Slaai vir die winter

Dis veral die wintervrugte en wortelgroentes wat goed kan instaan vir ‘n vullende slaai wanneer die weer sy koue tande wys. Ek rooster die vrugte sowel as die groente graag in die oond sodat hulle so effe karameliseer en hul puntjies verbruin. Dan is dit so al asof die slaai ook minder koud is. Daarby saam maak ek graag ‘n sitrusslaaisous, hoe dan nou anders, om die geure net nog lekkerder uit te bring en die nodige vitamien C te verskaf. Soms pak ek ‘n lekker groot slaai vir die tafel in ‘n mooi slaaibord uit, maar dis vir my ook altevol lekker om vir elkeen sy eie slaaitjie voor te sit. En wat gaan jou dan nou keer om jou Ouma se koppies daarvoor in te span.

OONDGEROOSTERDE BEET EN WORTELSLAAI

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 20 min
Baktyd: 40 min

  • 1 of 2 Bossies jong beet, skoongeskrop
  • 1 Bossie jong wortels, skoongeskraap
  • Olie
  • Sout
  • Lemoenslaaisous (sien resep)
  • Handvol baba-spinasieblare
  • 1 Rooi ui, gekap
  • 1 Peperroomkaasrol, in stukke gesny
  • 1 Blik (400 g) kekerertjies, gedreineer

Voorverhit die oond tot 190°C. Smeer 2 bakplate.
1 Pak die beet en wortels apart in bakplate, vryf met olie, sprinkel sout oor en oondbraai sowat 40 minute tot sag en gaar. Laat effe afkoel en trek die beet se skilletjies af. Sny kleiner.
2 Giet die slaaisous oor en koel af.
3 Pak die spinasieblare in ‘n slaaibord of vir elkeen sy eie slaaitjie, rangskik die beet en wortel saam met kaas en kekerertjies bo-op, giet orige slaaisous oor.

WINTERVRUGTESLAAI

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 20 min
Baktyd: 30 min

  • 2-4 Koejawels en pruime, gehalveer en ontpit
  • 1 Appel of peer, in ringe gesny
  • Heuning en olie
  • Verskeidenheid jong slaaiblare
  • Appelliefies, bloubessies
  • Radyse, in dun skyfies gesny (opsioneel)
  • 250 g Hangkaas (sien wenk) of briekaas, in stukke gesny
  • Lemoen-slaaisous (sien resep)
  • Vars gekapte neute

Voorrverhit die oond tot 190°C.
1 Pak koejawel, pruime, apppels en pere in ‘n gesmeerde oondbak, vryf die vrugte in met olie en druppel heuning oor. Bak sowat 30 minute of tot die puntjies effe verbruin.
2 Rangskik die slaaiblare in ‘n dienbord of vir elkeen sy eie slaaitjie in ‘n bordjie of koppie, pak die gebakte vrugte saam met die appeliefies, bloubessies en radyse bo-op.
3 Skep stukke kaas bo-op, giet die slaaisous oor en sprinkel die neute oor.

Hoe om hangkaas te maak:

Voer ‘n sif met ‘n moeseliendoek uit. Geur 250 ml (1 k) Griekse jogurt met sout en peper en plaas in die sif. Plaas oor ‘n mengbak en verkoel 2—3 uur. Bind punte van doek aanmekaar vas met ‘n tou, steek ‘n houlepel oor en laat hang 12 uur oor die bak. Druk die kaasbol met jou hande om ergste water uit te pers. Verwyder die doe ken hou in yskas.

LEMOEN-MOSTERDSLAAISOUS

Maak sowat 160 ml

  • 125 ml (1/2 k) Lemoensap
  • Sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 30 ml (2 e) Olyfolie
  • 2 Knoffelhuisies, fyngedruk
  • 15 ml (1 e) Korrelmosterd
  • 5 ml (1 t) Dijonmosterd
  • 15 ml (1 e) Heuning
  • 45 ml (3 e) Vars gekapte pietersielie, koljanderblare en ment
  • Sout en peper na smaak

1 Meng al die bestanddele saam en giet oor slaaie soos beskryf.

One thought on “Slaai vir die winter

  1. Hi Carmen, ek wil vandag net ‘n klip in die bos gooi. Ek het nou in my soeke na disse wat n mens kan vries en wenke en voorbereiding, gevind dat daar BAIE min oor hierdie onderwerp is. Ek vind dat die werkende jongergeslag graag kos wil maak en die res vries vir later gebruik, maar nie oor die hoe en wat beskik nie. Miskien kan ‘n kosspesialis soos jy meer lig werp op hierdie onderwerp.(bv. kan ‘n mens ‘n herderspastei,lasagnes, chickenalaking, ens vries. Sal jy bv. ‘n gereg, soos ‘n patatgereg tot op ‘n sekere stadium maak en vries en eers bak wanneer nodig?) Dankie vir jou heerlike resepte.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: