Melktert soos van ouds is altyd omring met ‘n vlokkerige skilferkors en is baie keer in ‘n emaljebord gebak. Ek gee myself geensins uit as ‘n skilferkorsmaker nie en het myself eerder gewend tot ‘n broskorstipe deeg. Ek’t verskeie melktertresepte en ek het hulle noukeurig vergelyk.