My ma het altyd gesê: as daar eiers in die huis is, het jy kos op die tafel – van vroeg tot laat, ontbyt tot aandete en tussendeur, kan dit deel vorm van jou van jou spyse. Soveel meer so, noudat voedingskenners dit eens is dat een tot twee eiers maar daagliks deel kan uitmaak van jou dieet.
Tag Archives: carmen niehaus
Vinkel en koljander
Ek neem die spreekwoord, vinkel en koljander vandag sommer baie letterlik op – want vinkel en koljander pas soos ‘n bom by varkvleis. As die lus vir ‘n stukkie filet jou oorval, maar jy kan nie oor dit kom hoe duur beesfilet deesdae kos nie, is varkfilet jou antwoord.
Opslag tamaties
Vir ‘n wyle hou ek nou al die plantjie wat neffens die agterdeur opgeslaan het, dop. ‘n Tamatieplant, ontdek ek by nadere ondersoek. En hy gedy by die dag al hoe meer. Hierdie keer wend ek my dan tot die ruim oes van tamaties en maak ‘n slaaisous met songedroogde tamaties.
Spinasie-kaaskoek uit die bos
Ek is lief vir Popeye se sterkmaakkos en probeer spinasie op alle denkbare maniere inwerk wanneer ek kook. Ek is nou net terug van ‘n heerlike wildtuin-vakansie in die Krugerpark en het ook digby Phalaborwa verby gery. Dis toe wat ek weer aan hierdie besonderse spinasie-kaaskoek dink wat ek jare terug op Phalaborwa by die Masorini Lodge buitekant die dorp geproe het.
Low Carb Lasagne
Die legendariese lasagne-resep van my ma het ek dus aangepas en die groen pastalinte met eiervrug vervang en die kaassous met ‘n maaskaassous waarby heelwat spinasie ingewerk word, een van my gunsteling groentes. Heerlik en ideaal om sommer in groot maat te maak en te vries.
Die mooi van lente
Die koek met sy mooi bessiekleure en geure word binne ‘n japtrap aanmekaar geslaan en jy maak net twee bakke vuil. Ek bak dit graag in ‘n Bundt-pan om dit meer spesiaal te maak.
Vroue met moed
Dis vir my lekker om my te omring met mense wat ‘n verskil maak en wat nie skroom om skouer aan die wiel te sit nie. Augustusmaand is vrouemaand en daarom is dit vir my goed om dan spesifiek te fokus op vroue wat hul kleim afgesteek het en wat vir my as inspirasie dien.
Eenvoud op sy beste: basiese viskerrie
Een aand is hierdie geurige kerrie, gemaak met die eenvoudigste bestanddele aan ons voorgesit toe ons moeghonger, maar tevrede van die strand teruggekeer het huis toe. Hier is my weergawe.
Smul aan patatteesop en vier vrouemaand
Die immergewilde botterskorsiesop het ek nou omskep in ‘n fluweelgladde patatsop, maar wat ek ook nog doen, is pleks van groenteaftreksel te gebruik, ‘n aftreksel te trek van groen rooibostee.
Dadelteebrood
‘n Swaarder weergawe van desjare se tipsytert en ‘n goeie voorbeeld van waar mens deur die byvoeging van dadels die suiker in gebak kan verminder.
Die soet en suur van suiker
Suiker se onderrok hang lelik uit, en die slegte reputasie is nie onverdiend nie, want die vernietigende effek van ‘n langdurige oormatige inname daarvan raak net al hoe meer.
Mossels op sy lekkerste
Ek was nog altyd lief vir mossels, veral ‘n dik geurige mossel-chowder gemaak met vars mossels, is ‘n gunsteling van my. Nou se dae hoef mens glad nie meer te kla dat jy nie vars mossels in die hande kan kry nie.
Roerbraai in ‘n kits
Menige dag wend ek my tot ‘n roerbraai as ek vinnig iets te ete wil berei wat ook voedsaam is. En dis dan wanneer my reeks Carmen Niehaus-rooibosslaaisouse so handig te pas kom.
Ontspan met tee en beskuit
Niks help so goed om bietjie tot verhaal te kom wanneer dinge ietwat op galop begin gaan as om te ontspan met ‘n koppie rooibos saam met ‘n beskuitjie wat jy daarin kan doop nie. Des te beter as die tee ook kalmte bring.
Nostalgie opgeklits
Onthou julle nog destyds se dadelbolletjies – naas crunchies was dit sekerlik van die lekkerste tuisgemaakte soetgoed waaraan ek my kleintyd gereeld vergryp het. Deesdae sien ek hulle weer gereeld op veral padstalle se rakke en dit kos wilskrag om nie ‘n pakkie te koop nie – maar dan onthou ek weer die resep – die baie margarien en suiker waarby die dadels en mariebeskuitjies ingemeng is. Dis toe wat ek dit goeddink om so bietjie te timmer aan die oudagse lekkerte.
Braai op safari
Ons maak graag ons eie veeldoelige braaisous wat sommer as marinade ook dien en ook in ‘n potjie gebruik kan word.
Verleidelike modderkoek
Jare terug bederf my groot kosvriend vanuit die Kalahari, Niël Stemmet, my met die lekkerste klam modderkoek toe ek vir die soveelste keer die tog Kalahari toe aanpak om saam met hom die mooi van daardie wonderskone wêreld te gaan verken. Hy kon dit ook so mooi in sy eiesoortige Kalahari-Afrikaans verwoord. En toe kom eis COVID ook hier sy tol. Telkens as ek so deur my vele kosboeke blaai, kom ek op klein verrassings en kleinodes af wat my opnuut aan hom herinner.
Kroek-hamburgers vir Vrydagaand
So sonder dat ons dit eintlik beplan het, het ons Vrydagaande uitgedraai op kitskos wat ek self maak. Die aanbod wissel van pizza tot schnitzel, natchos en selfs ‘n gesonde gatzby van tyd tot tyd. Maar dis veral die hamburgers waarvan my gesin nie genoeg kan kry nie.
Slaai vir die winter
Dis veral die wintervrugte en wortelgroentes wat goed kan instaan vir ‘n vullende slaai wanneer die weer sy koue tande wys.
Oosterse pangebraaide reënboogforel
Noudat ons weet hoe belangrik poli-onversadigde vette en spesifiek omega 3-vetsure vir goeie gesondheid is, is dit tyd om lekker vis gaar te maak. Met snoek is ons meer as vertroud, maar partykeer wonder ons hoe om te maak met ‘n varswatervis soos forel, wat soortgelyk aan salm is maar net baie meer bekostigbaar.