Ek sukkel nou al ‘n geruime tyd met die groot panne wat in my oond pas waaraan die aanbrandsels hardnekkig vasklou. Toe daag Dr Beckmann se Oven Cleaner Active Gel hier by my op.
Tag Archives: carmen niehaus
Kook saam met ou vriende
Ek en Mari-Louis Guy, Koekedoor-aanbieder, skrywer van verskeie kookboeke, soos onder andere die Cakebreadboeke, wonderlike stilis en “trendsetter”, stap al vir lank ‘n kospad. Ek kan nie onthou hoeveel keer ek al op haar nommer moes druk as ek vashaak met een of ander iets in die kombuis nie… en altyd kon Mari-Louis my uithelp en reghelp.
Heerlike Hoenderschnitzels
Na ‘n hele paar eksperimente in die Instant Vortex Airfryer het ek nou die kuns vervolmaak om die perfekte schnitzel binne ‘n ommesientjie te maak. Die geheim is om die filette eers goed te verkoel voordat jy dit gaarmaak sodat die krummels goed kan vaskleef.
‘n Nuwe manier van kook
Ek het julle seker nou lank genoeg aan ‘n lyntjie gehou oor waarmee ek doenig is in die kombuis. En hier is dit nou – die CARMEN NIEHAUS COOKING TEA COLLECTION. Twee bokse met my noukeurig uitgesoekte teeseleksie uit die Carmien-teereeks waarmee ek heeldag en aldag lank in die kombuis kook. Ek noem dit my “spice cupboard in a tea bag”!
Geniet Grenache
‘n Happie en wyn wat veral heelwat kommentaar uitgelok het was die Bolandse lekkerny, waterblommetjies, wat saam met die Grenache Rosé, wat lekker droog is met vars aarbei- en bessiegeure en roosondertone, voorgesit is.
Romerige Kerriehoender met Groen Rys
Ons eet gereeld kerrie in die huis – meestal geskoei op die matige aromatiese kerries soos ek by die kosfoendi, Cass Abrahams nog geleer het. By haar het ek ook geleer wat die waarde is om met jogurt te kook – amper om romerigheid by kos te voeg sonder om ‘n gereg ryk te maak.
Veelsydige Biscotti
Ek het nou al vertel van die eindelose teedrinkkuiers wat ons gereeld saam met my ma op die noordestoep van haar huis meemaak. Spesiaal vir ons stoepkuiers, bak ek hierdie biscotti – die resep is lekker veelsydig en jy kan verskeie soorte van sjokolade- amandel – tot gemmerbiscotti maak.
Smullekker kaaskoek vir raakvatter vroue
Ausgustus is vrouemaand en vir al die raakvattervroue in ons land wil ek almal graag bederf met my groot gunsteling: kaaskoek, gebakte kaaskoek. Ek het verskeie gunstelingresepte, maar die een wat ek aan die Weskus geproe het, bly nog my gunsteling.
Opgepofde Omelet
Pofferige omelet gemaak met 3 eierwitte met ‘n eiergeel deurgemarmer, was my gunsteling. Op Langebaan sit ons dit baie keer as ‘n groot tafelomelet voor wanneer ons laatoggend op die stoep kuier. Dan gebruik ek sommer eierbokse as plekmatjies as ons die tafel mooi wil dek.
Smullekker Groentebakkies
Knus langs my kombuisdeur het daar onlangs ‘n soetrissie-plantjie opgeslaan. Ek het nie gedink dit sou die Weskuswind oorleef nie, maar tog, toe ek my weer kom kry, hang dit vol blinkskil soetrissies. Party het ek groen geoes, ander langer laat hang tot hulle mooi rooi geskyn het. En dan maak dit die lekkerste bakkies waarin jy vir elkeen sy eie etetjie kan berei.
Sjokoladerol
Ek is altyd daarop uit om te kyk hoe ek resepte gesonder maar steeds lekker kan maak – maw om meeste sleg uit ‘n gereg te haal sonder om die lekker op te offer. Hierdie sjokoladerol is eintlik te goed om waar te wees – dis koringvry, suikervry en bykans vetvry, maar smaak hemels, ‘n tipiese lekkergoed-resep (maw dis lekker, maar ook goed vir jou).
Woensdag Wenke: Kook met Knoffel
Knoffel, wat aan die uie-familie behoort, gee heerlik ‘n geur aan kos, maar indien dit verkeerd aangewend word, kan dit ‘n branderige, partykeer selfs bitter smaak kry. Die branderigheid sit in die middelste baie keer groenerige “steeltjie” en mens kan dit verwyder. Maar as jy die knoffel reg voorberei en byvoeg, gaan daardie effense brand jou nie veel meer pla nie.
Brejani
Ek hou van geregte wat lekker, maar nie te sterk, gegeur is. Veral die kosse uit die Maleise kookkultuur is my kos, want daar word met soveel respek met die speserye en kruie omgegaan. ‘n Stappie deur die Bo-Kaap met sy kleurvolle huisies is altyd ‘n wonderlike ervaring en ‘n besoek aan die speserywinkel ‘n hoogtepunt, waar ek my kan verloor in al die wonderlike smake, geure en kleure van die speserye. Gelukkig was ek in my jare as kosredakteur by Huisgenoot geseënd met kosassistente wat goed bekend was met die Maleise kookkultuur en ons is eerstehands touwys gemaak, tot in roti’s rol en en dhaltjies maak.
Geurprofiel
Kook in ‘n geurbaan: MIDDE-OOSTERS EN AFRIKA-GEURPROFIEL
Ribbetjie
Ribbetjie, stadig oor die kole gerooster spel vir my ontspan uit. Dan skink jy vir jou ‘n glasie van Piekenierskloof Wines se Six Hats Shiraz daarby en geniet die oomblik. Six Hats chiraz is ‘n fantastiese braaiwyn en die volryp pruim-, swartbessie-, speserygeure en varsgemaalde swartpeper pas veral lekker by hierdie ribbetjie met sy donker soetsuursous.
Speedy Stirfry
“You can use any combination of vegetables. I sometimes buy a packet of pre-cut stir-fry veggies to save time. A few carrots here and there will not push the carb count up too significantly, so it is a great solution for a quick dinner.” – Vickie De Beer
Woensdag Wenke: Outydse Bonesop
Hier is die bonesop waarvoor julle gevra het. Gaan kyk ook in Huisgenoot, 1 Julie 2021 vir nog 7 heerlike soppe. Wintertyd is daar altyd verskeie sakkies droë bone in my koskas om sop mee te kook, maar as ek haastig is, gebruik ek sommer gebliktes.
30 Dae Muffins
Pleks van middelslag muffins bak maak ek baie keer superkleintjies en bak dit in patty pan pannetjies. ‘n Strooisel neute bo-op verrig wonders en maak ‘n heerlike proehappie daarvan.
Hoenderschnitzel
In my huis is hoenderschnitzel gereeld op tafel. Selfs Vrydagaande wat tradisioneel hamburgeraand is, maak ek ‘n hoenderschnitzel vir my dogter wat sy dan saam met skywe pynappel en gekarameliseerde uie op ‘n hamburgerbroodjie geniet.
FluweelPoeding
My man hou bv. nie juis van gebakte bruinpoedings nie, so fluweelpoeding met sy melkpapbasis was ‘n gewilde keuse. Ons het gesmul. Sagopoeding en ryspoeding het net so gereeld van onder daardie bekende bruin-en-geel geblomde doek verskyn, gemaak in ‘n liggroen erdeskottel, al vol krakies binne van ouderdom.
