Lekker verrassingspakkie

Dis altyd ‘n groot verrassing as hier ‘n pakkie van die befaamde kosskrywer en -redakteur, Arina du Plessis by my opdaag. Want ja, dan weet ek die nuutste Landbou Boerekos het so pas gearriveer. Dit bly beslis een van my gunsteling kostydskrifte, tot boordens toe gevul nie net met lekker resepte nie, maar ook inligting en lekkerlees-artikels!

Kook slim

Watter heerlike voorreg was dit nou weereens verlede week vir my om die laaste van ‘n reeks gesonder-eet-kookklasse vir ‘n dertigtal plaaswerkers op Citrusdal saam met die Mouton Foundation, Carmién Tea en ‘n oorsese klient, Teekanne, aan te bied, ‘n inisiatief wat ontstaan het nadat vasgestel is dat leefstylsiektes wyd voorkom onder die plaaswerkers.

Valentynsvreugde

In my jare as kosredakteur was die spesiale temas wat daar deur die jaar op gefokus was nogals vir my ‘n uitdaging. Een wat my veral soms laat kop krap het was Valentynsdag, want sien, hierdie storie moes alreeds afgehandel en klaar in die sakkie wees voordat ons vir die jaarlikse Kersvakansie gebreek het.

2023 se top kostendense

Volgens my is die beste Suid-Afrikaanse aanlyn-kostydskrif wat daar tans is Crush. Hier kry ek nie net heerlike inspirasie vir resepte nie, maar ook wonderlike addisionele inligting wat alles met kos en nuwe bestanddele te make het. ‘n Paar weke gelede het hulle die top kostendense vir 2023 gedeel en ek kyk graag bietjie dieper daarin.