Ek hou van my slaai, groentes en die heerlike verskeidenheid somervrugtes wat tans beskikbaar is. Waar moontlik verkies ek om dit rou te geniet en ook ongeskil waar moontlik, maar maak doodseker dat jy dit baie baie goed afwas.
Tag Archives: recipe
Veelsydige Quinoa Slaai
As mens té veel rooivleis inneem, loop jy die risiko om gesondheidsprobleme soos hartsiektes en kanker te verhoog. Dis dus ‘n goeie idee om ‘n vleislose dag of twee per week in te werk. Gelukkig is daar heelwat alternatiewe hoë-proteïenbronne om van te kies.
Vermy kitskos, maak dit self
Sekerlik die belangrikste aspek vir my as mens gesonder en skoner wil eet, is om kitskos en geprosesseerde kosse te beperk. Maar jy kan steeds jou geliefde pizza of hamburger geniet – die geheim – maak dit self.
Eet vars en gesond
Daar is deesdae so baie eetplanne oor gesonder eet dat dit mens meestal goed deurmekaar maak. Ek het nou al bykans na almal geloer en meeste beproef en op die ou einde het ek volstaan by gebalanseerd eet met die volgende 6 riglyne as basis.
Gee jou gesondheid ‘n verdere hupstoot met ‘n vinnige teatox
Gee jou gesondheid ‘n verdere hupstoot met ‘n vinnige teatox. Carmien Tea maak dinge sommer supermaklik met hul teatox-combo om jou te help om jou Nuwejaars-gesondheidsdoelwitte te bereik. Dit bestaan uit ‘n pak Energise (‘n mengsel van rooibos, boegoe, hoodia en guarana) en ‘n pak Cleanse (‘n mengsel van natuurlike kruie, senna, suurlemoengras, gemmer, spearment en groen rooibos).
Eet skoner en varser
‘n Goeie afskop om gestalte aan gesonder eetgewoontes te gee is om vir ‘n week of wat skoner te eet met lekker baie vars kosse, want ‘n mens hoef geensins net van water en groentestokkies te leef as jy bietjie wil detoks nie. Dieetkundiges beveel aan dat mens sowat 3—7 dae detoks, maar moenie vas nie, want dit vertraag die metabolisme.
Skud reg vir 2022
Die beste manier vir my om my dag reg te begin is met ‘n lekker(goed) smoothie, want meeste van ons het bloot net nie die tyd om soggens aan te sit vir ‘n ordentlike ontbyt nie. Hierdie smoothie kan jy regtig binne minute in die voedselverwerker aanmaak.
Smul aan keurige oorskiet
Die lekkerte van die Kersete kry net nie einde nie en mens kan tot lank na Kersfees steeds peusel aan al die heerlike oorskiet eetgoed. Die groot geheim is eintlik om dit dan steeds mooi en keurig voor te sit.
‘n Buffet vir Kersfees
As julle soos ek uit ‘n groot familie kom, is dit die beste en maklikste om ‘n buffet vir die Kersete uit te pak waar almal hulself kan help.
Kuier op die stoep
Op Langebaan is daar ‘n vakansiegees in die lug. Die dorp is besig, die strate getooi en op die meer bol die seile van die windsurfers in die lug. Stadig maar seker skud almal reg vir die feestyd en lekker saamkuier. Dan hou ek daarvan om ‘n buitetafel te dek op die stoep en ‘n eenvoudige koue feesmaal voor te sit.
Super Slaaie
Met die nuwe Carmen Niehaus x Carmien Tea-slaaisouse het jy binne ‘n ommesientjie ‘n smaaklike slaai op tafel. Die Forest Berry-slaaisous is veral lekker saam met vrugtige slaaie soos hierdie komkommer-carpaccio wat ook aarbeie inkry terwyl dit net so lekker in ‘n lensieslaai waarby pruime ingemeng word smaak.
Smullekker slaaisous
My grootste uitdaging en droom was nog altyd om te sorg dat slaai die ster van die tafel word en die bak heel eerste dolleeg geëet sal wees. Slaaisous maak die verskil tussen ‘n ordinêre slaai en iets spesiaals. Die Carmen Niehaus-slaaisouse sorg vir daardie spesiale smaak wat enige slaai verhef bo die gewone.
Luxury creamy rice trifle with berries and rice chocolate crumbs
Since my childhood days, trifle is part of our family Christmas feasts. Every year the bowl needs to be bigger as it is finished to the bottom every time. Nowadays I made individual ones so that everyone can enjoy his own bit of specialness. This rice trifle is a combination of my most favourite flavours: creamy rice with a hint of rose water, creamy yoghurt, caramel condensed milk, and berries.
Christmas rice pudding wreath
During my childhood days every year, Christmas was a big family get together on the farm; over fifty of us had a feast under the trees in our garden or on the large stoep on the original family farm. There were leg of lamb and my auntie Martie’s famous chicken pie with lots of salads on the side; my mom made steamed Christmas pudding in which a few coins were also hidden. This wreath is a resemblance of that pudding with the same flavour profile full of spiciness. But it is the silky creaminess of this rice pudding that makes it extra special.
Vis & Tjips
Ek het nooit gehou van diepgebraaide kosse nie. Maar jy kon my nog altyd omkoop met gebakte vis. Ek dink daardie verknogtheid het kleintyd al ontstaan. Op ‘n inkopietog Kaap toe, is daar altyd met die terugkomslag by ‘n viswinkeltjie in Malmesbury se hoofstraat gestop vir vis & tjips. Die reuse visporsies is mooi in groot velle witpapier toegedraai en daarmee is ons vort – dit was dan aandete. Ons kinders was in die hemel.
Hoender op drie maniere
Eers was dit die Lekkerste hoenderresep wat in 1992 in Huisgenoot se toetskombuis geland het wat minstens een keer per week op ons tafel tuis verskyn het, toe was my huismense weer versot op mosterdhoender, maar nes ons deesdae gek is na enige Oosterse smake, geniet ons hoender met Marrokaanse speseryegeure net so baie.
Geurige Groentebrood
Ek is so bly daar is nou ‘n spesiale bewustheid om die eet van groente aan te wakker, want deesdae word dit beslis nie net meer opgekook en as bykos voorgesit nie. Ek geniet dit om met groente te eksperimenteer, die pragtige kleure en bros teksture leen dit darem net te veel tot smaaklike geregte, want die geure werk tog te lekker saam.
Airfry your veggies
It is no secret that I am mad about salads – the combination of crispy green leaves, a variety of multicolour fresh veggies and creamy cheese with a dressing that is beautifully complimenting it, just appeals to me. During the week I normally stick to fresh veggies that need no cooking. Salads made with roasted veggies e.g., butternut, sweet potatoes, onions, or beetroot was weekend food. No more. With the Instant Pot Vortex Airfryer these veggies are roasted to perfection within half an hour – giving me just enough time to prep the rest of the veggies and the salad dressing.
Minmoeite Bruintjies
Bruintjies is gemaak om dekadent te wees. Ek verkies egter hierdie resep wat steeds met egte sjokolade, donker sjokolade, gemaak word, minder ryk, maar steeds heerlik klam is. Ek’s veral versot op die lae koolhidraat-variasie.
Smul aan soesji
Soesji bly ook ‘n groot gunsteling, veral met al die bestanddele wat deesdae so gemaklik in ons supermarkte beskikbaar is. Maar nes skilferkors gee ek myself glad nie uit as ‘n sjoesji-maker nie. Daarom vind ek hierdie soesji-brood is ‘n lekker maklike uitweg.
