Klappermeel in ‘n klapperdop

Ek glo aan gebalanseerd eet, en sny nie sommer enige kosse kosse uit nie, maar soos sekere tendense gewild raak, hou ek daarvan om dit uit te toets en behou dit wat vir my sin maak. Ek het dus baie rondgespeel in gebak met alternatiewe meelsoorte. Omdat die neutmele so duur is, het ek bitter gou besef dis nie ‘n volhoubare opsie as jy so vinnig so my huishouding bv deur ‘n baksel beskuit draf nie. So ek het intensief begin soek na ander alternatiewe. Totdat ek klappermeel ontdek het, nie net gaan dit nie heeltemal jou begroting buite beheer laat gaan nie, maar werk dit eintlik baie lekker as jy net eers die verhoudings onder beheer het. Ek hou veral van die feit dat dit so veselryk is. As ek ‘n saadmeel wil bysit, maal ek bloot sonneblomsade fyn. Dan het jy nog bietjie speling om gekapte neute by te voeg, as jy sou wou. Soos wat ek reeds genoem het, het ek nou net ‘n boek voltooi oor gesonder maar lekker eet. Die beskuit-resep waarvoor ek julle hier nou lusmaak, sal in daardie boek wees. So hou die spasie dop vir wanneer dit gaan verskyn.

Klappermeel is ‘n goeie alternatief vir koringmeel. Alhoewel dit hoër koolhidraatvlakke, maar ‘n laer kilojoule-waarde, het as neutmele soos amandelmeel is dit ‘n gewilde en meer bekostigbare keuse vir mense wat ‘n laer koolhidraat-eetplan volg. Daarby is dit graan- en glutenvry, so diegene wat ‘n sensitiwiteit vir gluten het, kan dit ook inneem.

Klappermeel word gemaak van die klappervleis wat agtergebly het nadat die klappermelk of vloeistof gedreineer is vanuit die heel vars klapperneut. Dit word dan gedroog en gemaal tot meel.

Klappermeel bevat veral baie vesel asook yster, kalium en plantproteïene. Die veselinhoud is meerendeels onoplosbaar wat help met spysvertering asook klein hoeveelhede fermenteerbare vesel wat die “goeie” bakterieë in jou spysverteringskanaal voed.

Dis veral die hoë veselinhoud wat gesondheidsvoordele inhou – dit help met die regulering van bloedsuikervlakkte en kan sodoende meehelp om diabetes en gewig te help beheer; die vesel saam met die proteien help ook om jou langer versadig te laat voel en verhoed dus oormatige kosinname. Die byvoeging van klappermeel by gebakte produkte help bv ook om die glukemiese indeks van die gebak waarin dit gebruik is, te verlaag.

Verder dra klappermeel by tot beter hartgesondheid deurdat dit cholesterol- en trigliseriedvlakke help verlaag.

Hoe vergelyk klappermeel met ander glutenvrye mele:

60 ml klappermeel (28 g)60 ml amandelmeel (30 g)60 ml bruinrysmeel (39,5 g)
Kilojoules504 kJ840 kJ602,7 kJ
Vet3 g16 g1 g
Proteien6 g6 g3 g
Koolhidrate18 g6 g30 g
Vesel10 g2 g2 g

Hoe gebruik mens klappermeel:

Klappermeel kan in ‘n verskeidenheid geregte gebruik word – van gebak soos koeke, pizzakorse, tortillas en selfs ook om geregte te verdik soos burgerpatties, soppe of bredies.

Klappermeel kan egter nogals ‘n uitdaging wees om mee te werk aangesien dit baie meer vloeistof absorbeer as ander mele en dus tot droë gebak kan lei. (Ek moes omtrent rondspeel voordat ek die perfekte kombinasie vir beskuit kon kry)

Vir beste resultate vervang 250 ml (1 k) gewone koringmeel met 60 ml (28 g) klappermeel.

Jy sal ook miskien die vloeistof-inhoud van die gebak moet opstoot – gebruik 60 ml (1/4 k) ekstra vloeistof vir elke 60 ml (1/4 k) klappermeel
Klappermeel is ook meer vas as ander mele. Meng dit dus met ander mele of voeg 1 eier by vir elke 60 ml (1/4 k) klappermeel om sodoende ‘n sagter krummel te verkry.

Bron: healthline.com

One thought on “Klappermeel in ‘n klapperdop

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: