Looppoeding met mentroomys

Bakpoedings was nog nooit eintlik my ding nie, maar hierdie sjokolade een met sy loperige sousie is vir my hemels. Doen die moeite en maak die mentroomys daarby. Heerlik! Ek maak afsonderlike poedinkies, maar jy kan ook een groot bak maak.

Maak 4—6 poedings
Voorbereiding: 10 min
Baktyd: 12 min

POEDING
250 ml (1 k) versiersuiker
160 ml (⅔ k) fyngemaalde amandels
110 ml koekmeel
150 g donker sjokolade
50 g botter
6 ekstra-groot eierwitte
SOUS
125 ml (½ k) bruinsuiker
45 ml (3 e) kakao
125 ml (½ k) Carmién Red Mocha rooibostee (gemaak met 3 sakkies)
VOORSIT
Ment-roomys (sien resep hieronder)

Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit 4—6 oondvaste bakkies (ramekins) goed met kossproei.
1 POEDING Meng die versiersuiker, amandels en koekmeel saam.
2 Smelt die sjokolade en botter in ‘n glasbak ook kookwater.
3 Klits die eierwitte styf, roer ‘n derde van die versiersuikermengsel hierby in.
4 Vou die gesmelte sjokolade en res van die versiersuikermengsel alternatiewelik in.
5 Skep in die voorbereide bakkies en bak sowat 12 minute tot die buitekant net gaar en stewig is.
6 SOUS Meng die bruinsuiker, kakao, kitskoffiekorrels en kookwater saam en giet oor die poedings. Laat intrek en sit voor met roomys.

MENTROOMYS

Maak sowat 750 ml (3 k)

10 g mentblare (stingels verwyder, maar behou)
250 ml (1 k) water
100 g strooisuiker
250 ml (1 k) room, verkoel
500 ml (2 k) roomkaas

1 Plaas die mentstingels saam met 250 ml (1 k) water en die suiker in ‘n kastrol, bring tot kookpunt en kook af tot 100 ml oor is. Koel af en dreineer.
2 Kap die mentblare goed fyn in die voedselverwerker, giet die stroop by en verwerk tot ‘n gladde pasta, voeg bietjie water indien nodig.
3 Klits die room styf, meng met die roomkaas en mentmengsel. Skep in ‘n houer en vries.

One thought on “Looppoeding met mentroomys

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: