Ideaal vir daardie tussen-in happie saam met tee of om laataand aan te peusel wanneer die lus vir ietsie soets groot raak. En nou gaan dit beslis nie sleg doen om eksamendruk mee te verlaag nie.
Category Archives: Gebak
Geurige Groentebrood
Ek is so bly daar is nou ‘n spesiale bewustheid om die eet van groente aan te wakker, want deesdae word dit beslis nie net meer opgekook en as bykos voorgesit nie. Ek geniet dit om met groente te eksperimenteer, die pragtige kleure en bros teksture leen dit darem net te veel tot smaaklike geregte, want die geure werk tog te lekker saam.
Minmoeite Bruintjies
Bruintjies is gemaak om dekadent te wees. Ek verkies egter hierdie resep wat steeds met egte sjokolade, donker sjokolade, gemaak word, minder ryk, maar steeds heerlik klam is. Ek’s veral versot op die lae koolhidraat-variasie.
Eer jou erfenis met melktert
Melktert soos van ouds is altyd omring met ‘n vlokkerige skilferkors en is baie keer in ‘n emaljebord gebak. Ek gee myself geensins uit as ‘n skilferkorsmaker nie en het myself eerder gewend tot ‘n broskorstipe deeg. Ek’t verskeie melktertresepte en ek het hulle noukeurig vergelyk.
Veelsydige Biscotti
Ek het nou al vertel van die eindelose teedrinkkuiers wat ons gereeld saam met my ma op die noordestoep van haar huis meemaak. Spesiaal vir ons stoepkuiers, bak ek hierdie biscotti – die resep is lekker veelsydig en jy kan verskeie soorte van sjokolade- amandel – tot gemmerbiscotti maak.
Smullekker kaaskoek vir raakvatter vroue
Ausgustus is vrouemaand en vir al die raakvattervroue in ons land wil ek almal graag bederf met my groot gunsteling: kaaskoek, gebakte kaaskoek. Ek het verskeie gunstelingresepte, maar die een wat ek aan die Weskus geproe het, bly nog my gunsteling.
Snoekpastei
Toe Hanna Spies vra vir ‘n snoekpastei het ek dadelik hierdie voorslag vistert onthou wat al so baie maal moes diens doen op my tuistafel. Jy kan die tert met snoek, engelvis of skelvis maak. Wat dit lekker anders maak is dat ek ‘n paar swart olywe by die vulsel inwerk as ek met snoek of engelvis werk. Skelvis kry die meer tradisionele gekookte eiers in. Die broskorsdeeg vir hierdie tert maak ek sommer in die voedselverwerker aan.
Gebakte Pampoen
Dis veral Midde-Oosterse en Afrikageure waarby so ‘n bonkige pampoen aanklank vind – dink kaneel en komyn; ment en koljanderblare. En nadat ek dieetkundige, Liezel Engelbrecht, (Liezel the Dietitian) se goeie raad oor koring gelees het, vul ek dit kwistig met graan uit die Afrika-bodem: koeskoes, bulgur, stampkoring of selfs sorghum. Só vorm dit lag-lag die centrepiece van jou tafel.
Tuisgemaakte Teebrood
Die dadels en rooibostee maak hierdie teebrood lekker swaar en klam, nes ek van ‘n koekbrood hou. Carmien Tea se Citrus Chai-rooibostee verleen ‘n ekstra speserygeur met ‘n tikkie sitrus, maar ek gebruik ook net so graag die Carmien Natural rooibos om hierdie teebrood mee te maak. Die maaskaasversiersel is heerlik hierby en ek was ook gelukkig om koekheuning in die hande te kry om daarby voor te sit.
Oesbrood
In die Mediterreense lande word hierdie brood met oestyd gebak. Die vars druiwekorrels bo-op, vertel die storie van die nuwe druiweoes wat ingesamel moet word.
Rosyntjies in rooiwyn gekook saam met bietjie suiker, kan ook in die middel van die brood gepak word voor dit gebak word. Dan verteenwoordig die rosyntjies die vorige jaar se oes.
Die speserygeure van die Six Hats Shiraz werk goed saam met die soetigheid wat die druiwe verleen aan die brood. Smullekker by die rib, maar net so lekker saam met vis of op sy eie saam met die olyf-maaskaassmeer.
Speserykoekies
Baie naeltjies (of kruienaeltjies) in kos val nie in almal se smaak nie. As jy al op ’n heel naeltjie in ’n happie hoenderpastei gebyt het, sal jy weet! Maar as naeltjies met sorg in kos of gebak gebruik word, gee dit die heerlikste geur. Soos in hierdie resep, my ouma Minnie se speserykoekies.
30 Dae Muffins
Almal ken die immerbekende 30-dae-muffin resep waarvan jy die mengsel aanmaak en in die yskas hou en dan net daarvan bak soos jy nodig kry. Die aanvanklike resep het gewemel van die suiker en die olie. Ek het oor jare rondgespeel met die resep, die suiker en olie verminder en ook bietjie hawermout ingewerk by die mengsel.
