O vet, watse vet is gesond?

Vir ‘n gesonde leefstyl (selfs ook gewigsverlies) moet jy gesonde vette eet. Jy benodig vet om vet te verbrand. As jy goeie vette in jou dieet insluit help dit om die versoeking vir soetgoed te weerstaan, jy het meer energie en voel ook langer versadig. Dit het ook talle gesondheid-voordele vir jou hart en verminder inflammasie.

Daar is 3 soorte vette:

Versadigde vette is die sogenaamde wit vet wat veral in rooivleis of onder die vel van hoender voorkom. Kaas en volroommelk bevat ook versadigde vet. Groot hoeveelhede hiervan moet liefs vermy word aandgesien dit nadelig vir hartgesondheid is.

Hoewel klapperolie ook ‘n versadigde vet is, is dit die uitsondering, want dit het ‘n unieke molekulêre struktuur wat help om liggaamsvet te verbrand en cholesterol te verlaag.

Onversadigde vette bestaan uit mono-onversadigde en poli-onversadigde vette en hulle is grotendeels ons goeie vette. Dit het gesondheids-voordele om versadigde vette en transvetsure met onversadigde vette te vervang.

Bronne van goeie vette sluit in: olyfolie,canola en grondboontjie-olie, neute, sade en neutbotters, avokado, avokado-olie, olywe en omega 3-ryke kos soos pampoensade, vlassaad, olierige vis.

Transvette is die vette wat jy veral moet vermy. Hulle word meestal kunsmatig vervaardig. Dit word veral in geprosesseerde kos gebruik omdat dit goedkoop is om te vervaardig. Dit kom voor in harde margarien, fabriekvervaardigde koekies, koeke, pasteie, diepgebraaide wegneemetes en koffieverromers. Dit word meestal gelys as gehidrogeneerde vet.

Onthou egter, vette bevat die meeste kilojoules per gewig van alle kossoorte. Let dus op jou porsie groottes.

Wat is omega 3 en omega 6 vetsure?

Beide omega 3 en omega 6 vetsure is poli-onversadigde vetsure wat nie deur die liggaam vervaardig word nie, daarom word hulle essensiële vette genoem en kan dit slegs deur die dieet ingeneem word.

Omega-6 vetsure verskaf meerendeels energie en is te kry in meeste plantolies, neute en sade. Inname daarvan is meestal voldoende aangesien dit volop in die dieet voorkom.

Mense moet egter meer omega 3-vetsure as omega 6-vetsure inkry sodat die balans tussen die twee korrek is. Meestal is die inname hiervan nie genoegsaam nie en kan dit dan ‘n wanbalans en veral inflammasie tot gevolg hê.

Omega 3 speel ‘n baie belangrike rol in optimale gesondheid en het verskeie gesondheidsvoordele onder andere:

  • Omega 3 kan simptome van depressie en angstigheid verbeter asook die risiko vir Alzheimer’s-siekte en agteruitgang van breingesondheid beveg.
  • Dit speel ‘n uiters belangrike rol in breinontwikkeling van veral die fetus en in kinders en kan simptome van AHDH verminder.
  • Dit verbeter die risiko-faktore vir hartsiektes. Dit verlaag bloeddruk, verhoog goeie cholesterol en verlaag trigliseriede(slegte vette), verminder die risiko vir bloedklonte en inflammasie.
  • Verlaag die risiko vir metaboliese sindroom wat die hoofoorsaak van hartsiektes en diabetes is.
  • Kan inflammasie beveg. Inflammasie is ‘n natuurlike respons teen infeksies en skade in die liggaam, maar as dit vir ‘n lang tydperk voortgaan veroorsaak dit kroniese inflammasie wat bydra tot elke Westerse siekte soos kanker en diabetes.
  • Dit wil voorkom of dit kan help met gewigsbestuur, maar meer studies is nodig om dit te ondersteun.
  • Omega 3-vetsure kom veral voor in vetterige vis soos makriel, salm, forel, haring, oesters, sardyne, ansjovis, vlassaad, chiasade, sojabone en okkerneute. Ons benodig 2-3 porsies van 90g olierige vis per week om genoegsame omega 3 in te neem.

Indien voldoende omega 3 nie deur die dieet ingeneem word nie kan ‘n supplement geneem word.

One thought on “O vet, watse vet is gesond?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: