My kombuis is nooit sonder vars suurlemoene nie. Ek kan bloot nie daarsonder kook nie – ‘n skeutjie sap saam met varsgerasperde skil rond van ‘n bredie tot groente of slaaisous net te lekker af. Ja, as ek vasdraai met geur, sit ek suurlemoen by.
Tag Archives: resep
Appelvrugtetert vir koeler weer
p Langebaan kan mens begin voel die jaar het gedraai. Nie net wys die son heelwat later soggens sy gesig nie, maar die luggie is skielik sommer heelwat koeler. Vir my is hierdie herfsweer sinoniem met appeltert – ietwat swaarder van lyf en vol van geur.
Smul aan Spaghetti
Toe ons kinders was het ons dit slangetjies genoem en sommer sulke vurke vol van die toutjies spaghetti opgeslurp – partykeer sommer net so, ander kere miskien met ‘n bietjie kaas oorgerasper. Eenvoud op sy lekkerste.
Koue Kerriehoenderslaai
desjare terug op Heidelberg in die Wes-Kaap geniet het so handig te pas kom, veral omdat Februarie ook mos druiwetyd is.
Piekelgroente
Bietjie dag terug daag daar ‘n pakkie by my huis op hier in Langebaan – en wat ‘n heerlike verrassing, Safari Vinegar se nuutste premium reeks asyne, alles natuurlik gefermenteer. Ek het nog altyd graag Safari se asyne gebruik maar hierdie is sommer hoërgraad.
Spesiale Sjokoladekoek
Koek, sjokolade, bessies en vye is sinoniem met die liefde. In hierdie doodmaklike sjokoladekoek kry jy alles in een met op die koop toe karamelkondensmelk – iets waarmee jy my altyd sal omkoop!
Liefdeskoekies
Makrolletjies, sjokolade en malvalekkers praat die taal van die liefde. Hier kombineer ek dit, maar jy kan hulle gerus maar net enkel-enkel maak.
Vier romanse met roulade
is die maand van liefde en romanse. Vier dit met ‘n happie roulade waarin lappies forel in toegerol is. Nie net heerlik en verleidelik nie, maar ook doodmaklik en vinnig om te maak want dit vra nie dat jy eers witsous hoef te maak nie. Koud of warm smaak dit ewe lekker. Met dieselfde mengsel kan jy selfs ‘n klein omelet maak.
Nostalgie met Peppermint Crisptert
Ek onthou die Peppermint Crisptert wat my ma altyd in ‘n Pyrexbak gemaak het vir talle Sondagmiddagkuiers. Een van daai terte wat jy nie kan ophou eet as jy eers begin het nie. Ook my man se gunsteling. Maak dit in ‘n broodvorm sodat mens dit makliker kan sny of maak weer ‘n slag ‘n driehoektert, die treffer uit die tagtigs.
Oondgeroosterde Groente
Ek hou van my slaai, groentes en die heerlike verskeidenheid somervrugtes wat tans beskikbaar is. Waar moontlik verkies ek om dit rou te geniet en ook ongeskil waar moontlik, maar maak doodseker dat jy dit baie baie goed afwas.
Veelsydige Quinoa Slaai
As mens té veel rooivleis inneem, loop jy die risiko om gesondheidsprobleme soos hartsiektes en kanker te verhoog. Dis dus ‘n goeie idee om ‘n vleislose dag of twee per week in te werk. Gelukkig is daar heelwat alternatiewe hoë-proteïenbronne om van te kies.
Vermy kitskos, maak dit self
Sekerlik die belangrikste aspek vir my as mens gesonder en skoner wil eet, is om kitskos en geprosesseerde kosse te beperk. Maar jy kan steeds jou geliefde pizza of hamburger geniet – die geheim – maak dit self.
Eet vars en gesond
Daar is deesdae so baie eetplanne oor gesonder eet dat dit mens meestal goed deurmekaar maak. Ek het nou al bykans na almal geloer en meeste beproef en op die ou einde het ek volstaan by gebalanseerd eet met die volgende 6 riglyne as basis.
Gee jou gesondheid ‘n verdere hupstoot met ‘n vinnige teatox
Gee jou gesondheid ‘n verdere hupstoot met ‘n vinnige teatox. Carmien Tea maak dinge sommer supermaklik met hul teatox-combo om jou te help om jou Nuwejaars-gesondheidsdoelwitte te bereik. Dit bestaan uit ‘n pak Energise (‘n mengsel van rooibos, boegoe, hoodia en guarana) en ‘n pak Cleanse (‘n mengsel van natuurlike kruie, senna, suurlemoengras, gemmer, spearment en groen rooibos).
Eet skoner en varser
‘n Goeie afskop om gestalte aan gesonder eetgewoontes te gee is om vir ‘n week of wat skoner te eet met lekker baie vars kosse, want ‘n mens hoef geensins net van water en groentestokkies te leef as jy bietjie wil detoks nie. Dieetkundiges beveel aan dat mens sowat 3—7 dae detoks, maar moenie vas nie, want dit vertraag die metabolisme.
Skud reg vir 2022
Die beste manier vir my om my dag reg te begin is met ‘n lekker(goed) smoothie, want meeste van ons het bloot net nie die tyd om soggens aan te sit vir ‘n ordentlike ontbyt nie. Hierdie smoothie kan jy regtig binne minute in die voedselverwerker aanmaak.
Smul aan keurige oorskiet
Die lekkerte van die Kersete kry net nie einde nie en mens kan tot lank na Kersfees steeds peusel aan al die heerlike oorskiet eetgoed. Die groot geheim is eintlik om dit dan steeds mooi en keurig voor te sit.
‘n Buffet vir Kersfees
As julle soos ek uit ‘n groot familie kom, is dit die beste en maklikste om ‘n buffet vir die Kersete uit te pak waar almal hulself kan help.
Kuier op die stoep
Op Langebaan is daar ‘n vakansiegees in die lug. Die dorp is besig, die strate getooi en op die meer bol die seile van die windsurfers in die lug. Stadig maar seker skud almal reg vir die feestyd en lekker saamkuier. Dan hou ek daarvan om ‘n buitetafel te dek op die stoep en ‘n eenvoudige koue feesmaal voor te sit.
Super Slaaie
Met die nuwe Carmen Niehaus x Carmien Tea-slaaisouse het jy binne ‘n ommesientjie ‘n smaaklike slaai op tafel. Die Forest Berry-slaaisous is veral lekker saam met vrugtige slaaie soos hierdie komkommer-carpaccio wat ook aarbeie inkry terwyl dit net so lekker in ‘n lensieslaai waarby pruime ingemeng word smaak.