Die dadels en rooibostee maak hierdie teebrood lekker swaar en klam, nes ek van ‘n koekbrood hou. Carmien Tea se Citrus Chai-rooibostee verleen ‘n ekstra speserygeur met ‘n tikkie sitrus, maar ek gebruik ook net so graag die Carmien Natural rooibos om hierdie teebrood mee te maak. Die maaskaasversiersel is heerlik hierby en ek was ook gelukkig om koekheuning in die hande te kry om daarby voor te sit.
Category Archives: Gebak
Oesbrood
In die Mediterreense lande word hierdie brood met oestyd gebak. Die vars druiwekorrels bo-op, vertel die storie van die nuwe druiweoes wat ingesamel moet word.
Rosyntjies in rooiwyn gekook saam met bietjie suiker, kan ook in die middel van die brood gepak word voor dit gebak word. Dan verteenwoordig die rosyntjies die vorige jaar se oes.
Die speserygeure van die Six Hats Shiraz werk goed saam met die soetigheid wat die druiwe verleen aan die brood. Smullekker by die rib, maar net so lekker saam met vis of op sy eie saam met die olyf-maaskaassmeer.
Speserykoekies
Baie naeltjies (of kruienaeltjies) in kos val nie in almal se smaak nie. As jy al op ’n heel naeltjie in ’n happie hoenderpastei gebyt het, sal jy weet! Maar as naeltjies met sorg in kos of gebak gebruik word, gee dit die heerlikste geur. Soos in hierdie resep, my ouma Minnie se speserykoekies.
30 Dae Muffins
Almal ken die immerbekende 30-dae-muffin resep waarvan jy die mengsel aanmaak en in die yskas hou en dan net daarvan bak soos jy nodig kry. Die aanvanklike resep het gewemel van die suiker en die olie. Ek het oor jare rondgespeel met die resep, die suiker en olie verminder en ook bietjie hawermout ingewerk by die mengsel.