Nostalgie opgeklits

Onthou julle nog destyds se dadelbolletjies – naas crunchies was dit sekerlik van die lekkerste tuisgemaakte soetgoed waaraan ek my kleintyd gereeld vergryp het. Deesdae sien ek hulle weer gereeld op veral padstalle se rakke en dit kos wilskrag om nie ‘n pakkie te koop nie – maar dan onthou ek weer die resep – die baie margarien en suiker waarby die dadels en mariebeskuitjies ingemeng is. Dis toe wat ek dit goeddink om so bietjie te timmer aan die oudagse lekkerte. Geen meer margarien of ekstra suiker nie en pleks van die Mariebeskuitjies gebruik ek nou hawermout, maar die grootste bonus is die rooibos espresso wat ‘n subtiele nuwe geur daaraan verleen. Ek hou veral daarvan om die chai-espresso daarby in te meng. Ek weet ook nie of julle nou al agtergekom het nie, maar elke nou het ek ‘n ander gunsteling tee uit Carmién Tea se wonderlike verskeidenheid rooibostees. Dan drink ek letterlik koppies vol daarvan sommer so al om die uur, veral as ek vassit agter my rekenaar. Deesdae is my nuutste gunsteling rooibos cuppaccino, gemaak met Carmién se rooibos espresso, sommer so ‘n dubbele sterkte daarvan. As ek ‘n vinnige draai gooi by die Carmién-teewinkel by die Feines Fine Foods Deli in Seepunt, staan die koppie sommer al klaar reg, ek hoef nie eers te vra nie.

ESPRESSO DATE BALLS

Makes 40 balls
Preparation time: 20 min

400 g pitted dates
1,25 ml (¼ t) bicarbonate of soda
125 ml (½ c) boiling water
375 ml (1½ c) oats or 1 packet (200 g) sugar-free bran biscuits
125 ml (½ c) cacao
250 ml (1 c) desiccated coconut
80 ml (⅓ c) coconut oil, melted
45—60 ml (3—4 T) Carmién Rooibos Espresso (Natural or Chai)
Desiccated coconut for rolling

1 Place the dates in a glass bowl and sprinkle over the bicarbonate of soda. Pour over the boiling water and microwave for 1 minute. Let cool.
2 Place dates with the rest of the ingredients except the coconut needed to roll the balls, in the bowl of the food processor and process till a smooth paste is formed.
3 Scoop out 12,5 ml (1 dessert spoon) of the mixture and roll in balls, then roll in coconut. Refrigerate till needed.

Hint: Add some honey if you prefer a sweeter date ball.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: