standing time: overnight

PORK
2,5 kg leg of pork, rind scored
Boiling water
60-80 ml (¼–⅓ c) sweet soy sauce
Coarse sea salt
400 g (3) Pink Lady apples
260 g (2) onions
1 L (4 c) Carmién Nursing tea, made with 6 tea bags
SALSA
3 nectarines cubed
20 g coriander leaves, chopped
80 g (1) small red onion, chopped
30 g (1) chilli, chopped
60 ml (¼ c) apple cider or rice vinegar
15 ml (1 T) soy sauce
TO SERVE
2 kg baby potatoes
Grated lemon rind of 1 (100 g) lemon

1 PORK Place the leg of pork with the rind facing upwards on a wire rack in an oven pan. Pour over boiling water. Leave to cool, drain.
2 Rub the meaty side of the meat with sweet soy sauce and the rind with salt. Place open in the fridge with the rind facing upwards. Refrigerate, preferably overnight.
3 Arrange the apples and onion in the oven pan, place the pork on top, rind facing upwards. Oven-roast at 280 °C till rind is nicely browned, about 20 min.
4 Place the 6 tea bags in a jug, add 1 L boiling water. Infuse for 5-10 min till strong. Squeeze out all liquid and remove tea bags.
5 Add the tea to the oven pan, just enough to cover the meaty part of the pork. Cover with foil, lower the heat to 160 °C and bake for about 2½ hours or until the meat is tender. Remove the foil for the last half an hour, allowing the rind to get crispy.
6 SALSA Mix all the ingredients.
7 TO SERVE Cook the potatoes with a dash of oil in the Airfryer till crisp. Add a sprinkle of lemon zest. Cut the meat into slices and serve with the salsa and potatoes.

Kuier op die stoep

Op Langebaan is daar ‘n vakansiegees in die lug. Die dorp is besig, die strate getooi en op die meer bol die seile van die windsurfers in die lug. Stadig maar seker skud almal reg vir die feestyd en lekker saamkuier. Dan hou ek daarvan om ‘n buitetafel te dek op die stoep en ‘n eenvoudige koue feesmaal voor te sit.

Vir so ‘n buitetafel dek ek graag met bonkige helder kleure – ‘n mosterdgeel tafeldoek met uitspattige bontpienk servette. Ek grawe in al wat kas en laai is rond op soek na al daardie houtbakkies, planke en plat mandjies wat ons oor jare heen versamel het tydens al ons wintervakansie-safari’s, selfs ‘n paar ongebruikte keramiek-potplanthouers word ingespan.

Net meer as ‘n week of wat gelede het SAPPO (die varkvleis-produsente vereniging) my uitgenooi na die keurigste maaltyd by Hamm & Uys op Blaauwklippen buite Stellenbosch. Voormalige Kokkedoorwenner, Johnny Hammann en Marius Uys het ons vergas op die heerlikste geregte, alles met varkvleis berei. Ons het soos konings geëet en is ook bederf met ‘n keur van allerlei geskenke. Onder andere is ek daar weg met ‘n almintige varkboud en ‘n gammon. Net reg vir hierdie koue feesmaal. My seun wat op die plaas buite Citrusdal werksaam is, bring ook elke naweek vir ons die sappigste vrugte, want dis oestyd op die plaas.

Rooiwang-nektariens; geelvleis; witvleis, te lekker, ons kan nie ophou eet nie. As ek van tyd tot tyd ‘n draai daar maak, sorg ek ook dat ek goed voorraad inlaai by die De Tol-plaasdeli – olywe, kaas en varsgebakte brood of roosterkoek en natuurlik ook ‘n goeie voorraad Piekenierskloofwyne en van die Carmien-rooibostees. Want ons drink nie net koppies vol Carmien tee nie, ek kook ook mos big time daarmee en maak nou bottels en bottels vol ystee vir lafenis. My skoonsuster bak ook elke jaar vir ons die lekkerste vrugtekoek, volgens Ma Susie se geheime resep en onlangs het ons ons pakkie ontvang.

So, sonder dat ek te veel dinkwerk moes insit het die spyskaart vir my koue feesmaal ongesiens gestalte gekry:

SPYSKAART

Bessie-ystee
Wit en rooi wyne van Piekenierskloof uit die Stonedance en Six Hats-reeks

Verskeidenheid vars goed soos Cos en roket-slaaiblare, nektariens, aarbeie, groen-en-swart olywe en baba-tamaties
‘n Lekker slaaisous of twee – die Carmen Niehaus Forest Berry en Zesty Fennel sal goed te pas kom

Varsgebakte brood met ‘n paar keurige kase

Oondgebraaide varkboud met romerige mosterd
Gemmer-en-brandrissie gammon met gemmerstukke

Vrugtekoek met koffie

OONDGEBRAAIDE VARKBOUD

Genoeg vir 6—8 mense
Bereiding: 15 min
Gaarmaak: 2—3 ure

My geheim om ‘n lekker sappige oondgebraaide varkboud te maak is om ‘n goeie hoeveelheid Carmien-rooibostee (hier gebruik ek groen rooibos saam met ment) ook in die pan te gooi en die pan dan vir die grootste gros van die tyd liggies toe te maak sodat mens ‘n kombinasie van klamhitte en droëhitte kry. Vir ‘n lekker krakerige swoerd moet jy die boud oornag oop in die yskas laat staan.

1 varkboud met swoerd ingekeep, sowat 2-3 kg
Sout
Soet sojasous
2—3 uie, geskil en in dik skywe gesny
2 liter kookwater
6—8 Carmien Creamy Mint piramiedteesakkies

1 Plaas die boud op ‘n rakkie in ‘n oondpan en giet kookwater oor.
Druk goed droog en vryf die swoerd goed in met sout. Plaas oornag oop in die yskas.
Voorverhit die oond tot 230°C
2 Sout die res van die boud en smeer sojasous oor die vleisgedeelte.
3 Pak die uieskywe in die oondbak en plaas die boud bo-op. Oondbraai sowat 20 minute tot die swoerd lekker bros is.
4 Giet die kookwater oor die teesakkies en laat trek tot sterk, maar nie te lank, want dan word die tee bitter.
5 Giet die tee in die oondpan sodat net die vleisgedeelte bedek is, nie die swoerd nie. Bedek die boud nou liggies met tinfoelie en verlaag die hitte na 160°C. Verhit 25 minute per 500 g vleis plus 25 minute of tot die boud sag en sappig is.
6 Verwyder die tinfoelie die laaste 20 minute sodat die swoerd weer lekker bros kan word.
7 Sit die boud by kamertemperatuur voor saam met mosterd waarby jy ook bietjie natuurlike jogurt ingemeng het. (Jy kan natuurlik die pansous ook dreineer en afkook tot geurig en ook ‘n bietjie jogurt daarby inmeng vir ‘n heerlike sous).

GEMMER-GAMMON

Die gemmer en brandrissie in die groen rooibos werk goed saam met vark en is veral lekker as daar heelparty vars vrugte ook by die spyskaart ingewerk is.

Genoeg vir 4 mense
Weektyd: 4 uur
Bereiding: 20 min
Gaarmaak: sowat 2 ure

1,5-2 kg gerookte ontbeende varkboud (gammon)
2—3 liter kookwater
6 sakkies Carmien Revive (met groen rooibos, gemmer en brandrissie)
gemmerlim
1 mediumgroot ui, in stukke gesny
GLANSLAAG
80 ml (⅓ k) ingemaakte gemmerstukke, gekap
20 ml (4 t) gemmerstroop
Ekstra gemmerstukke

1 Week die varkboud 4—6 uur lank voor gaarmaaktyd in koue water.
2 Plaas in ‘n groot kastrol. Giet die kookwater oor die teesakkies en trek tot sterk maar nie te lank. Giet oor die gammon.
Bedek en laat opkook. Verlaag die hitte. Bereken die kooktyd as volg: laat 25 minute per 500 g vleis toe en laat stadig prut tot gaar, tussen 1—2 ure.
3 Verwyder uit die vloeistof en laat afkoel. Verwyder die vel.
4 Voorverhit die oond tot 180°C. Plaas die boud op ‘n rakkie wat op die oondpan pas. Sny die vetlaag in met ‘n skerp mes.
5 Meng die gemmerstukke met die gemmerstroop en skep oor die vleis. Oondbraai 20—30 min tot vetlaag effens verbruin en glansend is.
6 Dien die varkboud by kamertemperatuur op saam met ekstra gemmerstukke, vars vrugte soos nektariens en aarbeie en roketblare.

Super Slaaie

Met die nuwe Carmen Niehaus x Carmien Tea-slaaisouse het jy binne ‘n ommesientjie ‘n smaaklike slaai op tafel. Die Forest Berry-slaaisous is veral lekker saam met vrugtige slaaie soos hierdie komkommer-carpaccio wat ook aarbeie inkry terwyl dit net so lekker in ‘n lensieslaai waarby pruime ingemeng word smaak.

Komkommer-carpaccio
Genoeg vir 4 mense

1 komkommer, in papierdun skyfies gesny
1-2 avokado’s, ontpit en in bolle uitgeskep met ‘n lepel
250 g aarbeie, in stukke gesny
Goeie hoeveelheid Forest Berry-slaaisous
20 g koljanderblare, goed afgespoel
50 g grondbone

1 Pak die komkommer op ‘n dienbord en rangskik die avodado en aarbeie bo-op.
2 Giet die slaaisous ruimskoots oor en verkoel tot net voor opdiening.
3 Stapel die koljanderblare bo-op en sprinkel die grondbone oor.

Pruim-lensieslaai
Genoeg vir 4 mense

500 ml (2 k) klaargekookte lensies, verkieslik nog warm
Goeie hoeveelheid Forest Berry- slaaisous
125 ml (1/2 k) grofgekapte pietersielie en koljanderblare
6 ryp swart pruime, in skywe gesny
Ekstra koljanderblare vir bo-oor sprinkel

1 Meng die lensies met die slaaisous gekapte kruie. Skep in ‘n slaaibak en laat afkoel.
2 Rangskik die pruime bo-op en sprinkel die koljanderblare oor.

Smullekker slaaisous

My grootste uitdaging en droom was nog altyd om te sorg dat slaai die ster van die tafel word en die bak heel eerste dolleeg geëet sal wees. Slaaisous maak die verskil tussen ‘n ordinêre slaai en iets spesiaals. Die Carmen Niehaus-slaaisouse sorg vir daardie spesiale smaak wat enige slaai verhef bo die gewone.

Die basis van hierdie slaaisouse is die unieke rooibosgeure uit die Carmien Tee-reeks – en daarmee het ek slaaie bymekaar gesit wat nog nooit op ‘n winkelrak gesien is nie. Slaaisous met die geure van bos bessies, fynbos en boegoe, vinkel en anys – ongehoord maar heerlik anders en spesiaal.

Die ander groot pluspunt is dat omdat die die rooibostee en al die ander geurgoed die basis van die slaaisous vorm, dit heelwat minder olie en suiker hoef te bevat. SO nie net lekker nie, maar ook gesond. Ek het sommer ‘n hele klompie slaaie bymekaargesit wat goed sal pas by elke slaaisous se unieke geure. Kry joune nou en begin eksperimenteer.

FYNBOS VINAIGRETTE

Tipe Waldorfslaai
Vir 4 mense

1 Cos-blaarslaai, in blare gebreek
250 g jong groenbone, net saggestoom
2—3 gaar bete, in stukke gesny
2 Cripps-appels, in papierdun skywe gesny
1 of 2 stele seldery, in skyfies gesny of komkommer, in repies gesny
100 g gruyère-kaas, in skaafsels gesny
Carmen Niehaus Fynbos Vinaigrette
50 g okkerneute

1 Pak die blaarslaai in ‘n slaaibord en rangskik die groenbone, beet, appels en seldery bo-op.
2 Giet die slaaisous oor en sprinkel die kaas en okkerneute op.

Tipe Keiserslaai
Vir 4 mense

1 groot kop Iceberg-slaai, goed afgewas en in wiggies gesny
Carmen Niehaus Fynbos Vinaigrette na smaak
125 g repe rugspekvleis, gebraai
2 poppadums, 1 minuut in mikorgolfoond gepof en grof opgebreek of 4 snye witbrood, in blokkies gesny en brosgebraai
4 saggeposjeerde of hardgekookte eiers, in wiggies gesny
Sout en peper na smaak
50 g parmesaankaas skaafsels

1 Pak die slaaiwiggies op ‘n plat bord, giet die vinaigrette oor,
2 Pak die spekvleis en eiers bo-op, geur goed na smaak met sout en peper en rangskik die poppadums tussen-in of sprinkel die broodcroutons oor.
3 Sprinkel die parmesaankaasskaafsels oor.

Tipe panzanella-slaai
Genoeg vir 4 mense

½ ciabatta of rogbrood, in stukke gebreek
Olyfolie
Groot handvol baba-tamaties
6—8 verskeidenheid groot tamaties, in stukke gesny
Seesoutvlokkies en peper
1 rooi ui, in skyfies gesny
Paar kappertjiesade
Carmen Niehaus Fynbos Vinaigrette
Basilieblare vir afronding

Voorverhit die roosterelement van die oond
1 Pak die broodstukke op ‘n bakplaat, besprinkel met olyfolie en rooster tot bros.
2 Pak baba-tamaties ook in ‘n bakplaat, geur met sout en peper, sprinkel bietjie olyfolie oor en oondbraai terselfdertyd tot dit net effe oopbars.
3 Meng die baba- sowel as groot tamaties in ‘n mengbak saam met ui en kappertjiesade. Giet ruimskoots van die vinaigrette oor en laat staan so 10 minute.
4 Pak in ‘n bak en rond af met basilieblare.

FOREST BERRY SLAAISOUS

Komkommer-carpaccio
Genoeg vir 4 mense

1 komkommer, in papierdun skyfies gesny
1-2 avokado’s, ontpit en in bolle uitgeskep met ‘n lepel
250 g aarbeie, in stukke gesny
Goeie hoeveelheid Carmen Niehaus Forest Berry-slaaisous
20 g koljanderblare, goed afgespoel
50 g grondbone

1 Pak die komkommer op ‘n dienbord en rangskik die avodado en aarbeie bo-op.
2 Giet die slaaisous ruimskoots oor en verkoel tot net voor opdiening.
3 Stapel die koljanderblare bo-op en sprinkel die grondbone oor.

Nektarienslaai
Genoeg vir 4 mense

1 pak Cos-slaaiblare
4 nektariens of perskes of rooi pruime of selfs aarbeie, gehalveer en ontpit en in kwarte gesny of ‘n spanspek, in skywe gesny
1 rol bokmelkkaas, in skywe gesny
Paar skywe swartwoudham of selfs klam biltong
Goeie hoeveelheid Carmen Niehaus Forest Berry-slaaisous
Groot stuk grondbone-kraaklekker (opsioneel)

1 Pak die slaaiblare op ‘n slaaibord en rangskik die vrugte en ham bo-op
2 Giet van die slaaisous oor en stapel die kraaklekker bo-op.

Pruim-lensieslaai
Genoeg vir 4 mense

500 ml (2 k) klaargekookte lensies, verkieslik nog warm
Goeie hoeveelheid Carmen Niehaus Forest Berry-slaaisous
125 ml (1/2 k) grofgekapte pietersielie en koljanderblare
6 ryp swart pruime, in skywe gesny
Ekstra koljanderblare vir bo-oor sprinkel

1 Meng die lensies met die slaaisous gekapte kruie. Skep in ‘n slaaibak en laat afkoel.
2 Rangskik die pruime bo-op en sprinkel die koljanderblare oor.

ZESTY FENNEL SLAAISOUS

Brusselse spruiteslaai
Genoeg vir 4 mense

150 g Brusselse spruie of kopkool (selfs Chinese kool sal doen)
1 ciabatta-brood, in stukke gesny
Olyfolie
4 knoffelhuisies, gekap
12 repe spekvleis
Goeie hoeveelheid Carmen Niehaus Zesty Fennel-slaaisous
4 stingeluie, grof gekap
Handvol pietersielie, grof gekap

Skakel die roosterelement van die oond aan.
1 Breek buitenste blare van die Brusselse spruite af. Hou eenkant.
2 Sny die binnekante fyn op. (Sny kool fyn op indien dit gebruik word).
3 Pak die broodstukke op ‘n bakplaat, sprinkel olyfolie en knoffelhuisies oor. Rooster tot bruin en bros. (Dit kan ook in ‘n airfryer gedoen word).
4 Rooster terselfdertyd spekvleisrepe tot bros, kap helfte heeltemal fyn en roer by slaaisous in.
5 Meng Brusselse spruitblare en fyngesnyde dele met stingeluie en pietersielie.
6 Giet die slaaisous oor.
7 Rangskik die broodstukke, Brusselse spruitmengsel of kool op ‘n slaaibord, stapel die orige spekvleisrepe bo-op. Garneer met stingeluie en sprinkel pietersielie oor.

Groenslaai met avokado
Genoeg vir 4 mense

1 pak baba-spinasie-en-roketslaai met beetrepies en bosbessies
Carmen Niehaus Zesty Fennel-slaaisous

1—2 avokado’s, in bolle geskep met ‘n lepel
125 ml (1/2 k) geroosterde saadmengsel bv. sonneblom, sesam en pampoensaad
Parmesaankaas skaafsels

1 Pak die slaai in ‘n slaaibord
2 Giet die slaaisous ruimskoots oor.
3 Pak die avokado op.
4 Sprinkel die saadmengsel en parmesaankaasskaafsels oor.

Beet-en-bloubessieslaai
Genoeg vir 4 mense

1 bossie beet
Seesoutvlokkies
Olyfolie
100 g roket
1 groen appel, ontkern en in dun skyfies gesny
1 steel seldery, in stukke gesny
1 rooi ui, in ringe gesny
Groot handvol bloubessies
1 wiel peperfetaas, in stukke gebreek
Carmen Niehaus Zesty Fennel-slaaisous
Pampoensade vir bo-oor sprinkel

Voorverhit die oond tot 190°C

1 Pak die bete in ‘n oondpan, sprinkel sout en olyfolie oor en oondbraai sowat 40 minute tot gaar en sag. Trek skilletjies af. Sny in stukke.
2 Rangskik die roket op ‘n slaaibord, stapel die beet en appel in hopies bo-op.
3 Sprinkel die ui, bloubessies en kaas oor en streep van die slaaisous oor. Rond af met pampoensade.

Luxury creamy rice trifle with berries and rice chocolate crumbs

Since my childhood days, trifle is part of our family Christmas feasts. Every year the bowl needs to be bigger as it is finished to the bottom every time. Nowadays I made individual ones so that everyone can enjoy his own bit of specialness.

This rice trifle is a combination of my most favourite flavours: creamy rice with a hint of rose water, creamy yoghurt, caramel condensed milk, and berries.

Makes about 4—6 individual glasses
Preparation time: 30 min
Cooking time: 30 min

  • 1 slab (100 g) dark chocolate, broken into pieces
  • 160 ml (2/3 c) cooked Spekko Saman white extra-long grain rice
  • 1 can (410 g) evaporated milk, topped with 1 liter of whole milk
  • 250 ml (1 c) Spekko jasmine long grain white rice
  • 80 ml (1/3 c) sugar
  • 2 large egg yolks
  • 20 ml (4 t) rose water
  • 5 ml (1 t) vanilla essence
  • 250 g frozen mixed berries
  • 60 ml (1/4 c) brandy
  • 30 ml (2 t) sugar
  • 1 can (410 g) caramel condensed milk
  • 250 ml (1 c) creamy yoghurt

TO FINISH
variety mixed berries
mint leaves

1 Melt the chocolate in the microwave oven for about 1—2 minutes, stir regularly. Add the cooked rice and mix. Spread in a thin layer on a greased baking sheet and leave till set. Crumble.
2 Bring the milk mixture to the boil with a pinch of salt. When it starts boiling, add the rice, lower the heat, and stir until the milk starts to boil again. Simmer for about 30 minutes, stirring every 10 minutes and heat until the rice is cooked, and the mixture starts to thicken.
3 Beat together the sugar and egg yolks. Slowly stir into the cooked rice mixture, also add the rose water and essence. Cool.
4 Cook the berries with the brandy and sugar till soft. Cool.
5 Spoon layers of creamed rice, chocolate crumb, berries, caramel, and yoghurt in stemless glasses.
6 Top each trifle with a selection of fresh berries and any sprinkle over the rest of the chocolate rice crumbs. Finish with a few mint leaves.

Christmas rice pudding wreath

During my childhood days every year, Christmas was a big family get together on the farm; over fifty of us had a feast under the trees in our garden or on the large stoep on the original family farm. There were leg of lamb and my auntie Martie’s famous chicken pie with lots of salads on the side; my mom made steamed Christmas pudding in which a few coins were also hidden. This wreath is a resemblance of that pudding with the same flavour profile full of spiciness. But it is the silky creaminess of this rice pudding that makes it extra special.

Makes 1 large wreath
Preparation time: 15 min
Cooking time: 40 min
Setting time: 4 hours

  • 500 ml (2 c) water
  • 500 ml (2 c) whole cream milk
  • 4 bags citrus chai rooibos tea OR a piece of orange peel, 2 pieces stick cinnamon, 1 slice of fresh ginger, 2 cardamom pods, and 2 cloves
  • 200 g Spekko basmati rice
  • Pinch of salt
  • 1 can (410 g) condensed milk
  • 100 g mixed raisins or luxury Christmas cake mix
  • 100 g red glacé cherries
  • 50 g almond flakes
  • 5 ml (1 T) vanilla essence
  • 10 ml (2 t) gelatin, soaked in cold water

TO FINISH
fresh cherries
mint

1 Spray a silicon ring cake pan with cooking spray.
2 Combine the water and milk in a saucepan, add the tea bags or loose spices and orange peel and heat till just under boiling point. Squeeze out the liquid from the tea bags, remove the bags or spices and peel. Also, reserve 60 ml (¼ c) of the tea mixture.
5 Add the rice and salt and bring to the boil, lower the heat, cover, and simmer for about 15 minutes.
6 Add the condensed milk and raisins or luxury Christmas mix and continue simmering for another 5—7 minutes till the rice is just tender. Stir in the glacé cherries and almond flakes and vanilla essence.
7 Mix the soaked gelatin with the reserved tea mixture and stir till the gelatin is smooth.
8 Add a few spoonsful of the cooked rice mixture to the gelatin, mix well, then add the mixture to the rest of the rice mixture in the saucepan. Mix well.
9 Spoon into the cake ring and leave to set. Preferably overnight.
10 Unmold onto a platter and decorate with fresh cherries and mint.

Smul aan dadelhawermoutstafies

In my grootwordhuis is koekiesbak gehou vir wanneer ons April-maande see toe vertrek het. Kersvakansies is die koekieblikke ook darem volgemaak met veral gemmerkoekies. Maar hawermoutcrunchies is deurentyd gebak, veral as ons moes begin studeer vir eksamens is daar ook ‘n blik daarvan saamgestuur koshuis toe.

Dan het ons skaamteloos gesmul, want daar kom mos gesonde goed in. Tot ek uitgevind het dis maar goed gelaai met suiker en smeer. Dis toe dat ek hierdie gesonder weergawe bedink, want vir hierdie gunsteling koekies kon ek nie sommer so vir eens en altyd koebaai sê nie – vir soetigheid kry dit dadels in en die smeer is heelwat minder gemaak. Nou is dit propvol vesel en goedheid, maar beslis nog net so lekker.

Ideaal vir daardie tussen-in happie saam met tee of om laataand aan te peusel wanneer die lus vir ietsie soets groot raak. En nou gaan dit beslis nie sleg doen om eksamendruk mee te verlaag nie.

Maak 18 stafies
Voorbereiding: 15 min
Baktyd: 30—45 min

250 g dadels, gekap of vervang 50 g daarvan met bosbessies
125 ml (½ k) warm Carmién Tea Focus rooibostee, gemaak met 2 sakkies
5 ml (1 t) koeksoda
375 ml (1½ k) hawermout
250 ml (1 k) klapper
125 ml (½ k) koekmeel of glutenvrye meelmengsel
5 ml (1 t) kaneel of gemengde speserye
Knippie sout
30 ml (2 e) canola-olie
30 ml (2 e) heuning of bruinsuiker
60 ml (¼ k) botter

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n 20 cm-vierkantige koekpan goed.
1 Meng die dadels en tee en sprinkel die koeksoda oor.
2 Voeg die droë bestanddele by, meng die nat bestanddele saam en voeg by.
Meng goed saam.
3 Druk in die voorbereide pan en bak 30-45 min tot goudbruin bo-op en stewig.
4 Merk in stafies, koel heeltemal af en sny dan in stafies.
4 Verpak in ‘n lugdigte houer.

Wenk: Voeg sowat 2,5 ml (1/2 t) phyllium husk by die droëbestanddele om die mengsel beter te bind as dit te bros is na jou smaak.
As jy lus voel, vervang 125 ml (1/2k) van die hawermout met gemengde sade.

Vis & Tjips

Ek het nooit gehou van diepgebraaide kosse nie. Maar jy kon my nog altyd omkoop met gebakte vis. Ek dink daardie verknogtheid het kleintyd al ontstaan. Op ‘n inkopietog Kaap toe, is daar altyd met die terugkomslag by ‘n viswinkeltjie in Malmesbury se hoofstraat gestop vir vis & tjips. Die reuse visporsies is mooi in groot velle witpapier toegedraai en daarmee is ons vort – dit was dan aandete. Ons kinders was in die hemel. Toe mens vir ‘n eerste slag weer effe kon beweeg na die inperking, verhuis ons permanent Langebaan toe. Dis ‘n dolle gejaag om alles betyds afgepak te kry en kos is die minste waaraan ons dink.

My liewe vriendin, Isabella Niehaus laat weet sy kom maak ‘n draai en sy bring sommer vis & tjips saam. En so is ‘n nuwe tydperk in ons lewens ingewy – met ‘n pakkie vis & tjips wat ons op ons stoep eet terwyl ons uitkyk oor die meer. As ekself vis in ‘n degie gaarmaak, gebruik ek ‘n lekker ligte beslag waarby jy geklitste eierwit inroer en dan sit ek ‘n soetsuursousie daarby voor. En noudat my Airfryer steeds lekker knus op my werksbank staan, maak ek die tjippies sommer daarin gaar – heerlik bros maar glad nie olierig nie.

SOETSUURVIS

Genoeg vir 6 mense
Voorbereiding: 20 min
Gaarmaak: 30 min
Staantyd: 1 uur

TEMPURA-BESLAG
250 ml (1 k) bruismeel
Knippie sout
160 ml (2/3 k) koue vonkelwater
10 ml (2 t) olie
2 eierwitte

SOUS
Olie
125 g wortels, skoongeskraap en in julienne-repies gesny
Halwe rooi en groen soetrissie elk, in julienne-repies gesny
3 knoffelhuisies, in dun repies gesny
3 cm stuk gemmerwortel, in julienne-repies gesny
2 brandrissies, gekap
30 ml (2 e) sesamolie
60 ml (1/4 k) rysasyn
60 ml (1/4 k) sojasous
5 ml (1 t) vissous
60 ml (1/4 k) bruinsuiker
15—30 ml (1—2 e) suurlemoensap
Handvol gekapte koljanderblare

VIS
600 g stokvis, in blokkies gesny
Sout en peper
Olie vir diepvetbraai

VOORSIT
Jasmynrys met sesamsaad
mango-en-komkommersalsa

1 TEMPURA Meng die bruismeel en sout saam, voeg die water en olie by en klits goed tot glad. Laat staan ‘n uur.
2 Klits die eierwitte net voor jy dit benodig sty fen vou by die beslag in.
3 SOUS Verhit bietjie olie en roerbraai die wortels, soetrissie, knoffel, gemmerwortel en brandrissie effe tot net sag maar nog baie bros.
4 Voeg die res van die sousbestanddele buiten die suurlemoensap en koljanderblare by en bring tot kookpunt. Prut sowat 5—10 minute tot stroperig en geurig. Voeg die suurlemoensap en koljander by.
5 VIS Geur die vis met sout en peper en doop die visblokkies daarin.
Verhit genoeg olie in diep kastrol en braai die visblokkies in sarsies tot goudbruin en gaar. Dreineer op handdoekpapier.
6 Skep lae vis en sous in ‘n vlak opskepskottel en sprinkel nog koljanderblare oor.
7 Sit voor met jasmynrys waarby sesamsaad ingeroer is en gekapte mango en komkommerblokkies.

GEWONE BAKVIS: Vervang die vonkelwater met bier en doop groot stukke vis in die beslag. Diepvetbraai en sit voor met tjips en suurlemoenskyfies.
GESONDER WEERGAWE: Rol die vis in mielieblom, dan in geklitste eierwit en dan weer in mielieblom en braai in vlakolie tot gaar.
Wenk: Jy kan ook groentestukkies in die tempura-beslag doop en braai.

Hoender op drie maniere

Eers was dit die Lekkerste hoenderresep wat in 1992 in Huisgenoot se toetskombuis geland het wat minstens een keer per week op ons tafel tuis verskyn het, toe was my huismense weer versot op mosterdhoender, maar nes ons deesdae gek is na enige Oosterse smake, geniet ons hoender met Marrokaanse speseryegeure net so baie.

Ek hou ook partykeer daarvan om van die plaas se heerlike gedroogde geskilde taaipitperskes hierby in te roer. Dan stowe ek die hoender ook lekker sag in Carmién se rooibostee met lieflike masala chai-geure.

Ek gee ook sommer vir julle die maklike mosterdhoenderresep asook die gewilde mayonnaise-hoender. Deesdae halveer ek die mayonnaise en vervang dit met jogurt.

Genoeg vir 6 mense
Voorbereiding: 10 min
Marineertyd: 30 min
Gaarmaaktyd: 11/2 uur

  • 1 kg hoenderporsies, dytjies en boudjies
  • Sout en peper
  • Olie
  • 1 groot ui, gekap
  • 5 ml (1 t) vars gemmer, gerasper
  • 4—6 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 20 ml (4 t) fyn komyn
  • 15 m (1 e) fyn koljander
  • 15 ml (1 e) fyn paprika
  • 2 kaneelstokke of 10 ml (2 t) fyn kaneel
  • 15 ml (1 e) tamatiepasta
  • 250 ml (1 k) Carmién-rooibostee, Focus, gemaak met 2 sakkies
  • 250 ml (1 k) lemoensap
  • Sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • Groot handvol droë taaipitperskes, gesnipper (opsioneel)
  • 4 lourierblare
  • 15 ml (1 e) bruinsuiker of heuning
  • 30 ml (2 e) elk gekapte koljanderblare, ment en pietersielie

Voorverhit die oond tot 180°C
1 Geur die hoender met sout en peper en braai in olie tot bruin. Skep uit en pak in ‘n kasserolbak.
2 Braai die ui en knoffel in die olie in die pan tot sag, voeg die gemmer en speserye by en roerbraai so 1 minuut tot geurig. Voeg die tamatiepasta, tee en lemoensap by en prut 2–3 minute tot geurig. Giet oor die hoender.
3 Giet die suurlemoensap en –skil oor, voeg die droëvrugte, lourierblare en suiker of heuning by en meng deur. Sprinkel die kruie oor.
4 Bedek en bak sowat 11/2 uur of tot die hoender sag en gaar is, verwyder die bedekking en oondbraai tot bruin.
5 Sit voor met rys waarby bietjie gekapte kruie soos kruisement en koljander ingemeng is.

MOSTERDHOENDER: Geur hoenderporsies met sout en peper en rol in meel. Meng 45 ml (3 e) elk Engelse mosterd en heelkorrelmosterd met 30 ml (2 e) botter en gerasperde skil van 1 lemoen. Vryf die hoender daarmee in en pak in ‘n bak. Giet 375 ml (11/2 k) lemoensap oor en bak onbedek vir sowat ‘n uur by 180°C.

TAMATIE-MAYONNAISEHOENDER: Geur die hoenderporsies met sout en peper en vryf dit ook met bietjie droë mosterdpoeier en paprika in. Meng 180 ml (¾ k) natuurlike jogurt met 250 ml (1 k) mayonnaise, 80 ml (1/3 k) tamatiesous, 45 ml (3 e) bruinsuiker, 10 ml (2 t) Worcestersous en paar druppels Tabasco-sous. Giet oor die hoender en bak onbedek by 180°C vir sowat 1 uur of tot gaar.