Noudat ons weet hoe belangrik poli-onversadigde vette en spesifiek omega 3-vetsure vir goeie gesondheid is, is dit tyd om lekker vis gaar te maak. Met snoek is ons meer as vertroud, maar partykeer wonder ons hoe om te maak met ‘n varswatervis soos forel, wat soortgelyk aan salm is maar net baie meer bekostigbaar.
Tag Archives: carmen niehaus
O vet, watse vet is gesond?
Vir ‘n gesonde leefstyl (selfs ook gewigsverlies) moet jy gesonde vette eet. Jy benodig vet om vet te verbrand. As jy goeie vette in jou dieet insluit help dit om die versoeking vir soetgoed te weerstaan, jy het meer energie en voel ook langer versadig. Dit het ook talle gesondheid-voordele vir jou hart en verminder inflammasie.
Tee en skons
Daar is darem maar net iets spesiaals aan ‘n varsgebakte skon om saam met jou gunsteling tee (deesdae is myne die Carmien groen rooibos Earl Grey) te geniet. Ek het nou al so baie vertel hoe my ma ons leer skons bak het, die botter netjies ingevryf en die meel hoog gelig om lug te kry.
Klappermeel in ‘n klapperdop
Omdat die neutmele so duur is, het ek bitter gou besef dis nie ‘n volhoubare opsie as jy so vinnig so my huishouding bv deur ‘n baksel beskuit draf nie. So ek het intensief begin soek na ander alternatiewe. Totdat ek klappermeel ontdek het, nie net gaan dit nie heeltemal jou begroting buite beheer laat gaan nie, maar werk dit eintlik baie lekker as jy net eers die verhoudings onder beheer het.
Hoendersop uit ‘n teepot
Dis nog nie koud genoeg om nou al dik gort-en-groentesop te kook nie, maar ‘n geurige hoendersop met heelwat vars bestanddele in, kom nou handig te pas. Omdat hierdie ‘n lekker dun sop is, skink ek dit in teepotte en sit dit so voor saam met die ander vars bestanddele apart in bakkies. Almal maak dan hul eie sop.
Beste brosdeeg ooit
Hierdie brosdeeg, wat jy sommer in die voedselverwerker aanmaak is een van my grootste staatmakerresepte. Ek gebruik die deeg vir van tertkorse tot brosbrood en ander koekies, maak selfs soet “pizza” daarmee. ‘n Wonderlike resep wat net moet deel wees van jou resepte-repetoire.
Koekies uit die vrieskas
Soos die kouete nader kruip, bekruip die lus vir ‘n soetdingetjie jou ook mos meer en meer. Veral hier teen laat aand, wanneer ons vir ons ‘n koppie Orange Camomile rooibostee van Carmién maak, begin mens rondsoek vir ietsie om aan te peusel daarby. Dan is dit voordelig om hierdie deegmengsel gereed in die vrieskas te hê.
Sondag-souskluitjies
Ons het gereeld souskluitjies, gemaak volgens my Ouma Carmen se resep, as Sondagmiddag-poeding gekry. Dit was ‘n veerligte sponskluitjie, eerder ‘n tipe melkpap as kluitjie, wat versigtig met twee poedinglepels in klein hopies in ‘n soet kaneelstropie geskep is.
Kaapse Kerrie
Ek hou van ‘n geurige kerrie soos die Maleiers dit maak eerder as die woeste brandkerries uit Natal. Cass Abrahams was dan ook die een wat my leer kerriemaak het. Cass het my ook geleer – gebruik kerriemengsels wat reeds klaar gerooster is soos geroosterde masala.
Spoggerige Pavlova vir Ma
Op Moedersdag wil mens die een mens wat lewenslank vir jou gaan omgee, jou ma, met iets spesiaals bederf. Weet nie hoekom nie, maar ek dink dan outomaties aan ietsie soets wat ook mooi is. Vanjaar is dit asof pavlova vir my daardie boksie gaan tiek, want mens kan dit darem altevol mooimaak met van vrugte en sommer vars blomme ook.
Looppoeding met mentroomys
Bakpoedings was nog nooit eintlik my ding nie, maar hierdie sjokolade een met sy loperige sousie is vir my hemels. Doen die moeite en maak die mentroomys daarby. Heerlik! Ek maak afsonderlike poedinkies, maar jy kan ook een groot bak maak.
Maklike Brejani
Noudat die kouer weer begin toeslaan, skuif mens outomaties oor na groter bakke kos wat beide lekker warmmaakkos en vullend is. Brejani is vir my so ‘n gereg en ek val gereeld daarop terug veral as ek heelwat mense moet kosgee.
Verleidelike Tert
In hierdie ongebakte tert word die soet van die kondensmelk bietjie afgewerk deur die maaskaas en die piesangs is hemels daarby. Net reg vir die vakansiedae wat voorlê!
Snoektyd in die Kaap
Vanaf Aprilmaand begin die snoek loop aan die Kaapse Weskus en snoekbakkies kry hul staning langs die pad waar jy altyd ‘n mooi snoek of wat kan kry. Soms loop jy ‘n gelukkie raak deur ‘n vars snoek by die hawe sommer direk van ‘n boot af te kan koop.
Aartappels is smulkos
Op ons grootwordplaas is daar ook met aartappels geboer, goeie kontantvloei het my Pa geglo en my Ma staan tot vandag vas daarop dat as daar aartappels in die huis is, mens kos op die tafel het.
Stafies propvol energie
Ek hou daarvan om neute en sade in te werk by my kos en sprinkel dit graag oor van slaaie tot groente; in granola of selfs oor ‘n smoothie. Na ‘n goeie oefensessie kom ‘n energiestafie waaraan jy vinnig kan peusel, baie handig te pas.
Ontbyt in ‘n kits
Ek is lief vir ‘n romerige hawermoutpap wat ek altyd met ‘n kaneelstok, ‘n paar peule kardamom en ‘n steranys of twee gaarmaak – net soos die pap waarmee die kombuis-assistente in Huisgenoot se toetskombuis my graag destyds bederf het. Maar so baie keer is daar so baie dinge wat tegelykertyd soggens moet plaasvind, dat ‘n ordentlike ontbyt die laaste ding is waaraan jy dink en voor jy jou kom kry begin jy laatoggend peusel aan eniggeiets wat voorkom of slaan die een na die ander koppie koffie weg. Om weg te doen met hierdie slegte gewoontes, maak ek baie keer saans ‘n mengsel oornag-hawermout aan.
Lekker soet sonder sonde
Ek het nie juis ‘n soettand nie, maar vir melktert het ek nog nooit nee dankie gesê nie. Langebaan is die deesdae geseën met oulike bakkerye en ek draf gereeld daar in vir ‘n suurdeegbrood of twee. Dan bederf ek my graag met hul heerlike Portuguese tertjies – baie soos ons Suid-Afrikaanse melktert, maar daar word ‘n soet suurlemoenstropie in die melkpap ingemeng.
Wat is kollageen en hoekom is dit goed vir jou?
Al meer mense gebruik deesdae kollageen-aanvullings derhalwe die gesondheid van hul vel, hare en gewrigte ‘n hupstoot te gee, maar daar’s min wat werklik weet wat kollageen is en wat die werking daarvan is in die liggaam.
Tea to the table
Now that you have mastered the terminology of tea tasting, it is time to pair your tea with some food.
