Spoggerige Pavlova vir Ma

Op Moedersdag wil mens die een mens wat lewenslank vir jou gaan omgee, jou ma, met iets spesiaals bederf. Weet nie hoekom nie, maar ek dink dan outomaties aan ietsie soets wat ook mooi is. Vanjaar is dit asof pavlova vir my daardie boksie gaan tiek, want mens kan dit darem altevol mooimaak met van vrugte en sommer vars blomme ook. Die bros meringue saam met die romerige vulsel wat so in jou mond wegsmelt is vir my hemels. Dis ook ‘n gereg wat ek aan moedersknie leer maak het. Daarom het ook nog nooit geskrik vir meringue klits of pavlova maak nie. Menige keer moets om dit maak onder Ma se wakende oog. Die grootste geheim is om die suiker net bietjie-bietjie by te voeg sodat dit fluweelglad in die meringue ingeklits is, anders gaan die meringue nat trek en trane huil soos my ma altyd gesê het.

Mooiste Moedersdag vir alle Ma’s!

Maak 1 groot pavlova
Voorbereiding: 30 min
Baktyd:1 uur

BASIESE MERINGUE
6 ekstragroot eierwitte
Knippie sout
300 g strooisuiker
15 ml (1 e) asyn
5 ml (1 t) mielieblom
EKSTRA
100 g pistasieneute of amandels , gekap
VULSEL
125 ml (½ k) natuurlike jogurt
125 ml (½ k) room, styf geklits
60 ml (¼ k) suurlemoensmeer
Verskeidenheid vars vrugte soos bessies, aarbeie, vye, turksvye, druiwe, geskil soos nodig en in stukke gesny
Grenadillapulp vir bo-oor
Versiersuiker vir bo-oor skuif

Voorverhit die oond tot 120°C. Voer ‘n bakplaat uit met bakpapier, spuit met kossproei en stuif met mielieblom.
1 Klits die eierwitte tot skuimerig saam met die sout.
2 Voeg die strooisuiker lepelsgewys by en klits elke keer goed tot dik en blink.
3 Vou die asyn in. Stuif die mielieblom oor en vou deur.
4 Skep ‘n rowwe sirkel op die bakplaat en skep bolle meringue op die kante om ‘n rowwe rant te vorm. Sprinkel die neute oor.
6 Bak 1—11/2 uur lank tot bros en gaar. Skakel die oond af en koel af.
7 VULSEL Meng die jogurt en room en marmer die suurlemoensmeer deur. Skep in die meringuemandjie.
8 Stapel die vrugte bo-op en skep die grenadillapulp oor. Stuif met versiersuiker.

Wenk: Die meringuemandjie kan in ‘n lugdigte houer gestoor word vir ‘n paar dae. Skep die vulsel in net voor opdiening, anders raak die meringue pap.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: