Lamsvleis het baie Paasfees-simboliek – nie net was dit deel van Jesus se laaste Avondmaal voor hy gekruisig is nie, maar dit simboliseer ook Jesus wat as Lam van God geoffer is om vir ons sondes aan die kruis te sterf.
Category Archives: Nagereg
‘n Koekliefdesbrief vir Ma
Na al die jare is dit vir my die lekkerste lekker om saam met my ma ‘n koppie tee in die sonnetjie op haar plaashuis se noordestoep te geniet. Wat ‘n voorreg om dit steeds op amper 87 steeds te kan doen.
Appeltertkoek uit die Airfryer
Verlede week bak ek die malvapoeding uit my Lekker & Goed-boek vir ‘n klompie Japanese teeaankopers en hulle smul omtrent. Gedagtig aan iets om te bak Sondagmiddag vir saam met tee of selfs vir poeding, bly die malvapoeding in my kop, maar ek maak mos nie maklik graag twee goed na mekaar op dieselfde manier nie.
Bak ‘n koek en wen ‘n boek
Hier is nou ‘n lekker uitdaging en geleentheid om ‘n Lekker & Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid -boek, te wen. Al wat jy hoef te doen is om die rooibos-sjokoladekoek te bak en ‘n foto daarvan vir ons aan te stuur. Dan staan jy ‘n kans om die boek te wen!
Valentynsvreugde
In my jare as kosredakteur was die spesiale temas wat daar deur die jaar op gefokus was nogals vir my ‘n uitdaging. Een wat my veral soms laat kop krap het was Valentynsdag, want sien, hierdie storie moes alreeds afgehandel en klaar in die sakkie wees voordat ons vir die jaarlikse Kersvakansie gebreek het.
Waatlemoenfees
Desjare het ons vele waatlemoenfeeste in verskeie formate beleef. Maar waatlemoen werk net so goed by ‘n statige maaltyd.
Smullekker en suikervry
Ek het nog nie iemand teëgekom wat nie gek is na suurlemoenmeringuetert nie. Ook ’n staatmaker op al wat ’n koffiewinkel is se spyskaart.
Stroopsoet
Die oorspronklike resep van hierdie koek, wat letterlik binne minute aanmekaar geslaan kan word en nie enige eiers inkry nie, was die koek wat ek altyd vir my kinders se verjaarsdae gebak en saamgestuur het skool toe.
Smul heerlik sonder skuldig voel
Met Lancewood se verleidelike dubbelroom-jogurts, Lemon Cheesecake, Turkish Delight en Chocolate with chocolate chips is dit doodmaklik om vinnige ‘n smullekker yskasttert op te tower. Wat meer is, jy het regtig net 4 bestanddele nodig, want meeste lekkerte is reeds vervat in die jogurt.
Skoffel in die tuin
Op Sondag 9 Oktober is dit Tuindag – tyd om jou blommekroon op te sit en die dag in jou tuin te geniet, hetsy met ‘n stukkie koek saam met tee of lekker mengeldrankie.
Pure Weskus
Ek het mos op die rand van die Weskus grootgeword – bo-op die Olifantsrivierberge waarvandaan jy op ‘n mooi dag die son oor die see by Elandsbaai kan sien blink. Maar nou bly ek midde-in die Weskus hier op Langebaan en die ontdekking van Weskusjuwele hou net nie op nie. Daarom toe ek die nuutste uitgawe van Country Cooking op die rak sien opgedra aan die Weskus moes ek dit net dadelik aanskaf.
Lus vir soet
Ek kan nie eintlik my vinger daarop lê nie, maar die afgelope tyd oorval ‘n lus vir ietsie soets my nogals van tyd tot tyd. Eintlik het ek besluit dis die naderende lente wat seker die oorsaak is.
Die mooi van lente
Die koek met sy mooi bessiekleure en geure word binne ‘n japtrap aanmekaar geslaan en jy maak net twee bakke vuil. Ek bak dit graag in ‘n Bundt-pan om dit meer spesiaal te maak.
Nostalgie opgeklits
Onthou julle nog destyds se dadelbolletjies – naas crunchies was dit sekerlik van die lekkerste tuisgemaakte soetgoed waaraan ek my kleintyd gereeld vergryp het. Deesdae sien ek hulle weer gereeld op veral padstalle se rakke en dit kos wilskrag om nie ‘n pakkie te koop nie – maar dan onthou ek weer die resep – die baie margarien en suiker waarby die dadels en mariebeskuitjies ingemeng is. Dis toe wat ek dit goeddink om so bietjie te timmer aan die oudagse lekkerte.
Verleidelike modderkoek
Jare terug bederf my groot kosvriend vanuit die Kalahari, Niël Stemmet, my met die lekkerste klam modderkoek toe ek vir die soveelste keer die tog Kalahari toe aanpak om saam met hom die mooi van daardie wonderskone wêreld te gaan verken. Hy kon dit ook so mooi in sy eiesoortige Kalahari-Afrikaans verwoord. En toe kom eis COVID ook hier sy tol. Telkens as ek so deur my vele kosboeke blaai, kom ek op klein verrassings en kleinodes af wat my opnuut aan hom herinner.
Koekies uit die vrieskas
Soos die kouete nader kruip, bekruip die lus vir ‘n soetdingetjie jou ook mos meer en meer. Veral hier teen laat aand, wanneer ons vir ons ‘n koppie Orange Camomile rooibostee van Carmién maak, begin mens rondsoek vir ietsie om aan te peusel daarby. Dan is dit voordelig om hierdie deegmengsel gereed in die vrieskas te hê.
Sondag-souskluitjies
Ons het gereeld souskluitjies, gemaak volgens my Ouma Carmen se resep, as Sondagmiddag-poeding gekry. Dit was ‘n veerligte sponskluitjie, eerder ‘n tipe melkpap as kluitjie, wat versigtig met twee poedinglepels in klein hopies in ‘n soet kaneelstropie geskep is.
Spoggerige Pavlova vir Ma
Op Moedersdag wil mens die een mens wat lewenslank vir jou gaan omgee, jou ma, met iets spesiaals bederf. Weet nie hoekom nie, maar ek dink dan outomaties aan ietsie soets wat ook mooi is. Vanjaar is dit asof pavlova vir my daardie boksie gaan tiek, want mens kan dit darem altevol mooimaak met van vrugte en sommer vars blomme ook.
Looppoeding met mentroomys
Bakpoedings was nog nooit eintlik my ding nie, maar hierdie sjokolade een met sy loperige sousie is vir my hemels. Doen die moeite en maak die mentroomys daarby. Heerlik! Ek maak afsonderlike poedinkies, maar jy kan ook een groot bak maak.
Verleidelike Tert
In hierdie ongebakte tert word die soet van die kondensmelk bietjie afgewerk deur die maaskaas en die piesangs is hemels daarby. Net reg vir die vakansiedae wat voorlê!
