Die soet van suurlemoen

Toe ons finaal intrek in ons Weskushuis was die eerste boom wat ek aangeplant het ‘n suurlemoenboom. Nie net om my herkoms te gedenk nie, maar omdat suurlemoen onmisbaar is in enige kombuis.

Die mooi geel vruggies maak ook ‘n tog te mooi prentjie in my ou silwerpot. Met die koms van Covid het almal die waarde van suurlemoen opnuut besef – nie net is dit gelaai met vitamien C nie, maar het ook ‘n alkalliese uitwerking op die liggaam al is hulle opsigself suur. So ja, my waterbottel kry gereeld sy skyfie suurlemoen by. In kos bly dit ‘n staatmaker – vars gerasper oor ‘n sop of bredie, selfs in ‘n groente-souttert en ‘n skyfie by vis verleen net die nodige nodige afronding.

Jare gelede het ek ‘n trefferresep vir ‘n heuning-suurlemoenhoender in Wenresepte 5 gepubliseer. Dit het ‘n staatmaker in my huis geword. Ideaal vir stukke hoender, wat net so lekker is as jy dit oor die kole rooster, maar ek gebruik dit selfs ook nou om hoenderfilette, wat ek in blokkies sny, in te roerbraai. Ek rasper ook deesdae graag ‘n bietjie rou gemmer oor. Ideaal vir voorsit saam met rys waarby jy bietjie kruie ingeroer het.

VIR DIE HEEL HOENDERSTUKKE

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 15 min
Gaarmaak: 1-1½uur

1,8 hoenderstukke, dytjies en boudjies
Sout en peper
Koekmeel om in te rol
125 ml (½ k) heuning
125 ml (½k) suurlemoensap
2 cm stuk gemmerwortel, fyn gerasper
60 ml (¼ k) sojasous

Voorverhit die oond tot 180°C.
Geur die hoenderporsies met sout en peper en rol in koekmeel. Skud die meel goed af.
Pak met die velkante na onder in ‘n oondpan.
Meng die res van die bestanddele en giet oor die hoender. Bak 1-1½ uur lank of totdat die hoender gaar en goudbruin is. Bedruip elke nou en dan met van die pansappe en draai die hoenderporsies na die helfte van die baktyd om.
Sit voor met kruie-rys: Meng 500 ml (2 k) gaar basmati-rys met 2—3 gekapte stingeluie, ‘n groot handvol gekapte vars koljander, basilie- en kruisemengblare en die gerasperde skil van 1 suurlemoen.

Vir hoenderfilet-roerbraai:
Sny sowat 6 hoenderporsies in blokkies, geur met sout en peper en rol in meel.
Braai in olie tot effe bruin, meng die res van die bestanddele en giet oor. Prut tot gaar.

Smul aan rys

Ek was bevoorreg om laas week die gesprek te lei by een van die boekbekendstellings van Isabella Niehaus en Louis Jansen van Vuuren se boek, Daar’s ‘n vegan op my VERANDAH (gespel met ‘n H ja!). Geskoei op plantaardige kosse maar beslis nie net vir vegans nie. Daar’s meer as genoeg resepte wat as bykos op tafel of as ligte ete kan dien. En soos ek nou al so baie keer genoem het, plantaardige kosse vra vir heelwat geurgoed en dis wat ek telkens raaklees in elk van die resepte in hierdie boek. Die gevulde pampoen-resep met sy geurige bruinrysvulsel vang my oog en raak die inspirasie op ‘n Sondagmiddag om vinnig iets soortgelyks voor te sit op my stoep onder die lattedak.

‘n Heel pampoen het ek nie, wel ‘n paar botterskorsies wat ek geur gee met uie- en knoffelpoeier voordat ek dit sommer in die lugbraaier gaarmaak. Dis deesdae nog makliker om te doen met die dat mens nou bio-afbreekbare “air fryer liners” kry, so die lugbraaier maak sonder moeite skoon. (Die kan terloops ook in die oond, mikrogolf en stomer gebruik word).

Ek hou my groot versameling Carmién tees in ‘n Franse broodblik wat met sy mooi blou ontwerp pronkerig op my koskas staan. Ek kies die Focus met sy masala chai-speserye van kaneel, kardemom, borrie en gemmer om die rys in gaar te maak. Dit gee ‘n sagte geurigheid aan die rys so mens het nie veel meer nodig nie. Daarby roer ek verskeie groentes na hartelus in.

Dis nou ook al ‘n geruime tyd wat ek verskeie resepte wat voedingsgisvlokkies (nutritional yeast) bevat, raaklees. Maar dis nogals my uitgangspunt dat ek nie resepte plaas as mens nie die bestanddele geredelik in ‘n supermark kan kry nie. Toe ek dus nou die dag my hande op ‘n pak voedingsgisvlokkies kan lê by Food Lovers Market het ek dit dadelik ingespan om die neutparmesaan wat in Louis en Isabella se boek is, uit te probeer. ‘n Strooisel daarvan was net reg om die geurige rys tot nuwe hoogtes te verhef.

ROERBRAAIRYS MET LUGBRAAIER-BOTTERSKORSIE

Genoeg vir 4—6 me
Bereiding: 15 min
Gaarmaak 40 min

BOTTERSKORSIE
5 ml (1 t) elk knoffel- en uiepoeier
20 ml (4 t) olyfolie
2 botterskorsies, in skywe gesny en pitte verwyder (nie nodig vir skil nie)
ROERBRAAIRYS
Olie
2 uie, in ringe gesny
3—4 knoffelhuisies, fyngerasper
375ml (1½ k) Spekko basmati-, Jasmyn of selfs bruinrys
Sowat 625 ml (2½ k) Carmién Focus-rooibostee, gemaak met 4 sakkies
1 stok pypkaneel (opsioneel)
Sout
Halwe kop broccoli en/of blomkool, in blommetjies gebreek
Sowat 4—6 spinasieblare, in dun repe gesny, stele en al
Handvol pampoenpitte
Neutparmesaan (sien resep)

1 BOTTERSKORSIE Meng die knoffel- en uiepoeier met die olyfolie.
2 Pak die botterskorsie in ‘n bak en stip die olyfoliemengsel oor. Vryf die mengsel in die botterskorsieskywe in.
3 Plaas ‘n “air fryer liner” in die bak van die lugbraaier en pak die botterskorsie-skywe in ‘n enkellaag daarin.
4 Lugbraai vir sowat 20 minute of tot die botterskorsie gaar en lekker bros is. Gee die bak ‘n lekker skud of draai die skywe om halfpad deur die proses. Hou eenkant.
5 ROERBRAAIRYS Verhit bietjie olie in ‘n braaipan. Braai die uie en knoffel tot sag. Voeg die rys by en meng goed deur.
6 Giet die tee by en voeg die pypkaneel by indien verkies en geur met sout na smaak. Verlaag die hitte, plaas die deksel op en laat prut tot die rys bykans sag is.
7 Voeg dan die broccoli- en/of blomkoolblommetjies asook die spinasierepies by. Bedek weer en laat prut tot rys heeltemal sag en tee heeltemal verdamp het met die groente steeds lekker bros.
8 Skep uit in groot plat dienbord met die botterskorsie langsaan of bo-op. Sprinkel die pampoenpitte en neutparmesaan oor en rond af met ‘n takkie of wat vars kruie.

NEUTPARMESAAN

250 ml (1 k) rou ongesoute kasjoeneute, amandels, dennepitte of selfs grondbone
60 ml (4 e) voedingsgisvlokkies (nutritional yeast)
3,75 ml (¾ t) gerookte seesout
5 ml (1 t) knoffel- en uiepoeier
Plaas al die bestanddele in die voedselverwerker en pols tot jy ‘n mengsel met ‘n korrelrige tekstuur het (moenie te lank pols nie, dan maak jy neutbotter). Skep in ‘n skoon fles en hou in die yskas.

Vis en brood

Teen die Weskus beleef ons tans die lekkerste weer. Nie te hittig nie en die wind het vir eers bietjie gaan lê. Met die laaste volmaan het die manne besluit om te gaan uitlê vir die nag. Met die visgerei reg en gewapen met genoeg te ete vir die nag se deursit is hulle so laatmiddag vort, eers om te gaan aas trek as die eilande oopmaak. Teen midernag laat hulle van hulle hoor – ‘n video-oproep vanaf die elflyn met die maan wat silwer strepe oor die kalm waters maak; in die verte skyn die liggies van Saldanha, bietjie nader flikker Langebaan s’n. Wat my opval is die absolute geluidlose nagstilte met net die waters wat gloeg-gloeg kap teen die boot. Dis met die draai van die water wat die elwe begin byt en hulle bring ‘n klompie in – dis nou as die hondhaaie nie die vangs verorber voor hulle die boot haal nie. Teen dagbreek steek die boot sy neus weer huis se kant toe, die bemanning vaakmoeg maar tevrede. Dit laat my dink aan die bekende Bybelverhaal van Jesus wat die 5 vissies en 2 broodjies vermeerder het vir die skare.

By die huis word die vis mooi skoongeskraap en die binnegoed netjies uitgehaal. Net reg vir die pangebraaide vis, wat in meel gerol word voor jy dit in ‘n bietjie olie braai en met ‘n Mediterreense salsa en platbroodjies voorsit. Jy kan ook visbrijani maak nes my voormalige kombuis-assistent, Waleed Alexander my geleer het. Dan is daar ook die lekker viskoekies waarmee jy die oorskiet kan wegwerk. Al hierdie resepte is te kry in my nuutste boek, Lekker & Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid.

Ek het ook nou onlangs ‘n mooie mandjie met heerlike speserye, onder andere ook saffraan, present gekry al die pad van Mauritius af. Dit laat my dink aan die geurige, dog eenvoudige eilandviskerrie wat ek op die Seychelle geproe het. Die sit ek voor met jogurtplatbroodjies of warmwater-roti’s, ‘n resep wat ek nog by die befaamde Boerekos met ‘n Twist-kok, Annelien Pienaar, ontvang het. Die roti-resep is ook te kry in my Lekker & Goed-boek.

EILAND-VISKERRIE

Jare gelede het ek op die Seychelle-eilande die geurigste kerrie, gemaak met die eenvoudigste bestanddele geproe. Hier is my weergawe.

Genoeg vir 4 mense
Voorbereiding: 7 min
Marineer: 15 minute
Gaarmaak: 6—10 min

1 ui, gekap
3 knoffelhuisies, fyngedruk
5 cm gemmerwortel, gerasper
30 ml (2 e) olie
5 ml elk (1 t) elk vismasala, borrie en fyn komyn
Knippie fyn saffraan
2—3 brandrissies, ontpit en gekap
750 g vars vis, ontvel en ontgraat en in stukke gesny
Sout
olie
Skil van 2 lemmetjies, sap van een
25 ml (5 t) tamatiepasta of 3 tamaties, ontvel
Groot handvol gekapte koljanderblare
4 kerrieblare (opsioneel)
45 ml (3 e) geroosterde klapper of semsamsaad (opsioneel)
VOORSIT
Jasmynrys of platbrode
komkommerslaai

1 Meng die ui, knoffel, gemmer, olie, borrie, komyn en saffraan. Skep die kerriemengsel oor die vis en laat staan 15 minute.
2 Skep die vis uit. Verhit nog klein bietjie olie in ‘n pan en soteer die uiemengsel tot sag. Voeg die brandrissie, lemmetjiesap en –skil saam met die tamatie, koljander en kerrieblare by. Prut tot souserig en geurig, so 5 minute.
3 Geur die visblokkies met sout, braai apart in bietjie olie tot effe bruin. Verlaag die hitte, voeg die vis by die uiemengsel en prut tot die vis net gaar is, sowat 3—5 minute.
4 Sprinkel die klapper of sesamsade oor indien verkies en sit voor met jasmynrys of platbrode en komkommerslaai (sien resep).

JOGURT-PLATBRODE

Meng 150 g bruismeel, 150 g volgraam meel, 5 ml (1 t) bakpoeier en 2,5 ml (1/2 t) sout. Roer sowat 350 ml ongegeurde jogurt by om ‘n stywe deeg te vorm. Knie liggies en laat 10 minute rus. Verdeel in 10 bolletjies en rol elkeen in ‘n dun sirkelvorm uit. Braai in ‘n verhitte gietysterpan, sowat 2 minute per kant. Verf alkant met gesmelte pietersieliebotter en sit saam met die kerrie voor.

KOMKOMMERSLAAI

Sny ‘n halwe komkommer en 2 wortels in julienne-repies. Voeg ‘n gekapte brandrissie by. Meng 30 ml (2 e) elk suurlemoensap en sesamolie met 5 ml (1 t) heuning of bruinsuiker en giet oor.

Weskusjuwele

Die Weskus is ‘n spesiale plek met vele weggesteekte juwele – dié ontdek ons so stelselmatig noudat ons permanent teen die Weskus bly. En wat ‘n verrassing toe ek na The Ultimate Guide to the West Coast kyk wat onlangs op Inside Guide in samewerking met Discover Cape Town and the Western Cape gepubliseer is. Daarin is vele plekkies wat ons gereeld by aandoen, maar soos gewildheid van Weskus by die dag toeneem, skiet daar net so gereeld nuwe plekke op wat ‘n besoek die moeite werd maak.

Langebaan, met sy kosmopolitaanse samestelling, heelparty winkels en besighede vorm die kernpunt waarvandaan mens gemaklik die res van die Weskus kan verken. En natuurlik is die akwablou waters van die Langebaanmeer die groot aantrekkingspunt en laat jou nogals sowaar dink jy span op een of ander Griekse eiland uit, veral as jy jou boot by Kraalbaai vasmeer; die Weskuspark met sy blommeprag is nie net ‘n móét-besoek in die lente nie, wintertye is dit heerlik om daar te gaan piekniek hou teen die Weskuswaters. By die La Petite Maison-restaurant in die historiese Farmhouse Hotel word Weskuskos deesdae met ‘n Franse kinkel voorgesit en net bietjie verder af by die Shark Bay Hotel boek ek gereeld in vir ‘n lekker treat en spa-sessie. Daarvandaan het jy ‘n prentjiemooi uitsig oor die meer.

Daar is nog vele eetplekkies, Die mees bekende sekerlik, Pearly’s, met sy uitsoekstaning daar op die sand langs die meer. Vir ons is daar niks lekkerder om sommer net in te val vir ‘n vinnige koffietjie met iets ligs daarby terwyl ons die sakkende son en voëls wat huiswaarts keer gade slaan nie. Hulle is ook onlangs opgeknap en die spyskaart bietjie vernuwe. Trip Advisor gee jou ‘n goeie oorsig van restaurante in Langebaan waar Thoban Chefs, wat veral bekend is vir hul soesji en Asiatiese geregte, bo-aan die lysie staan.

Saldanhabaai se kant toe weer, sal ons gereeld inloer by Cup of Cake vir die lekkerste verkeidenheid koeke waarvoor Sanet Eigelaar groot bekendheid op Koekedoor verwerf het. By Blue Bay Lodge & Resort waar die ou Wicht-opstal omskep is as gasteblyplek, is die lekker groot leerbanke op die windbestande stoep weer die plekkie waarvandaan ons die meer uit ‘n heel ander hoek kan bekyk met die sagte kabbelende waters net klipgooi ver.

Paternoster het geen bekendstelling nodig wanneer dit kom by oulike eetplekke nie, veral Kobus van der Merwe van Wolfgat, het nuwe sterstatus verleen aan die aardse bestanddele en kosse wat die Weskus bied. As die gewoel in die dorpie ons bietjie voos het, val ons graag in by Mondvol-koffiewinkel in Pelgrimsrus waar ons kan kuier op die stoep en aansit vir ligte eetgoed, vars en keurig voorgesit.

Maar dis veral historiese plekke wat my belangstelling prikkel. Velddrif onthou ek as ‘n windverwaaide Weskusdorpie teen wie ons as kinders rugby en netbal gespeel het. Nie veel om oor huis toe te skryf nie. Nou is dit gans en al ‘n ander storie met eiendom wat net al hoe meer gesog raak. Veral die historiese Bokkomlaan met sy rye vishuisies teen die Bergrivier wat nou allerlei eetplekkies huisves, lok baie besoekers. Buiten vir vis en tjips is daar selfs ‘n plekkie soos AVOO Health Café waar jy heerlike heilsame kosse soos bokkombrood en spekboomkoek kan bestel. Ekself kan nie wag om daar te gaan inloer nie.

Ons hou ook daarvan om al langs die see die pad Verlorenvlei en Elandsbaai toe te vat. Soos mens deur Dwarskersbos ry, kry jy Deli on Main wat nou ons gereeld stopplek geword het vir padkos en proviand. By Die Skooltjie-plaasstal kyk ons graag rond vir lekker konfyte en dan is dit hef aan Verlorenvlei toe – Vensterklip toe waar Jane Louw saam met haar span towerkos in die allermooiste historiese plaasskuur opdis.

Digby Langebaanweg, is daar die Fossielpark wat nou spog met ‘n pragtige moderne besoekersentrum en museum en beslis ‘n besoek werd is. Dan is daar iKhwattu-Nature Reserve, waar mens ‘n leef- tot eetervaring eie aan die San–kultuur kan meemaak. Dit bly my gunsteling afdraaiplek, veral nou dat hul ook spog met ‘n pragtige nuwe gebou en uitstallings wat die San-kultuur uitbeeld. Maar dis veral die San-geïnspireerde etes wat die begeesterde jong sjef, Werlise Rautenbach so kreatief en keurig met “foraged” en plaaslike produkte bymekaarsit, wat my weer en weer sal laat teruggaan om net nog meer en meer te ontdek. Ek heg die huidige spyskaart hierby aan, maar hulle is reeds besig om te werk aan ‘n nuwe herfs-spyskaart, laat weet Werlise my. Later gaan ek ‘n gereg of twee deel.

Daar is nog vele meer juwele, so gaan loer gerus verder op Inside Guide.

Gesonder produkte

In my Lekker & Goed-reis op soek na heilsame kos wat gesonder is maar steeds heerlik smaak, was dit veral my missie om gesonder produkte te gebruik wat maklik verkrygbaar is en jou nie ‘n arm en ‘n been gaan kos nie.

In die verlede het dit my ure in die supermarkgange gekos (soms ook tot groot frustrasie van ander kopers) soos wat ek elke produk op die rak se bestanddelelyste en gesondheidsinfo gefynkam het en produkte met mekaar vergelyk het om uiteindelik ‘n keuse te kon maak; dit het veral ‘n missie begin word as die inligting so klein gedruk is dat jy skaars kan uitmaak wat daarop staan.

Wat ‘n verligting dus toe ek reeds so vroeg soos in 2018 die Simple Truth-reeks op Checkers se rakke begin opmerk. Die enorme reeks produkte wat insluit van geriefsvoedsels tot basiese koskas-bestanddele, daar’sselfs skoonmaakmiddels, bevat voor die voet geen preserveer- of kleurmiddels nie, ook nie bygevoegde MSG of kunsmatige versoeters nie. Elke afsonderlike produk het egter ook verskeie vedere heilsame hoedanighede soos dat dit onder andere vegetaries, vegan en glutenvry kan wees, rou of verminderde suiker het of ‘n hoë proteienproduk is sowel as ekovriendelike opsies.

Simple Truth se prominemte groen kol maak dat jy dit maklik op die winkelrak sal raaksien en elke produk se unieke voordele word duidelik op die voorkant van die produk aangedui. Vir my is dít amper die grootste voordeel, want nou is my winkelbesoek en koop-ervaring soveel makliker en vinniger sonder uitgerekte wik en weeg met die gepaardgaande frustrasies.

Nog beter eintlik is as jy aanlyn na die Simple Truth-produkte gaan soek – daar kan jy mooitjies die etiket met ‘n vergrootglas fynkam om al die nodige inligting te bekom. Buiten vir die amper voor-die-handliggende geen preserveer-, kleur- en geurmiddels, het die Simple Truth-reeks hom tot veel meer as net dit verbind.

Hier is wat gereeld in my winkelmandjie land (en ‘n paar ander waarop ek my oog nog het):

Heel aan die begin het ek eerste die grondboontjiebotter wat geen bygevoegde suiker of sout het nie, maar slegs uit geroosterde grondbone bestaan aangeskaf – ek hou veral van die growwe een. Daarby die vrugte-konfyt wat tot 33% minder suiker bevat en die rou heuning wat nie verhit of gefilter is nie. Op daardie stadium het ek nog verwoed brood probeer uitsny so die saadbeskuitjies het menige dag ook in my mandjie geland. Deesdae is daar ook bruinrys-beskuitjies en verskeie rys-en antieke graan-tjippies wat nie in olie gebraai is nie, maar“air popped” is en sodoende 70% minder vet bevat en ook geskik vir vegansen ook glutenvry is. Heerlik vir op jou kaasbord (as jy vegan is, moenie kommer nie, daar is selfs alternatiewe vegan klapperlolie-kase soos ‘n roomkaas, feta tot bloukaas).

Vir ‘n blitsvinnige ontbyt wat alle boksies tiek, gebruik ek graag die “high protein wholegrain cereal” wat verminderde suiker in het en ook glutenvry is. Ek hou veral van die sjokoladegeur. Selwers het ek nog nie die muesli’s probeer nie, maar hawermout-sorghum-en-sade-muesli met pynappel, piesang en klapper of aarbei-en-beet klink altevol lekker vir my. En dan is daar nog die glutenvrye klapper-en-vlassaadpap wat glutenvry met geen bygevoegde suiker.

Maar dis die koskasbestanddele wat nou gereeld deel van my inkopielys is: soos die klapperolie wat natuurlik, en sonder transvette is en ook’n neutrale smaak het. Die span ek in om in te braai maar veral ook om mee te bak – ek vervang botter of margarien daarmee soos bv in tertkorse hou dit nou die krummel bymekaar, want dit stol ook as dit afkoel. Die klapper-kossproei werk net so goed om panne mee te puit.

Die glutenvrye spaghetti, gemaak met mielieblom/meel het ek al probeer en was aangenaam verras van hoe dit sy vorm behou en nie binne ‘n ommesientjie papkook nie. Die macaroni, gemaak spelt, het ek nog nie probeer nie.

Dan is daar die appelasyn, wat natuurlike gefermenteer is uit fyngedrukte appels en in houtvate verouder het. Dis 100 persent natuurlik en ongefilter,nog met sy “moeder”. Ek kook graag daarmee en hou van die sagte suur smaak. So ‘n spatseltjie oor gebraaide sampioene is heerlik.

Ek staan en kyk vandag weer na al die alternatiewe melksoorte: rys, amandel, soja en hawermout. Geeneen is versoet nie en meeste is geskik vir vegans. En as jy hulle met soortgelykes op die rak vergelyk is hul soort vir soort altyd goedkoper. As jy koeimelk wil uitsny is almal goeie opsies. Ek gebruik graag die hawermoutmelk as ek oornag-hawermout maak (die resep is ook in my Lekker & Goed-boek).

Ek het nog altyd die uitgangspunt gehad dat wanneer ek resepte ontwikkel, gewone mense die produkte sonder te veel sukkel in ‘n supermark moet kan kry – en dan het ek altyd Checkers se rakke dopgehou. So was dit ook die geval toe ek na koringmeel-alternatiewe begin soek het – en sowaar dit was nie lank nie of jy kon onder die Simple Truth-reeks van klappermeel, quinoa, amandelmeel tot ‘n verskeidenheid sade vind. Toe kon ek na hartelus begin eksperimenteer, want ek weet mense hoef nie te ver te soek nie, en meestal was die prys heel gangbaar.

Buiten vir ‘n magdom ander produkte is daar’s nou klaargemaakte kosse wat die stoei uit kosmaak haal. Dis volgende op my probeerlysie.

Valentynsvreugde

In my jare as kosredakteur was die spesiale temas wat daar deur die jaar op gefokus was nogals vir my ‘n uitdaging. Een wat my veral soms laat kop krap het was Valentynsdag, want sien, hierdie storie moes alreeds afgehandel en klaar in die sakkie wees voordat ons vir die jaarlikse Kersvakansie gebreek het. Nou wie op dees aarde dink daardie tyd al aan Valentynsdag as al die winkels propvol Kersfees is. Mens se idees met sjokolade raak op ‘n stadium ook maar min.

Selwers het ons graag op Valentynsdag Stellenbosch toe gery, die strate ingevaar en by verskeie straatkafees aangesit vir ietsie lekkers, maar veral om die studente dop te hou – baie verlief en verlore met net oë vir hul beminde. Dan het ons al die bekende plekkies omgery waar ons as studente graag gekuier het. Die soete herinneringe was meer as genoeg vir my.

Hier op Langebaan laat ander dinge ons tiek – die lang soel someraande lewer die mooiste sonsondergange op en die wind het darem nou so ietwat tot bedaring gekom. Dan is daar niks lekkerder om ‘n stappie op die strand te vat of selfs ‘n vinnige draai met die boot op die meer te maak terwyl die seevoëls nes toe keer vir die nag nie. Ons leef baie meer aards, ons kos meer natuurlik, niks fancy of oordadig nie.

Ek blaai deur die resepte wat ek die afgelope tyd geplaas het en dis die waatlemoenresepte wat my oog vang. Die sagte natuurlike pienkrooi gee net die regte gevoel vir Valentynsdag, dis vars en verfrissend en ideaal vir ‘n hittige Valentynsdag hier teen die Weskus. Ek sien ook nog baie waatlemoene in die winkels. Mens kan die aardse feesmaal by jou huis voorsit of ‘n piekniekmandjie pak en na ‘n mooi plekkie verkas waar die natuur die nodige ambiance en romantiek sal skep.

My keuse val koue waatlemoensop, heerlik vars met komkommer, basilie en ment; perfek gebraaide pienk reënboogforel met ‘n bros velletjie en vir ietsie soets pavlova met waatlemoenhartjies. Salige lekkerte!

KOUE WAATLEMOENSOP

Werklik ‘n heerlike verfrissende sop waaraan ek daglank kan teug.

Maak sowat 750 ml
Bereiding: 15 min

Halwe waatlemoen, geskil, ontpit en in stukke gesny (sowat 750 ml/3 k)
Halwe komkommer, saadjies uitgeskep en in stukke gesny
1 geel soetrissie, in stukke gesny
60 ml (1/4 k) basilieblare
2 takkies ment
30 ml (2 e) heuning
60 ml (1/4 k) geroomde maaskaas
30 ml (2 e) wit balsamieke of appelasyn
Sout en varsgemaalde swartpeper
feta-kaas vir bo-op sprinkel
basilieblaartjies vir afronding

1 Plaas die waatlemoen, komkommer, soetrissie en kruie in die voedselverwerker en verwerk tot fyn.
2 Voeg die heuning, maaskaas en asyn by en verwerk tot glad. Geur met sout en peper.
3 GIet in glasies en sprinkel die feta-kaas bo-op. Rond af met basilieblaartjies.

PANGEBRAAIDE REËNBOOG-FOREL MET WAATLEMOENSALSA

Waatlemoenstukkies saam met appel en dille is onverbeterlik saam met vis. Hier wys ek jou hoe om forel perfek gaar te maak met ‘n lekker bros velletjie.

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min
Gaarmaak: 10 min

SALSA
2 skywe waatlemoen, geskil en in klein blokkies gesny
Handvol dilletakkies, fyn gekap
1 appel, in blokkies dun stokkies gesny
Sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
5 ml (1 t) heelkorrelmosterd
15 ml (1 e) olyfolie
SMEERSOUS
125 g botter
Sap en fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
30 ml (2 e) fyn appelkooskonfyt
10 ml (2 e) sojasous
1 knoffelhuisie, fyngedruk
Sout en peper
VIS
Sowat 500 g reënboogforelporsies (4)
60 ml (1/4 k) olie

1 SALSA Meng al die bestanddele saam en hou eenkant gereed.
2 SOUS Smelt die botter in ‘n klein kastrolletjie en voeg die suurlemoensap en -skil by asook die konfyt, sojasous en knoffel. Geur na smaak met sout en peper.
3 VIS Geur die visporsies met sout en peper.
4 Verhit die olie in ‘n kleefvrye pan tot warm. Plaas die porsies, velkant na onder, in die pan en braai 4-5 minute of tot die kante van die vis net pienk begin verkleur en die vel bros is (dis belangrik dat die pan kleefvry is anders sit die vel aan die pan vas). Verf die vleiskant met die smeersous, draai die vis vinnig om met ‘n spaan en braai vinnig vir so ‘n minuut of wat tot die vleiskant net effe verkleur en net liggaar is.
5 Plaas op ‘n dienbord, verf nog van die sous oor en skep van die salsa bo-op.

PAVLOVA MET WAATLEMOEN EN GEMMER

Gemmer en waatlemoen is ‘n heerlike kombinasie en sorg vir ‘n perfekte bolaag vir pavlova. Vir die mooi het ek die waatlemoen in hartjies uitgedruk.

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 40 min
Gaarmaak: sowat 3 uur

PAVLOVA
6 eierwitte
400 g strooisuiker
10 ml (2 t) appelasyn
15 ml (1 e) mielieblom
5 ml (1 t) vanieljegeursel
125 ml (1/2 k) amandelvlokkies of gekapte amandels of gemengde neute (opioneel)
VULSEL
250 ml (1 c) dubbelroom-jogurt
Sowat 60 ml (1/4 k) gepreserveerde gemmerstukke se stroop
BOLAAG
3 skywe waatlemoen, in stukke gesny of in sterre of hartjies gedruk
125 ml (1/2 k) gepreserveerde gemmerstukke
Ment of basilieblare vir afronding

Voorverhit die oond tot 150°C. Plaas bakpapier op ‘n groot bakplaat, spuit en stuif met mielieblom.
1 Klits die eierwitte in ‘n groot bak tot skuimerig met ‘n elektriese klitster, voeg die strooisuiker lepelsgewys by en klits tot die mengsel styf en glansend is. Vou die asyn in en sif die mielieblom oor. Vou die vanielje en neute liggies in.
2 Skep die meringue op die bakplaat en vorm ‘n rowwe sirkel met ‘n effense holte in die middel. Plaas in die oond en draai die oond af na 120°C. Bak 1 1/4 uur, skakel die oond af en laat afkoel in die oond vir sowat 2 ure. (moenie die deur oopmaak nie).
3 VIR VOORSIT: Trek die papier versigtig af van die onderkant van die meringue en plaas op ‘n dienbord of koekstaander.
4 Meng die jogurt met die gemmerstroop en skep in die holte.
5 Stapel die waatlemoenstukke bo-op en sprinkel die gemmerstukke oor. Rond af met ment- of basilieblare.

Kweek jou eie groente

Met dié dat plantkosse en groente een van die groot kostendense vir 2023 is, het ek dit goedgedink om weer ‘n groentetuintjie by my Weskushuis aan die gang te kry. Laas toe ek my hand aan ‘n groentetuin gewaag het, het ek sommer die oop stuk grond langs die swembad by ons Kaapse huis ingespan. Gedagtig aan die Weskuswind wat maar tierend om die hoeke kan waai, gaan ek eerder nou ‘n paar potte en plantbokse aanskaf daarvoor. Die ou nerfaf houtwerkbank wat op my buite-kuierstoep staan en tans as bêreplek vir my wye versameling kookboeke dien, gaan net reg wees waar die potte, bakke en bokse ‘n staanplekkie moet kry – knus in die binnehof, verskans teen die wind en ergste son. Dan is dit ook makliker om gereeld ‘n ogie oor hulle te gooi sommer so vanuit die kombuis.

Jare gelede, ook in Februarie, doen ek saam met my tuiniervriend, Cobus Smit, wat ook my Weskustuin vir my uitgelê het, ‘n artikel in Huisgenoot oor hoe om jou eie groente te kweek. Daardie blaaie bewaar ek tot vandag nog soos ‘n kleinnood, nie net vir die lekker groente-resepte nie, maar ook oor die handige wenke en praktiese aanwysings wat Cobus gewys het hoe om die tuintjie te maak, maak nie saak of dit tussen jou blomme staan, in potte of in ‘n goed afgebakende groentetuin aangelêword nie. En hy wys jou ook hoe om natuurlike bemesting te maak, wisselbou toe te pas en jou eie brousels aan te maak om peste mee te bestry. Ek deel dit graag met julle.

Kweek self jou groente:

Bladsy 1
Bladsy 2
Bladsy 3

Eet uit jou tuin:

Bladsy 1
Bladsy 2
Bladsy 3
Bladsy 4

2023 se top kostendense

Volgens my is die beste Suid-Afrikaanse aanlyn-kostydskrif wat daar tans is Crush. Hier kry ek nie net heerlike inspirasie vir resepte nie, maar ook wonderlike addisionele inligting wat alles met kos en nuwe bestanddele te make het. ‘n Paar weke gelede het hulle die top kostendense vir 2023 gedeel en ek kyk graag bietjie dieper daarin.

  • CBD in kos
  • Inheemse Afrika en antieke grane
  • Dadels
  • Nie-alkoholiese drankies
  • Sampioene
  • Blikkies vis “kaasborde”
  • Flexitaries en groente

CBD IN KOS

Die wettige CBD-mark groei by die dag en innoverende vervaardigers vermeng al hoe meer klein hoeveelhede by kos en drankies soos wat die stigma daaraan verbonde besig is om te versag. Carmién Tea het ook nie op hul louere gerus nie en vandat hul Calm-rooibostee (rooibos gemeng met ‘n fraksie CBD met subtiele geure van grenadilla en suurlemoenbalsem) die winkelrakke getref het, was dit ‘n wenner.

Omdat dinge by my maar meestal op ‘n galop gaan, is daar vir my niks beter om so bietjie tot verhaal te kom as om terug te sit en te ontspan met ‘n koppie Carmién-rooibostee nie (ek het dadelik die Calm-rooibostee aangeskaf). Ek het toe ook sommer ‘n stappie verder gegaan en beskuit daarmee gebak. Heerlik neuterig en gesond met baie vesel, lekker min suiker en vet. Net so maklik om te maak – dit kry nie eers eiers of melk in nie, so vegans kan dit ook geniet. Ek het al die resep geplaas, maar dis so lekker ek gee dit sommer weer.

Deluxe nutty wholewheat rusks

These delicious rusks are loaded with nuts and seeds and made with rooibos tea containing CBD (THC free). The rooibos tea adds subtle notes of lemon balm and passionflower to the rusks. The rusks contain no egg or milk, making them suitable for vegetarians and vegans as well.

Makes 60—80 rusks
Preparation time 20 in
Baking time: 50—60 min
Drying time: overnight

375 ml (1½ c) white bread flour
10 ml (2 t) baking powder
5 ml (1 t) bicarbonate of soda
5 ml (1 t) salt
500 ml (2 c) wholewheat flour
250 ml (1 c) oats
160 ml (⅔ c) sugar
125 ml (½ c) sunflower seeds
125 ml (½ c) pumpkin seeds
250 ml (1 c) cranberries
250 ml (1 c) mixed nuts, chopped
250 g coconut oil, melted
375 ml (1½ c) lukewarm Carmién Calm rooibos tea with CBD, passionflower & lemon balm, made with 6 bags
15 ml (1 T) unfiltered apple vinegar

Preheat the oven to 180°C. Spray an oven-roasting pan with spray & cook.
1 Sift the flour, baking powder, and bicarbonate of soda and salt together in a large bowl. Add the rest of the dry ingredients and mix well.
2 Mix together the coconut oil, rooibos tea and vinegar.
3 Add to the dry ingredients and mix well. Turn the dough into the prepared tin and spread evenly.
4 Bake for 50—60 minutes or until a testing skewer comes out clean from the centre of the rusks.
5 Turn out onto a wire rack and leave to cool. Cut into neat fingers and arrange in a single layer onto a baking tray.
6 Dry out in the oven at 90°C until completely dry. Store in an airtight container.
7 Serve with a cup of Carmién’s Calm rooibos tea.

Gaan kyk ook in my boek, Lekker & Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid, uitgegee deur Lapa by Penguin Random House South Africa vir nog ‘n heerlike gesondheidsbeskuit asook ‘n low carb-een gemaak met klapper.

INHEEMSE AFRIKA- EN ANTIEKE GRANE

Antieke grane word net al hoe meer gewild, veral inheemse Afrika-grane soos fonio, teff, bambara-grondbone en sorghum. Ek het via die befaamde kosfoendi, Renata Coetzee, met sorghum kennis gemaak en het jare gelede reeds ‘n heerlike brood daarmee gebak. Deesdae span ek dit gereeld in veral om koeskoes mee te vervang. Koswinkels soos Food Lovers Market, Spar en Checkers hou deesdae ‘n groot verskeidenheid anderste grane aan. Local Village Foods hou veral Afrika-grane aan.

Verder gebruik ek rooibostee om die graan in gaar te maak – as ek met baie speserye gaan werk, is Carmién se Focus met sy heerlike speserygeure net die ding, andersins as jy meer van ‘kruiegeur’ verlang, gebruik ek graag die Rescue van Carmién wat ook bietjie boegoe in het. So ook is die Revive, ‘n groen rooibostee met gemmer en bietjie brandrissie in, net so geskik en gee ‘n lekker, maar nie oordadige skop. Trek ‘n sterk treksel tee en gebruik dit pleks van groenteaftreksel.

ROOIBOS-SORGHUM

Genoeg vir 6—8 mense
Bereiding: 20 min
Gaarmaak: 15 min

1 sakkie (500 g) botterskorsie- of pampoenblokkies
1 sakkie (500 g) patatblokkies
1 klein blomkool, in blommetjies gebreek
2 uie, gekap
1 rooi soetrissie, ontkern en in blokkies gesny
60 ml (¼ k) olyfolie
sowat 15 g Carmen Niehaus Masala Chai-sout of andersins geroosterde masala en komyn vir oorsprinkel
1 blik (400 g) kekerertjies, gedreineer
2,5 ml (1/2 t) elk sout, paprika en komyn
250 g sorghum, gaargekook in sowat 1 liter chai-rooibostee, gemaak met 8 sakkies Carmién Focus
Gerasperde skil van 1 suurlemoen
200 g rugspekvleis, in stukke gesny
Sowat 180 ml (¾ k) Carmen Niehaus fynbosslaaisous of lemoenslaaisous of mosterd-vinaigrette
20 g koljanderblare vir bo-oor sprinkel

Voorverhit die oond tot 190°C.
1 Meng die groente met die olyfolie en vryf goed met jou hande deur. Geur met die Masala Chai-sout of andersins geroosterde masala en komyn en meng weer lekker deur met jou hande. Skep in ‘n enkellaag in ‘n oondpan en oondbraai sowat 30 minute of tot gaar en effe bros. Skep uit.
2 Pak die kekerertjies in ‘n enkellaag in die Airfryer, sprinkel die sout, paprika en komyn oor. Airfry tot bros, sowat 5 minute.
3 Kook die sorghum in die rooibostee tot sag en gaar, sowat 40 minute en dreineer goed.
4 Voeg die groente en kekerertjies by.
5 Braai die spekvleis tot net gaar, kap fyner indien nodig en roer by die sorghum in. Giet die slaaisous oor en laat afkoel.
6 Skep op in ‘n platterige opdienskottel en sprinkel die koljanderblare oor.

Wenk: Verleen verdere Marrokaanse smake aan die gereg deur dadels, bosbessies, Turkse appelkose en rosyne by die koeskoes in te meng. Dan kan jy die groente effe minder maak. Roerbraai sonneblomsade in ‘n droë pan, sprinkel bietjie sojasous oor en braai tot droog. Sprinkel oor die gereg. Andersins kan jy gekapte pekanneute oorsprinkel en inroer.

SLAAISOUSE

LEMOENMOSTERD-SLAAISOUS
250 ml (1 k) lemoensap
Sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene
60 ml (4 e) olyfolie
4 knoffelhuisies, fyngedruk
30 ml (2 e) korrelmosterd
10 ml (2 t) Dijonmosterd
30 ml (2 e) heuning
Sout en peper na smaak

MOSTERD-VINAIGRETTE
6 knoffelhuisies, fyngedruk
100 ml olyfolie
200 ml vars uitgedrukte suurlemoensap of houtverouderde balsamieke asyn
30-40 ml klaarbereide mosterd
Sowat 45—60 ml (3—4 e) heuning of bruinsuiker
sout en peper na smaak
bevat en anti-inflammatories is
Vir beide slaaisouse, meng net al die bestanddele goed saam.

DADELS

Dadels word gesien as die natuur se lekkergoed en buiten vir hul verskeie gesondheidsvoordele soos dat dit baie vesel asook vitamien A en B6 bevat en anti-inflammatories is, word dit veral ingespan as alternatief vir verfynde suiker. In my nuutste boek, Lekker & Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid is daar verskeie resepte waar dadels ruimskoots ingespan word – van muffins en koek tot die allerlekkerste dadelballetjies.

NIE-ALKOHOLIESE DRANKIES

Met die alkolholverbod wat tydens die inperking in die land gegeld het, het baie mense begin eksperimenteer met nie-alkoholiese drankies (buiten pynappelbier). Sommige mense het daarna heeltemal ophou alkohol verbruik terwyl andere heelwat minder drink. Nie-alkoholiese drankies word ook al hoe meer gewild, veral agv die groeiende wêreldwye gesondheids bewusteheid wat veral gedryf word deur Gen Z’ers (gebore middel 1990 tot vroeg in 21e eeu). Tee, veral rooibostee is die ideale produk om nie-alolholvrye drankies mee te maak. Veral Carmién Tea se Cold Brews en piramied tees is geskik vir hierdie doel. As ek haastig is, voeg ek net sommer vinnig ‘n sakkie by sodawater, tonikum of lemonade. Gaan kyk op die Carmién webtuiste vir heerlike idees.

KRAG VAN SAMPIOENE

Sampioene word beskou as die nuwe blomkool –met hul heerlike umami-geur en vleiserige tekstuur word hulle veral ruimskoots ingespan as hoofbestanddeel in alternatiewe plantkosse vir vleis. Buiten die bekende wit, bruin en portobello sampioene word meer gesofistikeerde soorte soos oester, chanterelle en porcini ingespan om vleisdisse na te boots terwyl shiitake, shimeji en enoki veral ingespan word in die bereiding van Oosterse geregte.

BLIKKIES VIS VIR “KAASBORDE”

Deesdae pak mense al hoe meer blikkies vis soos sardyne, sardientjies, tuna en mossels net so in die blik op borde uit sodat mense direk daaruit kan peusel saam met ‘n broodjie of beskuitjie. ‘n Bekostigbare alternatief vir kaas en charcuterie. Ekself skaf deesdae nogals gereeld vir my ‘n blikkie of meer van Lucky Star se plat blikkies sardyne aan – en nadat ons die blikkie geledig het, herwin ek dit sommer om dan weer volgende keer ‘n tipe mosselsmeer daarin voor te sit. Daardie retro-blikkies is darem altevol mooi vir my.

FLEXITARIES EN GROENTE

Meatless Mondays het nou oorgespoel na al hoe meer mense wat flexitariese diete volg en plantkosse die hoofdis van die tafel maak. Veral noudat vleispryse die hoogte inskiet, raak plantkosse al hoe meer gewild. Ekself beskou myself ook as ‘n flexitariër wat vir lank sal smul aan heerlike plantkosse, maar ook van tyd tot tyd ‘n vleisie sal geniet soos die geleentheid hom voordoen. Daarom het dit ook een van my missies geword om plantkosse so geurig as moontlik voor te sit. En dis nou net hier waar my nuutste boek, Lekker & Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid, inkom. Daarin vind jy verskeie plantgebaseerde en groente-resepte wat wissel van pampoentert en patatgnocchi, groentelasagne en ‘n hamburger met groentepatties tot gebakte blomkool met ‘n groente-vinaigrette en spinasiemuffins asook verskeie groentesoppe en plantkosse soos lensie-bobotie, falafelbakkies, dahl en gebakte patats met ‘n geurige nierboontjievulsel. En ek het doodseker gemaak dat elkeen van hul drup van geur en lekkerte. Soos byvoorbeeld die lensie-bobotiebrood – my man wat ‘n vurige vleiseter is, het tydens die fotosessie bykans die hele brood verorber so lekker was dit vir hom. Ekself sal my telkens ooreet aan die dahl om nie te praat van die velerlei lekker slaaie of groentegeregte nie.

Lekker & Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid is beskikbaar by meeste vooraanstaande boekwinkels, Checkers en ook aanlyn op die Carmién-webtuiste (‘n groot bonus hier is dat dit kosteloos versend word).

En nou is ek in die proses om weer vir my ‘n ordentlike groentetuintjie aan te lê. Volgende keer wys ek julle hoe om te maak om ‘n klein tuintjie aan te lêen ‘n paar heerlike groentegeregte te maak.

Rooibos, die nuwe goudstandaard vir gesonde kinderdrankies

Die Star Saturday berig laas week dat KRUIETEES 2023 se groot gonswoord gaan wees as gesonder alternatiewe drankie, spesifiek vir kinders. Ook dat dit selfs vrugtesappies kan uitkikker as die nuwe goudstandaard vir gesonde kinderdrankies. Vir my is dit nie nuus nie, want ekself het my eie kinders van jongs af op rooibos grootgemaak.

Soos wat ouers al hoe meer bewus raak van die groot hoeveelhede suiker wat hul kinders daagliks inneem, ingeslote vrugtesappies wat ook ‘n hoë natuurlike suikerinhoud het, begin hulle al hoe meer kruietees verkies. Dis veral gegewe die gesondheidswaarde en wye verskeidenheid geure wat deesdae beskikbaar is wat selfs die kieskeurigste fynproewertjies tevrede gaan stel. Dié het ek Saterdag met my eie oë aanskou by ‘n kinderpartytjie waar ek vir ‘n klompie spitsvondige sesjariges leer kolwyntjies maak het. In hul geskenkpakkie het elkeen ook sy eie waterbottel gekry met ‘n verskeidenheid sakkies uit Carmién se cold brew-reeks. Elkeen kon kies watter geur hulle in hul waterbottel kon sit en dis verder aangevul met yskoue water, net dit, geen ekstra suiker of sap nie. Een dogtertjie het selfs haar eie mengsel gemaak met meer as een geur – en ek moes self proe of haar mengsel my goedkeuring wegdra. Tussen die koekies bak deur het hulle heerlik geteug aan die lafende ystee. Nie een het een keer gevra vir koeldrank nie!

Kinders hou van lekkergoed en soetgoed, maar verkies dit deesdae beslis minder soet – die kolwyntjie-resep wat ek hulle laat maak het, het die helfte minder suiker in as die oorspronklike resep en hulle het dit verslind, hulle kon selfs nie eens hul vingers uit die beslag hou voor dit oond toe is nie. Soos wat nog een tereg opgemerk het, “Die versiersel is net te soet, ek hou van my kolwyntjie net so kaal sonder versiersel.” Interressant ook hoe hulle met hul keuse van mooimaakgoedjies meer na die natuurlike geneig het bo die gewoontelike lekkerverskeidenheid – mooi blommetjies sommer uit die tuin gepluk, vars bloubessies en aarbeie, net die appeliefies was darem vir hulle net te suur!

“Kruie-tisanes, waarvan rooibos deel is, diens ‘n groot behoefte van gesondheidsbewuste ouers wat deesdae soek na lae suiker, antioksidantryke drankies vir hul kinders. Buiten dat die tisanes min kilojoules bevat, is dit ook kaffeienvry.” sê Nicie Vorster, ‘n direkteur van die SA Rooibosraad (SARC).

Voorheen was 100%-vrugtesappe die goudstandaard vir gesonde kinderdrankies, maar soos wat ouers meer bewus geword het van die hoë natuurlike suikerinhoud, het hulle begin om dit met water te verdun, maar dan het dit weer die nutrientwaarde verlaag. Vervaardigers het ook sulke alternatiewe begin verskaf, maar dit het nie juis aftrek gekry nie.

“Vir kinders wat meer gewoond is aan ‘n soeter geurprofiel, sal gewone kruietee straks nie so aantreklik wees nie, dan is dit ‘n goeie idee om die kruietee met ‘n bietjie vrugtesap te versoet. Dis steeds ‘n beter alternatief as 100-persent vrugtesap of water-en-vrugtemengsels. Só sny dit van die suiker uit, maar behou steeds al die antioksidante. Tieners wat daarvan hou om te eksprerimenteer, kan tisanes as basis gebruik en dit met natuurlike versoeters, vrugte, kruie en speserye geur gee om daarmee hul dors te les.”

Daar’s niks verkeerd met ‘n soet koeldrankie af en toe nie, maar dit moet nie die norm wees nie, verduidelik Nicie, veral gegewe Suid-Afrika se hoë oorgewigsyfers onder kinders en volwassenes. Buiten oorgewig, kan gereelde verbruik van gaskoeldranke en sportdrankies die risiko van diabetes 2, hoë bloeddruk en tandbederf by kinders verhoog. Kinders moet dus begelei word om meer gebalanseerde koskeuses te maak vir beter oorhoofse gesondheid. Deur daagliks rooibos te drink, gee jy jou immunniteit ‘n hupstoot, verminder die risiko van hartsiektes en cholesterol en dit kan help om inflammasie te bekamp, bloedglukose te beheer asook om angs en depressie te verlig, allergieë teen te werk en te help met vertering.

Kinders hou van rooibos net so op sy eie, veral omdat dit natuurlik soet is. Daar is ook reeds ‘n wye verskeidenheid kindvriendelike produkte op winkelrakke beskikbaar met interressante geurkombinasies.

Carmién Tea is mos bekend daarvoor dat hul aan die voorpunt van innovasie staan en hulle bly voortdurend besig met opwindende projekte, ook wat hul kiddies-reeks betref. So ja, hou dop, die kiddies gaan binnekort lekker bederf word!

Intussen is daar niks mee verkeerd om ‘n paar van hul opwindende cold brews aan te skaf en jou kind se drinkgoed daarmee uit te sorteer nie. Al wat jy hoef te doen is om ‘n sakkie of twee in hul waterbottel te sit en dit te vul met koue water. Pak ook sommer ‘n paar ekstras in hul kossak waarmee hul later hul eie drankie kan maak.

Besoek Carmién Tea vir ‘n wye verskeidenheid rooibosprodukte, insluitende die cold brews en tees in die Kiddies-reeks. Daar is ook oulike resepte, ook vir ystee.

Eiers: perfek vir die kosblik

My ma glo vas solank jy eiers in die huis het, kan jy iets te ete op tafel sit, van ontbyt tot aandete en selfs as inpakkkos. Veral vandat eiers weer die groenlig gekry het dat ‘n gesonde mens 2 eiers per dag as deel van ‘n gebalanseerde dieet kan eet, word daar in my huis letterlik deur ‘n dosyn of twee eiers in ‘n week se tyd gegaan.

Eiers is propvol goedheid en noodsaaklike voedingstowwe. Dit bevat baie vitamiene en minerale, onder meer choline, wat baie belangrik is vir selbou, breingesondheid en ‘n gesonde senuweestelsel. Een eier bevat 6 g proteïen en 5 g goeie vette asook belangrike aminosure in die regte verhouding. Hoewel die cholesterol-inhoud hoog is (meestal is dit die “goeie cholesterol – HDL – hoëdigtheids-lipoproteïen), is vasgestel dat dit nie die bloedcholesterol-vlakke van die meeste mense beïnvloed nie.

Gewapen met daardie klein kleefvrye pannetjies kan almal gou-gou aansit vir ‘n lekker pofomelet, bakeiers op roosterbrood, gaatjiebrood of selfs ‘n aangepaste variasie van eier Benedict. En dis net so ideaal om inpakkos mee te maak: in my boek, Lekker & Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid, is daar ‘n hele hoofstuk afgestaan aan eiers waarvan baie ideaal is om inpakkos mee te maak soos frittata-tertjies en verskeie soutterttjies. Daar is ook ‘n heerlike eierslaai met suursous wat net so lekker kan werk as inpakkos.

Die boek is beskikbaar by uitgesoekte boekwinkels soos Exclusive Books en Bargain Books asook in Checkers en ook aanlyn op Lapa en die Carmién-webtuistes.

Op die pluimvee-webtuiste sal jy ook heerlike resepte met eiers vind. Gaan na www.sapoultry.co.za; kliek die “hou van” teken EGGcellentFood op Facebook and volg @eggcellentfoodsa op Instagram vir nog meer inligting en resepte.

Cheats Welsh Rarebit

Traditional Welsh Rarebit is made with a bechamel sauce, which can be laborious. Our cheats version uses eggs and is quick and easy. Perfect for after-school snacks or an accompaniment with soup for a light supper.

Serves 2
Preparation time: 5 minutes
Cooking time: 8 minutes

Ingredients:

2 eggs, whisked
2,5 ml (½ tsp.) salt and pepper
2,5 ml (½ tsp. mustard powder
60 ml (¼ cup) milk
150 g cheddar cheese
10 ml (2 tsp.) butter
2 slices wholewheat or health bread
Ground paprika to serve (optional)

Method:

  1. Preheat grill.
  2. Whisk the eggs with salt, pepper, mustard and milk.
  3. Stir in ¾ of the cheese, reserving ¼ to sprinkle on the top.
  4. Lightly toast the bread and spread it with butter.
  5. Spoon the egg and cheese mixture over toast, top with remaining cheese and sprinkle with paprika.
  6. Place under the grill until lightly brown.
  7. Serve immediately.

Croque-Madame

Serves 2
Preparation time: 10 minutes
Cooking time: 25 minutes

Ingredients:

For the cheese sauce
15 ml (1 tbsp). butter
15 ml (1 tbsp.) flour
165 ml (2/3 cup) milk
Pinch salt
Freshly ground black pepper
Pinch of ground nutmeg
30 g (about ¼ cup) grated mature cheddar or Gruyère cheese

For the Croque-Madame
4 slices thick sourdough or country loaf
30 ml (2 tbsp.) butter, softened
30 ml (2 tbsp.) whole grain Dijon mustard
125 ml (1/2 cup) cheese sauce (as above)
6 thin slices of ham
120 g (about 1 cup) grated mature cheddar or Gruyère cheese, divided

For the eggs
15 ml (1 tbsp.) butter
2 large eggs
Salt, for sprinkling
Freshly ground black pepper

Method:

  1. Preheat oven to 180°C.
  2. Start by making a cheese sauce: In a small saucepan over medium heat, melt butter. Add flour and stir for about 1 minute. Gradually whisk in milk and add salt, pepper and nutmeg. Bring to a simmer, whisking constantly and cook until sauce thickens about 2 minutes. Remove from heat and stir in the cheese. Allow cooling for 10 minutes.
  3. To assemble the Croque-Madames: lightly toast the bread. Spread with softened butter on each slice, then flip over two slices and spread each with 5 ml (1 tsp.) mustard and 15 ml (1 tbsp.) cheese sauce. Top each slice with 3 slices of ham, 60 ml (¼ cup) cheese and the remaining bread slices. Spread the tops of each sandwich with 30 ml (2 tbsp.) sauce and sprinkle with the grated cheese.
  4. Place sandwiches on a baking tray and bake until cheese is melted and golden brown on top, about 15 to 18 minutes.
  5. For the eggs, melt the butter in a frying pan over medium-high heat. Crack in the eggs and fry until whites are set, about 3 minutes. Season with salt and pepper and top each sandwich with an egg. Serve immediately.

Mediterreens bo

Dis ‘n nuwe jaar en vir baie is beter eetgewoontes (ook met die idee om ‘n paar kilos te verloor), deel van hul nuwejaarsvoornemens. My inbox is ook gebombardeer met allerlei kitsdiete en produkte om te help om hierdie doel te bereik. Wat wel my oog gevang het, was ‘n storie op die gerekende gesondheidsorg-webtuiste, WebMD oor ‘n ranglys met beste dieetplanne wat uitskieters was.

Hiervolgens is die Mediterreense dieet (ses keer in ‘n ry) weereens aangewys deur die U.S News & World Report as die beste algemene dieetplan. Dadelik het die dieetkundige, Liezl Compion van True You Nutrition geraadpleeg sodat sy met ‘n kennersoog deur die lysie kon gaan en haar opmerkings neerpen. Sy onderskryf die aanbevelings van die Mediterreense dieet aangesien dit veilig en op die langtermyn volhoubaar is. “Jy is nie honger nie en dis baie meer gebalanseerd en fokus ook op die genot en sosialisering rondom eet.” sê sy.

En ek juig en jubel, want my nuwe boek, Lekker & Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid, is juis grotendeels geskoei op ‘n Mediterreense eetplan en dus is die grootste deel van die resepte dus geskik as jy so ‘n eetplan wil volg.

Hier’s ‘n paar redes hoekom die Mediterreense eetplan so gewild is:

1 Jy hoef geen kilojoules te tel nie

Jy hoef nie ‘n sakrekenaar byderhand te hou om kilojoules te tel nie, nee, jy ruil slegte vette uit vir hartvriendelike vette – soos olyfolie pleks van botter; geniet vis en hoender pleks van rooivleis. Geniet vars vrugte en bly weg van suikerbelaaide fênsie poedings.

2 Die kos is vars

Die fokus is op vars seisonale kosse, geensins geprosesseer of vinnige wegneem kitskosse nie. Bou ‘n smullekker slaai met spinasie, komkommer en tamaties saam met heerlike Griekse bestanddele soos olywe en feta kaas of maak ‘n verfrissende tamatie-gazpacho – die resep is in my boek.

3 Yé, jy kan brood eet!

Probeer brood met volgrane (sien die maklike volgraan-roerbrood en heerlikste volgraan muffins in my boek). Ek geniet veral deesdae die broodvierkante (Blue Ribbon squares) wat mens deesdae te koop kry. Die multi seed & oats een is veral vir my lekker. Geniet dit pleks van hamburgerrolletjies of pitabrood saam met iet soos hoemoes (daar’s ook ‘n maklike, bekostigbare resep hiervoor in die boek).

4 Vet is nie verbode nie

Kyk net uit vir die goeie soorte: jy sal dit vind in neute, olywe, en olyfolie. Hierdie vette (nie die versadigde of transvette nie) voeg geur by kos en help om siektes soos diabetes en selfs kanker te beveg. Kyk vir ‘n lekker pesto-resep in my boek.

5 Die spyskaartkeuses is grooot en eenvoudig om te maak

Mediterreense kosse sluit meer in as slegs Griekse of Italiaanse geregte. Marrokaanse, Spaanse en Turkse resepte val ook hierby in. Hou by die basiese: wees lig op rooivleis en volvet-suiwel, maar geniet baie groente en vrugte, olyfolie en volgrane. Sien bv. die Griekse bulgurslaai en Marokkaanse hoenderpastei in my boek.

6 Heerlik gegeur

Suurlemoen, lourierblare, koljanderblare, roosmaryn, tiemie, knoffel, peper, kaneel en koljander gee soveel geur dat dit eintlik nie eers nodig is vir sout nie. Baie bevat antioksidante en het ook gesondheidsvoordele.

7 Geen hongerpyne

Mediterreense kosse bv ‘n boneslaai, word stadig verteer, so jy gaan langer versadig voel. Tussendeur kan jy ook peusel aan neute, olywe of laevet kase – Halloumi en feta het minder vet as Cheddar, maar is net so lekker.

8 Dis hartvriendelik

Omtrent alles is hartvriendelik – olyfolile en neute help om slegte cholesterol te verlaag. Vrugte, groente en bone help om die are skoon te kry. Vis help om trigliseriede en bloeddruk te verlaag. Selfs ‘n daaglikse glasie wyn is goed vir die hart. Loer veral na die heerlike verskeidenheid visresepte soos die viskoekies en gebraaide vis in my boek.

9 Jou brein is skerp

Dieselfde goedheid wat jou hart beskerm, is ook goed vir jou brein. Jy eet nie slegte vette of geprosesseerde kosse wat inflammasie kan veroorsaak nie, maar anti-oksidantryke kosse wat hierdie eetstyl ‘n breinvriendelike keuse maak.

10 Jy kan gewig verloor

Die basiese Mediterreense eetstyl laat jou jou langer versadig voel, jy is dus nie geneig om aan ongesonde kosse te wil peusel nie en daarom is dit makliker om by die eetplan te hou en in proses ‘n paar kilojoules te verloor. Onthou egter ook om gereelde oefening deel van jou leefstyl te maak.

Liezl Compion: liezl.compion@gmail.com

Lekker & Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid word uitgegee deur Lapa en is beskikbaar in vooraanstaande boekwinkels soos Exclusive Books en Bargain Books asook by Checkers en aanlyn op die Carmién-webtuiste.

Waatlemoenfees

Desjare het ons vele waatlemoenfeeste in verskeie formate beleef. Ek onthou Nuwejaarsdag se familie-uitspan op ‘n versteekte strand êrens naby Saldanha waar die waatlemoen in die yskoue Weskuswater koud gehou is om namiddag as almal moeg gebaljaar was, te geniet. By verskeie Sondagskooluitstappies was waatlemoen hoog op die spyskaart en ons het ons daaraan vergryp voordat ons die lang pad terug Citrusdal toe vanaf Saldanha aangepak het. Tydens my studentejare het meeste waarlemoenfeeste wat altyd saamgeval het met karnaval, ontaard in woeste waatlemoengevegte.

Maar waatlemoen werk net so goed by ‘n statige maaltyd. ‘n Skeppie geurige salsa om gebraaide forel mee af te rond of repies waatlemoen voorgesit saam met gebraaide calamari met ‘n Oosterse smakie – net reg vir ‘n keurige aansitete. Gebakte camembert met sy loperige binneste saam met heuningneute opgedien op ‘n skyfie waatlemoen of ‘n hemelse pavlova gevul met waatlemoenhartjies en ingelegte gemmer is net die regte manier om die ete stylvol af te sluit.

PANGEBRAAIDE REËNBOOG-FOREL MET WAATLEMOENSALSA

Waatlemoenstukkies saam met appel en dille is onverbeterlik saam met vis. Die smeersous werk ook goed saam met geelbek of selfs snoek. Hier wys ek jou hoe om forel perfek gaar te maak met ‘n lekker bros velletjie.

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min
Gaarmaak: 10 min

SALSA
2 skywe waatlemoen, geskil en in klein blokkies gesny
Handvol dilletakkies, fyn gekap
1 appel, in blokkies dun stokkies gesny
Sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
5 ml (1 t) heelkorrelmosterd
15 ml (1 e) olyfolie
SMEERSOUS
125 g botter
Sap en fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
30 ml (2 e) fyn appelkooskonfyt
10 ml (2 e) sojasous
1 knoffelhuisie, fyngedruk
Sout en peper
VIS
Sowat 500 g reënboogforelporsies (4)
60 ml (1/4 k) olie

1 SALSA Meng al die bestanddele saam en hou eenkant gereed.
2 SOUS Smelt die botter in ‘n klein kastrolletjie en voeg die suurlemoensap en -skil by asook die konfyt, sojasous en knoffel. Geur na smaak met sout en peper.
3 VIS Geur die visporsies met sout en peper.
4 Verhit die olie in ‘n kleefvrye pan tot warm. Plaas die porsies, velkant na onder, in die pan en braai 4-5 minute of tot die kante van die vis net pienk begin verkleur en die vel bros is (dis belangrik dat die pan kleefvry is anders sit die vel aan die pan vas). Verf die vleiskant met die smeersous, draai die vis vinnig om met ‘n spaan en braai vinnig vir so ‘n minuut of wat tot die vleiskant net effe verkleur en net liggaar is.
5 Plaas op ‘n dienbord, verf nog van die sous oor en skep van die salsa bo-op.
Sit dadelik voor.

OOSTERSE WAATLEMOEN-EN-CALAMARI-SLAAI

Die Oosterse smake van sojasous, hoisinsous rysasyn en gemmer saam met gekapte koljanderblare, stukkies waatlemoen en avokado is ongenadiglik lekker saam met calamari, wat gaargestoom word.

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 min
Gaarmaak: 10 min

SLAAI
15 ml (2 e) hoisinsous
500 g bevrore calamaribuise, -sirkels of baba-inkvistentakels
1 x Oosterse slaaisous (sien onder)
3 skywe waatlemoen, geskil en in lang vingers gesny
½ komkommer, in stokkies gesny
2–3 stingeluie, in dun repies gesny
1 avokado, in dun skyfies gesny of fyngemaak tot glad
VOORSIT
Piekelgemmer
Sesamsaad
Mini-kruie of groot hand vol gekapte koljanderblare (opsioneel)

1 SLAAI Giet die hoisinsous oor die seekos en stoom tot dit net gaar is en wit is, sowat 5 minute.
2 Berei die slaaisous en giet die helfte van die slaaisous oor terwyl dit nog warm is.
3 Meng die res van die slaaibestanddele, voeg die seekos by en meng liggies deur. Voeg nog sous by soos nodig (INdien jy die avokado fyngemaak het, kan jy hopies daarvan oraloor die slaai skep nadat jy dit in ‘n opdienbord geskep het).
3 VOORSIT Skep die slaai in ’n groot opdienbord en sprinkel die piekelgemmer en sesamsaad oor. Rond af met mini-kruie of koljanderblare.

OOSTERSE SLAAISOUS

Maak sowat 250 ml (1 k) slaaisous
Bereiding: 10 min

80 ml (⅓ k) kanola-olie
45–60 ml (3–4 e) rysasyn
Sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene
15 ml (1 e) heuning of bruinsuiker
80 ml (⅓ k) sojasous
5 ml (1 t) vissous
1 knoffelhuisie, geskil en in blokkies gesny
30 ml (2 e) sesamsaad
3 cm gemmerwortel, geskil en in dun repies gesny
1 heel brandrissie

1 Meng al die bestanddele saam buiten die brandrissie. Giet in ’n glasfles.
2 Plaas die heel brandrissie in die bottel. Maak toe. Gebruik die sous soos benodig.

PAVLOVA MET WAATLEMOEN EN GEMMER

Gemmer en waatlemoen is ‘n heerlike kombinasie en sorg vir ‘n perfekte bolaag vir pavlova. Vir die mooi het ek die waatlemoen in hartjies uitgedruk.

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 40 min
Gaarmaak: sowat 3 uur

PAVLOVA
6 eierwitte
400 g strooisuiker
10 ml (2 t) appelasyn
15 ml (1 e) mielieblom
5 ml (1 t) vanieljegeursel
125 ml (1/2 k) amandelvlokkies of gekapte amandels of gemengde neute (opsioneel)
VULSEL
250 ml (1 c) dubbelroom jogurt
Sowat 60 ml (1/4 k) gepreserveerde gemmerstukke se stroop
BOLAAG
3 skywe waatlemoen, in stukke gesny of in sterre of hartjies gedruk
125 ml (1/2 k) gepreserveerde gemmerstukke
Ment of basilieblare vir afronding

Voorverhit die oond tot 150°C. Plaas bakpapier op ‘n groot bakplaat, spuit en stuif met mielieblom.
1 Klits die eierwitte in ‘n groot bak tot skuimerig met ‘n elektriese klitster, voeg die strooisuiker lepelsgewys by en klits tot die mengsel styf en glansend is. Vou die asyn in en sif die mielieblom oor. Vou die vanielje en neute liggies in.
2 Skep die meringue op die bakplaat en vorm ‘n rowwe sirkel met ‘n effense holte in die middel. Plaas in die oond en draai die oond af na 120°C. Bak 11/4 uur, skakel die oond af en laat afkoel in die oond vir sowat 2 ure. (moenie die deur oopmaak nie).
3 VIR VOORSIT: Trek die papier versigtig af van die onderkant van die meringue en plaas op ‘n dienbord of koekstaander.
4 Meng die jogurt met die gemmerstroop en skep in die holte.
5 Stapel die waatlemoenstukke bo-op en sprinkel die gemmerstukke oor. Rond af met ment- of basilieblare.

WAATLEMOENSKYWE MET GEBAKTE CAMEMBERT EN HEUNINGNEUTE

Die loperige camembert saam met die heuningneute voorgesit op ‘n skyfie vars waatlemoen sorg werklik vir ‘n hemelse kombinasie.

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min

1 Camembert-kaas
‘n takkie roosmaryn se blare, gekap
60 m l(1/4 k) elk pistasieneute, pampoenpitte en geroosterde sonneblomsade
100 g gemengde neute
Heuning om aan te klam
1 dik skyf waatlemoen

Voorverhit die oond tot 200°C.
Voer ‘n bakplaatjie met bakpapier uit.
1 Plaas die Camembert op die bakplaatjie en bak sowat 10 minute tot die loperig van binne is, maar die velletjie moenie skeur nie.
2 Meng die roosmaryn, neute en sade met net genoeg heuning om aan te klam en effe loperig te wees.
3 Plaas die skyf waatlemoen op ‘n dienbord en plaas die kaas bo-op.
4 Skep die heuningneute bo-op en sit dadelik voor.

Waatlemoenlafenis

Dis Januarie en hittig warm op Citrusdal, veral as die koshuis jou woning gedurende die week is. Maar Januarie is ook piektyd vir waatlemoene en ons het gereeld ‘n waatlemoen saamgekry koshuis toe. So hier teen Woensdag wanneer die plaasproviand in die kosmandjie gedaan was, was dit tyd vir waatlemoen sny. Die hele Van Zyl-clan (ons was baie) het dan afgespreek om mekaar na aandete op die stuk sement agter die koshuis te kry. Daar is die waatlemoen in netjiese ringe of skywe gesny (almal wou alewig die kroon gaps) en ons het gesmul tot ons omlê.

Deesdae word waatlemoen ingespan op vele maniere, vir van peuselkos tot slaai, saam met vis en seekos is dit heerlik en doen ook sy ding as dit by ietsie soets na ete kom.

Lywige skyfies aan stokkies saam met ‘n neutesprinkel sorg vir heerlike peuselkos en ‘n yskoue sop is net te heerlik om aan te teug as die warmte jou lamlê. Net so lekker in slaai, veral feta of selfs bloukaas is die ideale pasmaats daarvoor; deesdae geniet ek dit selfs effe geskroei saam met gebraaide eiervrug waaroor ek dan ‘n romerige slaaisous (amper soos mayonnaise) giet. (Sien later die week nog heerlike waatlemoenresepte).

KOUE WAATLEMOENSOP

‘n Heerlike verfrissende sop waaraan ek daglank kan teug.

Maak sowat 750 ml
Bereiding: 15 min

Halwe waatlemoen, geskil, ontpit en in stukke gesny (sowat 750 ml/3k)
Halwe komkommer, saadjies uitgeskep en in stukke gesny
1 geel soetrissie, in stukke gesny
60 ml (1/4 k) basilieblare
2 takkies ment
30 ml (2 e) heuning
60 ml (1/4 k) geroomde maaskaas
30 ml (2 e) wit balsamieke of appelasyn
Sout en varsgemaalde swartpeper
feta-kaas vir bo-op sprinkel
basilieblaartjies vir afronding

1 Plaas die spanspek, komkommer, soetrissie en kruie in die voedselverwerker en verwerk tot fyn.
2 Voeg die heuning, maaskaas en asyn by en verwerk tot glad. Geur met sout en peper.
3 GIet in glasies en sprinkel die feta-kaas bo-op. Rond af met basilieblaartjies.

WAATLEMOENWIGGIES MET OKKERNEUTSPRINKEL

Maak sowat 16 happies
Bereiding: 15 min

Doop die wiggies waatlemoen in hierdie geurige sprinkel wat baie aan doekah laat dink. Lieflik om aan te peusel.

OKKERNEUTSTROOISEL
125 ml (1/2 k) okkerneute of selfs grondbone, grof gekap
125 ml (1/2 k) geelsuiker
30 ml (2 e) geroosterde sesamsaad
15 ml (1 e) seesoutvlokkies (nie fyn sout nie)
5 ml (1 t) fyn komyn
5 ml (1 t) fyn gemmer of helfte daarvan kaneel
5 ml (1 t) fyn koljander
HAPPIES
2 dik skywe waatlemoen, in wiggies gesny met skil en al
AFRONDING
Paar langsteel-kappertjiesade en groen olywe (opsioneel)
Olyfolie

1 STROOISEL Meng al die bestanddele en skep in ‘n bakkie
2 HAPPIES Steek ‘n houtsosatiepen deur elk van die waatlemoenwiggies en stapel op ‘n bord.
3 AFRONDING Meng die kappertjiesade en olywe met bietjie olyfolie en skep in ‘n bakkie.
4 Geniet die waatlemoenskyfies met ‘n sprinkel okkerneutsprinkel en ‘n skeppie olyfmengsel bo-op geskep.

WAATLEMOEN-EN-GORGONZOLA SLAAI

Waatlemoen is heerlik saam met enige kaas, maar ek geniet veral ‘n sagte bloukaas daarby.

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 min

MOSTERD-VINAIGRETTE
10 ml (2 t) Dijonmosterd
30 ml (2 e) heuning
Sout en varsgemaalde swartpeper
45 m (3 e) druiwe-asyn
45 ml (3 e) appelasyn
60-80 ml (1/4-1/3 k) olyfolie
SLAAI
Verskeidenheid groen slaaiblare of jong spinasieblare
125 g waatlemoen, in klein blokkies gesny
swartpeper
60 g Gorgonzola (bloukaas), in stukkies gebreek

1 VINAIGRETTE Meng al die bestanddele goed met ‘n draadklitser.
2 Rangskik die blare op ‘n dienbord.
3 Geur die waatlemoen goed met peper om die geur uit te bring. Stapel bo-op die slaaiblare en sprinkel die kaas bo-oor.
4 Giet van die slaaisous oor en sit voor met die res van die slaaisous.

WAATLEMOEN-EN-EIERVRUGSLAAI MET ROMERIGE SLAAISOUS

Gebraaide eiervrug waarby ‘n sprinkel komynsaad gevoeg is, smaak heerlik met skywe geskroeide waatlemoen.

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 20 min
Gaarmaak: 20 min

SLAAI
4 eiervrugte of so 10 baba-eiervruggies, in die lengte in skywe gesny
sout
olyfolie
5 ml (1 t) komynsaad (nie fyn komyn)
4 knoffelhuisies, fyngedruk
3 dunnerige skywe waatlemoen, geskil en in wiggies gesny
4 murgpampoentjies, met ‘n aartappelskiller in linte gesny
60 ml (1/4 k) pistasie- of amandels, fyn gekap
60 ml (1/4 k) bosbessies
Hand vol basilieblare
pecorinokaafsels vir bo-oor
ROMERIGE SLAAISOUS
2 eiergele
30 ml (2 e) appelasyn
1 knoffelhuisie, fyngedruk
10 ml (2 t) Dijonmosterd
5 ml (1 t) Worcestershiresous
45 ml (3 e) gerasperde pecorino-kaas
Sout en peper na smaak
60 ml (1/4 k) olyfolie

1 SLAAI Besprinkel die eiervrug met sout en laat staan so 15 minute. Spoel af en druk droog met handdoekpapier. Verhit bietjie olie in ‘n braaipan en braai die eiervrugskywe daarin saam met die knoffel en komyn tot bruin en sag, maar nie droog nie. Skep uit.
2 Rooster die waatlemoenskywe in ‘n verhitte gietysterpan tot effe geskroei aan beide kante.
3 Pak die waatlemoenwiggies en eiervrug op ‘n dienbord en stapel die murgpampoentjie-linte bo-op.
4 Sprinkel die res van die slaaibestanddele oor. Rond af met pecorinoskaafsels en sit voor met die slaaisous.
5 SLAAISOUS Plaas al die bestanddele buiten die olyfolie in ‘n lang dun beker waarin ‘n stokmenger sal pas. Skakel die stokmenger aan en giet die olie in ‘n dun straaltjie by terwyl jy aanhou meng tot ‘n dik sous gevorm het. Geur weer met sout en peper na smaak. Skep in ‘n bekertjie en sit voor saam met die slaai.

Meer as net ‘n mengelslaai

Ons het die afgelope week of wat ‘n paar hittige somersdae beleef – heerlik vir die laaste uitspan by die see voor almal die jaar met nuwe ywer pak. Dit het ons ook goed voorberei vir die bloedige warm dae wat nog voorlê. As dit so warm is buite, is geen mens lus vir warm kos of allermins lang ure in die kombuis spandeer nie. So koel slaaie wat verfrissend en vars, maar tog vullend is, is die oplossing en raak my “go to” etes.

Dis dan wat ek hierdie lieflike mengelslaai, wat nie net blare en komkommer met tamaties is nie, naderskraap. Buiten vir ‘n verskeidenheid vrugte soos pynappel, druiwe en appels, kan jy ook gebraaide eiervrug insit. Die lemoenslaaisous is heerlik vars hierby terwyl neute ‘n lekker brosheid daaraan verskaf met die kersie op die koek, piekelgemmer waarmee jy dit afrond.

Die slaai is ook baie veelsydig – vir ‘n ligte ete kan jy romerige kerriehoender (sien die variasie) bysit of selfs hoenderschnitzel maak en dit byvoeg. Die slaai met die kerriehoender het ons voorgesit by ‘n vrouedag by die NG-Kerk Saldanha en almal het gesmul en hul regmerkie daarvoor gegee.

Slaai was mos nog maar altyd my ding, so hierdie resep asook vele ander heerlike slaairesepte soos ‘n anderste aartappelslaai met kappertjiesade, boneslaai met piekeluie en kekerertjies, Midde-Oosterse blomkool-en-broccoli-piekelslaai, vierboneslaai met ‘n rooibosslaaisous, bulgurslaai met tuna, ‘n reënboog-quinoaslaai en ‘n eierslaai met die lekkerste suursous, vorm almal deel van my nuutste boek, Lekker & Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid. Die boek is te kry by vooraanstaande boekwinkels soos Exclusive Books en Bargain Books asook in Checkers en aanlyn by Lapa en op die Carmién-webtuiste.

VEELSYDIGE MENGELSLAAI

Gebraaide eiervrug maak hierdie mengelslaai heerlik anders, maar dis veral die piekelgemmer wat laaste bo-op wat die mengelslaai verhef bo die gewone. Die mengelslaai vorm ook ‘n lekker basis vir ‘n ligte ete met romerige kerriehoender wat jy bo-op kan skep. Jy kan selfs hoenderschnitzel in repies sny en dit bo-op die slaai stapel. Heerlike koel kos vir die hitte somersdae.

Genoeg vir 8-10 mense
Voorbereiding: 15—20 min
Gaarmaak: 30 min

EIERVRUG
1-2 eiervrugte, in blokkies gesny
fyn sout
olyfolie
balsamieke asyn
MENGELSLAAI
1 groot tros groen of swart druiwe se korrels of selfs ‘n piesang, in skyfies gesny
1 Iceberg-slaaikop, in repies gesny en/of 2 sakkies roketblare of selfs 1 pak baba-spinasieblare
½ rooi-ui, in klein blokkies gesny
½ komkommer, in blokkies of stokkies gesny
1–2 Pink Lady appels, in skyfies of stokkies gesny
½ pynappel, in blokkies gesny
1 steel seldery, in ringetjies gesny
AFRONDING
Lemoenmosterdslaaisous (sien onder)
Groot blok feta
80 ml (⅓ k) piekelgemmer, fyn gekap
Groot handvol elk bosbessies en okkerneute of pekanneute vir bo-oor sprinkel
Ekstra koljanderblare

1 EIERVRUG Besprinkel die eiervrug met sout en laat staan vir 10 minute (dit help dat die eiervrug nie so baie olie opsuig as jy dit braai nie). Spoel goed af. Verhit bietjie olie in ‘n pan en braai die eiervrug daarin tot effe bruin en sag, sprinkel ‘n spatsel balsamieke asyn oor.
2 MENGSELSLAAI As jy die kerriehoenderslaai gaan maak, meng die druiwekorrels of piesangskyfies by die hoendermengsel in, andersins voeg by die res van die mengelslaai. Pak die blare op ‘n bord en rangskik die gebraaide eiervrug, druiwekorels of piesang, rooi ui, komkommer, appels, pynappel en seldery bo-op.
3 Berei die lemoen-slaaisous soos bekryf en giet oor.
4 Sprinkel die feta-kaas oor en stapel die piekelgemmer bo-op. Rond af met die bosbessies en neute asook koljanderblare.

LEMOENMOSTERD-SLAAISOUS

Lewer sowat 180 ml (¾ k) slaaisous

125 ml (½ k) lemoensap
Sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
30 ml (2 e) olyfolie
2 knoffelhuisies, fyngedruk
15 ml (1 e) korrelmosterd
5 ml (1 t) Dijonmosterd
15 ml (1 e) heuning
45 ml (3 e) vars gekapte pietersielie, koljanderblare en ment (15 ml elk)
Sout en peper na smaak

1 Meng al die bestanddele saam. Hou in die yskas.

ROMERIGE KERRIEHOENDER

Maak hierdie romerige kerriehoender en stapel bo-op die mengelslaai, die gebraaide eiervrug en feta-kaas en selfs die piekelgemmer kan dan uitgelaat word.

1 kg hoenderborsfilette
Sout en peper of Carmen Niehaus-masala rooibossout
olyfolie
KERRIESOUS
Olie
2 klein uie, gekap
30—45 ml (2 –3 e) geroosterde masala of matige kerriepoeier (Ina Paarman of Cape Herb & Spice)
5 ml (1 t) fyn komyn
Sap en skil van 1 suurlemoen
125 ml (½ k) goeie kwaliteit minder-olie mayonnaise (ek gebruik sommer Checkers se Lite-mayonnaise)
125 ml (½ k) romerige natuurlike jogurt

Voorverhit die oond tot 180°C.
1 HOENDER Geur die hoender met sout en peper, pak in ‘n enkellaag in ‘n oondbak, giet die olie oor en oondbraai tot net gaar en sag, sowat 30 min. (ek doen dit sommer deesdae in die Airfryer, sowat 15—20 min). Sny of breek in stukke.
2 KERRIESOUS Verhit bietjie olie in ‘n pan en roerbraai die ui daarin tot sag. Voeg die kerriepoeier en komyn by en meng deur. Verwyder van die hitte en roer die mayonnaise en jogurt deur.
3 Voeg by die hoender en roer deur en koel af.
4 Meng die druiwekorrels by die hoender in.
5 Skep die hoendermengsel bo-op die bereide mengelslaai wat jy alreeds met slaaisous bedruip het en sprinkel die bosbessies en okkerneute of pekanneute bo-oor.
8 Rond af met piekelgemmer indien verkies en die koljanderblare. Sit koud voor.

Wenk: Die kerriehoender asook die slaaisous kan vooraf gemaak word. Dan kan mens net op die dag die slaai saamstel.

Wholesome Lunch Boxes

Packing lunch boxes for the kids that are wholesome and lekker at the same time can be quite a challenge. With these delicious and easy recipes which are also ready in a jiffy, there is no need for panic anymore. And if all these goodies are packed in a quirky animal-printed lunch bag and water bottle, Max, the sugarbird, Maya mouse and Babilo, the elephant will win over the little ones in no time to enjoy their wholesome eats. Girls will love the pink bag, while boys will be delighted to have the blue one.

The lunch bag, made with insulated foam, will ensure that the food stays cool and fresh for longer and can be used with an ice pack as well.

A balanced lunch box needs to consist of a variety of food that will last for the day and is easy to handle too. Make sure that the lunch box includes all the various food groups: from protein and dairy to carbs; fruit and vegetables. Also, remember to keep them hydrated with a healthy drink.

A wholesome bran muffin containing yoghurt, eggs, nuts and fruit as well as healthy rooibos topped with creamed cheese, biltong or peanut butter and even containing grated vegetables like carrots, will already tick all the boxes for a nutritious lunch box.

The super healthy oats crunchies will be ideal to satisfy their craving for something sweet, especially after their afternoon sports activities. Add a fruit or two.

To quench their thirst an invigorating rooibos tea drink will be ideal. This is where Carmién Tea’s kiddies range comes to the rescue. The combo consists of Very Berry containing rooibos with berry flavours, Sleepy Time, with rooibos & chamomile with a strawberry flavour and Happy Tummy with rooibos and flaxseed with an apple flavour. The Happy Tummy with the flaxseed will add extra wholesomeness when making the muffins as well as the crunchies while the Very Berry and the Sleepy Time can be used for making cold rooibos tea drinks as well as adding flavour and extra goodness to cold milkies which are also wonderful to pack into the lunch box.

MAYA MOUSE BRAN MUFFINS

Carmién’s Happy Tummy is a safe, effective, digestive blend, ideal for kiddies. Apart from rooibos, it contains ground flaxseed and fennel which may help to gently relieve constipation. Rooibos is naturally soothing and helps to relieve stomach cramps. It also has a refreshing apple flavour.

Makes 34 small muffins
Preparation: 15 min
Baking time: 15—20 min

750 ml (3 c) all bran
250 ml (1 c) Carmién Happy Tummy rooibos tea, made with 3 tea bags
180 ml (¾ c) brown sugar
100 ml canola oil
250 ml (1 c) cake flour
375 ml (1½ c) wholewheat flour
2 ml (½ t) salt
125 ml (½ c) almonds & raisin mix
125 ml (½ c) luxury fruit and nut mix
12 ml (2½ t) bicarbonate of soda
60 ml (¼ c) plain yoghurt
2 eggs
60 ml (¼ c) each sesame – and roasted sunflower seeds

Preheat the oven to 180°C. Spray the hollows of two patty pans with spray ‘n cook.
1 Mix together the all-bran, rooibos tea, sugar and oil and let cool.
2 Add the cake flour, wholewheat flour, salt, nut and fruit mixtures and gently mix.
3 Mix the bicarbonate of soda with the yoghurt, add the eggs and beat till well blended.
4 Add the egg mixture to the flour mixture and stir till lightly mixed.
5 Spoon into the prepared hollows of the pans and top with a sprinkling of sesame- and sunflower seeds.
6 Bake for 15—20 minutes or until a testing skewer comes out clean from the middle of the muffins. Let cool in the pans.
7 TO SERVE: Halve the muffins and spread them with creamed cottage cheese, add some biltong. Sugar-free peanut butter, mixed with some creamed cottage with a sprinkling of grated carrots or some fruit spread is also good.
Hint: the muffins freeze well.

MAYA MOUSE OATS CRUNCHIES

The dates in this recipe add good sweetness to this yummy oats crunchies. It is made with coconut oil and nuts and seeds are added to give it a nice “crunch”.

Makes about 18
Preparation: 15 min
Baking time: about 30 min

250 g dates, chopped
125 ml (½ c) warm Carmién Happy Tummy, made with 3 bags
1 egg, beaten
250 ml (1 c) oats
250 ml (1 c) coconut
60 ml each (¼ c) of roasted sunflower seeds and pumpkin seeds
125 ml (½ c) cake flour
2,5 ml (½ t) bicarbonate of soda
5 ml (1 t) cinnamon
Pinch of salt
180 ml (¾ c) coconut oil, melted
80 ml (⅓c) brown sugar

Preheat the oven to 180°C. Spray a baking sheet or 20 cm square cake tin with spray ‘n cook.
1 Place the dates in a bowl and add the warm rooibos tea. Leave to stand for 5 minutes, then add the beaten egg and mix well.
2 Mix together the dry ingredients.
3 Mix the melted coconut oil with the sugar and add to the soaked dates.
4 Add the dry ingredients to the date mixture and mix well.
5 Press into the prepared tin and bake for about 30 minutes or until brown.
6 Cool and slice.
7 Keep in an airtight container.

BABILO ELEPHANT STRAWBERRY MILKIE

Carmién Sleepy Time is specially formulated to soothe and relax. Rooibos is naturally soothing to the nervous system and therefore excellent for hyperactive children. Camomile is long known as a safe, calming herb. A natural strawberry flavour gives a delicious taste and lovely aroma to the tea, making it smells just like sweeties!

2 bags Carmién Sleepy Time rooibos tea
180 ml (¾c) milk

Place the tea bags in the milk and refrigerate, preferably overnight to infuse and get a strong strawberry flavour.
Pour in the water bottle and pack in the lunch box with an ice pack to help keep it cold.

MAX, THE SUGARBIRD’S VERY BERRY MILKIE

Carmién’s Very Berry is a delicious blend of rooibos with natural blackcurrant & strawberry flavours. It has an intense aroma, is naturally sweet and is totally sugar-free. It is also ideal to make ice tea with.

2 bags Carmién Very Berry
180 ml (¾ c) milk

Place the tea bags in the milk, preferably overnight to infuse and get a strong berry flavour.
Pour into the water bottle and pack in the lunch box along with an ice pack to help keep it cold.

Dorslesser teen die hitte

Die somer is in volle swang en dis hittig daarbuite; daarom is dit so belangrik dat mens ten alle tye gehidreer bly. Beste bly maar water, maar so op sy eie kan dit maar ‘n eentonige storie raak en koeldrank gaan nie eintlik die ding doen nie.

Rooibosystee is dan die oplossing, want nie net is dit ‘n goeie hidreerder nie, dit het ook ‘n wye verskeidenheid gesondheidsvoordele (sien inligting hieromtrent onder aan die stuk).

Somertye het ek dus altyd gesorg dat my yskas tot boordens toe vol ystee was. Dit was egter ‘n hele gedoente: eers om die tee in die kookwater getrek te kry en dan om dit weer af te koel. Deesdae is dit egter glad nie meer nodig nie. Met die Cold Brew-rooibosteesakkies van Carmién, maak mens ystee in ‘n ommesientjie en ook net soveel soos wat jy op ‘n slag sou drink of voorsit. Jy gooi slegs ‘n sakkie of twee (afhangend van hoe groot jou houer is) in jou waterbottel of beker, laat dit ‘n bietjie trek… en daar het jy jou ystee! (geen kookwater is nodig nie).

Dis in die lekkerste geure denkbaar beskikbaar: Cranberry Hibiscus, Apricot Blossom en my gunstelinge: Coco Pine en Apple Mint. Beste is, dis reeds effe versoet, nie met suiker nie, maar met ‘n natuurlike versoeter – stevia-blare (wat nie die bittersmaak van die poeier het nie).

Ek gebruik dit selfs as ek gaan oefen: gooi net ‘n sakkie in die bottel en daar gaat ek. (Ek is ook altyd gewapen met ‘n ekstra verpakte sakkie of twee in my handsak, vir wanneer my waterbottel te gou leegraak). Carmién verkoop ook pakkies Cold Brew met die verskillende geure elk in ‘n afsonderlike sakkie verpak.

Carmién het onlangs nog ‘n treffer bekend gestel: hul sprankel-ysteesblikkies! (en die vlieg behoorlik van die rakke). Daar’s 3 heerlike geure: Tangerine Grapefruit, Geranium Mint en Berry Hibiscus (al drie is vir my so lekker, ek kon nog nie ‘n gunsteling vaspen nie). Die sprankel-ystees is nie net propvol geur nie, maar ook vol goedheid en antioksidante uniek aan rooibostee, daarby bevat dit min kilojoules.

Gaan bestel joune op die Carmién-webtuiste.

DIE GOEDHEID VAN ROOIBOS

Die bewese gesondheidsvoordele van Suid-Afrika se unieke kruietee, rooibos, word net by die dag meer en meer. Rooibos is deesdae as gefermenteer (rooitee) en ongefermenteer (groentee) beskikbaar. Rooibos is kafeïenvry en bevat min tannien, iets wat ysterabsorbsie kan beïnvloed. Dit bevat ook omtrent geen kilojoules nie. Dit bevat egter baie antioksidante, waarvan aspalatien die belangrikste is. Die nuutste navorsing dui daarop dat hierdie natuurlike antioksidant bloedglukosevlakke kan help beheer en sodoende help om die risiko van tipe 2-diabetes te voorkom. ‘n Studie onder mense het ook bewys dat gefermenteerde rooibos bloedcholesterolvlakke verlaag, asook die mens se eie antioksidantsisteem ondersteun (lg. neem af soos ’n mens ouer word). Dus bied rooibos goeie ondersteuning daarvoor. Aspalatien beskerm ook die hart deur vaskulêre inflammasie en die opbou van plaak binne die are te help verminder wat gebeur a.g.v. onder meer te hoë bloedsuikervlakke.

Ander studies het bevind dat rooibos kan help met gewigbeheer deurdat dit help om die leptienvlakke te verhoog. Die hormoon stuur seine na die brein wat hongerpyne onderdruk. Rooibos kan ook help om die metabolisme te verhoog en help om die vorming van nuwe vetselle te beperk.

Vier Nuwe Jaar

Wat is dan nou meer opwindend om die nuwe jaar mee in te gaan as met ‘n lekker mengeldrankie. Ek maak graag ‘n afsonderlike mengeldrankie-tafel staan met meerendeels jenewer en verskillende tonikums, lemonade, sodawater en baie ys. Maar die groot lekkerte kom in van wat jy alles kan byvoeg: ek sit houertjies uit met van skyfies vrugte soos suurlemoen, lemoen, nektariens of appel en ook bessies. Dan druk ek ‘n klompie vars kruie in ‘n pot met ‘n skêrtjie by en mense kan self afknip, daar’s ook spekboom- en malvatakkies en roosblare.

Die grootste uniekheid is egter dat ek deesdae my mengeldrankies altyd met ‘n sakkie geurige rooibostee as basis doen – Carmién se verskeidenheid ken nie perke nie – dink aan geure soos Floral Berry of Turkish Delight; Tropical Burst, Citrus Chai of Orange Camomile en Creamy Mint – kan mos net lekker wees om daarmee te eksperimenteer.

Dan is daar ook nog die lieflike Cold Brew-reeks waar jy weer jou weer kan begewe in geurkombinasies soos Coco Pine, Apricot Blossom, Apple Mint en Cranberry Hibiscus. En boonop is daar twee jenewers ook in die reeks: Floral Berry Gin asook Citrus Chai Gin.

En die nuutste treffer: Carmién se sprankel ystees (Sparkling Ice Teas), gelaai met interressante geure en antioksidante, maar met min kilojoules! Die pragtige blomblikkies is mooi genoeg om uit te stal op tafel en ook ideaal vir by jou mengeldrankie gooi. Nog lekker geure om mee rond te speel soos Tangerine Grapefruit; Geranium Mint en Berry Hibiscus.

Sorg vir baie ys en laat die lekkerte begin! Sien ook Huisgenoot van 29 Desember 2022 vir lekker idees vir die mengeldrankies.

WEST COAST GIN & TONIC

The West Coast’s distinctive flora inspires unique cocktails made with Carmien’s Floral Berry and Citrus Chai gins. Adding a bag of Carmién’s Pyramid Rooibos Tea Blends or even a Cold Brew one makes for an exciting twist and an unforgettable G&T experience. Ideal for the Festive Season.

FLORAL BERRY G&T

For the gin, the popular Floral Berry Rooibos Pyramid Tea Blend has been distilled into a light Floral Berry gin which has a beautifully aromatic, sweet floral nose and a classic initial top note of juniper ending with a lingering berry flavour. The gin is available in a beautiful 500 ml bottle or in a 50 ml Mini Gin Taster Bottle, which is just enough for a generous one shot.

1 tot of Carmién’s Floral Berry Gin
1 Carmién Turkish Delight Pyramid bag or Cranberry Hibiscus Cold Brew bag
Ice
Pink Indian Tonic water (sugar-free if preferred)
Soda water (if preferred)
Spekboom or geranium sprigs
Variety of West Coast flowers

Pour a tot of gin into a glass and add your preferred tea bag. Infuse for 2 minutes, remove the bag if preferred (I keep the bag in), top with ice and add the tonic water. (For a less sweet taste you can have half tonic water and half soda water). Arrange a spekboom or geranium sprig in the glass and garnish with some West Coast flowers. Serve immediately.

CITRUS CHAI G&T

The spicy pyramid Citrus Chai rooibos tea blend is distilled into a beautifully aromatic blend with a warm lingering chai note which is intense and fragrantly spicy on the nose.

1 tot Carmién’s Citrus Chai Gin
1 Carmién Tropical Burst Pyramid bag or Apricot Blossom Cold Brew Bag
Star anise, cinnamon sticks and pink peppercorns
Ice
Lemon Tonic water (sugar-free if preferred)
Soda water (if preferred)
Variety of West coast flowers for garnishing

Pour the gin into a glass, add your preferred tea bag and infuse for 2 minutes. Remove the bag if preferred and add the spices. Top with ice. Add tonic water and soda water if preferred and garnish with West Coast flowers. Serve immediately.

Heerlike kuierkos

As jy met ‘n huis vol kuiermense sit of lekker uitspan by die see en daar gereeld gaste inval vir ete, raak mens gou hande in die hare van wat om voor te sit wat sommer baie mage gaan voed. Dis dan wanneer ek die pak koeskoes of bulgur nadertrek (deesdae gebruik ek ook graag sorghum). ‘n Klein bietjie vermeerder soveelso dat jy gemaklik ‘n menigte kan kosgee en dis ook die ideale plek om die oorskiet van die groot dae by in te werk. (Ander lekkerte is dat jy dit op verskeie maniere kan aanpas om die geurprofiel te verander).

Ek gebruik sommer rooibostee om die graan in gaar te maak – as ek met baie speserye gaan werk, is Carmién se Focus met sy heerlike speserygeure net die ding, andersins as jy meer van ‘kruiegeur’ verlang, gebruik ek graag die Rescue van Carmién wat ook bietjie boegoe in het. So ook is die Revive, ‘n groen rooibostee met gemmer en bietjie brandrissie in, net so geskik en gee ‘n lekker, maar nie oordadige skop. Trek ‘n sterk treksel tee en gebruik dit pleks van groenteaftreksel. Nadat dit klaargekook is, klam ek dit graag verder aan met een van my eie rooibos-slaaisouse.

In my resepteboek, Lekker & Goed, lekker kos propvol heilsaamheid, wys ek verskeie maniere hoe lekker en maklik dit is om met rooibostee te kook en sodoende nie net ekstra goedheid en antioksidante by jou gereg in te werk nie, maar dit verleen net so ‘n unieke geur daaraan, veral as jy met Carmién se wye verskeidenheid rooibostees met die heerlikste geurkombinasies werk.

Lekker & Goed, lekker kos propvol heilsaamheid is beskikbaar by uitgesoekte boekwinkels, Checkers asook op die Lapa- en Carmien-webtuistes.

ROOIBOS-MASALA-KOESKOES

Genoeg vir 6—8 mense
Bereiding: 20 min
Gaarmaak: 15 min

1 sakkie (500 g) botterskorsie- of pampoenblokkies
1 sakkie (500 g) patatblokkies
1 klein blomkool, in blommetjies gebreek
2 uie, gekap
1 rooi soetrissie, ontkern en in blokkies gesny
60 ml (¼ k) olyfolie
2owat 15 g Masala Chai-sout (Carmen Niehaus) of andersins geroosterde masala en komyn vir oorsprinkel
1 blik (400 g) kekerertjies, gedreineer
2,5 ml (1/2 t) Fynbossout (Carmen Niehaus), paprika en komyn
250 g Marrokaanse koeskoes, geweek in 500 ml (2 k) chai-rooibostee, gemaak met 4 sakkies Focus van Carmién
Gerasperde skil van 1 suurlemoen
200 g rugspekvleis, in stukke gesny
Sowat 180 ml (¾ k) fynbosslaaisous (Carmen Niehaus) of lemoenslaaisous of mosterd-vinaigrette
20 g koljanderblare vir bo-oor sprinkel

Voorverhit die oond tot 190°C.
1 Meng die groente met die olyfolie en vryf goed met jou hande deur. Geur met die Masala Chai-sout of andersins geroosterde masala en komyn en meng weer lekker deur met jou hande. Skep in ‘n enkellaag in ‘n oondpan en oondbraai sowat 30 minute of tot gaar en effe bros. Skep uit.
2 Pak die kekerertjies in ‘n enkellaag in die Airfryer, sprinkel die sout, paprika en komyn oor. Airfry tot bros, sowat 5 minute.
3 Week die koeskoes in die rooibostee. Plaas in die mikrogolf vir 1 minuut en maak die koeskoes los met ‘n vurk.
4 Voeg die groente en kekerertjies by.
5 Braai die spekvleis tot net gaar, kap fyner indien nodig en roer by die koeskoes in. Giet die slaaisous oor en laat afkoel.
6 Skep op in ‘n platterige opdienskottel en sprinkel die koljanderblare oor.

Wenk: Verleen verdere Marrokaanse smake aan die gereg deur dadels, bosbessies, Turkse appelkose en rosyne by die koeskoes in te meng. Dan kan jy die groente effe minder maak. Roerbraai sonneblomsade in ‘n droë pan, sprinkel bietjie sojasous oor en braai tot droog. Sprinkel oor die gereg. Andersins kan jy gekapte pekanneute oorsprinkel en inroer.

SLAAISOUSE

LEMOENMOSTERD-SLAAISOUS
250 ml (1 k) lemoensap
Sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene
60 ml (4 e) olyfolie
4 knoffelhuisies, fyngedruk
30 ml (2 e) korrelmosterd
10 ml (2 t) Dijonmosterd
30 ml (2 e) heuning
Sout en peper na smaak

MOSTERD-VINAIGRETTE
6 knoffelhuisies, fyngedruk
100 ml olyfolie
200 ml vars uitgedrukte suurlemoensap of houtverouderde balsamieke asyn
30-40 ml klaarbereide mosterd
Sowat 45—60 ml (3—4 e) heuning of bruinsuiker
sout en peper na smaak

Vir beide slaaisouse, meng net al die bestanddele goed saam.

Peuselhappies by die feesmaal

Terwyl almal vir oulaas rondskarrel voor daar aangesit word vir die Kersfeesmaal, is dit altyd goed om ‘n paar eetgoedjies vooraf te bedien om almal welkom te laat voel. Die Vietnamese pannekoekies en koue Persiese sop is ideaal om vooraf te bedien, so ook hierdie frittata-tertjies, wat jy ook vir ontbytkos kan uitsit. As ‘n lekker broodtafel jou ding is, probeer gerus ook die lae koolhidraat groente-saadbrood en bros saadbrode of andersins ‘n glutenvyre brood of twee saam met mieliebrood en die bekende volgraan-roerbrood, platbrode of selfs muffins of pizza; almal uit my boek, Lekker & Goed, lekker kos propvol heilsaamheid.

Vir vooraf geniet is ‘n glasie vonkelwyn net die ding, ek bedien graag Piekenierskloof se Wilhelmina MCC of andersins ‘n koue ystee. Daarvoor is Carmién se reeks Cold Brew- rooibostees ideaal. Daar is verskeie geure en al wat jy doen is om ‘n sakkie of wat in ‘n beker met yskoue water te voeg en dit bietjie te laat trek. Ek geniet veral die nuutste geur, Coco Pine, maar die Apple Mint is net so verfrissend.

Hier is ook net weer die spyskaart wat julle kan volg om ‘n heerlike feesmaal te berei, almal met resepte uit my boek, Lekker & Goed, lekker kos propvol heilsaamheid.

SPYSKAART
By aankoms

In jou glas
Piekenierskloof Wilhelmina MCC
Carmién Coco Pine Cold Brew-ystee

Vooraf

Vietnamese pannekoekies met Vietnamese slaaislous en grondboontjiedoopsous
Koue Persiese jogurtsop
Mini frittata-tertjies met parmaham en songedroogte tamaties

Wyn: Piekenierskloof Heirloom White

Op die Tafel

Rooibos-masala couscous
Griekse bulgurslaai met tuna
Mengelslaai met piekelgemmer en lemoenmosterd-slaaisous
Aartappelslaai met bros kappertjiesade
Franse oondhoender
Oosterse baba-inkvistentakelslaai
Vark-oondbraad met vinkel en vrugtesalsa
Gebakte blomkool met blomkoolpuree en kruie-vinaigrette
Brosbrood met hangkaas en tuinpiekels
Groente-saadbrood

Soet

Suurlemoen-meringuetert
Patatbrownies met gepreserveerde gemmer-jogurt
Dadelballetjies

Wyne
Piekenierskloof Grenache Blanc
Piekenierskloof Grenache Noir
Piekenierskloof Cinsault
Piekenierskloof Heirloom Red

Tee
Carmién Citrus Chai
Carmién Creamy Mint
Carmién Turkish Delight
Carmién Floral Berry

Verskeie van die resepte wat op die spyskaart genoem word, het ek ook op my blog geplaas, so jy kan daar gaan loer. Vir die res sal jy die Lekker & Goed-boek moet koop. Die boek is beskikbaar by uitgesoekte boekwinkels, Checkers en op Carmién se webtuiste.

FRITTATA-TERTJIES
Lekker vir ontbyt of selfs as inpakkos.
Maak 6–8 groot muffins | Bereiding: 20 min | Bak: 25 min

TERTJIES
2 uie, gekap
Olie
200 g gerasperde murgpampoentjies en/of gekapte spinasie
100 g fyngekapte sampioene
6 repies bladspek, gekap, of 2 gaar hoenderborsies, gepluis
250 ml (1 k) gerasperde sterk cheddarkaas
1 wiel fetakaas, grof gekrummel
5 ml (1 t) aangemaakte mosterd
250 ml (1 k) ertjies (opsioneel)
20 g gekapte kruie soos pietersielie of koljander
4 songedroogde tamaties in vinaigrette
6 eiers
Sout en peper na smaak
80 ml (⅓ k) natuurlike ongegeurde jogurt
30 ml (2 e) mielieblom

1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 8 holtes van ’n diep muffinpan deeglik.
2 TERTJIES Braai die uie in ’n bietjie olie tot glasig, voeg die groente by en roerbraai tot net sag en tot alle vloeistof verdamp het.
3 Voeg die spek of hoender, kaas, mosterd, ertjies en kruie by. Meng en skep in die goedgesmeerde muffinholtes. Sprinkel die songedroogde tamaties
bo-op elkeen.
4 Geur die eiers met sout en peper, voeg die jogurt en mielieblom by en klits goed.
5 Giet oor die groentemengsel in die muffinholtes.
6 Bak sowat 25 minute of tot ferm. Sit louwarm of koud voor.

Wenk: Voeg ’n paar gekapte swart olywe by indien verkies.

Smul aan ‘n Feesmaal vir Kersfees

Jou kopseer oor wat om voor te sit vir Kersfees is grootliks opgelos as jy jou hand kol lê op my boek Lekker & Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid. Daarin is die allerlekkerste disse wat ideaal vir jou feestafel gaan wees. Met my onlangse boekbekendstelling by Hemelhuijs (wat onlangs met ’n ster by die Eat Out-toekennings vereer is) in die Kaapse middestad, het befaamde sjef Jacques Erasmus, ’n verruklike feesmaal met disse uit die boek vir ons bymekaargesit wat almal laat swymel het. So ja, al let jy op wat jy eet, is die kos steeds feestelik en smullekker. Grootste bonus vir my is al het ek soos ’n koning gesmul, voel ek nie nie na omval-ooreet en ongemaklik nie.

Piekenierskloof se pryswennerswyne saam met verskeie Carmién tees om die palet skoon te maak, het bygedra tot verdere smaakgenot. Hier is die spyskaart.

SPYSKAART
By aankoms

In jou glas
Piekenierskloof Wilhelmina MCC
Carmién Coco Pine Cold Brew-ystee

Vooraf

Vietnamese pannekoekies met Vietnamese slaaislous en grondboontjiedoopsous
Koue Persiese jogurtsop
Mini frittata-tertjies met parmaham en songedroogte tamaties

Wyn: Piekenierskloof Heirloom White

Op die Tafel

Rooibos-masala couscous
Griekse bulgurslaai met tuna
Mengelslaai met piekelgemmer en lemoenmosterd-slaaisous
Aartappelslaai met bros kappertjiesade
Franse oondhoender
Oosterse baba-inkvistentakelslaai
Vark-oondbraad met vinkel en vrugtesalsa
Gebakte blomkool met blomkoolpuree en kruie-vinaigrette
Brosbrood met hangkaas en tuinpiekels
Groente-saadbrood

Soet

Suurlemoen-meringuetert
Patatbrownies met gepreserveerde gemmer-jogurt
Dadelballetjies

Wyne
Piekenierskloof Grenache Blanc
Piekenierskloof Grenache Noir
Piekenierskloof Cinsault
Piekenierskloof Heirloom Red

Tee
Carmién Citrus Chai
Carmién Creamy Mint
Carmién Turkish Delight
Carmién Floral Berry

Verskeie van die resepte wat op die spyskaart genoem word, het ek ook op my blog geplaas, so jy kan daar gaan loer. Vir die res sal jy die Lekker & Goed-boek moet koop. Die boek is beskikbaar by uitgesoekte boekwinkels, Checkers en op Carmién se webtuiste.

VARK-OONDBRAAD MET VINKEL EN VRUGTESALSA

VARK
2 kg ontbeende varknek of -skouer
of -boud, swoerd klaar ingekeep
Sout
60–80 ml (¼–1/3 k) soet sojasous of andersins heuning gemeng met ’n bietjie sojasous
Paar repe gemmerwortel en suurlemoenskil
1–2 uie en appels, in skywe gesny
1 liter (4 k) rooibostee met vinkel-en-fenegriek (8 sakkies Nursing-tee van Carmién – helfte hiervan kan lemoensap ook wees)
10 ml (2 t) vinkelsaad om bo-oor te sprinkel
Ongegeurde jogurt
SALSA
10 ml (2 t) ment- of koljanderblare, gekap
10 ml (2 t) gekapte piekelgemmer
3 nektariens of pruime of ’n pynappel, in blokkies en skyfies gesny
Skeut balsemieke asyn
Sprinkel suiker (opsioneel)

1 Plaas die vark op ’n draadrakkie oor ’n oondpan. Giet kookwater oor die swoerd en druk droog met handdoekpapier. Vryf die swoerd goed met sout
in en laat staan oop oornag in die yskas.
2 Voorverhit die oond tot 230 °C.
3 Vryf die vleiskant van die oondbraaistuk in met die soet sojasous of andersins heuning-en-sojasousmengsel.
4 Pak die gemmerwortel, suurlemoenskil, uie en appels in ’n oondbak en plaas die oondbraaistuk met die velkant na bo in die bak. Oondbraai by 230 °C of
tot die swoerd mooi bruin is, sowat 20 minute.
5 Verlaag die temperatuur na 160 °C.
6 Giet die rooibostee en lemoensap indien gebruik, in die bak, maar moenie dat dit die vetlaag en vel bedek nie en sprinkel die vinkelsaad bo-oor. Bedek
liggies met tinfoelie of bakpapier en oondbak by 160 °C vir sowat 2½ uur of tot die vleis heerlik sag is – verwyder laaste halfuur die tinfoelie sodat die
vel weer lekker bros kan word.
7 Kook die sous af tot lekker geurig en meng ’n bietjie jogurt by.
8 SALSA Meng al die bestanddele saam en sit voor saam met die oondbraaistuk.

Variasie: rafelvleis Bak die vleis tot baie sag, verwyder die swoerd en vet en trek in rafels. Dreineer en maak ’n sousie van die pansappe: Voeg nog sowat 80 ml (⅓ k) soet sojasous, ’n teelepel of wat tamatiepasta, 5 ml (1 t) elk mosterdpoeier, paprika en Chinese vyfspeserypoeier by, asook 60 ml (¼ k) appelasyn by. Meng deur en giet terug by die vleis. Sprinkel sowat 45–60 ml (3–4 e) bruinsuiker oor die vleis en oondrooster vinnig onder die
roosterelement tot effe gekaramelliseer. Sit voor op platbrode.