Snoektyd in die Kaap

Vanaf Aprilmaand begin die snoek loop aan die Kaapse Weskus en snoekbakkies kry hul staning langs die pad waar jy altyd ‘n mooi snoek of wat kan kry. Soms loop jy ‘n gelukkie raak deur ‘n vars snoek by die hawe sommer direk van ‘n boot af te kan koop. Ek het grootgeword met snoek oor die kole, trouens dit was al vis wat ons ooit gebraai het, en my pa was ‘n meester daarvan. As die snoeksmous omgekom het op die plaas met ingesoute snoek, het hy altyd ‘n paar mooies eenkant gehou vir braai en niemand moes peuter as hy doenig was voor die vuur nie. Ek gee ook die tradisionele resep vir die sous wat my pa altyd gebruik het om oor sy snoek te smeer terwyl hy braai. Snoek wat liggies gerook is, is vir my wonderkos, net so is ek ook gek na neute. Kombineer die twee en jy het kos vir ‘n koningstafel.

Snoek met pekanneutkors

Genoeg vir 4 mense
Voorbereiding: 10 min
Gaarmaak: 20 min

  • 1 medium snoek, gevlek (kan effe gerook wees indien verkies)
  • Sout en peper
  • 5 ml (1 t) mosterdpoeier of Chinese 5-speserypoeier of visspeserye
  • 80-125 ml (80-1/2 k) botter, gesmelt
  • 4 knoffelhuisies, gekneus
  • Sap en skil van 2 suurlemoene
  • 160 ml (2/3 k) gekapte pekanneute
  • 125 ml (1/2 k) gekapte koljander of pietersielie
  • VOORSIT: vinnige perske-blatjang (sien resep hieronder)

1 Geur die snoek aan die vleiskant met sout en peper en speserye (As die snoek ingesout is, spoel af onder lopende water, druk droog en moet vir eers nie sout nie).
2 Meng die botter, knoffel en suurlemoensap en –skil.
3 Plaas die vis met die velkant na onder op die gesmeerde bakplaat.
4 Smeer die vis goed met van die bottermengsel en oondbraai 10 minute.
5 Smeer die res van die bottermengsel oor, sprinkel helfte van die neute en kruie oor en bak ‘n verdere 10 minute of tot die vis net gaar is en maklik vlok met ‘n vurk.
6 Sprinkel die res van die kruie en neute oor en sit voor met die perske-blatjang.

VINNIGE VRUGTE-BLATJANG
Soteer 1 gekapte ui en 2 gekapte knoffelhuisies in olie tot sag, sprinkel 10—15 ml (2—3 t) suiker oor en braai tot gekarameliseer. Roer 15 ml (1 e) druiwe-asyn en 4 gesnyde pruime of nektariens by en verhit tot die vrugte effe sag, maar nie stukkend gekook is nie.

SOUS VIR WESKUSSNOEK: Meng 100 ml olie of gesmelte botter, 60 ml (1/4 k) suurlemoensap, 10 ml (2 t) visspeserye (opsioneel), 30 ml (2 t) gekapte vars knoffel, 60 ml (1/4 k) appelkooskonfyt en 60 ml (1/4 k) mayonnaise saam en smeer gereeld oor die snoek terwyl dit oor die kole braai. (Ek sit soms bietjie gerasperde gemmer by).

Aartappels is smulkos

Op ons grootwordplaas is daar ook met aartappels geboer, goeie kontantvloei het my Pa geglo en my Ma staan tot vandag vas daarop dat as daar aartappels in die huis is, mens kos op die tafel het. As die ranke begin skeefkop lê is ons altyd saam met Pa land toe om ‘n eerste kooksel te gaan uitsteek, net reg Sondag se brosgebraaide bakaartappels saam met braaiboud. As dit rerig uithaaltyd begin word het, moes ons inspring by die sorteertafel, later was net jou oë sigbaar so vol stof was jy.

In my huis maak ek ook altyd seker dat daar aartappels in die groentemandjie is, deesdae verkies ek baba-aartappels, want dit het ‘n laer glisemiese indeks en veroorsaak dat jou bloedsuikervlakke nie op galop gaan nie. Noudat ek die Airfryer ontdek het, smul ek net so lekker saam aan slaptjippies of aartappelwedges, alles bykans sonder olie tot heerlike brosheid daarin gaargemaak. Maar as jy bietjie wil uithang, maak hierdie spoggerige onderstebo aartappeltert – nie net mooi nie, maar absoluut heerlik!

AARTAPPEL TARTE TATIN

Maak 1 groot tert
Voorbereiding: 20 min
Baktyd: 25—35 min
Kooktyd: 15 min

  • 200 g kersie-tamaties
  • Sout en peper
  • 5-10 ml (1-2 t) bruinsuiker
  • 1 groot ui, in ringe gesny
  • 10 g botter
  • 500 g baba-aartappels, met skille aan saggekook
  • 3 takkies elk roosmaryn en tiemie
  • 100 g rol roomkaas met peper
  • 1 skilferkorsdeegvel

Voorverhit die oond tot 200°C. Smeer ‘n 20 cm losboom-koekpan met botter. Vou ‘n vel tinfoelie buite om die boom van die pan.
1 Pak die kersie-tamaties op ‘n bakplaat, besprinkel met olyfolie, sout en peper en helfte van die suiker en oondbraai sowat 15 minute tot dit net wil oopbars. Hou eenkant.
2 Verhit die botter en roerbraai die ui daarin tot sag. Sprinkel die suiker oor en roerbraai tot effe gekarameliseer. Skep in die koekpan en smeer gelyk. Sprinkel die kruie oor.
3 Sny die aartappels almal ewe dik.
4 Rangskik die aartappels, ongesnyde kant na onder, en tamaties bo-op die uie in die pan, pak die skywe kaas bo-op.
5 Plaas die skilferkorsdeeg bo-op en druk langs die kante in. Bak totdat die skilferkors goudbruin en gaar is, sowat 25 min.
6 Laat staan vir so 2-3 minute, sny die skilferkors langs die kante los van die pan en keer die pan om op ‘n dienbord. Verwyder die ring versigtig en dan die boom.
7 Sit louwarm voor.

Stafies propvol energie

Ek hou daarvan om neute en sade in te werk by my kos en sprinkel dit graag oor van slaaie tot groente; in granola of selfs oor ‘n smoothie. Na ‘n goeie oefensessie kom ‘n energiestafie waaraan jy vinnig kan peusel, baie handig te pas. Hierdie energiestafies is doodmaklik om te maak – dit kry slegs ‘n klein bietjie heuning en klapperolie in wat ook die hele lotjie bymekaarhou. Ek roer ook graag ‘n lepel of twee rooibospoeier, wat ook kollageen in het, hierby in (sien Carmién se rooibos powders). Sodoende kan jy help om te sorg dat jou gebeente en gewrigte asook jou vel gesond en in goeie kondisie bly. Hierdie stafies is ook ideale inpakkos vir die kinders saam skool toe, veral as hulle na skool aan buitemuurse aktiwiteite deelneem.

Energy bars

These bars, which are packed with almonds and a variety of seeds are ideal for a quick on the go energy booster, making them the perfect lunch box or workout treat. A big bonus is the rooibos powder with its anti-inflammatory and antioxidant properties which adds extra goodness to the bars by helping to boost the immune system. The added flaxseed is a good source of omega-3 fatty acids while the hydrolysed collagen from grass-fed beef aids in better joint and bone health.

Makes 8-10 bars
Preparation time
Baking time: 40 min

50 g whole almonds
125 ml (½ c) oats or coconut
125 ml (1/2 c) pumpkin seeds
45 ml (3T) chia seeds
Pinch of salt
10 ml (2 t) Carmién green rooibos powder with Echinacea & Baobab
45 ml (3 T) honey
30 ml (2 T) coconut oil, melted
1 slab (80 g) dark chocolate, sugar-free if preferred, melted (optional)

Preheat the oven to 170°C. Line a small baking tin with baking paper and spray well with cooking spray.
1 Mix together the almonds, oats or coconut, seeds, salt, and rooibos powder.
2 Mix together the honey and coconut oil, add to the nut mixture and mix well.
3 Spoon into the prepared baking tin and press down firmly with a spatula.
4 Bake for 40 minutes.
5 Remove from the oven and cool in the baking tin. Then gently lift from the baking tin and transfer to a cutting board. Use a large, serrated knife and cut it into 8 bars.
6 Spread or drizzle melted chocolate over each bar.
7 Store in an airtight container with baking paper in between to prevent them from sticking together.

Ontbyt in ‘n kits

Ek is lief vir ‘n romerige hawermoutpap wat ek altyd met ‘n kaneelstok, ‘n paar peule kardamom en ‘n steranys of twee gaarmaak – net soos die pap waarmee die kombuis-assistente in Huisgenoot se toetskombuis my graag destyds bederf het. Maar so baie keer is daar so baie dinge wat tegelykertyd soggens moet plaasvind, dat ‘n ordentlike ontbyt die laaste ding is waaraan jy dink en voor jy jou kom kry begin jy laatoggend peusel aan eniggeiets wat voorkom of slaan die een na die ander koppie koffie weg. Om weg te doen met hierdie slegte gewoontes, maak ek baie keer saans ‘n mengsel oornag-hawermout aan. Die resep het ek onlangs by een van ons Crossfit-afrigters, Manta Huisamen, gekry en ek het dit effe aangepas en met rooibos gemaak pleks van koffie. Die mengsel rou hawermout word regtig in ‘n kits gemeng en dan oornag geweek – dan is dit honderd present vir môreoggend se ontbyt.

Vir hierdie resep laat week ek die hawermout in hawermoutmelk (jy kry dit deesdae sommer te koop in supermarkte) saam met rooibostee waarby egte koffieboon-stukkies ingemeng is (Carmién Tea se Red Mocha). Dan kry die hawermout so ‘n heerlike tiramisu-smaak. Hierby voeg ek ook van Carmién se rooibospoeier waarby daar kollageen asook kakao en kaneel ingemeng is. Die kollageen help dat jou gebeente, gewrigte en vel gesond en in goeie kondisie bly. Dié mengsel pak jy dan in lagies wat jy afwissel met jogurt waarby jy bietjie wei-proteienpoeier (een met ‘n aarbeigeur werk goed saam met die kakao) inmeng, in glasies of botteltjies met deksels wat dit dan ook die ideale inpakkos maak.

Overnight Tiramisu Oats

These overnight oats are ideal to have on hand if you are in a hurry and do not have enough time to prepare breakfast. All the ingredients are thrown together and soaked overnight. Carmién Tea’s Red Mocha rooibos tea with its real coffee beans nibs adds a wonderful coffeelike flavour to the oats while the rooibos powder with collagen and turmeric adds extra goodness. Oats are packed with the anti-inflammatory and antioxidant properties of rooibos which will help in boosting your immune system; the turmeric helps to improve digestion while the cinnamon not only pairs beautifully with the cacao in the recipe but also helps to control blood sugar levels while the hydrolyzed collagen from grass-fed beef aids to your joint and bone health.

Makes about 4—5 glasses
Preparation time: 15 min
Soaking time: overnight

OATS MIXTURE
250 ml (1 c) oats
15-20 ml (3-4 t) chia seeds
45 ml (3 T) cocoa
45-60 ml (3-4 T) brown sugar or sweetener like Erythritol
30 ml (2 T) Carmién rooibos powder with collagen & turmeric
180 ml (¾ c) oat milk
125 ml (½ c) strong Carmién Red Mocha rooibos tea, made with 2—3 bags
YOGHURT MIXTURE
250 ml (1 c) plain yoghurt
30 ml (2 T) protein whey powder, vanilla or strawberry flavour
blueberries to finish

1 OATS MIXTURE Place the oats, chia seeds, cocoa, sugar or sweetener and rooibos powder in a large bowl and mix.
2 Mix the almond milk and red mocha rooibos tea.
3 Add the tea mixture to the oats mixture and stir well. Cover and leave overnight to soak.
4 YOGHURT MIXTURE Mix the yoghurt and whey protein.
5 Layer the oats mixture and yoghurt mixture in small glasses. Otherwise, stir and swirl the yoghurt mixture through the oats mixture in bowls.
6 Finish with the berries.

Lekker soet sonder sonde

Ek het nie juis ‘n soettand nie, maar vir melktert het ek nog nooit nee dankie gesê nie. Langebaan is die deesdae geseën met oulike bakkerye en ek draf gereeld daar in vir ‘n suurdeegbrood of twee. Dan bederf ek my graag met hul heerlike Portuguese tertjies – baie soos ons Suid-Afrikaanse melktert, maar daar word ‘n soet suurlemoenstropie in die melkpap ingemeng. Carmién Tea se nuutste toevoeging tot hul uitgebreide rooibostee-reeks is ‘n rooibostee met ‘n heerlike suurlemoengeur, Zesty Lemon. En dis toe net daar wat ek besluit dis mos nou sommer doodmaklik om die teesakkies te gebruik om die suurlemoenstropie mee te brou – jy gooi die teesakkies sommer saam met die water en suiker (ek het ‘n versoeter soos Erythritol gebruik) in die pot en laat prut 5 minute, dan is dit reg.

Outentieke Portuguese tertjies word met skilferkorsdeeg gemaak, ek gebruik filo wat die tertjies heerwat ligter maak as die oorspronklikes. Ek pak 4 velletjies filo in die muffinpannetjie, maar tussen-in strooi ek bietjie kaneelsuiker (kaneel gemeng met versoeter) wat die filo so lekker stroperig maak. In die oorspronklike resep word room gebruik. Vir my het boksmelk ‘n heerlike volroomsmaak, al is dit laevet, so dis ideaal om hier te gebruik. Gaan maak nou jou ‘n koppie tee, die nuwe Zesty Lemon van Carmién Tea, is so gepas en dan kan jy maar smul sonder skuldig voel.

PORTUGUESE CUSTARD TARTLETS

Makes 9—10 tartlets
Preparation time: 40 min
Baking time: 30 min

SYRUP
180 ml (¾ c) water
4 Carmién Tea Zesty Lemon tea bags
180 ml (¾c) sweetener like Erythritol
CRUST
5 sheets of phyllo pastry
Cooking spray or melted butter
Cinnamon sugar, made with Erythritol
FILLING
325 ml (1⅓ c) whole milk or evaporated low-fat milk
60 ml (¼ c) flour
Pinch salt
4 large eggs, beaten
5 ml (1 t) vanilla essence
Sugar for dusting

Preheat the oven to 190°C. Spray the hollows of 9-10 medium muffin pans with cooking spray.
1 SYRUP Place the water, tea bags and sweetener or sugar in a pot, and stir till the sweetener or sugar has dissolved. Then boil without stirring till syrupy, about 5 minutes. Keep aside while preparing the rest of the tartlets.
2 CRUST Fold each sheet of pastry in half and repeat once more. Cut through each fold to get long strips. Then cut each strip into two blocks.
3 Spray each piece of phyllo with cooking spray.
4 Arrange 2 blocks of phyllo in each hollow of the muffin pan to make 10 crusts. Dust with cinnamon sugar and add another 2 phyllo blocks. Cover the tin with a damp cloth.
5 FILLING Mix 50 ml of the milk with the cake flour. Scald the rest of the milk, remove it from the stove plate and slowly add the flour mix, whisking constantly. Return to the heat and whisk till thick.
6 Mix some of the thickened milk mixtures into the beaten eggs, then pour into the pot and bring to a boil while stirring.
7 Remove from the heat and slowly add the cooled syrup into the egg and flour mixture while beating.
8 Pour into the prepared pastry cases and fill to the top. Bake for about 30 minutes until the filling has been set.
9 Remove from the oven and let cool.
10 Sprinkle with a little sprinkling of sugar and scorch with a blow torch.

Hint: You can prepare the custard filling in the microwave as well.

Wat is kollageen en hoekom is dit goed vir jou?

Al meer mense gebruik deesdae kollageen-aanvullings derhalwe die gesondheid van hul vel, hare en gewrigte ‘n hupstoot te gee, maar daar’s min wat werklik weet wat kollageen is en wat die werking daarvan is in die liggaam.

Ek het op ‘n onlangse opgedateerde artikel oor kollageen afgekom op die gesondheids-webtuiste, healthline.com wat my nogals heelwat insae hieromtrent gegee het. Hier is kortom wat ek daar raakgelees het:

  • Kollageen is ‘n tipe proteïen wat natuurlik deur die liggaam vervaardig word en is te vinde in bindweefsel, vel, senings, bene en kraakbeen. Dit het verskeie funksies soos oa weefselherstel en as boodskapdraer tussen selle.
  • Soos jare aanstap is daar outomatiese verlies aan kollageen, maar oormatige alkohol-inname, rook, sonblootstelling en inname van te veel suiker en geprosesseerde kosse kan die verouderigsproses verhaas.
  • Jy kan die natuurlike vervaardiging van kollageen in jou liggaam aanhelp deur proteienryke kosse soos vleis, veral bindweefselryke snitte, vis, hoender en eiers asook plantproteine soos peulgroente in te neem, maar dis ook belangrik om genoegsaam vrugte en groente te eet, veral vitamien C-ryke kosse om sodoende kollageen-vervaardiging te ondersteun en inflammasie te beperk. Jy kan egter ook kollageen as ‘n supplement, hetsy in kapsule of in poeiervorm inneem en tot dusver is daar nie enige newe effekte aangemeld.
  • Genoegsame inname van kollageen is buiten vir verbeterde gesondheid van vel, hare en gewrigte veral ook voordelig om die beenmineraal-digtheid in ouer vroue te verbeter. Gereelde oefening, veral weerstandsoefeninge (resistance training) word ook aanbeveel.

Kortom dus, ‘n dieet ryk aan vrugte, groente en proteienryke kosse met min geprosesseerde kosse en suiker bly een van die belangrikste maniere om tekens van veroudering teen te werk.

Tea to the table

Now that you have mastered the terminology of tea tasting, it is time to pair your tea with some food.

It’s been a while now that we as a family are enjoying an exciting new eating experience: we discovered tea, specifically rooibos tea is delicious when enjoyed at the table with your food. It’s no longer only good for having just for breakfast or late afternoon tea with something sweet, but to enjoy with your main meals too.

We call it tea to the table – a journey of tea and food tasting and pairing where a variety of the Carmién tea blends are served in cute teapots, each on its own burner on the table, standing side to side with the food and wine. You sip small cups of the perfectly brewed teas, experimenting with what works best with what type of food.

The different tea blends not only revealed a new world of flavours when combining it with a mouthful of food and a sip of wine but also serve as a palate cleanser, specifically when you have a variety of wines. It also helps for better digestion of food and is hydrating and not dehydrating as wine and coffee tend to be.

HOW IT WORKS

  • Make your favourite tea blend or a variety (2—3 different ones are ideal) in glass pots and keep it warm at the table on a burner over a tea light.
  • Leave the tea to cool to at most 60°C. Served at this temperature it brings out best the flavour of both the tea and the food.
  • Pour the tea into small glasses or cups and serve black and unsweetened with the food.
  • Take a bite of food, then a sip of tea, then a sip of wine and discover how the flavours come to light.
  • Experimenting is key.

MATCHMAKING

There are no rules, but a few guidelines can make your tasting experience an unforgettable experience.

WHICH TEA GOES WITH WHAT FOOD:

  • The same principle used for pairing wine and food applies: flavours can be COMPLEMENTARY or CONTRASTING.
  • If the tea COMPLEMENTS the food they will have the same full-flavour intensity, e.g. the sweetness of vanilla with the sweetness of the cake.
  • CONTRASTING flavours could be when for example serving SWEET with SAVOURY eg the sweetness of a berry rooibos tea with the grassy, spicy flavour of a pulled leg of lamb.

A FEW EXAMPLES OF CARMIEN TEA BLENDS MATCHING WELL WITH WHAT TYPE OF FOOD

These are only suggestions!

DELIGHT (rooibos, honeybush, hoodia & buchu) – meat like fatty lamb, casseroles or bredies or vegetables
FOCUS (rooibos & chai spices) – match with almost any food, but specifically spicy food eg curries, Moroccan dishes, cakes and sweet treats
RESTORE (rooibos, lemongrass & ginger) – Oriental flavours, curries, fish, green vegetables and salads
RESCUE (rooibos & buchu) – fatty meats specifically lamb, pork neck, meat casseroles with dried fruit, offal
BLACKCURRANT ROOIBOS – the fruitiness in the tea pairs well with creamy desserts eg ice cream, panna cotta, cakes as well as a contrasting flavour with meat like lamb, pork or chicken
EARL GREY ROOIBOS & VANILLA ROOIBOS – the smooth almost neutral taste of both teas will match well with almost any kind of food, specifically sweet stuff. A safe choice to start your tea pairing experience with.

Also, see the pairing sheet of the exiting Carmién Tea and chocolate tasting experience as well as the pairing sheet of the unique De Tol Tasting Experience where Carmién Tea and Piekenierskloof wines are paired with various food nibbles.

All these experiences are available at The De Tol Deli on the N7, near Citrusdal. For further info, visit the Carmién website and book through the De Tol website.

Mango’s vir oulaas

Jare terug kuier ek in die Magoebaskloof-omgewing en by die hotel waar ons tuisgaan word ons elke oggend bederf met die ‘n mango’s in allerlei vorms op die ontbytspyskaart. Toe ons onlangs weer die mooi van die Drakensberge kon aanskou, was daar ook hope mango’s om aan te peusel en wat ons selfs kon saamneem terug huis toe. Ons het omtrent gesmul aan hierdie sappige stroopsoet vrugte. Jy hoef egter nie te wag tot mango’s volryp is voordat jy daaraan weglê nie. Groen mangos kan net so lekker werk in geregte, veral in kerrie. Ek het hierdie geurige kerrie vinnig bedink vir aandete nadat ‘n verrassingsboks met mangos en bestannddele om eintlik ‘n tipe kroningshoenderslaai te maak by my huis afgelewer is deur die mango-kwekersvereniging. Ek kon my lus nie beteuel nie en wou nie wag tot die mangos volryp genoeg was om die slaai te maak nie. Hierdie kerrie, gemaak met die groen mango, was my uitkoms en ons het almal heerlik gesmul.

Groen mango-kerrie

Genoeg vir 4—6 mense
Bereiding: 20 min
Gaarmaak: 20 min

Olie
2 uie, gekap
5 cm vars gemmer, gerasper
6 hoenderfilette, in blokkies gesny
Sout
20 ml (4 t) tandoori-masala of andersins geroosterde masala
1 blik (400 g) klappermelk
2 groen mango’s geskil en grof gerasper
15—20 ml (3—4 e) vrugtige blatjang
Kwart kop kool in dun repies gesny
2 lemmetjies se sap en gerasperde skil
Sojasous na smaak
Groot handvol koljanderblare, gekap
Amandelvlokkies vir bo-oor sprinkel
Basmatirys vir voorsit

1 Verhit bietjie olie in ‘n groot pan en braai die uie saam met die gemmer tot sag.
2 Geur die hoenderbrosfilette met sout, voeg by die uiemengsel en braai tot net effe geseël buite-om.
3 Voeg die tandoori of geroosterde masala en klappermelk by en meng deur.
4 Voeg die gerasperde mango by en verhit tot die mango bykans weggekook het. Roer die blatjang deur.
5 Voeg die kool by en geur met lemmetjiesap en -skil asook sojasous. Verhit tot net warm, maar die kool moet nog lekker bros wees.
6 Sprinkel die koljanderblare en amandelvlokkies oor en sit voor met basmati-rys.

Exploring tea is the new cool: a basic guide to tea drinking

More people around the world are opting for tea as their preferred beverage and tea offerings have dramatically expanded in the last few years. “Ready-to-drink” teas, functional teas and speciality teas are now available in all shapes, sizes and flavours.

But with tea becoming so popular, few really know the difference between their teas as most South Africans still refer to all leafy beverages steeped in hot water as tea. Strictly speaking, the word ‘tea’ only refers to a beverage that comes from the Camellia Sinensis plant, which is native to Asia. The most common tea varieties are black, green, white, oolong, purple, Pu-erh and herbal infusions.

Herbal teas are referred to as tisanes (pronounced ti-zahn), since they don’t come from the Camellia Sinensis plant. They can be made from leaves, fruit, flowers, roots, berries, seeds and spices. Popular tisanes include hibiscus, mint, chamomile, lemon balm and our homegrown, Rooibos. They also don’t contain caffeine, whereas traditional teas do, albeit in varying amounts. Both teas and tisanes cater for specific health needs.

Brewing the perfect cuppa

To get the best flavour along with health-promoting antioxidants one must brew each tea correctly:

White and green teas taste better when steeped in slightly cooler water for shorter times. If you over-steep or burn green tea with water that’s too hot, it spoils the sweet and vegetal (botanic) taste and will become bitter. Black tea, on the other hand, can handle the hot water and may be steeped for longer.

  • Black tea (Earl Grey, English Breakfast, Assam, Darjeeling): steep for 5 min at 95 ºC.
  • White tea (Silver Needle, White Peony): steep for 4-5 min at 79 ºC.
  • Green tea (Matcha, Sencha): steep for 3-4 min at 79 ºC.
  • Oolong tea (Ti Kuan Yin, Dan Cong): steep for 3-5 min at 91 ºC.

Keep in mind that water boils at 100 ºC, so it’s best to let it cool for a few minutes before pouring it over the teabag/leaves.

  • Dried tisanes (Rooibos, Chamomile, Hibiscus) can handle hotter water: steep for up to 15 minutes at 100 ºC.
  • Fresh tisanes made from chopped up fruit, roots or spices need to steep for up to 30 minutes at 100 ºC.

Tea terminology

Just like wine, tea also has its distinct tea tasting language. Here’s how you can differentiate between tastes, flavours, mouthfeel and aromas.

  • Astringency – dry, bitter taste, caused by tannin.
  • Earthy – nature-inspired taste and aroma.
  • Floral/flowery – floral taste or aroma.
  • Fruit – rich in colour, dominantly sweet and fruity, but not overpowering.
  • Spicy – strong spicy infusion.
  • Balanced – where aromas succeed each other smoothly, highlighted by flavours and texture.
  • Bite – tastes alive.
  • Body – fullness and strength.
  • Crisp – yielding a clean, refreshing taste.
  • Generous – rich in aromas.
  • Hungry – lacking in cup quality.
  • Intense – strong taste.
  • Long in the mouth – aromas that leave a pleasant and lasting impression in the mouth after tasting.
  • Nose – pleasant aroma.
  • Pungent – astringent effect on the palate without bitterness.
  • Silky – silky and smooth, almost oily taste.
  • Sweet – slightly sweet flavour, with no astringency associated with sweet, vanilla-flavoured aromas.
  • Woody – reminiscent of freshly-cut timber.

Flavour wheel

A flavour/aroma wheel (view here) is a helpful tool that will help you to categorise certain characteristics and aromas of a tea/tisane. The wheel will also help you to point out positive and negative attributes.

Rooibos’ flavour profile is unique. Although it brews into a cup of intense red, the flavour is very different from black teas. Most of us have enjoyed Rooibos in a ‘red’, fermented form, but it’s equally satisfying in its unfermented, ‘green’ guise.

When tasting Rooibos, you will notice three primary aromas i.e. fynbos-floral, woody and honey, followed by secondary aromas: fruity-sweet, caramel and apricot. While red Rooibos has a light, earthy taste, it’s strong enough to hold other ingredients like fruit, herbs, flowers, spices and even chocolate. This allows for it to be enjoyed both hot or cold, in cappuccino, latte or espresso formats.

On the other hand, green Rooibos is more delicate and has a vegetal, yet sweet note.

The sensory lexicon (view here) will give you more detailed information and descriptions of the different types of aromas with both positive as well as negative attributes.

All of these will help you to make the most of your tasting experience by stimulating your taste buds and to explore all the wonderful aromas in a tasty cup of rooibos.

Information supplied by Adele du Toit of SA Rooibos Council.

Staatmaker kerrie

In my huis gaan dinge maar meestal op ‘n gelop en is daar altyd ‘n klomp goed wat tegelykertyd moet klaar. So tyd vir lang ure in die kombuis spandeer is daar bloot net nie. Daarom het resepte wat jy binne ‘n ommesientjie en sonder te veel moeite aanmekaar kan slaan, my nog altyd geval, die enigste voorwaarde dat dit steeds gesond en voedsaam moet wees.

Hierdie Thaise kerrie is een van my groot staatmakers as dinge nou rerig bietjie dol begin gaan. Die resep is lekker veelsydig – soms gebruik ek varkfiletrepies pleks van hoender en as jy die dis vegetaries wil maak, kan jy patat-en botterskorsie pleks van die vleis gebruik. Verder kan jy enige jong groente onder die son insit, ek is veral lief om Chinese blaarkool of selfs baba-spinasie te gebruik. Ek gooi partykeer ook net ‘n klein blikkie klappermelk in en vul die sous dan verder aan met natuurlike jogurt. Die klein tamatietjies wat teen die einde bykom, verleen ‘n heerlike vars smaak.

Soms het dit ook al gebeur dat my Thaise groenkerrie gedaan was – dan maak ek sommer net ‘n sterk aftreksel met ‘n kombinasie van Carmién se rooibostees (2 sakkies Focus met masala chai speserye, 2 sakkies Nursing met fenugriek en vinkel en soms ook 2 sakkies Cookies & Cream met klapper in en trek dit in 500 ml kookwater, nie te lank, want dan word die mengsel bitter) en gebruik dit saam met ‘n lepeltjie of wat geroosterde masala.

As bonus gee ek julle ook ‘n vinnige resep vir ‘n roerbraai.

Thaise Kerrie

Genoeg vir 4 mense
Voorbereiding: 10 min
Gaarmaak: 10-12 min

30 ml (2 e) olie
15 ml (1 e) gerasperde vars gemmerwortel
3-4 knoffelhuisies, fyngedruk
2 stingeluie of klein ui, gekap
30-45 ml (2—3 e) Thaise groen-, rooi of geel kerriepasta
1 blik (400 g) klappermelk of vervang helfte daarvan met natuurlike jogurt
4 hoenderborsfilette of ontbeende, ontvelde dye, in stukke gesny
125 g Chinese blaarkool, in dun repies gesny of jong groenbone, in stukke gesny
Handvol gekapte koljanderblare
30 ml (2 e) sojasous
Paar druppels vissous
Sowat 30 ml (2 e) lemmetjie- of suurlemoensap
5 ml (1 t) bruinsuiker
Koljanderblare en sessamsade vir oorsprinkel
Jasmynrys vir voorsit

1 Verhit die olie in ‘n pan en roerbraai die gemmerwortel, knoffel en ui tot sag en geurig.
2 Voeg die kerriepasta en sesamolie by en roer deur.
3 Voeg die klappermelk (en jogurt indien gebruik) by en bring tot kookpunt. Laat goed kook.
4 Voeg die hoenderstukkies by en prut sowat 5 minute tot bykans gaar.
5 Voeg die groente en gekapte koljanderblare by en prut tot die groente net-net gaar, maar nog baie bros is, 3—5 minute.
6 Roer die soja- en vissous saam met die lemmetjiesap en bruinsuiker by. Meng deur.
7 Voeg die tamaties by, moenie verder verhit nie en strooi die koljanderblare en sesamsade oor.
8 Sit voor met jasmynrys.

VIR ROERBRAAI: Sny die hoenderborsfilette in repies, geur met sout en peper, doop in geklitste eierwit, dan in mielieblom of mieliemeel en braai in bietjie olie tot bros. Bedek en stoombraai, nie te lank, tot gaar. Skep uit. (ek doen die sommer deesdae ook in die Airfryer).

Roerbraai dan groentes soos soetrissierepies en broccoli of blomkool saam met 2 gekapte knoffelhuisies en 5 ml (1 t) gerasperde gemmerwortel tot net sag, maar nog baie bros. Geur met 30 ml (2 e) elk sojasous, teriyaki-sous en ‘n paar druppels vissous. Skep die hoenderstukkies terug in die pan en meng deur. Sit voor met basmati-rys en sprinkel gekapte kasjoeneute en gekapte koljanderblare oor.

Kosbaar

Elmarie Berry, bekende kos-en-wynblogger, se eerste kookboek, Kosbaar, is onlangs bekend gestel. Ons twee het ontmoet op die Jy het ‘n Wenresep-stel en dadelik het ek aanklank gevind by hierdie borrelende swartkopmeisie wat ook mede-eienaar is van die pragtige kosfotografie-linneware-reeks, Samesyn. Haar kookboek, is nie sommer net so ‘n kookboek nie, dis ‘n besonderse verhaal van om in absolute geloofsvertroue te handel, om haar kruik te vul met haar olyfolie en te gaan uitdeel – haar spesiale gawe om te kan kosmaak, nie net lekker nie maar ook mooi voorgesit. Met ‘n Libanese ouma is haar geregte ‘n goeie mengsel van boerekos met sterk Libanese invloed. Daar is ou gunstelinge soos roosterkoek en nostalgiese melktert met party wat ‘n nuwe baadjie kry soos stadig geroosterde lamskouer met jogurtplatbrood en malvalpoeding met ‘n pinotagesous asook heelwat glutenvrye resepte aangesien Elmarie self allergies is vir graan. En nou is al daardie wonderlike resepte vervat in hierdie kosbare boek met afdelings genaamd: kosbaar, koningskos, samesyn, dankbaarheid, reisontdekkings, nuwe seisoene, moenie jouself vergeet nie en heel gepas ‘n hoofstuk genaamd, die laaste maal, wat handel oor Sondagkos.
Kosbaar is in meeste boekwinkels beskikbaar teen sowat R380.

BASTILLA

Elmarie Berry se Bastilla

Hierdie speseryagtige hoendergereg is ’n heerlike, maklike resep propvol interessante geure. Terwyl Elmarie in ’n restaurant gewerk het, het sy dit dikwels gemaak.

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 20 min
Gaarmaak: 1 uur

100 g botter
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
15 ml (1 e) gerasperde vars gemmer
15 ml (1 e) fyn kaneel
15 ml (1 e) gemengde speserye
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
5 ml (1 t) borrie
5 ml (1 t) fyn kardemom
1 heel hoender
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
250 ml (1 k) room
200 g amandelvlokkies, gerooster
‘n hand vol vars kruisement, gekap

1 Smelt die botter in ’n groot swaarboomkastrol en braai die ui tot sag. Voeg die knoffel, gemmer, kaneel, gemengde speserye, sout en peper, borrie en kardemom by.
2 Voeg die hoender by en giet die hoenderaftreksel oor. Prut sowat ’n uur tot die hoender baie sag is.
3 Skep die hoender uit die kastrol en laat effens afkoel. Verwyder die vel en die bene en pluis die vleis fyn.
4 Kook die vloeistof af tot dit met die helfte verdamp het en voeg die room by. Voeg die gepluiste hoender by en prut vir 10 minute.
5 Strooi die amandelvlokkies en kruisementblare oor en sit voor op rys.

LET WEL: Jy kan ook 6 hoenderfilette gebruik en dit vir sowat 30 minute prut.

Regte Egte Suurlemoenlekkerte

My kombuis is nooit sonder vars suurlemoene nie. Ek kan bloot nie daarsonder kook nie – ‘n skeutjie sap saam met varsgerasperde skil rond van ‘n bredie tot groente of slaaisous net te lekker af. Ja, as ek vasdraai met geur, sit ek suurlemoen by.

En dan is daar natuurlik suurlemoentert. Vir die bekende suurlemoenmeringuetert sal niemand ooit nee dankie sê nie – die soetsuur geure saam met die pofferige meringue is maar net te lekker.

Hierdie suurlemoentert is egter ‘n smaaksensasie van ietwat ‘n ander gedaante – eg en vars met dubbeldoor suurlemoenlekkerte: die romerige vulsel gemaak met vars uitgedrukte suurlemoensap en vars room word afgerond met ‘n sagte suurlemoenmousse. Iets waaraan jy langsamerhand in klein happies smul.

Maak 1 groot tert of 4—6 keintjies
Voorbereiding: 30 min
Baktyd: 30 min

KORS
250 g yskoue botter, in stukke gesny
250 ml (1 k) versiersuiker, gesif
500 ml (2 k) koekmeel
80 ml (⅓ k) mielieblom
VULSEL
250 ml (1 k) strooisuiker
4 ekstragroot eiers
250 ml (1 k) room
250 ml (1 k) vars uitgedrukte suurlemoensap
Gerasperde skil van 1 suurlemoen
MOUSSE
10 ml (2 t) gelatien
45 ml (3 e) water
3 ekstra-groot eiers, geskei
150 g strooisuiker
2 suurlemoene se sap en skil
250 ml (1 k) room, liggies geklits
AFRONDING
Bessies en diepgebraaide suurlemoenskilrepies (sien wenk)

Voorverhit die oond tot 200°C.
1 KORS Plaas al die bestanddele in die voedselverwerker. Verwerk tot die botter goed in die meel ingemeng is en ‘n bol om die lem vorm.
2 Skep uit die voedselverwerker. Vorm in ‘n lang rol, draai toe in kleefplastiek en verkoel ‘n halfuur lank. Sny in skyfies en voer ‘n middelslag-tertpan of 5—6 klein tertpannetjies (sowat 10 cm in deursnee) daarmee uit – pak die skyfies teenmekaar in die panne en druk vas met jou vingers (glad nie nodig vir uitrol nie). Voer die panne uit met bakpapier, vul met bone en bak sowat 10 minute of tot gaar maar nie bruin nie. Verwyder die papier en die bone.
2 Verlaag die temperatuur na 140°C.
3 VULSEL Klits die strooisuiker, eiers, room, suurlemoensap en –skil goed saam. Giet in die voorbereide korse(e) en bak 10 minute. Verlaag die hitte tot 90°C en bak verder tot die vulsel net gestol, maar steeds binne nog effe sag is, sowat 20—30 minute. Verwyder uit die oond en laat afkoel.
4 MOUSSE Spons die gelatien in die water. Klits die eiergele en strooisuiker saam tot lig en dik. Voeg die suurlemoensap by en hou aan met klits.
5 Verhit die gelatien tot net gesmelt in die mikrogolfoond, moenie dit laat kook nie. Meng bietjie van die eiergeelmengsel met die gelatienmengsel en voeg dit dan alles by die orige eiergeelmengsel. Meng goed.
6 Kllits die eierwitte styf en vou by die mengsel in. Laat staan tot dit net wil begin stol. Skep in ‘n spuitsak met ‘n ronde spuitpunt en spuit op die tertjies. Verkoel tot gestol.
7 Versier met bessies en suurlemoenskilrepies.

Hoe om diepgebraaide suurlemoenskil te maak: trek die suurlemoenskil met ‘n sitrusskiller af. Sprinkel strooisuiker oor en laat ‘n halfuur staan. Verwyder die skil uit die stropie en dievetbraai in warm olie tot krakerig.

Wenk: Indien die dubbeldoor lekkerte vir jou altevol na ‘n gedoente klink, kan jy die twee ook afsonderlik berei. Gaan dan so te werk: Maak die tertjies en sprinkel strooisuiker oor die afgekoede tertjies pleks van die mousse. Skroei met ‘n blaasvlam. Skep die suurlemoenmousse in klein koppetjies, verkoel tot gestol en rond af met die diepgebraaide skil.

Appelvrugtetert vir koeler weer

Op Langebaan kan mens begin voel die jaar het gedraai. Nie net wys die son heelwat later soggens sy gesig nie, maar die luggie is skielik sommer heelwat koeler. Vir my is hierdie herfsweer sinoniem met appeltert – ietwat swaarder van lyf en vol van geur.

Pleks van oudag se soet appeltert meng ek graag deesdae ‘n verskeidenheid vars vrugte by die tertappels in. As tyd ‘n faktor is of vir ‘n gesonder weergawe vervang ek die brosdeeg baie keer ook met ‘n vinnige hawermoutkrummel. Dan is dit ook nie nodig om die bak uit te voer met deeg nie. Ek is gek na gemmer, so daarom voeg ek ook graag bietjie ingemaakte gemmer by. En moenie dink die vars kruie is uit pas by hierdie tert nie, dit verleen ‘n heerlike andersheid aan die tert, maar daarsonder is dit net so lekker.

Maak 1 groot tert
Voorbereiding: 30 min
Baktyd: 50 min

KORS
375 g koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
250 g suiker
375 g koue botter
30-45 ml (2—3 e) yswater
VULSEL
1 blik (400 g) tertappels of 2 appels, in skyfies of blokkies gesny
30 g appelliefies en/of halwe pynappel, in bokkies gesny
4 pruime, ontpit en in wiggies gesny
4 nektariens, in skywe van die pit gesny (opsioneel)
2-3 perskes, geskil, ontpit en gehalveer (jy kan ‘n blik ingemaakte perskes ook gebruik)
45 ml (3 e) gekapte ingemaakte gemmerstukke
125 ml (½ k) gekapte pekanneute
10 ml (2 t) roosmaryntakkies of selfs tiemie, fyner gekap (opsioneel)
Fyn kaneel en suiker na smaak
Geklopte room of dik volroomjogurt vir voorsit

Voorverhit die oond tot 200°C. Smeer ‘n groot tertbord of –pan.
1 KORS Plaas die koekmeel en bakpoeier in die bak van ‘n voedselverwerker en voeg die suiker by. Meng. Voeg die botter by en verwerk tot ‘n sagte deeg. Voeg bietjie yswater deur die tuit by indien nodig. Druk in ‘n bol. Verkoel 15 min.
2 Sny twee derdes af, rol in ‘n rolletjie en sny die rolletjie in skyfies. Druk die skyfies vas op die bodem en teen die kante van die tertbord of pan. Prik die kors. Verkoel die res van die deeg.
3 VULSEL Pak die vrugte in die tertkors. Sprinkel die gemmerstukkies oor, giet ook van die gemmerstroop oor en sprinkel die neute en roosmaryn oor. Stuif kaneel en ekstra suiker oor.
4 Rol die orige deeg uit, druk vormpies uit met ‘n koekiedrukker en rangskik op die vrugte. Sprinkel bietjie ekstra suiker oor en bak sowat 55 minute of tot die kors goudbruin en gaar is. Sit voor met room.

Wenk: Pleks van vormpies uitdruk, sny die deeg in repe en pak kruis en dwars oor die vulsel. Druk die kante in en bak soos beskryf.

Wenk: Andersins kan jy sommer ‘n hawermoutkrummel oor die vulsel sprinkel: Meng 60 ml (¼k) bruinsuiker, 2 ml (½ t) bakpoeier, 60 ml (¼ k) hawermout, 125 ml (½ k) koekmeel saam en vryf 50 g botter hierby in met jou vingers. Voeg 50 g gekapte gemengde neute by. Sprinkel oor die vrugte en bak tot goudbruin.

8 Redes om avokado’s lief te hê

Ons kosskrywers looove ‘n lekker get-together. Onlangs was dit weer so toe ‘n paar van ons mekaar vir die eerste keer in ‘n lang tyd weer kon sien en opvang wat intussen in elkeen se lewens gebeur het. Die South African Avocado Growers’ Association het vir hierdie heerlike samekoms gesorg.

Dis bykans deesdae heeljaar deur avokado-seisoen met die botterige, romerige groenskil avo’s soos Fuerte, Edranol, Ryan, Reed en Pinkerton wat van Maart tot Oktober beskikbaar is terwyl die ryk, neuterige donkerskil avokado’s soos Hass, Maluma Hass en Lamb Hass van Maart tot November in seisoen is.

As mens kyk na al die wonderlike voordele wat avokado’s bied, is dit net reg (en ook lekker) dat ons gereeld daarvan geniet – sekerlik die gewildste is op roosterbrood, maar ek hou net so baie daarvan in slaai of as ‘n salsa saam met Mexikaanse geregte of ‘n peuseldingetjie. Ook ideaal om deel te maak van ‘n Spaanse tapasbord of Griekse meze-bord. Beide die groen en donkerskil avokado’s is geskik vir hierdie peuselhappies. Onthou die groenskil avokado’s bly groen as hulle ryp is terwyl die donkerskil avokado’s in ‘n persswart verkleur as hulle gereed is om te eet.

8 Reasons to love avocado’s

For the heart

Published in The American Journal of Clinical Nutrition *1, a 2018 study found that those who eat avocados (compared to those who don’t) had higher levels of good HDL cholesterol. This is likely due to the higher levels of monounsaturated fat found in avocados. Avocados are also naturally cholesterol-free, an added bonus in heart health.

For healthy blood pressure

Avocados contain potassium, a mineral that when included as part of a healthy diet contributes to normal blood pressure. Avocados are also naturally free from sodium which may increase the risk of high blood pressure if consumed in excess.

For the eyes

Published in the scientific journal Nutrients *2 in 2017, researchers in America found that people who ate one avocado a day over six months had higher levels of lutein in the blood. Avocados are a source of lutein, a phytochemical that accumulates in the eye. Lutein, along with another phytochemical called zeaxanthin, has been found to be protective against a common eye disorder in the elderly called age-related macular degeneration.

For the brain

In the same study mentioned above, people who ate an avocado daily also had significant improvements in their memory, cognition and problem-solving abilities. The lutein in avocados, along with monounsaturated fats, fibre and other bioactive compounds, make this fruit particularly attractive for a healthy brain.

For pregnancy

A mother’s diet during pregnancy plays a crucial role in influencing the growth of her baby and healthy birth. Avocados are a nutrient-dense food consisting of a unique combination of dietary fibre, healthy fats, and vitamins and minerals such as potassium, magnesium, vitamin E, vitamin K and folate, all-important as part of a healthy diet for both mom and growing baby.

For the gut

The fibre in avocados is a unique combination of ¾ insoluble fibre and ¼ soluble fibre. Our gut needs different types of fibres to keep it healthy, each of which has different jobs in the gut. Soluble fibre acts like a mop and helps absorb fluid in the gut, forming a soft gel-like substance that helps the stool pass easily through the gut. Insoluble fibre acts like a broom, roughly sweeping through the length of the gut to remove waste. But fibre does far more than just keep us regular and may play a role in preventing colon cancer, lowering cholesterol, and even helping with weight loss.

For the waistline

Avocados can be helpful as a part of a successful energy-controlled diet for weight loss. Researchers have found that the monounsaturated fats in avocado give a quicker feeling of fullness which reduces overeating. The richness may also help make the diet more appetising, reducing the temptation to binge on foods high in sugar and bad fats.

For hair and skin

Avocados are high in a B-vitamin called biotin which contributes to the maintenance of normal hair and skin. Nourish your hair and skin from the inside out by adding avocado to your meals.

Information from the South African Avocado Growers’ Association.

References:
*1. Mahmassani HA, Avendano EE, Raman G, Johnson EJ. Avocado consumption and risk factors for heart disease: a systematic review and meta-analysis. American Journal of Clinical Nutrition. 2018;107(4): 523–536. https://doi.org/10.1093/ajcn/nqx078.
*2. Scott TM, Rasmussen HM, Chen O, Johnson EJ. Avocado Consumption Increases Macular Pigment Density in Older Adults: A Randomized, Controlled Trial. Nutrients.2017; 9, 919. Doi:10.3390/nu9090919

Filo tot die redding

Daar is altyd maar altyd ‘n boks filodeeg in my vrieskas, want daarmee tower mens in ‘n ommesientjie ‘n heerlike verskeidenheid geregte op – soet of sout. Eniggeiets wat jy voorheen met skilferkorsdeeg gemaak het, kan jy ook met filo doen. Terte, tertjies, rolletjies… noem maar op. Ek is gek na die dun-dun velletjies deeg waarmee jy so lekker kan speel – frommel die deeg op en stapel bo-op ‘n tert of pak ‘n klompie velle opmekaar en hulle bak heerlik bros. Aanvanklik het ek gesmelte botter oor die rou velle geverf voor ek hulle opmekaar gestapel het, nou kom ek hulle sommer by met kossproei – vir groenteterte werk die olyfoliesproei veral lekker.

Die belangrikste is dat jy die rou deeg onder ‘n klam teedoek hou sodat die velle nie uitdroog nie, want dan raak dit bros en moeilik om mee te werk.

Hier maak ek 3 plat groeteterte wat jy sommer in ‘n bakplaat doen. Sit dit dan voor soos pizza, in lekker groot blokke gesny.

BASIESE RESEP
4-8 filodeegvelle, elk gespuit met kossproei
250 g geroomde maaskaas
125 ml (½ k) melk
4 eiers
Sout en peper
VULSEL 1
16 murgpampoentjies, gerasper
Sout
200 g fetakaas, grof gekrummel
10 g vars dille vir bo-op
VULSEL 2
60 g songedroogde tamatiepesto of koljanderpesto
2 bakkies (125 g elk) baba-roma-tamaties
1 eiervrug, in skywe gesny en gebraai tot net gaar
150 g swart olywe, gehalveer
1 rooi soetrissie, in blokke gesny
100 g baba-spinasieblare
200 g mozzarella-kaas, in skywe gesny of gerasper
2 chorizo-worsies of spekveis, gebraai (opsioneel)
Basilieblare vir garnering
VULSEL 3
4 groot rooi uie, in wiggies gesny
3 knoffelhuisies, in repies gesny
250 g botterskorsie, in lang dun repe gesny
15 ml (2 e) bruinsuiker
Paar takkies vars tiemie
150 g bloukaas, gekrummel

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n groot bakplaat (1 per vulsel).

BASIESE RESEP
1 Spuit elke vel filodeeg met kossproei en pak opmekaar (2 velle langs mekaar indien dit ‘n groot pan is) – daar moet minstens 4 velle opmekaar wees. Hou eenkant.
2 Klits die maaskaas, melk en eiers saam en hou eenkant.
Berei die vulsels:
MURGPAMPOENTJIE:
1 Sprinkel sout oor gerasperde murgpampoentjies en laat staan minstens 15 minute in ‘n vergiettes om meeste waterigheid uit te trek. Spoel af en druk droog.
2 Versprei op die kors, giet die maaskaasmengsel oor, sprinkel die fetakaas oor en sprinkel die dille oor.
TAMATIEVULSEL:
1 Smeer die pesto oor die kors, pak die vulselbestanddele op.
2 Giet die maaskaasmengsel oor, besprinkel met kaas en basilie.
UIE-BOTTERSKORSIEVULSEL:
1 Pak die uie, knoffel, botterskorsie in ‘n oondbak, sprinkel suiker en bietjie olie oor en oondbraai by 200°C tot puntjies net effe geskroei is en groent net gaar, maar nog baie bros is. Laat afkoel.
2 Pak op die kors, giet die maaskaasmengsel oor, sprinkel die kaas en tiemie oor.
3 HOE OM TE BAK Plaas in die oond en bak sowat 30—40 minute of tot die vulsel gestol en die kors goudbruin is.

Kitsvariasie: Smeer songedroogde tamatiepesto oor die filodeegkors. Pak skywe ryp Roma tamaties afgewissel met skywe mozzarella-kaas bo-op. Geur goed met sout en peper, sprinkel oregano oor en rangskik swart olywe tussen-in. Bak sowat 20 minute tot gaar. Sprinkel basilieblare.

Smul aan Spaghetti

Toe ons kinders was het ons dit slangetjies genoem en sommer sulke vurke vol van die toutjies spaghetti opgeslurp – partykeer sommer net so, ander kere miskien met ‘n bietjie kaas oorgerasper. Eenvoud op sy lekkerste.

Vir my is ‘n goeie-kwaliteit pasta, gemaak met durumkoring, heel goed genoeg, veral as jy vinnig iets te ete moet prakseer want in ons huishouding gebeur alles maar meestal op ‘n drafstap. Die belangrikste is dat jy die pasta net nie oorgaar moet maak nie – slegs al dente – maw sag, maar tog nog met ‘n effense byt. Om dit goed reg te kry moet jy sorg dat die kastrol waarin jy die pasta kook lekker groot is met lekker baie kookwater in, minstens twee keer die hoeveelheid pasta. Ek giet ook graag ‘n skoot olyfolie oor die pasta nadat ek dit gedreineer het, dan kleef dit nie aanmekaar vas nie.

Ek het al vertel hoe my skoonma, Suzie Niehaus, ons baie keer op ‘n Vrydagaand met ‘n bak gebakte macaroni-en-kaas verras het, net met ‘n eiervlasous en baie kaas oor, niks meer nie. Gou het dit ook ons gereelde Vrydagaandete geword. Saterdae-middae weer, is ‘n groot bak spaghetti met net bietjie pesto deurgeroer, baie keer ons ligte middagete. Maar ons is net so lief vir ‘n passata saam met vars tamaties en parmesaankaas by die spaghetti ingeroer. Ek maak graag my eie passata waarby jy lekker baie vars kruie kan voeg. Die sous is net so lekker oor polenta. Vir die wis en die onwis hou ek egter altyd ‘n bottel of twee Napolitaanse sous in my koskas.

Genoeg vir 6-8 mense
Bereiding: 15-20 minute
Gaarmaaktyd: 10-15 minute

TUISGEMAAKTE PASSATA
2 kg ryp tamaties, met skil en al (roma of konfyttamaties werk goed)
4-6 knoffelhuisies, fyngerasper
goeie hand vol origanum
2-3 lourierblare en/of ’n takkie roosmaryn
goeie handvol basilieblare
goeie handvol pietersielie
125 ml (½ k) water
1 of 2 sakkies (50 g elk) tamatiepasta
sout en vars gemaalde swartpeper
10 ml (2 t) bruinsuiker
60 ml (1/4 k) olyfolie
VARS TAMATIESOUS
200 g verskeidenheid tamaties, verskeie kleure en ook heirloom, in stukke gesny
6 takkies oregano, gekap
30 g basilieblare, geskeur
Olyfolie, net genoeg vir aanklam
SPAGHETTI
500 g spaghetti
Sowat 500 ml (2 k) van die passata-sous
Sout en peper
parmesaan- of pecorino-kaas, gerasper
basilieblare en parmesaankaasskaafsels

1 PASSATA Plaas die tamaties, knoffel en kruie saam met die water en tamatiepasta in ’n dieperige kastrol en kook sowat ’n halfuur oor stadige hitte tot die tamaties sag en geurig is en die meeste water verdamp het. Geur na smaak met sout en peper en bruinsuiker. Verwyder die lourierblare en roosmaryntakkie en plaas alles in ’n voedselverwerker. Pols tot goed fyn. Giet die olyfolie deur die tuit by en pols tot fyn en romerig. Skep in skoon bottels en hou in die yskas.
2 VARS TAMATIES Meng die vars tamaties, oregano en basilieblare met die olyfolie en parmesaankaas.
2 Kook die spaghetti en dreineer.
3 Verhit die passata-sous tot warm en meng deur die pasta.
4 Meng die vars tamaties deur, sprinkel ekstra basilieblare en parmesaan- of pecotino-kaas oor. Sit dadelik voor.

Koue Kerriehoenderslaai

Februarie se hittige dae laat mens allermins lus voel vir warm kos, wat nog te sê lang ure voor die stoof spandeer. Dis dan wanneer hierdie variasie op kroningshoender wat ek desjare terug op Heidelberg in die Wes-Kaap geniet het so handig te pas kom, veral omdat Februarie ook mos druiwetyd is. Die slaai vra nie veel moeite nie en is regtig binne ‘n japtrap klaar, veral as jy die hoender sommer in die Airfryer gaarmaak. Vir iets meer spesiaal gebruik ek lietjies, heerlik om voor te sit wanneer jy vriendinne oornooi vir iets te ete. Die masala-rooibossout gee ‘n lieflike geur aan die hoender.

Genoeg vir 6 mense
Voorbereiding: 15—20 min
Gaarmaak: 30 min

HOENDER
1 kg hoenderborsfilette
Sout en peper of die Carmen Niehaus-masala rooibossout
olyfolie
KERRIESOUS
Olie
2 klein uie, gekap
30—45 ml (2 –3 e) geroosterde kerriepoeier
5 ml (1 t) fyn komyn
Sap en skil van 1 suurlemoen
125 ml (½ k) goeie kwaliteit minder-olie mayonnaise (ek gebruik sommer Checkers se Lite-mayonnaise)
125 ml (½ k) romerige natuurlike jogurt
SLAAI
1 groot tros swart of groen druiwe of 1 blik lietjies, gedreineer
30 g roketblare of jong spinasieblare
1—2 stele seldery, in stukke gesny
1 groen appel, in dun skyfies gesny
Groot handvol okkerneute, gekap

Voorverhit die oond tot 180°C.
1 HOENDER Geur die hoender met sout en peper, pak in ‘n enkellaag in ‘n oondbak, giet olie oor en oondbraai tot net gaar en sag, sowat 30 min. (ek doen dit sommer in die Airfryer, sowat 15—20 min). Sny of breek in stukke.
2 Verhit bietjie olie in ‘n pan en roerbraai die ui daarin tot sag. Voeg die
kerriepoeier en komyn by en meng deur. Verwyder van die hitte en roer die mayonnaise en jogurt deur.
3 Voeg by die hoender en roer deur en koel af.
4 Meng die lietjies of druiwekorrels by die hoender in.
6 Rangskik die blare, seldery en appel op ‘n bord, skep die hoendermengsel bo-op en sprinkel die okkerneute bo-op.
Sit koud voor.

Wenk: Ek het al selfs ‘n piesang of selfs skyfies nektariens ook hierby ingemeng.

Piekelgroente

Bietjie dag terug daag daar ‘n pakkie by my huis op hier in Langebaan – en wat ‘n heerlike verrassing, Safari Vinegar se nuutste premium reeks asyne, alles natuurlik gefermenteer. Ek het nog altyd graag Safari se asyne gebruik maar hierdie is sommer hoërgraad. Daar’s balsamieke asyne – Cape, Cape Rosa en Cape Apple met ‘n suurheidsgraad wat wissel van 4—5%, en dit word ook op die bottel aangedui. Die rooi en wit druiwe-asyne is organies so ook die appel-asyne (daar’s selfs een met heuning en gemmer). Die appel-asyne is ook ongefiltreer en dus propvol goedheid. Alles word plaaslik gemaak en is verpak in ‘n mooie stylvolle bottel, al is dit plastiek.

safari vinegars range

Ek het nog altyd graag ‘n skoot of wat asyn gebruik wanneer ek kook, want dit bring geure so lekker uit veral van sampioene of groenbone en ek gebruik dit graag pleks van mirin of sjerrie in roerbraaie en dis ideaal om piekelgroente mee te maak. Vir slaaisous verkies ek die asyn met die laer suurheidsgraad en my waterbottel kry nou daagliks sy skoot appelasyn met heuning en gemmer.

PIEKELGROENTE

Dis al te voordelig om ‘n fles of wat piekelgroente op hande te hê vir wanneer jy gou iets te ete moet prakseer. Ons hou veral daarvan om oor naweke sommer net ‘n groot dienbord te pak met rotisserie-hoender of skywe oorskiet braaiboud en dit dan saam met kase en piekelgroente te geniet. Ek verkies om met ‘n sagter asyn soos Cape Rosa of Cape Apple te werk. Jy kan die piekelmengsel ook varieer en met gemmer en steranys geur daaraan gee. Dan werk dit veral goed as jy vrugte soos perskes, pruime of selfs pynappel daarin inlê.

Maak sowat 750 g piekels
Voorbereiding: 20—20 minute
Gaarmaaktyd: 10 min

PIEKELMENGSEL
500 ml (2 k) water of jy kan selfs hier ‘n flou rooibostee met boegoe gebruik (so 2 sakkies)
250 ml (1 k) Safari Cape Rosa of Cape Apple asyn
180 ml (¾ k) suiker
15 ml (1 e) geel mosterdsaadjies
6 takkies vars tiemie
Repe skil van 1 suurlemoen
GROENTE
1 elk geel, rooi en groen soetrissies, ontkern en in vingerdik repe gesny
125 g langsteel-broccoli
125 g jong groenbone
1 bos stingeluie, in stukkies gesny

1 PIEKELMENGSEL Plaas al die bestanddele in ‘n groot kastrol en bring tot kookpunt.
2 GROENTE Spoel die groente goed af en plaas afsonderlik in die kokende piekelmengsel. Bring net vining tot kookpunt, verwyder dadelik uit die mengsel met ‘n gaatjieslepel en plaas in ‘n bak of pak in gesteriliseerde flesse.
3 Bring die piekelmengsel weer tot kookpunt en giet oor die groente tot bedek en verseël. Andersins plaas in die yskas.

Variasie: Vervang die mosterd, tiemie en suurlemoen met 1 cm stuk vars gemmer wat in dun skywe gesny is, 2 steranys en 3 heel brandrissies. Sny 2—3 pynappels in dun skywe en pak in flesse en giet die warm sous oor. Verseël. Andersins skil en kook pitperskes tot sag in die piekelmengsel, skep in flesse en verseël.

VINNIGE PIEKELKOMKOMMER: Kook net die water asyn en suiker saam. Sny 4—6 Israeliese komkommers in stukke en giet die piekelmengsel oor.

Spesiale Sjokoladekoek

Koek, sjokolade, bessies en vye is sinoniem met die liefde. In hierdie doodmaklike sjokoladekoek kry jy alles in een met op die koop toe karamelkondensmelk – iets waarmee jy my altyd sal omkoop! Ek maak ook die koek met afgekoelde rooibostee – Red Mocha van Carmién Tea – dit het egte koffiebone in en verleen ‘n heerlike geur aan die koek.

Maak 2 ronde koeke of 24 kolwyntjies
Voorbereiding: 15 min
Baktyd: 22—30 minute

KOEKMENGSEL
750 ml (3 k) koekmeel
350—500 ml tsuiker
80—125 ml (⅓ –½ k) kakao
10 ml (2 t) koeksoda, gesif
160 ml (⅔ k) olie
30 ml (2 e) asyn
10 ml (2 t) vanieljegeursel
500 ml (2 k) mocha-rooibostee, gemaak met 4 sakkies Carmién Tea Red Mocha rooibostee, afgekoel
GANACHE
200 g donke sjokolade
30—45 ml (2—3 e) room of melk
AFRONDING
1 blik (387 g elk) karamelkondensmelk
Paar skeppe natuurlike jogurt
Vars bessies en vye
Versiersuiker vir oorstuif

Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit 2 koekpanne met kossproei of pak papierkoppietjies in muffinpannetjies.
1 Sif die droë bestanddele saam in ‘n mengbak.
2 Klits die olie, asyn, vanieljegeursel en afgekoelde tee saam.
3 Giet oor die droë bestanddele en meng goed.
4 Verdeel tussen die koekpanne of skep die papierkoppietjies driekwart vol.
5 Bak 22—30 minute of tot ‘n toetspen skoon uit die middel van die koeke kom. Laat afkoel. Deel elke koeklaag in twee. (as jy tyd het, vries die koek, dan sny dit makliker)
6 GANACHE Smelt die sjokolade en room of melk in ‘n glasbak oor kookwater of in die mikrogolfoond tot gesmelt. Roer elke nou en dan.
7 Meng die karamelkondensmelk met bietjie jogurt om dit meer smeerbaar te maak.
8 Plak die lae opmekaar met die karamelkondensmelk-versiersel.
9 Skep die ganache oor die hele koek en laat oor die kante afloop.
10 Versier met bessies en vye en stuif bietjie versiersuiker oor.

Liefdeskoekies

Makrolletjies, sjokolade en malvalekkers praat die taal van die liefde. Hier kombineer ek dit, maar jy kan hulle gerus maar net enkel-enkel maak. Vir beide die makrolletjies en malvalekkers hoef jy nie te staan en sukkel om eers ‘n suikerstroop te kook nie. Speel rond met kleure en vulsels. Malvalekkers maak ‘n interresante vulsel vir pienk makrolletjies. Ligte bloues is bv heerlik as dit met suurlemoensmeer aanmekaargeplak word.

MAKROLLETJIES
Maak sowat 40
Bereiding: 20—30 min
Baktyd: 20 min
Staantyd: 20—30 min

BESTANDDELE
225 g versiersuiker
130 g fyngemaalde amandels, nog fyner gemaal in die voedselverwerker
3 eierwitte
60 g (4 e) strooisuiker
‘n paar druppels voedselkleursel van jou keuse
AANMEKAARSIT
100 g gesmelte donker sjokolade of botterversiersel of suurlemoensmeer OF malvalekkers (sien resep)

Voorverhit die oond tot 120°C. Voer ‘n bakplaat uit met bakpapier en spuit met kossproei. Bestuif met mielieblom (skud die oortollige mielieblom af).
1 Sif die versiersuiker en amandels drie keer saam.
2 Kits die eierwitte tot ‘n sagtepuntskuim. Voeg die strooisuiker lepel vir lepel by en klits tot styf en blink. Voeg die kleursel by en klits tot deurgemeng.
3 Skep ‘n paar lepels van die amandelmengsel op ‘n slag by en vou in met ‘n deegskraper of metaallepel.
4 Skep die mengsel in ‘n groterige spuitsak met ‘n ronde spuitstuk en spuit kolle van 2—3 cm groot op die voorbereide bakplaat. Kap die bakplaat om enige lugblasies te verwyder. Doop ‘n lepel in water en vryf oor die bokant om die puntjie plat te maak. Laat staan 30 minute om ‘n velletjie te maak.
5 Bak sowat 20 minute of tot die makrolletjies met ‘n paletmes van die bakplaat gelig kan word.
6 Plak twee-twee opmekaar met gesmelte sjokolade, suurlemoensmeer of malvalekkers.

MALVALEKKERS

30 ml (2 e) gelatien
125 ml (1/2 k) koue water
500 ml (2 k) strooisuiker
125 ml (1/2 k) kookwater
Sowat 12 druppels voedselkleursel van jou keuse

1 Spons die gelatien in die koue water. Verhit tot gesmelt, moenie kook nie.
2 Voeg die strooisuiker en kookwater by en klits 7—10 minute tot die mengsel verdik en wit verkeur het. Voeg voedselkleursel by en klits goed.
3 Smeer dik op een makrolletjie en plak die ander een bo-op. Laat staan tot die malvalekkers heeltemal gestol is.

SUURLEMOENSMEER

Hierdie resep van kookboekskrywer, Ilse van der Merwe, is die beste resep vir suurlemoensmeer wat ek nog teëgekom het. Ek maak dit soms ook in die mikrogolfoond aan – roer net elke minuut of wat en toets vir die regte dikte.

Maak sowat 500 ml (2 k)

200-250 ml suiker
250 ml (1 k) vars uitgedrukte suurlemoensap en 20 ml (4 t) fyngerasperde suurlemoenskil
160 g
4 heel eiers

1 Verwerk suiker en suurlemoenskil tot fyn in ‘n voedselverwerker, voeg die botter by en verwerk tot romerig. Voeg eiers by en verwerk tot goed gemeng, skraap die kante af. Voeg die suurlemoensap by en verwerk tot glad.
2 Skep in kastrolletjie en verhit oor baie lae hitte tot dit glansend en dik is, roer aanhoudendend. Andersins plaas in ‘n glasbak oor ‘n pot met kookwater. Verhit stadig terwyl aanhoudend geroer word met ‘n draadklitser tot die mengsel verdik, sowat 10 minute. Moenie dat dit kook nie. Koel af. (Toets vir die regte dikte deur ‘n bietjie op ‘n piering uit te skep en te verkoel.)

Wenk: Skep die oorskiet malvalekkers in gesmeerde silikonvormpies en plaas in die yskas tot gestol. Rol in klapper of doop in gesmelte sjokolade. Sit voor saam met die makrolletjies.