Vinkel en koljander

Ek neem die spreekwoord, vinkel en koljander vandag sommer baie letterlik op – want vinkel en koljander pas soos ‘n bom by varkvleis. As die lus vir ‘n stukkie filet jou oorval, maar jy kan nie oor dit kom hoe duur beesfilet deesdae kos nie, is varkfilet jou antwoord.

Spinasie-kaaskoek uit die bos

Ek is lief vir Popeye se sterkmaakkos en probeer spinasie op alle denkbare maniere inwerk wanneer ek kook. Ek is nou net terug van ‘n heerlike wildtuin-vakansie in die Krugerpark en het ook digby Phalaborwa verby gery. Dis toe wat ek weer aan hierdie besonderse spinasie-kaaskoek dink wat ek jare terug op Phalaborwa by die Masorini Lodge buitekant die dorp geproe het.

Nostalgie opgeklits

Onthou julle nog destyds se dadelbolletjies – naas crunchies was dit sekerlik van die lekkerste tuisgemaakte soetgoed waaraan ek my kleintyd gereeld vergryp het. Deesdae sien ek hulle weer gereeld op veral padstalle se rakke en dit kos wilskrag om nie ‘n pakkie te koop nie – maar dan onthou ek weer die resep – die baie margarien en suiker waarby die dadels en mariebeskuitjies ingemeng is. Dis toe wat ek dit goeddink om so bietjie te timmer aan die oudagse lekkerte.

Verleidelike modderkoek

Jare terug bederf my groot kosvriend vanuit die Kalahari, Niël Stemmet, my met die lekkerste klam modderkoek toe ek vir die soveelste keer die tog Kalahari toe aanpak om saam met hom die mooi van daardie wonderskone wêreld te gaan verken. Hy kon dit ook so mooi in sy eiesoortige Kalahari-Afrikaans verwoord. En toe kom eis COVID ook hier sy tol. Telkens as ek so deur my vele kosboeke blaai, kom ek op klein verrassings en kleinodes af wat my opnuut aan hom herinner.