Kook slim

Watter heerlike voorreg was dit nou weereens verlede week vir my om die laaste van ‘n reeks gesonder-eet-kookklasse vir ‘n dertigtal plaaswerkers op Citrusdal saam met die Mouton Foundation, Carmién Tea en ‘n oorsese klient, Teekanne, aan te bied, ‘n inisiatief wat ontstaan het nadat vasgestel is dat leefstylsiektes wyd voorkom onder die plaaswerkers.

2023 se top kostendense

Volgens my is die beste Suid-Afrikaanse aanlyn-kostydskrif wat daar tans is Crush. Hier kry ek nie net heerlike inspirasie vir resepte nie, maar ook wonderlike addisionele inligting wat alles met kos en nuwe bestanddele te make het. ‘n Paar weke gelede het hulle die top kostendense vir 2023 gedeel en ek kyk graag bietjie dieper daarin.

Rooibos, die nuwe goudstandaard vir gesonde kinderdrankies

Die Star Saturday berig laas week dat KRUIETEES 2023 se groot gonswoord gaan wees as gesonder alternatiewe drankie, spesifiek vir kinders. Ook dat dit selfs vrugtesappies kan uitkikker as die nuwe goudstandaard vir gesonde kinderdrankies.

Superplantkosse

Ekself beskou myself as ‘n flexitariër wat vir lank sal smul aan heerlike plantkosse, maar ook van tyd tot tyd ‘n vleisie sal geniet soos die geleentheid hom voordoen. Daarom het dit ook een van my missies geword om plantkosse so geurig as moontlik voor te sit.