Onthou julle nog destyds se dadelbolletjies – naas crunchies was dit sekerlik van die lekkerste tuisgemaakte soetgoed waaraan ek my kleintyd gereeld vergryp het. Deesdae sien ek hulle weer gereeld op veral padstalle se rakke en dit kos wilskrag om nie ‘n pakkie te koop nie – maar dan onthou ek weer die resep – die baie margarien en suiker waarby die dadels en mariebeskuitjies ingemeng is. Dis toe wat ek dit goeddink om so bietjie te timmer aan die oudagse lekkerte.