Hoender op drie maniere

Eers was dit die Lekkerste hoenderresep wat in 1992 in Huisgenoot se toetskombuis geland het wat minstens een keer per week op ons tafel tuis verskyn het, toe was my huismense weer versot op mosterdhoender, maar nes ons deesdae gek is na enige Oosterse smake, geniet ons hoender met Marrokaanse speseryegeure net so baie.

Geurige Groentebrood

Ek is so bly daar is nou ‘n spesiale bewustheid om die eet van groente aan te wakker, want deesdae word dit beslis nie net meer opgekook en as bykos voorgesit nie. Ek geniet dit om met groente te eksperimenteer, die pragtige kleure en bros teksture leen dit darem net te veel tot smaaklike geregte, want die geure werk tog te lekker saam.

Airfry your veggies

It is no secret that I am mad about salads – the combination of crispy green leaves, a variety of multicolour fresh veggies and creamy cheese with a dressing that is beautifully complimenting it, just appeals to me. During the week I normally stick to fresh veggies that need no cooking. Salads made with roasted veggies e.g., butternut, sweet potatoes, onions, or beetroot was weekend food. No more. With the Instant Pot Vortex Airfryer these veggies are roasted to perfection within half an hour – giving me just enough time to prep the rest of the veggies and the salad dressing.

Heerlike Hoenderschnitzels

Na ‘n hele paar eksperimente in die Instant Vortex Airfryer het ek nou die kuns vervolmaak om die perfekte schnitzel binne ‘n ommesientjie te maak. Die geheim is om die filette eers goed te verkoel voordat jy dit gaarmaak sodat die krummels goed kan vaskleef.

‘n Nuwe manier van kook

Ek het julle seker nou lank genoeg aan ‘n lyntjie gehou oor waarmee ek doenig is in die kombuis. En hier is dit nou – die CARMEN NIEHAUS COOKING TEA COLLECTION. Twee bokse met my noukeurig uitgesoekte teeseleksie uit die Carmien-teereeks waarmee ek heeldag en aldag lank in die kombuis kook. Ek noem dit my “spice cupboard in a tea bag”!

Lekker Bros Sonder Olie

was nog nooit een vir enige diepvetgebraaide kosse nie, want ek kon net nie my gewete verby die feit kry dat die kos alles in olie gaargemaak word nie. Ja, die brosserigheid is heerlik, maar die skuldgevoel het die lekkerte oorheers. So vir jare lank het ek enige diesulke geregte bloot net vermy. Maar nou het daar vir my GROOOT uitkoms gekom – ‘n Instant Vortex air fryer, ‘n lekker grootte met ‘n 5.7 liter volume.

Smullekker Groentebakkies

Knus langs my kombuisdeur het daar onlangs ‘n soetrissie-plantjie opgeslaan. Ek het nie gedink dit sou die Weskuswind oorleef nie, maar tog, toe ek my weer kom kry, hang dit vol blinkskil soetrissies. Party het ek groen geoes, ander langer laat hang tot hulle mooi rooi geskyn het. En dan maak dit die lekkerste bakkies waarin jy vir elkeen sy eie etetjie kan berei.

Woensdag Wenke: Hoeveel rooivleis eet jy?

Liezel Engelbrecht, geregistreerde dieetkundige, gesels hierdie week oor rooivleisinname en ander proteïenbronne. Hoewel rooivleis ‘n goeie bron van proteïen is en ook ander voedingstowwe soos yster, vitamien B12 en sink bevat, beveel die Wêreldkankernavorsingsfonds aan dat ons nie meer as 500 g rooivleis per week eet nie, wat verwerkte vleis insluit.

Sjokoladerol

Ek is altyd daarop uit om te kyk hoe ek resepte gesonder maar steeds lekker kan maak – maw om meeste sleg uit ‘n gereg te haal sonder om die lekker op te offer. Hierdie sjokoladerol is eintlik te goed om waar te wees – dis koringvry, suikervry en bykans vetvry, maar smaak hemels, ‘n tipiese lekkergoed-resep (maw dis lekker, maar ook goed vir jou).

Brejani

Ek hou van geregte wat lekker, maar nie te sterk, gegeur is. Veral die kosse uit die Maleise kookkultuur is my kos, want daar word met soveel respek met die speserye en kruie omgegaan. ‘n Stappie deur die Bo-Kaap met sy kleurvolle huisies is altyd ‘n wonderlike ervaring en ‘n besoek aan die speserywinkel ‘n hoogtepunt, waar ek my kan verloor in al die wonderlike smake, geure en kleure van die speserye. Gelukkig was ek in my jare as kosredakteur by Huisgenoot geseënd met kosassistente wat goed bekend was met die Maleise kookkultuur en ons is eerstehands touwys gemaak, tot in roti’s rol en en dhaltjies maak.