Supersaadbeskuit uit die Airfryer

Noudat ek al lekker agter die kap van die byl gekom het hoe om in die Airfryer te bak, is dit bykans al “oond” wat ek deesdae gebruik. Maklik, bietjie vinniger en as jy alternatiewe krag van een of ander aard het, behoort jy hom ook te kan hardloop daarop, maak maar net vooraf seker. Weliswaar kan mens nou nie groot hoeveelhede beskuit op ‘n slag bak nie, maar dit wil al vir my voorkom asof almal net bietjie meer waardering het vir elke stukkie en enetjie op ‘n slag is genoeg, so dit hou nogals ook langer.

Ek het onlangs bietjie weer opgelees oor die goedheid van rooibos en aarde daardie lys gaan net aan en aan. Hier in wintertyd is dit veral vir my belangrik om gehidreer te bly, maar as dit so koud en triestig is, raak dit maar moeilik om dan genoegsaam water te drink. Dis waar die lekkerte van rooibos inkom, want jy kan dit koud of warm geniet. So ja, na soggens se opstaankoppie is dit oor na rooibostee toe vir die dag. Ek pak vir my ‘n mooi skinkbordjie met ‘n teepot, koppie asook bietjie melk en versoeter as ek die dag daarna voel (ek wissel my verskeidenheid teepotte elke dag bietjie af) en staan eintlik verstom hoe maklik mens op so ‘n manier sommer heelwat vloeistof inneem. As ek oefen, sit ek altyd ‘n sakkie of twee van Carmién se Energise in my waterbottel wat perfek is om my energievlakke ‘n hupstoot te gee. Vir sommerso deur die dag aan teug, geniet ek die nuwe Passion Peach net so, en as ek lus is vir tee met melk, kies ek Carmién se groen Earl Grey. Dit en die Red Mocha is die ideale tee om te maak wanneer jy ‘n beskuitjie wil doop. Onthou, as jy baie vesel inneem, soos bv by hierdie beskuit, is dit belangrik om heelwat vloeistof te drink, anders kan jy sukkel met hardlywigheid. Saans net voor slaaptyd, maak ek my potjie vir oulaas vol met Carmién se Orange Chamomile en vat dit somtyds sommer saam met my kamer toe – net reg om my in die regte bui vir slaaptyd te kry.

Hierdie heerlike saadbeskuid, van die bestes wat ek nog geproe het as dit kom by glutenvry en lae-koolhidraatbeskuit, tiek sommer baie boksies as dit kom by heilsaamheid – hulle is glutenvry en bevat min koolhidrate as jy nie te veel daarvan eet nie, is grotendeels van hawermout en saad gemaak wat opsigself gelaai is met vesel en goeie vette, alles wat goed is vir vertering en goeie spysverteringsgesondheid (gut). Die sade en eiers sorg ook dat dit heelwat proteien bevat wat dit ideaal maak om jou metabolisme ‘n goeie wegspring vroegoggend te gee. Ek hou nie van beskuit wat te soet is nie en het slegs ‘n bietjie versoeter, erythritol, bygevoeg. Dis heelwat goedkoper as xylitol en is ook die enigste alternatiewe versoeter wat ‘n bros beskuitjjie gee. ‘n Verdere pluspunt is dat die beskuit ook ‘n goeie skoot rooibostee inkry en daarmee saam baie antioksidante. Ek het spesifiek 2 tees uit Carmién se wellness reeks gekies wat ook hul uiters gewilde teatox kombo uitmaak: Energise and Cleanse. Hierdie kombinasie help om energievlakke te verhoog en ook om ontslae te raak van toksiene.

Kry 10% af op alle Carmién Tea aankope op www.carmientea.co.za met die kode carmenniehaus.

Makes 20 pieces
Preparation time: 15 min
Baking time: about 45 minutes in the Airfryer

625 ml (2½ c) oats, preferably gluten-free (also see hint)
250 ml (1 c) mixed seeds, including sunflower, pumpkin, sesame and linseed
80 ml (⅓ c) cranberries (optional)
80-125 ml (⅓-½ c) erythritol
60 ml (¼ c) psyllium husk
12,5 ml (2½ t) baking powder
5 ml (1 t) salt
4 eggs
80 ml (⅓ c) coconut oil, melted
250 ml (1 c) Carmién rooibos tea, made with 2 bags each Energise and Cleanse
15 ml (1 T) apple vinegar

Preheat the oven to 180°C. Spray a 20 cm square tin with Spray ‘n Cook, line the bottom with baking paper, then spray again.
1 Mix the oats, mixed seeds, cranberries, erythritol and psyllium husk together. Mix well.
2 Whisk the eggs, and add the melted coconut oil, tea and apple vinegar. Beat well.
3 Add the tea mixture to the dry ingredients and mix well. Stand for 10 minutes.
4 Spoon into the square tin. Bake for about 40-50 minutes or until a testing skewer comes out dry.
5 Let cool a bit in the tin, turn out and cool completely on a wire rack. Cut into rusks and place on a baking tin.
6 Dry in a cool oven at about 100°C until dry and crispy.
7 Keep in an airtight container.

In Airfryer: Select bake and set the temperature to 180°C. Bake for about 30-35 minutes, cover the top with tinfoil after about 15 minutes to prevent the top from becoming too dark.
To dry: Select bake and set the temperature to 82°C (lowest setting). Arrange rusks in a single layer on the oven rack and dry out for about 3 hours till dry and crisp.

Hint: replace half of the oats with fruit & nut muesli (reduced sugar) by Simple Truth. It’s gluten-free and contains toasted oats, sorghum, and seeds with flaked almonds, cranberries and raisins.

Bolognaise (ragù) vir baie

Ek is nou maar eenmaal net nie baie goed gerat om voordat die week met ‘n hengse galop wegspring alreeds al my maaltye klaar “geprep” te hê nie. Wat ek wel taamlik gereeld doen, is om ‘n ordentlike pot bolognaisesous te prut wat dan vir ‘n hele paar maaltye kan instaan, hetsy spaghetti bolognaise, lasagne of ‘n lekker moesaka. En glo dit of nie, maar Vrydaemiddae is baie keer wanneer ek my lekker groot Le Creuset-pot nadersleep en die heerlike vleissous stadig en geurig aan die kook kry. Buiten vir ‘n lekker lang stowetyd, is ‘n goeie skoot rooi wyn ononderhandelbaar en die groot geheim vir ‘n bolognaisesous met diepte. As ek my dus ‘n vroeë Vrydagmiddag af veroorloof, skink ek dadelik vir my ‘n goeie rooiwyntjie in en verruil my studio vir my kombuis. My keuse val meestal op ‘n rooie vanuit die Piekenierskloofwyne, meestal Grenache, maar nou die dag het ek ‘n slaggie weer ‘n Pinotage oopgemaak (terloops my Pa se gunsteling) en my net weereens verlekker aan die donker, intense geure, ryk teksture en goeie “body” daarvan.

Oor die jare het ek nou al geleer om die basiese vleissous goed te vermeerder met ‘n lekker klomp groente, van spinasie en wortel tot seldery en sampioene en terselfdertyd ook ‘n lotjie goedheid in te werk. (dan pla my gewete my nie eers as my huismense gemaklikerwys die slaaibak verbygaan nie). Vir die pot kies ek gewoonlik ‘n meer bekostigbare rooi wyn, maar glad nie een van swak gehalte nie (en ja,ek moet bieg, so terwyl ek die pot roer, beland daar ‘n skoot of wat van die pinotage wel in die pot net om die nodige keurige afronding daaraan te verskaf).

Nog iets waarmee ek deesdae ook begin eksperimenteer het, is om die witsous met lensiemeel oftewel chana te maak, dan is dit glutenvry en gebruik ek dit graag om die moesaka, wat ek terloops net met eievrug en nie ook aartappels nie, maak. Die chanameel verskaf so ‘n heerlike neuterige smaak wat goed gaan saam met die eiervrug.

Jy kan ook die lugbraaier inspan om hierdie geregte te maak – braai die eiervrugskywe daarin, gebruik ‘n 20 cm vierkantige of selfs losboom-koekpan en stel jou moesaka en lasagne daarin saam. Dan bak dit maklik in die lugbraaier. Onthou net om dop te hou dat dit nie te donker bo-op bak nie – sit dan net ‘n vel tinfoelie bo-op en bak verder.

Al kook ek meeste van die tyd nie volgens die letter van die woord tradisionele resepte nie, interreseer dit my nogals waar dinge vandaan kom. Ek het nog altyd gewonder waar bevind ‘n bolognaisesous hom nou eintlik – is dit ‘n ragù of ragout – albei word dieselfde uitgespreek, is ‘n heerlike souserige affêre, maar tog nie dieselfde ding nie. Ragù is ‘n klas Italiaanse pastasous gewoonlik gemaak met maalvleis, groente en somtyds tamaties, bv bolognaise. Ragout, aan die ander kant, verwys na ‘n stadiggekookte Franse styl stowegereg wat met vleis, vis of groente gemaak kan word, selfs net groente. Jy kan dit op sy eie eet of andersins saam met ‘n stysel soos polenta, koeskoes of pasta. So ja daar het jy dit. Ons maak ragù vandag.

BOLOGNAISESOUS

Lewer sowat 2,5 kg sous

Sowat 125 ml (½k) olie
4 uie, gekap
4 knoffelhuisies, fyngedruk
2 groen soetrissies, ontpit en in klein stukkies gesny (opsioneel)
1 bossie seldery, fyn gekap
200 g sampioene, in stukkies gesny
4 wortels, grof gerasper
1,5 kg maer beesmaalvleis
3 blikke (400 g elk) tamaties in tamatiesap of andersins 1,2 kg vars Roma-tamaties, geskil indien verkies
200 g spinasie, goed afgespoel en fyn opgekap, stingels en al
4 pakkies (60 g elk) tamatiepasta
4—6 songedroogde tamaties in vinaigrette, opgekap (opsioneel)
30—45 m l(2—3 e) vars basielieblare
5 ml (1 t) roosmarynblaartjies, fyn opgekap
30—45 ml (2—3 e) suiker
Sout en swartpeper na smaak
375 ml (1½ k) rooiwyn

1 Verhit die olie in ‘n pan en braai die uie, knoffel, soetrissies, seldery en sampioene daarin tot sag en geurig. Roer die wortels by.
2 Voeg die maalvleis by. Breek die vleis op met ‘n vurk. Roerbraai tot gaar, maar nie nodig vir bruin nie.
3 Voeg die res van die bestanddele by en bring tot kookpunt.
4 Stel die hitte laer en laat prut sowat 2 uur lank tot lekker geurig. Pas die geur aan met sout en peper asook suiker soos nodig.

Wenk: braai ‘n halwe pak spekvleis saam met die ui tot gaar – dan kan jy die maalvleis verminder.

Die sous kan nou net so saam met spaghetti voorgesit word of jy kan lasagne of moesaka daarmee maak. Vir die spaghetti bolognaise gaan jy miskien sowat helfte van die sous gebruik, maar vir moesaka en lasagna kan jy verder kom met slegs ‘n derde van die sous.

VIR MOESAKA

2—3 eiervrugte, in dun skywe gesny met skil en al en gesout
⅓ van die bolognaise sous
WITSOUS
45 ml (3 e) botter
45 ml (3 e) chanameel
250—300 ml melk
Knippie mosterd of aangemaakte mosterd
Sout en peper na smaak
AFRONDING
125 ml (½k) gerasperde sterk Cheddarkaas

Voorverhit die oond tot 180°C.
1 Spoel die eiervrugskywe af en druk droog. Braai in olie tot sag, maar nie droog nie. In die Airfryer: Plaas die skywe in ‘n enkellaag in die laaitjie van die Airfryer, sprinkel liggies met olie en airfry tot bruin vir sowat 10 minute – tyd gaan afhang van dikte van die skywe
2 Pak lae bolognaisesous en eiervrug in ‘n bak.
3 WITSOUS Smelt die botter in ‘n kastrol en roer die meel by. Roer tot glad oor matige hitte. Verwyder van die hitte en roer die melk stadig by. Plaas terug op die hitte en roer tot die sous kook en verdik.
4 Giet oor die bolognaisesous in die bak en sprinkel die kaas oor. Bak sowat 20 minute of tot die kaas gesmelt en effe borrelrig is.
Sit voor met slaai.

VIR LASAGNE

1 pak rou lasagnevelle
Kookwater
⅓ van die bolognaise-sous
1 x witsous
125 ml (½ k) gerasperde sterk Cheddarkaas

1 Doop elke lasagnevel in kookwater of effe te versag.
Skep ‘n laag bolognaisesous in die bak en pak ‘n laag lasagnevelle bo-op.
Herhaal lae.
Berei die witsous soos beskryf en smeer bo-oor. Sprinkel die kaas oor en bak tot gesmelt en borrelrig.

Wenk: Maak die moesaka of lasagne in ‘n 20 cm-vierkantige bak of selfs in ‘n 20 cm losboom-koekpan en bak by 180°C in die lugbraaier.

Hawermout-saadbrood

Die lekkerste, maklikste meellose saadbrood wat ek nog geproe het. Hawermout kan ook op ‘n matige wyse in ‘n min koolhidraat-eetplan ingesluit kan word.

Maak 1 medium brood
Bereiding: 15 min
Baktyd: 40—50 minute

625 ml (21/2 k) hawermout
250 ml (1 k) gemengde sade, insluitend sonneblom-, pampoen-, sesam- en lynsaad
60 ml (1/4 k) psylliumvesels
12,5 ml (21/2 t) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
4 eiers
45 ml (3 e) klapperolie, gesmelt
250 ml (1 k) water
15 ml ( 1 e) appelasyn
gemengde sade of sesamsade vir bo-op sprinkel
VOORSIT
Avokado

Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit ‘n klein broodpannetjie en voer die bodem uit met bakpapier. Spuit weer.
1 Meng die droë bestanddele goed saam.
2 Klits eiers, voeg klapperolie, water en appelasyn by en klits goed.
3 Voeg by die droë bestanddele en meng goed. Laat staan 10 min tot stewig.
4 Skep in pannetjie, druk effe plat.
Bak sowat 40-50 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom. Sit voor met fyngedrukte avokado.

In lugbraaier: Stel die lugbraaier op bak en verhit tot 180°C. Bak 30 minute lank, bedek die brood na 15 minute met tinfoelie om te keer dat dit te donker bak bo-op.

Souskluitjies – soete trooskos

‘n Groot handeklap vir die Citrusdallers, wat nou met die groot reën hande gevat, plan gemaak en skouer aan die wiel gesit het om hulself en andere te help. Ek het foto’s gesien van manne met trekkers wat die swaargelaaide Spar-lorries op dun agterpaatjies en deur diep modderpoele na hul bestemming help sleep het, ouens wat mense wat vasgekeer is op die skouer getel en in rubberbote na veiligheid gebring het en so kan die lys aangaan. Nou nie so groot in omvang nie, maar die Olifantsrivier het al voorheen ‘n paar keer die ingang na Citrusdal versper – ek onthou selfs ‘n keer hoe my pa, as kommandant van die plaaslike kommando, in ‘n rubberbootjie die rivier oor is om te gaan hulp verleen. Ja, as dit lekker begin reën het op die plaas, was daar ‘n groot opgewondenheid om te sien of die vlei al begin loop het en of die damme al water gevat het, maar daarmee saam ook die onderlangse spanning of ‘n uitloop of damwal gaan hou. En dan as dit nodig begin lyk, is daar sandsakke gepak, baie keer nagdeur, net om te keer dat die walle nie wegkalwe nie – daar het ek die krag van water eerstehans ervaar.

As dit so triestig en reënerig is buite, lus ek nie net sop en brood nie, maar verlang na soet trooskos soos my ma se souskluitjies, nog gemaak volgens my Ouma Carmen se resep. Dit was ‘n veerligte sponskluitjie, eerder ‘n tipe melkpap as kluitjie, wat versigtig met twee poedinglepels in klein hopies in ‘n soet kaneelstropie geskep is. Interressant, was dit ook die poeding wat Eunice van den Berg, tannie Ina de Villiers van Kook & Geniet-faam, vir my opgedis het toe sy ‘n proesel van haar ma se gewildste resepte vir ‘n Huisgenoot-artikel moes maak. Hare was net in ‘n gesmelte bottersousie met die kaneelsuiker dik oorgesprinkel, geskep.

Twee kookboeke wat ek soos ‘n kleinood bewaar is die van Mrs Van Tulleken se “Die praktiese kookboek vir Suid-Afrika” (ons eerste kookboek) en dan ‘n hoog-Hollandse kookboek, Oranje kook, koeken recepten boeken met binne-in ook ‘n verskeidenheid pragtige handgeskrewe notas en resepte. Verweerd en broos. Snaaks, ek kry nie ‘n resep vir souskluitjies in enige van hulle nie, wel een vir fluweelpoeding, wat eintlik net ‘n verwerking van hierdie sponsagtige souskluitjies is. Weer iets wat my Skoonma gereeld vir ons opgedis het.

Juis omdat julle so geesdrifting meegedoen het met die melksnysels, het ek gedink die souskluitjies sal net so gepas wees vir nou. Met die resep wat ek hier vir julle gee, kan jul nou souskluitjies sowel as fluweelpoeding maak. Die resep is wel heelparty minder soet as die oorspronklike een. Ek maak selfs somtyds ook ‘n kors van Post Toasties vir die fluweelpoeding – kompleet soos ons in die koshuis gekry het – kan jy nou meer!

SOUSKLUITJIES

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 minute
Gaarmaak: 20 minute

SOUS
500 ml (2 k) rooibostee, sterk getrek met 3 vanielje-teesakkies van Carmién (kry 10% af op alle Carmién Tea aankope op www.carmientea.co.za met die kode carmenniehaus.)
80 ml (⅓ k) suiker
5 ml (1 t) fyn kaneel
5 ml (1 t) botter
KLUITJIES
45 ml (3 e) koekmeel (ek het al glutenvrye meel ook gebruik en dit werk goed)
30 ml (2 e) mielieblom
15 ml (1 e) vlapoeier
1,25 ml (¼ t) sout
500 ml (2 k) melk
2 eiers, by kamertemperatuur, geskei
5 ml (1 t) vanieljegeursel

1 SOUS Plaas al die bestanddele in ‘n kastrol en laat goed kook. Giet daarna in ‘n opdienskottel.
2 KLUITJIES Meng die koekmeel, mielieblom, vlapoeier en sout met ’n bietjie van die melk om ’n slap pasta te vorm.
3 Kook die res van die melk en roer die pasta stadig daarby in. (begin deur eers bietjie van die warm melk met die pasta te meng voordat jy die hele lotjie dan met die melk meng)
4 Kook die mengsel 2 minute en roer aanhoudend tot dit verdik het. Pas op dat dit nie aanbrand nie.
5 Klits die eiergele en roer dit geleidelik by die kokende mengsel in. Voeg die vanieljegeursel by.
6 Haal van die stoof af. Klits die eierwitte styf en vou in.
7 Skep lepels vol van die mengsel in die sous in die opdienskottel. Sit die sponskluitjies warm voor.

FLUWEELPOEDING

Met die basiese souskluitjie-resep tower mens net so maklik fluweelpoeding op.

(1) Berei die basiese souskluitjies soos beskryf, maar verdubbel die resep. Vou net helfte van die styfgeklitste eierwitte in. Skep die vlapap in ‘n bak en bak 15 minute tot stewig by 180°C. Smeer ‘n lagie (sowat 10—15 ml) verminderde suiker-konfyt bo-oor (andersins kan jy net bietjie suiker by die melkpap inroer).
(2) Maak ‘n meringue met die eierwitte as volg: plaas die eierwitte saam met 125 ml (1/2 k) versoeter of suiker in ‘n glasbak wat oor ‘n kastrol kookwater staan, roer tot die suiker opgelos is. Verwyder van die hitte en klits die eierwitte tot styf met ‘n elektriese klister, sowat 10 minute. Skep bollings op die konfytlaag en skroei met ‘n kombuis-blaasvlam.

Melksnysels – pure nostalgie

Melksnysels; slinger om die spoel, soos die ouer garde dit genoem het, of soos my ma baie keer daarna verwys het: spätzle, om ons opnuut weer aan ons Hollandse afkoms te herinner, proe pure nostalgie. Op ‘n reënerige dag was dit baie keer aandkos. (Ma het nie gehou van pannekoek bak nie, eerstens was dit te tydrowend en tweedens was daar net te veel flops vir haar wiskundige brein om te verwerk). Ek onthou hoe sy die deeg in skoenveterdun repies gesny het, nogals met ‘n Minora-lemmetjie wat sy spesiaal eenkant in die spens gehou het! (was vir seker voor die tyd van Victorinox-messies).

In die middel van die plaaskombuis het ‘n skoongeskropte houttafel gestaan met ‘n brandmerk op die kant wat ‘n primusstofie eens op ‘n tyd daar gelaat het (dink my pa wou koffiewater kook). Die het sy lighands dik besaai met meel uit die nerfaf kolletjiesblik. Die deeg is vinnig aangemaak en daarna dun-dun uitgerol en opgerol in ‘n rolletjie. Dan het die snyery begin. Nadat sy so ‘n klompie gesny het, is hulle goed deur die kombuistafelmeel gevee en vanmekaar losgefrummel om fyn snyseltjies te maak wat dan netjies toegegooi is met ‘n kombuisvadoek. Op die stoof het die melk begin borrel. Die snyseltjies is handjie-vir-handjie in die melk ingeroer en dan stadig gekook tot hulle deurgaar was. Die eiers is vinnig deurgeroer en dan was dit opskeptyd. Elkeen het sy bakkie gekry, dik bestrooi met kaneelsuiker. Ons het dit klein lepeltjies-vir-lepeltjie geëet, bang dat die lekkerte sou opraak. Op ‘n Sondagaand maak ek ook somtyds vir ons melkkos, want my mense hou daarvan, maar ek vat meestal kortpad en maak amper eerder net ‘n tipe dik vlapap waarby ek heelparty eiers inroer. Ek brou ook baie keer vir ons ‘n rooibos chai espresso (te kry by Carmién) wat ek dan by die melk ingooi om ekstra geurifheid daaraan te verskaf. Die tikkie chai-geure is onmenslik lekker daarby en dit bring soveel goeie herinneringe terug.

Kry 10% af op alle Carmién Tea aankope op www.carmientea.co.za met die kode carmenniehaus.

Rooibos chai espresso melksnysels

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 30 min
Gaarmaaktyd: 15 min

60 ml (1/4 k) Carmién rooibos chai espresso
500 ml (2 k) kookwater
200 ml koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
2,5 ml (1/2 t) sout
1,5 liter (6 k) volroommelk

ekstra koekmeel vir oorstrooi
2 eiers
60 ml (1/4 k) suiker
5 ml (1 t) fyngerasperde suurlemoenskil (opsioneel)
Kaneelsuiker vir oorsprinkel

1 Gebruik ‘n teepot met ‘n siffie en giet die rooibos-espresso in die siffie.
2 Giet die kookwater stadig oor en laat staan tot nodig.
3 Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
4 Voeg ‘n bietjie van die melk by om ‘n stywe deeg te vorm. Meng goed en knie liggies tot die deeg effe glad is, nie lank nie.
5 Rol die deeg baie dun uit op ‘n meelbestrooide oppervlak.
6 Strooi ruimakoots meel oor die deeg.
7 Rol die deeg in ‘n rol op, begin aan die lang kant en sny die rol in baie repies.
8 Strooi baie meel oor die snysels en vroetel dit liggies met jou vingers los. Hou eenkant tot benodig.
9 Giet die melk in ‘n groot kastrol en voeg die tee by die melk in die kastrol. Verhit tot net by kookpunt.
10 Sprinkels die snysels in sonder om die meel af te skud.
11 Verlaag hitte en roerkook sowat 10 minute.
12 Klits die eiers en suiker saam tot lig en vou by die mengsel in.
13 Laat net weer opkook.
14 Skep in bakkies en sit voor met ‘n strooiel kaneelsuiker.

Smullekker happies vir Vadersdag

Met vadersdag om die draai, wil mens die manne graag bederf met eetgoed waarvan hulle hou. ‘n Lekker tjoppie en ‘n worsie oor die kole is altyd hoog bo-aan die lysie, maar somtyds soek mens ook peuselgoed vir vooraf of selfs as daar rugby gekyk word.

In my huis word daar nooit nee dankie gesê vir pizza, nachos of ‘n broodjie gelaai met allerhande lekkertes nie. Noudat daar volop avokado’s in die winkels is, gaan daar bykans nie ‘n trippie winkel toe verby wat ek nie ‘n avokado of twee in die trollie laai nie – dit span ek graag in op broodjies, pizza of selfs nacho’s. Maklik, lekker en die avo’s is propvol goeie vette en vesel wat goed is vir jou. Met ripe & ready gaan jy ook nie sommer sit met te harde avokado’s nie.

Dis egter net so maklik om avokado’s tuis ryp te maak – plaas hulle net in ‘n papiersak saam met vrugte soos ‘n piesang, appel of kiwivrug en maak dig toe. Die vrugte gee etileengas af, ‘n planthormoon wat rypwording aanhelp.

Deluxe Avocado BLT

4 – 6 Servings
Prep: 20 Minutes
Cook: 10 Minutes

For the avo-nnaise dressing
120 g (½ cup) mayonnaise, homemade or store-bought
1 small ripe avocado, peeled and stoned
1 clove garlic, grated or crushed
15– 30 ml (1 -2 tbsp) lemon juice

1 ciabatta loaf, sliced in half horizontally
2 large ripe avocados, peeled and stoned
4 large ripe tomatoes, sliced
1 small head of butter lettuce, rinsed and pat dry
200 g (approx. 8 slices lean back bacon), cooked & crumbled
Sea salt and freshly ground black pepper
Avocado or olive oil, to drizzle
Microgreens for garnish

1 Start by making the avo-nnaise, place all the ingredients in the jug of a stick blender and whizz until smooth.
2 Lay the ciabatta halves on a platter and spread liberally with the avo-nnaise. Arrange lettuce leaves and tomato slices on the bread and top with avocado slices and bacon pieces.
3 Season with salt and pepper and drizzle with the oil.
4 Serve cut into wedges with extra avo-nnaise dressing.

Chip & Dip Nachos with Guacamole

A lighter version of nachos, which is super tasty.

Prep: 30 Minutes
Cook: 10 Minutes
4 Servings

1 small avocado, peeled, stoned and diced
1 red onion, very thinly sliced
4 ripe tomatoes, deseeded and diced
1 jalapeño pepper, deseeded and chopped (optional)
15 g fresh coriander, finely chopped
250 g nachos/corn chips
250 ml (1 c) store-bought tomato salsa
45 ml (3 T) plain yoghurt
For the Guacamole
2 ripe avocados, peeled and stoned
2 cloves garlic, finely chopped
15 g coriander, plus a little extra for garnish
Salt & pepper, to season
Fresh coriander, to garnish
Lime wedges, to serve

Preheat oven on grill.
1 In a bowl mix together the diced avo, red onion, tomato, jalapeño, and coriander, season and toss to combine, set aside for the flavours to develop.
2 Layer the nachos on a baking tray or oven-proof skillet and pour over the salsa, place under the grill for 7-10 minutes until the chips are golden and toasted and the tomato salsa is bubbling.
3 Make the guacamole by combining all the ingredients in a bowl and roughly mash together.
4 Scatter the avo tomato mixture over the baked chips, top with dollops of guacamole and drizzle with the plain yoghurt.
5 Serve with extra guacamole and garnish with fresh coriander and lime wedges.

Avocado pizza blanco

2 Servings
Prep: 10 Min
Cook: 25 Min

2 frozen pizza bases or premade pizza dough
For the cream cheese topping
200 g smooth cream cheese, at room temperature
100 g grated Parmesan cheese
100 g grated Mozzarella cheese
30 ml (2 T) chopped herbs, rosemary, thyme, oregano (one or combination of all three)
4 cloves garlic, crushed
Pinch of chilli flakes (optional)
Sea salt and freshly ground black pepper
For the topping
1 ripe avocado, peeled and pip removed
Baby spinach leaves or rocket leaves

Preheat oven to 200°C
1 Combine the cream cheese, Parmesan cheese, Mozzarella cheese, herbs, garlic and seasoning in a bowl.
2 Spread the cream cheese mixture over the pizza bases.
3 Bake until the base is cooked and the topping is golden and bubbling, approximately 20-25 minutes.
4 To serve top with avocado slices and scatter with baby spinach or rocket leaves.

For further information and avo recipes, visit www.avocado.co.za, like us on Facebook @iloveavocadoSA and follow us on Instagram @iloveavossa.

Klop beurtkrag met ‘n gaar hoender

Ek het laas naweek heerlik gekuier saam met ‘n oulike groep vroue by die Vredelust-gemeente in Boston in die Kaap. So tussen die lekker klets deur takel ons die uitdagings van beurtkrag en ek wys hulle wat mens alles met ‘n gaar rotisserie-hoender kan doen buiten toebroodjies en slaai. Van ‘n halwe hoender maak ek ‘n tamaaie hoender-en-groente-roerbraai met die lekkerste roerbraaisous oor, met ‘n bonus ook nog ‘n grondbone-sousie oor vir laaste lekkerte. Dit kan ‘n menigte voed.

Die ander helfte gebruik ek om ‘n Thaise kerrie met Chinese kool mee te maak. Dit sit ek voor met ‘n tipe Persiese basmati-rys wat ek in Carmién se Turkish Delight-rooibostee gaarkook om so ‘n subtiele roosgeur daaraan te verskaf. Saam met bietjie amandels daarby ingemeng, smaak dit hemels saam met die kerrie. Die velle en bene gebruik ek saam met al die groenteskille om ‘n geurige aftreksel mee te kook, reg vir sopmaak. So uit een hoender kan jy dus 3 geregte maak.

Daar’s ook verskeie ander resepte wat jy sommer weer in die Airfryer kan maak – giet ‘n blik Mexikaanse of Italiaanse tamatiesmoor oor hoenderstukke en rasper Mozzarella-kaas oor, of vryf die stukke hoender in met ‘n pesto of andersins ‘n heuning-suurlemoen-en-sojasousie (ek het die resep so ‘n tydjie gelede geplaas), pak in ‘n ronde of vierkantige koekpan wat in die airfryer sal pas en air-fry net tot die hoender deurwarm en die velletjie lekker bros is. Heerlik!

Ek vertel hulle ook toe sommer hoe maklik dit is om gesonder te eet sonder dat dit jou ‘n arm of been hoef te kos en dat jy steeds heerlik kan smul. Uit my Lekker & Goed-boek, heerlike kos propvol heilsaamheid, wys ek verskeie liplekker resepte – nostalgiese malvapoeding, wat geur kry met vanielje-rooibostee sodat jy die room en suiker minder kan maak en kaaskoek, gemaak met maaskaas en nie room nie; ‘n groente-lasagne en lensie-bobotie, so heerlik gekrui en gespesery, jy kom nie eers agter daar is nie vleis in nie; drieboneslaai, met ‘n boegoe-rooibosslaaisous – en so gaan die lysie aan en aan. En ek hoor hoe die vroue oe en aa. Die boek is steeds verkrygbaar by meeste boekwinkels soos Bargain Books en Exclusive Books of op Lapa en Carmién Tea se webtuiste. Gaan loer gerus.

Verlede week het ek ‘n paar navrae gekry vir die saadbrood-resep. Ek bak dit sommer vinnig in die Airfryer. Hier is dit nou ook. Lekker smul en bly warm! As julle voel ek moet daar by julle ook kom kuier, laat my gerus weet.

HOENDERROERBRAAI MET GRONDBONESOUS

Genoeg vir 6—8 mense
Bereiding: 20 min
Gaarmaak: 15 min

GRONDBONESOUS
125 ml (½ k) growwe grondbonebotter
60 ml (¼ k) heuning
60 ml (¼ k) sojasous
250 ml (1 k) lavet-klappermelk
Sap van 2 lemmetjies
ROERBRAAISOUS
4 knoffelhuisies, fyngerasper
5 cm stuk gemmerwortel, fyngerasper
125 ml (½ k) sojasous
60 ml (¼) vars lemmetjiesap
15 ml (1 e) soesji-asyn
30—45 ml (2-3 e) heuning of suiker of versoeter
45 ml (3 e) sesamsade
Klein handvol gekapte koljanderblare
ROERBRAAI
Olie
Halwe hoender, ontvel en ontbeen en in klein stukkies gesny
4 wortels, skoongeskraap en in dun repies gesny
2-3 klein soetrissies, in dun repies gesny
Halwe kop blomkool of broccoli, in blommetjies gebreek
Kwart kop kopkool, in dun repies gesny
2—3 stingeluie, gekap
Groot handvol koljanderblare, gekap
2—4 bondels eiernoedels, gaargekook
Ekstra koljanderblare vir afronding

1 GRONDBONESOUS Meng al die bestanddele saam. Hou eenkant.
2 ROERBRAAISOUS Plaas al die bestanddele in ‘n kastrolletjie en kook saam.
3 ROERBRAAI Verhit bietjie olie in ‘n braaipan en braai die hoenderstukkies tot effe bros, voeg van die roerbraaisous by.
4 Voeg die wortels by en roerbraai tot effe sag, maar nog baie bros, voeg die soetrissies, blomkool of broccoli by en roerbraai tot effe sag, maar nog baie bros. Voeg nog van die roerbraaisous by.
5 Roer die koolrepies by en braai net effe tot verwelk.
6 Roer die stingeluie, koljanderblare en noedels by.
Skep uit, giet van die grondbonesous oor en sprinkel nog koljanderblare oor.

Braai en pampoen vir smulpape

Nou die dag kry ek kommentaar oftewel eintlik ‘n vraag of ons dan nooit braai nie – ja ons doen en nogals baie en gereeld ook. Elke naweek brand daar ‘n vuurtjie en selfs somtyds ook op ‘n weeksdag, al braai ons net ‘n worsie. ‘n Tydjie gelede kom kuier vriende juis op ‘n weeksaand en ons braai. Vir bykos besluit ek om die immergewilde pampoentert te maak – my weergawe, wat ek in my Lekker & Goed-boek, heerlike kos propvol heilsaamheid, gepubliseer het, het heelwat minder suiker en botter, maar is steeds smullekker.

Ons het mekaar lanklaas gesien, so ons kuier en gesels altevol lekker, soveelso, dat die pampoentert in die oond bykans vergete bly en so ‘n lekker donker lagie bo-op bak, amper soos die heerlike Portugese melktertjies, pastis da nata. Dit laat my toe terugdink aan die storie wat my ma so graag vertel het van haar suster-hulle wat tydens ‘n braai ook so lekker gekuier het, dat die vleis eintlik bysaak was. Dit het goed laat geword voordat die vleis uiteindelik opdaag en toe is dit sulke verskrompelde, amper houtskool gebraaide tjoppies wat in die bak lê. Later die aand, by bedtoegaantyd, vra sy haar man wat dan nou eintlik gebeur het met die vleis. Sy antwoord: “Bokkie, ons het so lekker gebraai, toe braai ons sommer weer.” En ek verstaan heeltemal.

GEBAKTE PAMPOEN

In die groentetuin langs die plaashuis het die pampoenranke altyd geil gerank met hul oes wat skuil hou tussen die blare. Pampoen was daar baie op tafel – pampoenkoekies, broodpampoen, pampoentert en ons was lief daarvoor; maar nooit, so ver ek kon onthou, ‘n heel gebakte pampoen nie. Die het ek raakgeproe toe die wêreld sy koslappieskombers met al sy verskillende geure vir my kom oopgooi het. Dis veral Midde-Oosterse en Afrikageure waarby so ‘n bonkige pampoen aanklank vind – dink kaneel en komyn; ment en koljanderblare. Mooi genoeg om die centrepiece van jou tafel te wees.

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 30 min
Baktyd: 1 uur 15 min

1 heel pampoen
Sout, fyn kaneel, fyn komyn en bietjie suiker
paprika
VULSEL
60 ml (1/4 k) olyfolie
2 uie, gekap
4 knoffelhuisies, fyngedruk
7,5 ml (11/2 t) vinkelsade
7,5 ml (11/2 t) komynsade
15 ml (1 e) gerasperde fyn gemmerwortel
7,5 ml (11/2t) fyn kaneel
5 ml (1 t) fyn koljander
500 ml (2 k) botterskorsie- of pampoenblokkies
250 ml (1 k) patatblokkies
250 ml (1 k) blomkool- of broccoliblommetjies of murgpampoentjies, in ringe gesny
250 ml (1 k) murgpampoentjie-ringe (opsioneel)
2 rooi soetrissies, ontkern en in blokkies gesny
150 g mengsel van droëperskes en Turkse appelkosies, fyner gesny en in rooibostee geweek
1 blik (400 g) kekerertjies, gedreineer (opsioneel)
250—375 ml (1—11/2 k) gaar koeskoes, bulgurkoring, stampkoring of sorghum
40 g koljanderblare, gekap
20 g ment-en/of pietersielieblare, gekap
Sap en skil van 2 suurlemoene
Paprika en komyn
Ekstra koljanderblare vir oorsprinkel

Voorverhit die oond tot 190˚C.
1 Sny die kop van die pampoen af en verwyder die pitte en meeste vesels. Prik die pampoen aan onderkant, plaas op ‘n bakplaat saam met die deksel en geur die binnekant goed met sout, kaneel, komyn en bietjie suiker. Bak tot net sag en gaar, maar nie stukkend gekook, sowat 1 uur lank afhangende van die grootte van die pampoen.
2 Versprei die pampoenpitte op ‘n ander bakplaat, sprinkel bietjie paprika oor en plaas ook in die oond. Bak tot bros.
3 Verhit olie in ‘n pan en soteer die ui en knoffel daarin tot sag, voeg die heel speserye en gemmerwortel by en roerbraai tot geurig, sowat 1 minuut, voeg die fyn speserye by.
4 Rangskik die botterskorsie en patatblokkies, blomkool of broccoli of murgpampoentjies op ‘n ander bakplaat en giet die geurige uiemengsel oor. Meng deur die groente en plaas in die oond. Bak tot net sag, 40 min.
5 Meng die droëvrugte, kekerertjies, koeskoes, bulghur, stampkoring of sorghum, kruieblare en suurlemoen, sprinkel bietjie paprika en komyn oor en meng. Voeg by die groente en verhit tot warm, sowat 15 min.
7 VOORSIT Skep die groente in die gebakte pampoen. Sprinkel pampoenpitte en ekstra koljanderblare oor.

Pampoentert

As jy die pampoen met patat vervang, kan jy die suiker nog heelwat minder maak. Skep dit in muffinpanne om klein pampoenkoekies te bak.

Stoom 1 kg pampoen of oranje patat sag en plaas in die bak van ‘n voedselverwerker. Meng 250 ml (1 k) koekmeel, 10 ml (2 t) bakpoeier, 5 ml (1 t) fyn kaneel, 5 ml (1 t) sout en 180 ml (¾ k) bruinsuiker saam en voeg by die pampoen. Voeg 3 eiers, 250 ml (1 k) natuurlike jogurt, 45 ml (3 e) gesmelte botter en 5 ml (1 t) vanieljegeursel by en verwerk tot glad. Skep in ‘n gesmeerde oondbak of in die holtes van muffinpannetjies en bak sowat 30–50 minute tot gaar. Sprinkel kaneelsuiker oor.

Die resep vir die patatgnocchi wat ook op die foto is, is te kry in my Lekker & Goed-boek. Die boek is te kry by meeste boekwinkels soos Bargain Books en Exclusive Books, asook aanlyn by Lapa en Carmién Tea.

Sop en brood

Dis Junie en amptelik winter. Soggens as ek nou die blindings vroegoggend ooptrek, staar ek nog in pikdonkerte in. Net sowat ‘n maand terug het die skynsel van sonopkoms my begroet en kon ek my eerste koppie koffie op die stoep geniet sonder veel warmgoed. Vir my is dit so ‘n groot lekkerte om die oggendstond met ‘n koppie koffie te verwelkom, dat ek nie hierdie oggendritueel wintertye stop nie. Ek wikkel my maar net lekker warm toe in ‘n dik baadjie en geniet die oggendstilte van die ontwakende dag terwyl ek die manewales van ‘n groepie tarentale dophou wat met sonsopkoms kom skrop vir ietsie te ete in die oop erf oorkant die pad.

Vir my is winter ook sinoniem met sop. Eintlik lief ek sop enige dag en kan net nie genoeg daarvan kry nie. So jy kan my verlei met ‘n koppie warm sop, en as daar nog ‘n snytjie varsgebakte brood ook by is, is ek letterlik in die koshemel.

Deesdae let ek ook nogals bietjie op watse kosse almal “gut friendly” is en probeer so ver as kan daarvolgens kook. Eintlik is dit heel maklik, want as jy van vars ongeprosesseerde kosse, soos onder andere groente en lensies hou, is jou kop so te sê deur. En watter makliker manier is daar dan nou nie om hierdie in ‘n heerlike ete te omskep nie – kook ‘n pot sop! Hierby maak ek die lekkerte saadbrood – sommer in die Airfryer gebak. Makliker kan dit nie.

Soos my ma is ek gek na tamaties, so vars tamaties vorm die basis van hierdie sop saam met rooibostee as aftreksel – beide vol antioksidante en anti-inflammatories, net wat jou “gut” wil hê. Hierby rooi lensies om die sop bietjie aan te dik, maar ook proteiene te verskaf.

Die lae koolhidraat saadbrood is die lekkerste koringmeellose brood wat ek tot nog toe beproef het. Proe na regte brood! Dit kry onder andere hawermout in en dié word deesdae ook op ‘n beperkte mate ingesluit in ‘n lae koolhidraat-eetplan. Hawermout is ook glutenvry, maar word in fabrieke verwerk waar koring ook verwerk word, so dit kan gekontamineer word. As gluten vir jou ‘n probleem is, gebruik glutenvrye hawermout daarvoor. Ek sien dit glutenvrye hawermout deesdae ook op Checkers se winkelrak. Kry die resep in die nuutste Huisgenoot van 1 Junie. Daar is ander hawermoutresepte ook.

TAMATIESOP

Maak sowat 3 liter sop
Bereidingstyd: 15 min
Gaarmaak: sowat 30 min

2 uie, gekap
2—4 knoffelhuisies, fyngedruk
olie
5 ml (1 t) elk vinkelsaadjies en komynsaadjies
7 ml (1½ t) paprika (gerook indien verkies)
300 g spinasie, goed afgespoel en stingel en al fyn opgesny
8 ryp tamaties, in stukke gekap
oorskiet groente soos beskikbaar: paar boompies broccoli, 4—6 sampioene, 1 rooi soetrissie, vars mieliepitte, alles fyn opgesny
250 g rooi lensies, goed afgespoel
2 liter (8 k) rooibostee-aftreksel gemaak van 4 sakkies elk Carmién Tea Rescue (met boegoe) en Revive (met brandrissie en gemmer), goed getrek in kookwater
2—3 groenteaftreksel “pods”
15—30 ml (1—2 e) bruinuiker
Sout en swartpeper na smaak
AFRONDING
volroom jogurt
Vars kruie

1 Braai die ui en knoffel in klein bietjie olie tot sag, voeg die speserysaadjies by en braai tot geurig. Voeg die paprika by en dan die spinasie, tamatie, oorskietgroente en lensies.
2 Meng deur en voeg die teeaftreksel asook die groenteaftreksel “pods” by.
3 Bring tot kookpunt en laat kook tot die groente lekker sag en die lensies papgekook is, sowat 20—30 min.
4 Geur met bruinsuiker en sout en peper na smaak.
5 Maak fyn met ‘n staafmenger.
6 Giet die sop in ‘n bak of bakkies en sit voor met skeppies lekker dik romerige jogurt (wat ook goed is vir jou gut) en sprinkel vars kruie oor indien verkies.

Kry 10% af op alle Carmién Tea aankope op www.carmientea.co.za met die kode “carmenniehaus“.

Kabouter-Spinasietert

Wie van ons het ons nie kleintyd verkneukel in die mooie Liewe Heksie-stories nie. Ons was groot aanhangers. My ma het altyd vir ons voorgelees, my jongste sussie se troetelnaam was tot Blommie en daar was selfs ‘n Mattewis-kat op die werf. Nou die dag verwyl ek bietjie tyd in die plaaslike Bargain Books in die Laguna Mall hier by ons. Buiten dat hulle my nuuste boek, Lekker & Goed, in die winkelvenster uitstal, is daar vele juwele te vind tussen die rakke. So tussen die ronddwalery deur, val my oog terloops op Liewe Heksie-boekies. En terstond koop ek weer vir my twee.

By die huis kan ek nie wag om die manewales van Liewe Heksie, Blommie Kabouter en Karel Kat opnuut weer te beleef nie. Hulle het altevol graag op die stoep gesit en kuier en allerhande slim? planne daar sit en beraam. My kabouteroor-koppies wat ek by Mervyn Gers gekry het, laat my opnuut weer terugdink daaraan en ek gebruik hul graag om koffie of tee in te bedien. Jarelange vriende laat weet onlangs hulle kom maak ‘n vinnige draai – lekker bok-vir-sports-pelle en ek besluit dadelik ons gaan uit die kabouteroor koppies tee drink. Die wintersonnetjie bak heerlik op die stoep, so die teegoed word daar gedek en ek bak vinnig die allerlekkerste spinasietert in die Airfryer wat ons toe sommer tersond ‘n kabouter-spinasietert doop.

SPINASIETERT

Maak ‘n medium tert
Bereiding: 20 min
Baktyd: 30 min

4—6 velle filodeeg, ontdooi
Gesmelte botter
VULSEL
2 uie, fyngesny
250 g sampioene, in skyfies gesny
olie
300 g spinasie, goed afgespoel en fyn gesny
Spatsel balsamieke asyn
4 eiers
180 ml (¾ k) volroommelk
5 ml (1 t) aangemaakte mosterd
Sout en peper na smaak
200 g sterk Cheddarkaas, gerasper
Paar baba-spinasieblare vir afrond

Spuit ‘n 20-cm losboompan goed met kossproei.
1 Stapel die filodeeg opmekaar en sny in 4 blokke. Smeer elke blok met gesmelte botter, stapel so 4 opmekaar en voer die pan rofweg met die filodeeg uit. Die punte kan maar so oor die rand van die pan steek. Hou eenkant.
2 Braai die uie en sampioene in bietjie olie tot sag, voeg die spiansie by en verhit tot dit verwerk het, sprinkel ‘n spatsel balsamieke asyn oor.
3 Kltis die eiers, melk en mosterd saam en geur na smaak met sout en peper.
4 Sprinkel ‘n laag kaas onderindie voorbereide pan, vervolg met ‘n laag spinasiemengsel. Herhaal die lae, eindig met kaas.
5 Giet die eiermengsel oor.
6 Skakel die Airfryer op bak aan en stel op 180°C.
7 Plaas die koekpan versigtig in die laaitjie en bak vir sowat 30 minute of tot die eiervlamengsel gestol is en die tert goudbruin bo-op is. (bedek die pan na sowat 14 minute met ‘n vel tinfoelie om te verhoed dat die bokant te donker word.
8 Laat effe afkoel in die pan en ontvorm dan op ‘n tertbord of koekstaander. Rond af met vars baba-spinasieblare en sit louwarm voor.

Weskuslekkertes

Nadat die Kaap vir jare my woonplek was, het ek bykans vergeet watse lekker kosse so eie aan die Weskus is. Buiten vir snoek is dit die heerboontjies en waterblommetjies wat mens sommer in die plaaslike supermarkte raakloop wat my telkens so opgewonde soos ‘n kind in ‘n lekkergoedwinkel maak.

Noudat alles so gemaklik naby en toeganklik is, koop ek nie meer so baie op ‘n slag nie. Want nou is dit nie meer moeite om vinnig in die motor te spring net na uitvaltyd om gou-gou bestanddele te gaan koop vir aandete nie. Gewoonlik het ek darem so ietwat van ‘n gedagte wat ek wil maak, maar baie maal laat ek my ook lei deur watter juwele ek op die winkelrak aantref. Veral die plaaslike Spar verras my soms met kontreigewasse. Daar is gereeld heerboontjies, vars slaai en mini-kruie vanuit die geweste. Laas week was ek verheug om die eerste waterblommetjies raak te loop. Nogals vroeg, maar met die dat ons heelwat reën gekry het die afgelope tyd, hoor ek dat die winterseisoen inderdaad vroeg is vanjaar met die sitrusboere wat alreeds volstoom oes. By die vleisrak spoor ek netjies opgesaagde murgbene op en ek weet in die vrieskas by die huis is daar nog ‘n pak stowevleis of twee. Terwyl ek huis toe ry, water my mond alreeds vir die heerlike waterblommetjiebredie met gebakte murgbene bo-op, wat wag.

Op die plaas was daar altyd waterblommetjies in oormaat beskikbaar en was dit wintertye Sondae altyd op tafel as toekos. My ma het die waterblommetjies heeltemal fyngekook en gepeper met baie suurlemoensap. Ons verkies egter die waterblommetjies steeds aan die heel kant en lekker bros en rasper eerder suurlemoenskil aan die einde oor om die nodige surigheid te verskaf. Maar ek weet ook my suurlemoenvoorraad loop dun. Stowevleis kan mos ‘n tydjie neem om sag te kook en ons wil darem ook nou nie diepdonkeraand eers aansit vir ete nie, so ek beraam toe ‘n plan. In my Franse blou broodblik spoor ek ‘n pak Zesty Lemon-rooibostee van Carmién op. Dis twee vlieë met een klap – rooibostee dien as ‘n sagmaakmiddel vir vleis, so die stowevleis kan vinniger sagkook en terselfdertyd verleen dit al ‘n effense suursmakie sommer daar van die begin van die maak van die bredie af. My kop is deur.

Ten die tyd dat die vleis begin sagkook en die waterblommetjies moet bykom, pak ek die murgbene in die Airfryer, sprinkel bietjie sout oor en braai dit tot die murg deurskynend en blinksag is. Net reg vir bo-op die bredie gaan. Eenvoudig maar egte smulkos so op ‘n weeksaand.

WATERBLOMMETJIEBREDIE MET GEBAKTE MURGBENE

Genoeg vir 4 mense

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 20 min
Gaarmaak: 1 uur

2 uie, fyn gekap
3 knoffelhuisies, fyngerasper (opsioneel)
olie
Sowat 750 g lamstowevleis, in stukke gesaag
Sout en swartgemaalde peper
Sowat 750 ml (3 k) Zesty Lemon-rooibostee van Carmién, gemaak met 6 sakkies of andersins water
750 g waterblommetjies, goed afgespoel
500 g bevrore boontjies (opsioneel)
2—3 vars suurlemoene
6—8 murgbene
Rys vir voorsit

1 Braai die ui en knoffel in ‘n groot pot met ‘n deksel (my LeCreuset-potte is ideaal hiervoor) tot sag.
2 Voeg die vleis by, geur met sout en peper en braai tot lekker bruin buite-om.
3 Voeg ‘n goeie skoot rooibostee by, verlaag die hitte en prut tot die vleis lekker sag is, voeg rooibostee by soos nodig.
4 Plaas die waterblommetjies en boontjies (indien gebruik) bo-op, geur liggies met sout en peper, voeg bietjie rooibostee by indien nodig en prut tot net-net sag, maar nog effe bros.
5 Rasper vars suurlemoenskil oor en sit voor met ekstra skyfies suurlemoen en die gebakte murgbene, saam met rys natuurlik.

Hoe om die murgbene te bak: Plaas die murgbene op die rakkie van die airfryer en sprinkel sout oor. Lugbraai sowat 20 minute tot die murg deurskynend is.

‘n Bordjie sout

Die versoek om ‘n bordjie eetgoed na die een of ander byeenkoms te bring, land nogals deesdae gereeld op my telefoon. Iets wat ek amper as vanselfsprekend beskou het toe ons nog op Stellenbosch en later jare in die Strand gewoon het. Maar met ons verhuising Kaap toe, het daardie versoeke skraps geword – alles net vinnig afgehandel en klaar, miskien ‘n koppie koffie met ietsie te ete vinnig by die winkel opgeraap en dis klaar. Wat ek destyds soms as ‘n onnodige irritasie gesien het, is nou vir my spesiaal, maar oe, partykeer ontgaan dit my ook dat ek ingestem om iets te maak totdat my telefoon my daaraan herinner.

So is dit toe nou ook weer die geval laas week en met ‘n paar lastige take wat moet klaar en spertye wat jaag, kom ek eers donkeraand by die bordjie sout uit. Ek gaan staan voor my yskas en weet hier moet ek nou vinnig iets uittoor met die bestanddele wat beskikbaar is. Die pakkie spinasie vang my oog en ek onthou vaagweg die treffer spinasie-muffinresep wat ek desjare terug by een van die vroegste padstalle (nog in Tokai) gekry het. Ek gaan diep die resep op en gaan my bestanddele na wat ek in die ou Nerf-af afgewitte koskas in my kombuis hou. Watter verligting, alles is daar, dit kan werk.

Destyds se resep was vir oorgroot muffins, nes die muffins wat ons toe by al wat padstal te koop kon kry. Deesdae neig ons na piepklein happies wat ons gemaklik met die hand kan hanteer sonder te veel sukkel. Gelukkig het ek onlangs ook heelwat patty pan-pannetjies aangeskaf en dis net hierin waarin ek oorgroot muffins nou in piepklein mini’s gaan verander. Die resep maak lekker vinnig aan en in die patty pan-pannetjies bak dit vinnig klaar. Vir opdien sny ek hulle bo-op in die lengte halfpad oop en spuit ‘n bietjie avokadosmeer in. Ek pak hulle netjies in my mooi handgemaakte Mervyn Gers-bak en maak dit stewig toe – reg om die trippie vergadering toe te deurstaan en ‘n heerlike happie waaraan jy behaaglik kan smul sonder om skuldig te voel.

SPINASIEMUFFINS

Maak sowat 50 piepklein happies
Bereiding: 20 min
Bak: 18—20 min

625 ml (2½k) koekmeel
22,5 ml (4½t) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
375 ml (1½k) sterk Cheddarkaas, gerasper
200 g spinasie, dun opgesny
100 g botter, gesmelt
125 ml (½k) melk
125 ml (½k) water
3 eiers
AFRONDING
Paar swart ontpitte olywe, in dun skyfies gesny
Gerookte paprika vir bo-oor sprinkel
Avokado-en-geroomde maaskaassmeer om mee voor te sit
Paar takkies pietersielie of tiemie vir garnering

Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit die holtes van patty pan-panne goed met kossproei.

1 Sif die droë bestanddele saam.
2 Meng die gerasperde kaas en spinasie by en meng goed.
3 Klits die botter, melk, water en eiers saam tot goed gemeng en voeg by die droë bestanddele.
4 Meng tot al die bestanddele ingemeng is, moenie oormeng nie.
5 Skep eetlepelsvol van die mengsel in elke holte en plaas ‘n olyfskyfie bo-op.
6 Bak 18—20 minute of tot uitgerys en effe goudbruin bo-op.
7 Verwyder uit die oond, laat effe afkoel in die pannetjies en keer dan uit op ‘n draadrakkie om heeltemal af te koel.
8 VOORSIT: Sny ‘n gleuf bo-op oor elke muffin en spuit van die avokadosmeer daarin. Sprinkel bietjie paprika oor.
9 Pak in ‘n mooi bord en rond af met takkies kruie. Maak stewig toe.

Wenk: Die muffins vries ook goed.

Goedhartige lensieslaai

Soos ek verlede week genoem het, lees ek deesdae nogals baie op oor kosse wat goed is vir jou “gut” oftewel spysverteringstelsel, want solank jy jou derms gelukkig hou, verhoed jy dat inflammasie opbou en voel jy sommer perdfris en propvol energie.

Lensies is geen vreemdeling vir meeste van ons nie en is al van die vroegste tye deel van die daaglikse spyse – die bekendste seker maar Esau se pot lensiesop uit die Bybelse tyd. Maar met lensies kan ons deesdae veel meer vermag as bloot net sop kook. Ek maak onder andere die lekkerste bobotie-resep met lensies (tot my man wat ‘n vurige vleiseter is, het daaraan gesmul – die resep daarvoor kan jy in my nuutste boek, Lekker & Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid, kry) en ek span dit baie gereeld in vir slaai.

Jare terug het Jacques Erasmus vir my die lekkerste der lekker lensieslaai gemaak met vars pruime in met piekelgemmer en gekapte koljanderblare wat hy by die lensies inmeng saam met ‘n heerlike vars slaaisous. Die resep pas ek deesdae op allerlei maniere aan en het dit selfs nou die dag voorgesit aan ‘n groep Japanese teekopers wat aangesit het vir ‘n Suid-Afrikaanse braai en het hulle nou lekker gesmul.

Gebruik vars bestanddele soos wat in jou yskas beskikbaar is. Die slaaisous slaan ek deesdae sommer vinnig aanmekaar met ‘n boegoe-rooibostee (Rescue van Carmién Tea) wat perfek is om ontslae te help raak van toksiene in jou sisteem en ook om waterretensie teen te werk. Helfte van die slaaisous giet ek oor die warm lensies om geur daaraan te gee, en die res sit ek apart saam met die slaai voor.

Vir die Japanese het ons die tafel dramaties gedek met die rooi turksvy-tafeldoek uit my Carmen Niehaus Hausware-reeks wat by Swier beskikbaar is en het dit nou nie komplimente uitgelok nie! Kyk ook op die Carmién-webtuiste vir nog Carmen Niehaus Hausware soos teedoeke (wat ek ook as oorgroot servette inspan) asook die nuutste – die pragtige, veelsydige en stewige koelsak!

LENSIESLAAI

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 30 min

SLAAISOUS
80 ml (⅓ k) olyfolie
250 ml (1 k) groen rooibostee met boegoe, gemaak met 3 sakkies (ek gebruik Carmién Tea se Rescue)
Sap en fyngerasperde skil van ‘n halwe suurlemoen
30-45 ml (2-3e) ongefilterde appelasyn
1,25 ml (1/4 t) seesoutvlokkies
30-45 ml (2-3e) heuning
SLAAI
750 ml (3 k) gaar bruinlesies
Groot handvol piekelgemmer, gekap
1 klein rooikool, in dup repies gesny
1 rooi ui, in dun skyfies gesny
2 wortels, grof gerasper
Handvol spinasie, grof opgesny of baba-spinasie
Halwe kop broccoli, in klein blommetjies gebreek
1-2 appels, in stokkies gesny
60 ml (¼ k) bosbessies of gekapte dadels (ek gebruik Medjool)
Groot handvol gekapte kruie soos ment, tiemie, pietersielie en koljander (ment veral lekker)
80 ml (⅓ k) geroosterde sonneblomsade
60 ml (¼ k) grofgekapte pekanneute

1 SLAAISOUS Meng al die bestanddele saam.
2 SLAAI Skep die gaar, warm lensies in ‘n slaaibak en giet helfte van die slaaisous oor. Laat afkoel. Meng die piekelgemmer by.
3 Pak die, ui, wortels, spinasie, broccoli en appels in hopies bo-op en sprinkel die bosbessies of dadels, kruie, sade en neute oor. Sit voor saam met die res van die slaaisous.

Beskuit gelaai met goedheid

My pa het ons altyd kleintyd bederf met varsgebroude opstaankoffie en beskuit in die bed. ‘n Ritueel wat ek tot vandag toe koester. Vandat ek probeer om nie te veel gluten in te neem nie, het ek aanvanklik beskuit maar uitgesny. Deesdae se lae koolhidraatbeskuit-resepte is beslis meer bekostigbaar en heel lekker, so ek het nou opnuut weer ingespring en beskuitresepte begin uittoets. Ek het ook al hoe meer begin oplees oor kosse wat goed is vir jou “gut” en kom maar agter dat ‘n spysverteringstelsel wat goed en gereeld werk, die basis is om die dermkanaal gesond te hou en inflammasie te help beveg. So, veral genoegsame veselinname en die drink van baie water, is ononderhandelbaar.

Klappermeel is ‘n gawe alternatief om beskuit mee te bak, want dis bekostigbaar en propvol vesel en allerlei ander goedhede, maar o vader, dit kan sukkel om die regte verhoudings daarmee uitgewerk te kry, want dit suig vloeistof op soos ‘n spons. So, baie probeerslae het al in die asblik beland, kurkdroog en oneetbaar. Maar stadig maar seker kom ek agter die kap van die byl en hierdie beskuit was ‘n aangename verrassing.

Buiten die klappermeel kry die beskuit ook lekker baie sade en neute in wat beide nie net veselryk is nie, maar ook baie proteiene en goeie vette bevat. Daarby ‘n bietjie veselryke patat asook voedsame olyfolie (of selfs klapperolie) en heelwat eiers. Om die beskuit verder mee aan te klam en te verryk, gebruik ek rooibostee uit Carmién se wellness reeks (Cleanse en Focus) wat buiten vir die antioksidante van die rooibos ook ander aktiewe kruie-bestanddele bevat wat help om jou fisiese welstand te verbeter: die Cleanse, wat buiten groen rooibos ook bietjie senna bevat wat help om die spysverteringskanaal te reining met verder ook ment en gemmer wat opgeblasenheid help verminder; die Focus weer wat ‘n mengsel van rooibos en masala-speserye soos kaneel en borrie bevat, wat ook anti-inflammatories is en help om rumatiek te verlig. Vir soetigheid gebruik ek erythritol (baie goedkoper as xyilotol) en een van die enigste alternatiewe versoeters wat vir jou ‘n bros beskuitjie gee.

Hierdie lewer nie nie ‘n groot mengsel nie, so ek het sommer die beskuit in my Airfryer bebak – perfek in ‘n 20 cm vierkantige koekpan.

Kry 10% af op alle Carmién Tea aankope op www.carmientea.co.za met die kode carmenniehaus.

LOW CARB KLAPPER-EN-SAADBESKUIT

16—20 stukke
Bereiding: 20 min
Baktyd: sowat 40 min

160 ml (⅔ k) warm water of melk, waarby 3 sakkies elk Focus en Cleanse van Carmién gevoeg is
125 ml (½ k) gekookte oranje patats, fyngedruk
6 eiers
60 ml (¼ k) olyfolie of gesmelte klapperolie
15 ml (1 e) appelasyn
250 ml (1 k) klappermeel
2,5 ml (½ t) koeksoda
7,5 ml (1½ t) kremetart
500 ml (2 k) gemengde sade en neute met bosbessies bestaande uit sonneblomsade, pampoensade, sesamsade, vlassade, amandels, en Brasiliaanse neute
125 ml (½ k) erythritol
30 ml (2 e) psylliumveselpoeier

Voorverhit die oond tot 180°C. (nie nou al nodig vir die Airfryer nie). Spuit ‘n 20 cm vierkantige koekpan met kossproei en voer die bodem uit met bakpapier. Spuit weer.

1 Trek die tee in die water of melk en laat afkoel. Druk die sakkies goed droog en verwyder.

2 Giet die tee in ‘n groot mengbak, voeg die patats, eiers, olie en asyn by. Meng met ‘n staafmenger tot glad.

3 Voeg die res van die bestanddele by (meng die sade apart laaste by) en meng goed met ‘n houtlepel.

4 Skep in die voorbereide pan en bak 25—30 minute of tot ‘n toetspen skoon uit die middel van die gebak kom. Vir die Airfryer: stel op bak en verhit tot 180°C. Plaas die pan in die laaitjie van die Airfryer en bak 40 minute, bedek met tinfoelie na sowat 15 of 20 minute. Verlaag temperatuur na 160°C en bak nog sowat 10 minute of tot ‘n toetspen skoon uit die gebak kom.

5 Laat afkoel en sny dan in blokkies. Droog uit by 50°C tot droog (dit het ek in die oond gedoen).

‘n Koekliefdesbrief vir Ma

Na al die jare is dit vir my die lekkerste lekker om saam met my ma ‘n koppie tee in die sonnetjie op haar plaashuis se noordestoep te geniet. Wat ‘n voorreg om dit steeds op amper 87 steeds te kan doen. Die skinkbord netjies gedek met fyn koppetjies, die tee perfek getrek met vars gekookte water. “Mens kook nooit die water twee keer nie, jy kook die suurstof uit” was haar wyse woorde. Daarby bak ek vir haar ‘n koek (deesdae sommer in die Airfryer) waarvoor sy lief is, ‘n kombinasie van ‘n sponskoek en klapperkoek; wat ek verder geur gee met ‘n stropie gemaak met die heerlike nuwe tee, Passion Peach uit Carmién se spesialiteits piramied-rooibostees. Die Passion Peach is ook die tee waaraan ons behaaglik teug terwyl ons klein happies koek geniet. Kosskrywer Mariette Crafford het immers altyd gesê: “skryf liefdesbriewe met kos aan jou geliefdes”. Geseënde Moedersdag!

Kry 10% af op alle Carmién Tea aankope op www.carmientea.co.za met die kode carmenniehaus.

BLOUBESSIE-KLAPPER-JOGURTKOEK

Die koek is geskoei op ‘n uiters gewilde papawersaad-klapperkoek wat ‘n treffer destyds in Wenresepte was. Deesdae bak ek dit graag net met klapper wat dit dan glutenvry maak, maar jy kan ook bruismeel byvoeg indien jy sou wou. Dié koek bevat ook heelwat minder suiker en vet as die oorspronklike resep en dan natuurlik ook al die goedheid van die bloubessies en rooibos. Heeerlik en heilsaam!

Maak 1 koek
Bereiding: 20 min
Baktyd: 40-45 min

STROOP
125 ml (½ k) Passion Peach-rooibostee van Carmién (4 sakkies)
45 ml (3 e) suurlemoensap
80 m (⅓ k) strooisuiker
KOEK
4 eiers, geskei
125 ml (½ k) strooisuiker
180 ml (¾ k) natuurike volroomjogurt
gerasperde skil van 1 suurlemoen
500 ml (2 k) fyn klapper of 250 ml (1 k) daarvan bruismeel
2,5 ml (½ t) bakpoeier (laat uit indien bruismeel gebruik)
45 ml (3 e) papawersaad
250 ml (1 k) bloubessies, vars of bevrore (moenie ontvries nie)
VERSIERSEL
230 g geroomde maaskaas
30 ml (2 e) versiersuiker
Grenadilla-pulp, bloubessies of appeliefies en eetbare blommetjies

Voorverhit die oond tot 180°C indien jy ‘n oond gaan gebruik. Spuit ‘n 20 cm vierkantige koekpan goed met kossproei. (voer die pan onder uit met bakpapier).
1 STROOP Kook die tee, suurlemoensap en suiker saam vir 5 minute of tot effe strolerig. Koel af.
2 KOEK Klits die eiergele en strooisuiker tot lig.
3 Roer die jogurt en suurlemoenskil in. Vou die klapper (en bruismeel indien gebruik) en papapwersaad in. Vou laastens die bloubessies in.
4 Klits die eierwitte tot dit stywe punte vorm en vou liggies by die mengsel in.
5 Skep die beslag in die voorbereide pan en bak 40-45 minute lank of tot ‘n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Laat effe afkoel in die pan en giet die stroop oor. Laat intrek en koel heeltemal af.
6 Keer die koek uit op ‘n koekbord.
7 VERSIERSEL Meng die roomkaas en versiersuiker en smeer rofweg oor die koek. Skep die grenadilla-pulp oor en versier met vrugte en blommetjies.

Hoe om die koek in die Airfryer te bak: Skep die beslag in die voorbereide pan. Stel die Airfryer op bak en 180°C. Plaas die vierkantige koekpan binne-in die laaitjie van die Airfryer (hy pas perfek). Bak sowat 15 minute en bedek die bokant dan met tinfoelie, want die koek is geneig om ietwat donker van bo te bak. Bak ‘n verdere 25—30 minute of tot ‘n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Gaan verder te werk soos beskryf.

Appeltertkoek uit die Airfryer

So ja, nou dat ons ons eie krag moet bestuur, werk my Airfryer oortyd. Soos genoem het ek ‘n Instant Vortex 6 van 5,7 liter wat so teen 1450—1700W loop. Verlede week bak ek die malvapoeding uit my Lekker & Goed-boek vir ‘n klompie Japanese teeaankopers en hulle smul omtrent. Gedagtig aan iets om te bak Sondagmiddag vir saam met tee of selfs vir poeding, bly die malvapoeding in my kop, maar ek maak mos nie maklik graag twee goed na mekaar op dieselfde manier nie. Op my eetkamertafel vind ek twee verdwaalde appels tussen ‘n klompie lemoene en dadelik het ek ‘n plan. Daardie malvapoeding kan mos net sowel omskep word in die immergewilde appeltert met die ingedampte melk oor waaraan ons kleintyd so lekker gesmul het.

Maar dié moet ook mos nou gebak word in die Airfryer en my glasbakke is te groot. Toe onthou ek die silikon-Bundt-koekpan onderin my kas. Meet hom, 20 cm al om die bokante, so dit pas perfek. Net om seker te maak, pas ek hom vinnig in die laaitjie – die omtrek is ok, maar dis effe te hoog. Dis toe dat ek onthou dat ek mos maar die rakkie kan uithaal.

SOUSERIGE APPELTERT

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 15 min
Baktyd: 30 min

2 appels, een in papierdun skyfies gesny, ander een geskil en in klein blokkies gesny
BESLAG
1 eier
80 ml (⅓ k) suiker
250 ml (1 k) koekmeel (ek gebruik ook selfs glutenvrye bruismeel, los dan net die bakpoeier uit)
5 ml (1 t) bakpoeier
3 ml (¾ t) koeksoda
1 ml (¼ t) sout
30 ml (2 e) gladde appelkooskonfyt
250 ml (1 k) natuurlike jogurt
15 ml (1 e) appelasyn
STROOP
80 ml (⅓ k) bruinsuiker
4 sakkies vanielje of Earl Grey-rooibostee van Carmién
250 ml (1 k) volroommelk
60 g botter

Spuit die silikonpan met kossproei (jy kan 6 kleiner oondvaste bakkies of ramekins ook gebruik, maar ek het dit nou nie in die Airfryer getoets nie)
1 Pak die skyfies appel onderin die pan.
2 BESLAG Klits die eier en suiker saam tot goed gemeng.
2 Sif die droë bestanddele direk in die eiermengsel in en meng.
3 Roer die konfyt, jogurt of karringmelk, en asyn by en klits tot glad. Meng die blokkies appel by.
4 Giet in die voorbereide pan.
5 Verhit die Airfryer tot 180°C (dit neem minute) en plaas die pan in die Airfryer se laaitjie, sonder die rakkie. Bak sowat 20–25 minute of totdat ‘n toetspen skoon uit die tert kom. (Die koek is geneig om effe donker van bo te bak, so my voorstel is om dit so halfpad deur die baktyd met ‘n velletjie tinfoelie te bedek)
6 STROOP Plaas die suiker, teesakkies en melk in ‘n kastrolletjie en bring stadig tot kookpunt, roer tot die suiker opgelos is en laat 5 minute prut. Druk al die vloeistof uit die teesakkies en verwyder die teesakkies. Voeg die botter by en meng tot gesmelt.
7 Giet die warm stroop oor die poeding(s) sodra die poedings uit die oond kom. Dien op met roomys vir poeding of skeppies ekstra jogurt vir by tee.

Klop beurtkrag met hoenderpastei

Beurtkrag gaan nog vir lank met ons wees, want die probleme met elektrisiteit gaan allermins oornag verdwyn. Ons het dus geen keuse as om na alternatiewe kragbronne te kyk nie. Op die lang termyn gaan dit nie nou net meer oor lig nie, maar ook hoe gemaak in die kombuis as dit by kosmaak kom.

By ons huis het ons aanvanklik batterye gebruik, maar aangesien ek taamlik bak en kook, het die lang ure sonder krag my produktiwiteit redelik ingekort. Laas naweek is ons sonkrag/batterystelsel geïnstalleer en as ons alles mooi bestuur, gebruik ons nou minimum Eskomkrag. Dit vra natuurlik nou ‘n bietjie dinkwerk en goed meet en pas oor wat jy alles op een slag aan kan hê en ook dat jy meeste werk wat heelwat krag oor ‘n langer tydperk benodig, tydens 10 en so 3 of 4 uur se kant in die dag inpas.

In die nuutste Tuis-tydskrif van Mei/Junie 2023 is daar ‘n goeie inliggewende artikel oor beurtkrag – jou tienpuntplan. My oog val op die planne vir die kombuis. Huishoudelike toestelle soos oonde gebruik baie krag – wat beteken selfs al is jou rugsteunstelsel sterk genoeg om jou oond aan te sit, gaan dit die batterye baie vinnig uitput. Daarom kies meeste mense om van meet af oonde (asook warmwaterstelsels) heeltemal uit die prentjie te hou as hulle na alternatiewe kragbronne kyk. Gasbranders bly die heel maklikste oplossing om die pot letterlik aan die kook te hou. Baie mense, ek inkluis, het deesdae stowe met gasbranders maar steeds ‘n elektriese oond. Stowe wat geheel en al gas is, is ook ‘n opsie, maar ek kon nog nie genoegsame inligting bymekaar kry om die uitwerking, veral op bakwerk, te verstaan nie.

Tot tyd en wyl, bly ‘n lugbraaier (Airfryers) vir my ‘n gawe oplossing. Die toestel kan jy met gemak gebruik met rugsteun-batterye (en sonkrag) as energiebron. Hou maar net in gedagte om jou krag goed te bestuur en nie te veel ander toestelle soos ‘n ketel, tuimeldroër, wasmasjien en mikrogolfoond terselfdertyd te gebruik nie. Afhangende van die sterkte van jou kragbron, wil dit vir my voorkom asof so 3 toestelle wat gesamentlik aan is, werk. So my nuutste missie is nou om die Airfryer in te span om in te bak. Ek het dadelik gaan kyk na watter bestaande bakpanne ek het wat ek daarin sal kan gebruik – My Instant Vortex 6 Airfryer van 5,7 liter gebruik so 1450-1700 Watt. In sy laaitjie pas ‘n 20 cm-losboomkoekpan gemaklik. Dis daarin waarin ek besluit om my hoenderpastei te bak.

Broccoli-hoenderpastei

Die resep is geskoei op die gewilde broccoli-hoenderresep van destyds wat onder andere ook ‘n blik sampioensop ingekry het. Om dinge vir my nog makliker te maak, het ek sommer ‘n klaargaar rotisserie-hoender by die supermark gekoop. My huismense het gesmul.

Genoeg vir 4—6 mense
Bereiding: 20min
Gaarmaak: 20 min

1 ui, gekap
1 rooi soetrissie, ontpit en gekap
3 knoffelhuisies, fyngedruk
olie
125 g sampioene, in skyfies gesny
1 heel hoender, alle bene en vel verwyder en in stukkies gesny
1 kop broccoli, in stukkies gesny
Hoenderspeserye en groentespeserye na smaak
Handvol basilieblare
180 ml (¾ k) volroommelk
30—45 ml (2—3 e) mielieblom
4 velle filodeeg
Kossproei

1 Braai die ui, soetrissie en knoffel in bietjie olie in ‘n pan oor ‘n gasbrander tot net sag. Voeg die sampioene by en braai tot effe sag.
2 Roer die hoenderstukkies by en braai 2—3 minute lank.
3 Voeg die broccoli-stukkies by en meng deur. Geur na smaak met hoender- en groentespeserye en voeg ook die basilieblare by. Verhit tot die broccoli net effe sag, maar nog baie bros is.
4 Meng die melk met die mielieblom en roer by die hoendermengsel in. Roer tot die mengsel kook en effe verdik.
5 Spuit intussen elke vel filodeeg met kossproei en pak opmekaar. Plaas in ‘n 20 cm-losboomkoekpan wat goed met kossproei gespuit is sodat die kante van die velle deeg oor die rante hang.
6 Skep die vulsel in die deeg.
7 Vou die oorhangstukke deeg toe oor die vulsel. Spuit goed met kossproei.
8 Stel die Airfryer op bak en verhit tot 180°C (dis binne minute gereed).
9 Plaas die pan met hoender in die Airfryer en bak 20 minute of tot die deeg goudbruin is bo-op en die vulsel lekker warm is.
10 Verwyder die pan uit die Airfryer en ontvorm op ‘n dienbord.
11 Sny in skyfies en sit voor saam met slaai.

Mooi mooi

Twee goed wat my sommer baie vreugde verskaf is ‘n vars pluksel blomme en ‘n fraai teepot. My blomvriendin, Elmarie van den Berg, wat genadiglik ook van die Kaap Weskus toe verhuis het en nou die blom-onderneming, Soutbos, in ‘n hoek by Food Lover’s Market in Vredenburg se Weskus Mall bedryf, bless my onlangs met arms vol slangbos, peperboom- en siprestakke. Daarby pragtige proteas uit Piketberg se berge. Sy maak magic met blomme en kan met bykans net loof en ‘n paar blomme die mooiste blomprentjies bou – natuurlik, pure eenvoud maar treffend.

‘n Klompie vriendinne verras my ook met met die mooiste bosse blomme en ‘n roosplantjie asook die pragtigste, fyne Engelse teepotjie – Royal Caldoun, “Victoria” wat met groot sorg spesiaal by ‘n antieke winkel uitgesnuffel is. Die suikerpotjie en peuselbakkie is by asook ‘n melkbekertjie, met die naam onderaan wat lui “Florandona”. Ek ken dit nie, maar die ontwerp pas perfek by die Royal Caldoun.

Die befame pottebakker, Mervyn Gers, het my ook ‘n tydjie gelede uitgenooi om my eie reeks breekware by hom te kom maak. Ons speel tog te lekker en ek besluit om eerder ‘n teeservies as eetstel bymekaar te sit, maar dit gaan ‘n tydjie neem om klaar te kry. Toevallig val my oog by sy studio op die oulikste seegroen teepotjie met groot plat teekoppies met kabouterore. Die kry ek saam huis toe.

Geïnspireerd met al hierdie seëninge om my, is dit tyd om ‘n teetjie te brou – ons kies uit die verskeidenheid Carmién en LMC tees wat ek in die afgewitte houtkas in my leefkamer hou. Soos meermale die geval kies ek Earl Grey, gemaak met groen rooibos, my vriendinne probeer die nuutste geure: die nuwe Passion Peach met sy grenadilla en perskegeure in die Carmién-reeks; asook die Strawberries & Cream en Haselneut & Chocolate in die LMC-reeks.

Daarby sit ek vir ons dadelbolletjies in die Royal Caldoun-bakkie voor en ‘n heerlike kaaskoek. Die bolletjies, wat geskoei is op die oorspronklike dadelballe met baie botter, suiker en Tennisbeskuitjies maak ek deesdae met hawermout sonder enige smeer of suiker. Gemmer sorg vir ‘n tikkie brand op die tong. Die kaaskoek (waarvan ek jul onlangs ook vertel het) is heerlik romerig, alhoewel, dit kry nie ‘n titsel room in nie, net geroomde maaskaas en jogurt met min suiker, selfs die kors is glutenvry. Niks meer is nodig nie, dis pure lekkerte by die unieke maar skoon smake van die rooibostee. Net reg om spesiale oomblikke mee te vier.

Die kaaskoek se resep is te kry in my boek, Lekker & Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid.

DADELBOLLETJIES

Ek bodder nie eers meer deesdae met die klapperolie in die resep nie, voeg net ‘n bietjie meer tee by.

Maak 50 bolletjies
Bereiding: 20 min

400 g ontpitte dadels, verkieslik Medjool
1,25 ml (¼ t) koeksoda
125 ml (½ k) Carmién Revive rooibos tee (met gemmer en brandrissie), gemaak met 2 sakkies
375 ml (11/2 k) hawermout, gerooster
160 ml (⅔ k) kakao
250 ml (1 k) klapper
80 ml (1/3 k) klapperolie, gesmelt (opsioneel)
30 ml (2 e) fyn gemmer
10 ml (2 t) vanieljegeursel
Klapper en kakao om in te rol

1 Plaas die dadels in ‘n glasbak en sprinkel die koeksoda oor. Giet die warm tee oor en verhit 1 minuut in die mikrogolfoond. Laat afkoel.
2 Plaas die dadels saam met res van die bestanddele buiten die klapper en kakao om in te rol, in die voedselverwerker en maak goed fyn.
3 Skep 12,5 ml (1 dessertlepel) van die mengsel uit en rol in bolletjies. Rol die bolletjies in onderskeidelik klapper en kakao. Sit voor of verpak in ‘n lugdigte houer.

Wenk: Jy kan ook bietjie fyngekapte Turkse appelkose en bosbessies, selfs ‘n bietjie grondbonebotter of sade by die mengsel inmeng vir ‘n heerlike energieballetjie, maak die klapper dan net minder.

Peuselgoed

Teen die Weskus is die weer nou koeler en die dae meestal windstil. Skemeraand kan jy jou verkyk aan die mooiste sonsondergange. Dis dan wanneer ons graag saam met ‘n paar vriende op die stoep kuier en ons vergaap aan die son wat sy laaste strale oor die meer gooi voor dit in ‘n diep oranje stralekrans agter die horison verdwyn. Soos altyd sal ons ‘n wyntjie oopmaak, Piekenierskloof van die familie-kelder natuurlik, en stadig daaraan teug terwyl ons ‘n paar versnaperinge geniet.

Vir ietsie te ete bak ek graag ‘n broodjie van een of ander aard. So einde Maart, wanneer parstyd verby is, is dit gepas om ‘n oesbrood te bak. Gewoonlik kry dit rosyntjies binne-in die brood om die ou seisoen te gedenk en vars druiwe bo-op om die nuwe seisoen te vier. Heerlik saam met die vinkelsade en pekanneute wat jy ook bo-oor sprinkel. Goeie olyfolie en balsamieke asyn (met ‘n 4% suurgraad) is meer as genoeg om die stukkies brood wat jy sommer self afbreek, in te doop.

Vir nog iets te peusel, maak ek ook graag ‘n paar frittata-tertjies en ‘n fluweelgladde tamatiesop wat ek sommer in ‘n teepot giet en vir elkeen klein koppietjies vol daarvan skink. (Die resepte hiervoor is te kry in my boek, Lekker & Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid).

MAKLIKE OESBROOD

Pleks van die gewoontelike swaarder oesbrood met sy laag rosyne in die middel, klop ek ‘n deegbeslag pleks daarvan om dit te knie – maklik, maar ook ligter van tekstuur omdat dit redelike rysgate het. Maar die groot lekkerte is die varsheid wat die druiwe saam met pekanneute en vinkelsaadjies daaraan verleen. Geniet dit saam met geroomde maaskaas met feta-kaas of andersins slegs die olyfolie en balsamieke asyn.

Kitswenk: ek koop ook soms ‘n pak brooddeeg by die winkel, druk dit plat uit en gaan verder te werk volgens die resep.

Bereiding: 20 min
Rystyd: 1½ uur
Baktyd: 15 min

BROOD
250 g klipgemaalde witbroodmeel of helfte bruinbroodmeel
2,5 ml (½ t) strooisuiker
7,5 ml (1½ t) kitsgis
200 ml louwarm water
45 ml (3 e) olyfolie plus ekstra vir bo-oor verf
BOLAAG
1 tros vars druiwe
50 g pekanneuthalwes
15 ml (2 e) vinkelsaad
2,5 ml (½ t) seesoutvlokkies
10 ml (2 t) strooisuiker
VOORSIT
230 g geroomde maaskaas
1 blok fetakaas (met olywe indien verkies) sonder pekel
Goeie balsamieke asyn en olyfolie indien verkies

1 BROOD Plaas al die bestanddele buite die ekstra olyfolie saam in ‘n groot bak en klop goed met ‘n houtlepel tot goed gemeng en glad (die kan jy ook in ‘n elektriese menger met ‘n deeghaak doen), nie nodig vir knie. Maak die bak toe met ‘n doek en laat rys vir 1½ uur.
2 Voorverhit die oond tot 250°C. Plaas ‘n vel bakpapier op ‘n groot bakplaat en bestuif met meel.
3 Plaas die deeg sagkens op die bakplaat en druk effens sodat dit uitsprei na die kante. Laat 20 min rys.
4 Verf liggies met ekstra olyfolie, druk die druiwe en neute vas in die deeg en sprinkel die sout en strooisuiker oor. Bak 15 min lank tot effe bros en gaar.
5 VOORSIT Krummel die fetakaas en roer by die maaskaas in. Sit ook voor met balsamieke asyn en olyfolie.

Lekker verrassingspakkie

Dis altyd ‘n groot verrassing as hier ‘n pakkie van die befaamde kosskrywer en -redakteur, Arina du Plessis by my opdaag. Want ja, dan weet ek die nuutste Landbou Boerekos het so pas gearriveer. Dit bly beslis een van my gunsteling kostydskrifte, tot boordens toe gevul nie net met lekker resepte nie, maar ook inligting en lekkerlees-artikels!

En soos altyd die geval, oortref die inhoud van die pakkie weereens al my verwagtinge. Buiten die nuutste Boerekos, die hersfuitgawe, met veral koningskos vir die koue maande, is daar nog ‘n verrassing, ‘n spesiale Landbou Boerekos wat slegs oor vleis en vleisbraai gaan. Daarmee saam ‘n oulike roostertjie; ook ‘n pakkie met die keurigste lekkernye soos Stroopwafels, Bokkenpootjes en Vlinders van die Holland Bakery en my eie houertjie met speculaas-speserye. My speculaas-plankie wat ek nog van my Hollandse ouma, Ouma Carmen, geërf het, het pragtige uitgekerfte patrone en nou kry dit weer ‘n slaggie werk, want nou kan ek sonder moeite speculaaskoekies bak.

Soos voorheen, kuier Arina by verskeie boere op hul plase en maak dan kos met die produk – kook met van avokado, pampoen, varkvleis, sitrus, suiwel, rosyne en eiervrug, daar’s tot idees hoe om beurtkrag te fnuik met spyskaarte vir Moedersdag en Vadersdag, sonder Eskom!

Buiten vir die heerlike artikel oor die kookegpaar wat agter die kookervaring en spysenierings-onderneming, Tamatiestraat in Stellenbosch staan, vang die storie oor die Holland Bakery ook my oog waar Karike Norval, wat Hollandse bloed in haar are het, so entoesiasties oor hul Nederlandse ervaringe gesels hoe hulle die land per fiets verken het. Iets wat beslis hoog op my doenlysie staan, want immers het my voorvaders ook ‘n bakkery in Utrecht bedryf.

Landbou-Boerekos is in meeste supermarkte beskikbaar en kos R95.

Maak jou eie speculaas-speserymengsel

75 ml fyn kaneel
5 ml gemaalde neutmuskaat
5 ml fyn gemmer
5 ml fyn kardemom
3 ml fyn naeltjies
3 ml fyn anys
2 ml witpeper

Meng die speserye goed saam, skep in ‘n fles en verseel lugdig. Bêre op ‘n droë, donker plek en gebruik binne 6 maande. Lewer ongeveer 100 ml speculaasmengsel.

BLITS-SPESERYBLONDIES
Lewer 4 porsies.

’n Blondie is ’n bruintjie wat met witsjokolade en sonder kakao gemaak word. Hierdie blitsige weergawe word wel nie met sjoko- lade gemaak nie, maar met kondensmelk, en bevat slegs drie bestanddele. Dit is nogtans smullekker. Bros buite, klam en taai binne – nes dit moet wees. Net die resep wat jy moet nader trek as die lus vir iets soets jou oorval, maar jou koskaste leeg is.

1 blik (385 g) volroomkondensmelk
250 ml bruismeel
5-7 ml speculaas-speserymengsel

Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ’n vierkantige pan van 20 cm met kleefwe- rende kossproei. Voer uit met bakpapier en spuit weer goed.
Meng die kondensmelk, meel en speserye saam tot ’n gladde beslag vorm. Skep in die pan en smeer dit gelyk bo-op. Bak die blondies vir 12-15 minute (dit is gereed wanneer die kante liggoudbruin is). Druk liggies met jou vinger in die middel van die blondie – as dit sag voel, maar effens terugspring, is dit perfek. Haal uit die oond en laat rus vir 20 minute voor dit uit die pan gehaal word.
Sit die blondies louwarm voor met ’n skep vanieljeroomys en ’n groot lepel vol speculaas-karamelsous.