Lamsvleis het baie Paasfees-simboliek – nie net was dit deel van Jesus se laaste Avondmaal voor hy gekruisig is nie, maar dit simboliseer ook Jesus wat as Lam van God geoffer is om vir ons sondes aan die kruis te sterf.
Category Archives: Gebak
Kortpad in die kombuis
Ek het laas naweek tog te lekker gekuier saam met die vroue uit die wynlande by Beyerskloof buitekant Stellenbosch tydens ‘n geldinsameling vir die Faith Fund van Beyers Truter wat fetale alkohol-sindroom onder plaaswerkers aanspreek.
Lekker kuier by Beyerskloof
Hierdie is werklik ‘n trefferresep, my Crossfit-pelle, Christa en Peet, het altyd ‘n baksel daarvan in die vrieskas en vertel gereeld hoe hulle dit geniet as die lus vir ‘n lekker gesonder peuseldingetjie hul van tyd tot tyd oorval.
Spanakopita met oorskiet
Na ‘n paar wonderlike fotosessies en kookklas of twee die afgelope tyd, was daar heelwat oorskiet bestanddele in my yskas wat vir my loer, al wagtende om verwerk te word in een of ander dis. Dis toe wat ek besluit om ‘n weergawe van die Griekse lekkerny, Spanakopita te maak.
Woudkoek
‘n Koek wat uitspattig versier is met allerhande takkies vanuit die natuur maak die mooiste ‘centrepiece’ vir ‘n teetafel.
Twee bestanddele sjokolade-torte
Aanvanklik het ek dit met ongeloof bejeën toe die video van hierdie torte die rondte doen, maar nuuskierig soos ek is, het ek toe wel besluit om dit uit te probeer. En – dit werk! Makliker en vinniger kan dit haas nie – slegs sjokolade smelt, eiergele byroer, eierwitte styfklits, invou en bak.
Supersaadbeskuit uit die Airfryer
Hierdie heerlike saadbeskuid, van die bestes wat ek nog geproe het as dit kom by glutenvry en lae-koolhidraatbeskuit, tiek sommer baie boksies as dit kom by heilsaamheid.
Hawermout-saadbrood
Die lekkerste, maklikste meellose saadbrood wat ek nog geproe het. Hawermout kan ook op ‘n matige wyse in ‘n min koolhidraat-eetplan ingesluit kan word.
Sop en brood
Vir my is winter ook sinoniem met sop. Eintlik lief ek sop enige dag en kan net nie genoeg daarvan kry nie. So jy kan my verlei met ‘n koppie warm sop, en as daar nog ‘n snytjie varsgebakte brood ook by is, is ek letterlik in die koshemel.
‘n Bordjie sout
Die versoek om ‘n bordjie eetgoed na die een of ander byeenkoms te bring, land nogals deesdae gereeld op my telefoon.
Beskuit gelaai met goedheid
My pa het ons altyd kleintyd bederf met varsgebroude opstaankoffie en beskuit in die bed. ‘n Ritueel wat ek tot vandag toe koester.
‘n Koekliefdesbrief vir Ma
Na al die jare is dit vir my die lekkerste lekker om saam met my ma ‘n koppie tee in die sonnetjie op haar plaashuis se noordestoep te geniet. Wat ‘n voorreg om dit steeds op amper 87 steeds te kan doen.
Mooi mooi
Twee goed wat my sommer baie vreugde verskaf is ‘n vars pluksel blomme en ‘n fraai teepot.
Lekker verrassingspakkie
Dis altyd ‘n groot verrassing as hier ‘n pakkie van die befaamde kosskrywer en -redakteur, Arina du Plessis by my opdaag. Want ja, dan weet ek die nuutste Landbou Boerekos het so pas gearriveer. Dit bly beslis een van my gunsteling kostydskrifte, tot boordens toe gevul nie net met lekker resepte nie, maar ook inligting en lekkerlees-artikels!
Bak ‘n koek en wen ‘n boek
Hier is nou ‘n lekker uitdaging en geleentheid om ‘n Lekker & Goed, heerlike kos propvol heilsaamheid -boek, te wen. Al wat jy hoef te doen is om die rooibos-sjokoladekoek te bak en ‘n foto daarvan vir ons aan te stuur. Dan staan jy ‘n kans om die boek te wen!
Proe die nostalgie
Dadelballetjies kan soveel variasies aanneem – voeg ’n bietjie grondboonbotter en droëvrugte soos Turkse appelkose en bosbessies by en jy het heerlike energiepeuselkos waaraan jy kan weglê tydens of ná ’n oefensessie.
Stroopsoet
Die oorspronklike resep van hierdie koek, wat letterlik binne minute aanmekaar geslaan kan word en nie enige eiers inkry nie, was die koek wat ek altyd vir my kinders se verjaarsdae gebak en saamgestuur het skool toe.
Skoffel in die tuin
Op Sondag 9 Oktober is dit Tuindag – tyd om jou blommekroon op te sit en die dag in jou tuin te geniet, hetsy met ‘n stukkie koek saam met tee of lekker mengeldrankie.
Aardse kleure en eiervrugbrood
As dit dan by eetgenot kom, is daar niks beter om dit mee te vier as een of ander groentegereg, reg uit die aarde nie.
Nog Weskusdinge
Ek’t ‘n swak vir brood, buiten Ma se varsgebakte plaasbrood, is bruinbrood wat wemel van die sade my groot gunsteling.
