Ek was bevoorreg om laas week die gesprek te lei by een van die boekbekendstellings van Isabella Niehaus en Louis Jansen van Vuuren se boek, Daar’s ‘n vegan op my VERANDAH (gespel met ‘n H ja!).
Tag Archives: vegan
Superplantkosse
Ekself beskou myself as ‘n flexitariër wat vir lank sal smul aan heerlike plantkosse, maar ook van tyd tot tyd ‘n vleisie sal geniet soos die geleentheid hom voordoen. Daarom het dit ook een van my missies geword om plantkosse so geurig as moontlik voor te sit.