Smul aan patatteesop en vier vrouemaand

Die immergewilde botterskorsiesop het ek nou omskep in ‘n fluweelgladde patatsop, maar wat ek ook nog doen, is pleks van groenteaftreksel te gebruik, ‘n aftreksel te trek van groen en gewone rooibostee. Daarvoor span ek dan Carmién Tea se groen rooibostee met camomile en ook die een met sitrus chai in (hulle is beskikbaar in die immergewilde blomreeks met die piramiedsakkies). Heeerlik!

Jy kan ook kom smul saamsmul aan hierdie heerlike sop en terselfdertyd ook jou kwota rooibostee koop by die Carmién teewinkel. Op 6 Augustus gee Petronel Baard ‘n uitvoering by De Tol Plaas Deli op die Piekenierskloofpas naby Citrusdal met haar interpretasie van ‘n Blom in elke vrou waar sy ‘n ligte, klassieke, digterlike reis deur die vier seisoene neem. By aankoms kan julle teug aan ‘n glasie soetwyn. Saam met die sop en roti, sal jy ook kan proe aan 3 van Carmién se heerlike verskeidenheid rooibostees en die pryswenners-Piekenierskloofwyne sal ook beskikbaar wees om te koop (ook per glas).

Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid om die koms van die blommeseisoen (en vrouemaand) te vier. Kry jou vriendinne bymekaar en gaan geniet ‘n daggie in mooi van die platteland. Vir meer inligting en om te bespreek, besoek hierdie skakel.

Fluweelgladde patatsop

Maak sowat 3 liter
Bereiding: 20 min.
Gaarmaak: 30 min.

SOP
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
Olie
15 ml (1 e) geroosterde masala of brejani-masala
1,5 kg geel patat, geskil en in blokkies (500 g daarvan kan ook botterskorsie wees)
1 appel, gerasper
5 sakkies groen rooibostee met camomile
5 sakkies rooibostee met sitrus-chai
2,5 liter (10 k) kookwater
1 sakkie (50 g) tamatiepasta
AFRONDING
45–60 ml (3–4 e) romerige natuurlike jogurt (opsioneel)
Groot handvol gekapte koljanderblare (opsioneel)

1 SOP Braai die ui en knoffel in ’n bietjie olie tot sag. Roer die masala by.
2 Voeg die botterskorsie, patat en appel by en meng.
3 Knoop al die teesakkies aanmekaar, verwyder die plakker en voeg by.
4 Giet die kookwater en tamatiepasta by, geur met sout en bring tot kookpunt.
5 Verlaag die hitte en laat kook tot die groente sag is, sowat 30 minute. Verwyder die teesakkies.
6 Maak die groente goed fyn met ’n staafmenger .
7 AFRONDING Skep in ’n sopbak of klein koppies of teepot, en roer die jogurt liggies deur en rond af met gekapte koljanderblare indien verkies.

Wenk: Indien die sop te dik is vir die tuit van jou teepot, verdun dit net effens met nog bietjie van die tee sodat dit gemaklik kan skink.

One thought on “Smul aan patatteesop en vier vrouemaand

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: