Ek het mos op die rand van die Weskus grootgeword – bo-op die Olifantsrivierberge waarvandaan jy op ‘n mooi dag die son oor die see by Elandsbaai kan sien blink. Maar nou bly ek midde-in die Weskus hier op Langebaan en die ontdekking van Weskusjuwele hou net nie op nie. Daarom toe ek die nuutste uitgawe van Country Cooking op die rak sien opgedra aan die Weskus moes ek dit net dadelik aanskaf.
Tag Archives: carmien tea
Slaai by die braai
Vir braaidag moet daar darem ‘n slaai of twee op tafel wees waarmee jy die nodige varsheid en vrolikheid na die tafel kan bring om so ook die koms van die somer te vier.
Braaisous vir braaidag
Ons kan ons erfenis met niks lekkerder vier as om ‘n vuurtjie aan te steek en ‘n vleisie oor die kole te gooi nie nie. Beter nog as jy ‘n braaisous met eg Suid-Afrikaanse bestanddele soos rooibostee maak.
Smul aan varkvleis
Nes soet en suur werk Oosterse smake baie goed saam met vark. Die doodmaklike smeerselresep van gelyke hoeveelhede heuning en suurlemoensap met helfte sojasus is geskik vir van ribbetjies tot varktjops en heel snitte soos lende.
Vinkel en koljander
Ek neem die spreekwoord, vinkel en koljander vandag sommer baie letterlik op – want vinkel en koljander pas soos ‘n bom by varkvleis. As die lus vir ‘n stukkie filet jou oorval, maar jy kan nie oor dit kom hoe duur beesfilet deesdae kos nie, is varkfilet jou antwoord.
Die mooi van lente
Die koek met sy mooi bessiekleure en geure word binne ‘n japtrap aanmekaar geslaan en jy maak net twee bakke vuil. Ek bak dit graag in ‘n Bundt-pan om dit meer spesiaal te maak.
Vroue met moed
Dis vir my lekker om my te omring met mense wat ‘n verskil maak en wat nie skroom om skouer aan die wiel te sit nie. Augustusmaand is vrouemaand en daarom is dit vir my goed om dan spesifiek te fokus op vroue wat hul kleim afgesteek het en wat vir my as inspirasie dien.
Smul aan patatteesop en vier vrouemaand
Die immergewilde botterskorsiesop het ek nou omskep in ‘n fluweelgladde patatsop, maar wat ek ook nog doen, is pleks van groenteaftreksel te gebruik, ‘n aftreksel te trek van groen rooibostee.
Dadelteebrood
‘n Swaarder weergawe van desjare se tipsytert en ‘n goeie voorbeeld van waar mens deur die byvoeging van dadels die suiker in gebak kan verminder.
Mossels op sy lekkerste
Ek was nog altyd lief vir mossels, veral ‘n dik geurige mossel-chowder gemaak met vars mossels, is ‘n gunsteling van my. Nou se dae hoef mens glad nie meer te kla dat jy nie vars mossels in die hande kan kry nie.
Roerbraai in ‘n kits
Menige dag wend ek my tot ‘n roerbraai as ek vinnig iets te ete wil berei wat ook voedsaam is. En dis dan wanneer my reeks Carmen Niehaus-rooibosslaaisouse so handig te pas kom.
Ontspan met tee en beskuit
Niks help so goed om bietjie tot verhaal te kom wanneer dinge ietwat op galop begin gaan as om te ontspan met ‘n koppie rooibos saam met ‘n beskuitjie wat jy daarin kan doop nie. Des te beter as die tee ook kalmte bring.
Nostalgie opgeklits
Onthou julle nog destyds se dadelbolletjies – naas crunchies was dit sekerlik van die lekkerste tuisgemaakte soetgoed waaraan ek my kleintyd gereeld vergryp het. Deesdae sien ek hulle weer gereeld op veral padstalle se rakke en dit kos wilskrag om nie ‘n pakkie te koop nie – maar dan onthou ek weer die resep – die baie margarien en suiker waarby die dadels en mariebeskuitjies ingemeng is. Dis toe wat ek dit goeddink om so bietjie te timmer aan die oudagse lekkerte.
Braai op safari
Ons maak graag ons eie veeldoelige braaisous wat sommer as marinade ook dien en ook in ‘n potjie gebruik kan word.
Verleidelike modderkoek
Jare terug bederf my groot kosvriend vanuit die Kalahari, Niël Stemmet, my met die lekkerste klam modderkoek toe ek vir die soveelste keer die tog Kalahari toe aanpak om saam met hom die mooi van daardie wonderskone wêreld te gaan verken. Hy kon dit ook so mooi in sy eiesoortige Kalahari-Afrikaans verwoord. En toe kom eis COVID ook hier sy tol. Telkens as ek so deur my vele kosboeke blaai, kom ek op klein verrassings en kleinodes af wat my opnuut aan hom herinner.
Tee en skons
Daar is darem maar net iets spesiaals aan ‘n varsgebakte skon om saam met jou gunsteling tee (deesdae is myne die Carmien groen rooibos Earl Grey) te geniet. Ek het nou al so baie vertel hoe my ma ons leer skons bak het, die botter netjies ingevryf en die meel hoog gelig om lug te kry.
Hoendersop uit ‘n teepot
Dis nog nie koud genoeg om nou al dik gort-en-groentesop te kook nie, maar ‘n geurige hoendersop met heelwat vars bestanddele in, kom nou handig te pas. Omdat hierdie ‘n lekker dun sop is, skink ek dit in teepotte en sit dit so voor saam met die ander vars bestanddele apart in bakkies. Almal maak dan hul eie sop.
Koekies uit die vrieskas
Soos die kouete nader kruip, bekruip die lus vir ‘n soetdingetjie jou ook mos meer en meer. Veral hier teen laat aand, wanneer ons vir ons ‘n koppie Orange Camomile rooibostee van Carmién maak, begin mens rondsoek vir ietsie om aan te peusel daarby. Dan is dit voordelig om hierdie deegmengsel gereed in die vrieskas te hê.
Sondag-souskluitjies
Ons het gereeld souskluitjies, gemaak volgens my Ouma Carmen se resep, as Sondagmiddag-poeding gekry. Dit was ‘n veerligte sponskluitjie, eerder ‘n tipe melkpap as kluitjie, wat versigtig met twee poedinglepels in klein hopies in ‘n soet kaneelstropie geskep is.
Looppoeding met mentroomys
Bakpoedings was nog nooit eintlik my ding nie, maar hierdie sjokolade een met sy loperige sousie is vir my hemels. Doen die moeite en maak die mentroomys daarby. Heerlik! Ek maak afsonderlike poedinkies, maar jy kan ook een groot bak maak.