Ontbyt in ‘n kits

Ek is lief vir ‘n romerige hawermoutpap wat ek altyd met ‘n kaneelstok, ‘n paar peule kardamom en ‘n steranys of twee gaarmaak – net soos die pap waarmee die kombuis-assistente in Huisgenoot se toetskombuis my graag destyds bederf het. Maar so baie keer is daar so baie dinge wat tegelykertyd soggens moet plaasvind, dat ‘n ordentlike ontbyt die laaste ding is waaraan jy dink en voor jy jou kom kry begin jy laatoggend peusel aan eniggeiets wat voorkom of slaan die een na die ander koppie koffie weg. Om weg te doen met hierdie slegte gewoontes, maak ek baie keer saans ‘n mengsel oornag-hawermout aan.

Lekker soet sonder sonde

Ek het nie juis ‘n soettand nie, maar vir melktert het ek nog nooit nee dankie gesê nie. Langebaan is die deesdae geseën met oulike bakkerye en ek draf gereeld daar in vir ‘n suurdeegbrood of twee. Dan bederf ek my graag met hul heerlike Portuguese tertjies – baie soos ons Suid-Afrikaanse melktert, maar daar word ‘n soet suurlemoenstropie in die melkpap ingemeng.

Gee jou gesondheid ‘n verdere hupstoot met ‘n vinnige teatox

Gee jou gesondheid ‘n verdere hupstoot met ‘n vinnige teatox. Carmien Tea maak dinge sommer supermaklik met hul teatox-combo om jou te help om jou Nuwejaars-gesondheidsdoelwitte te bereik. Dit bestaan uit ‘n pak Energise (‘n mengsel van rooibos, boegoe, hoodia en guarana) en ‘n pak Cleanse (‘n mengsel van natuurlike kruie, senna, suurlemoengras, gemmer, spearment en groen rooibos).

Eet skoner en varser

‘n Goeie afskop om gestalte aan gesonder eetgewoontes te gee is om vir ‘n week of wat skoner te eet met lekker baie vars kosse, want ‘n mens hoef geensins net van water en groentestokkies te leef as jy bietjie wil detoks nie. Dieetkundiges beveel aan dat mens sowat 3—7 dae detoks, maar moenie vas nie, want dit vertraag die metabolisme.

Peuselgoed vir oujaarsaand

Van ons voorstoep af kyk mens lekker uit op die Langebaanmeer. Onder die lattedak staan daar ‘n groot stewige houttafel met bankies. Lanterns wat al om die kante van die stoep hang, gee net genoeg lig. Dis nou al tradisie dat ons Oujaarsaand saam met familie en ‘n paar vriende op die lekker groot stoep kuier, want hiervandaan kan ons die vuurwerke mooi bekyk. Dis dan wat ek graag groot houtborde met charcuterie en kase uitpak saam met lekker brode en ‘n paar smere. Ek gebruik sommer baie keer ‘n klompie vysels om die eetgoed in uit te sit. Eenkant prakseer ek ‘n ginstasie waar almal kan eksperimenteer met mengeldrankies.

Hoender op drie maniere

Eers was dit die Lekkerste hoenderresep wat in 1992 in Huisgenoot se toetskombuis geland het wat minstens een keer per week op ons tafel tuis verskyn het, toe was my huismense weer versot op mosterdhoender, maar nes ons deesdae gek is na enige Oosterse smake, geniet ons hoender met Marrokaanse speseryegeure net so baie.