Proe en ervaar hoe interresant die wêreld van happies kos saam met ‘n sippie wyn en rooibostee kan wees en hoe wyn en tee telkens ander geure en teksture in kos na vore bring.
Category Archives: Lekker Idees
Weskusjuwele
Die Weskus is ‘n spesiale plek met vele weggesteekte juwele – dié ontdek ons so stelselmatig noudat ons permanent teen die Weskus bly. En wat ‘n verrassing toe ek na “The Ultimate Guide to the West Coast” kyk wat onlangs op Inside Guide in samewerking met Discover Cape Town and the Western Cape gepubliseer is.
Gesonder produkte
In my Lekker & Goed-reis op soek na heilsame kos wat gesonder is maar steeds heerlik smaak, was dit veral my missie om gesonder produkte te gebruik wat maklik verkrygbaar is en jou nie ‘n arm en ‘n been gaan kos nie.
Valentynsvreugde
In my jare as kosredakteur was die spesiale temas wat daar deur die jaar op gefokus was nogals vir my ‘n uitdaging. Een wat my veral soms laat kop krap het was Valentynsdag, want sien, hierdie storie moes alreeds afgehandel en klaar in die sakkie wees voordat ons vir die jaarlikse Kersvakansie gebreek het.
Kweek jou eie groente
Met dié dat plantkosse en groente een van die groot kostendense vir 2023 is, het ek dit goedgedink om weer ‘n groentetuintjie by my Weskushuis aan die gang te kry.
2023 se top kostendense
Volgens my is die beste Suid-Afrikaanse aanlyn-kostydskrif wat daar tans is Crush. Hier kry ek nie net heerlike inspirasie vir resepte nie, maar ook wonderlike addisionele inligting wat alles met kos en nuwe bestanddele te make het. ‘n Paar weke gelede het hulle die top kostendense vir 2023 gedeel en ek kyk graag bietjie dieper daarin.
Dorslesser teen die hitte
Die somer is in volle swang en dis hittig daarbuite; daarom is dit so belangrik dat mens ten alle tye gehidreer bly. Beste bly maar water, maar so op sy eie kan dit maar ‘n eentonige storie raak en koeldrank gaan nie eintlik die ding doen nie.
Tea to the table
Now that you have mastered the terminology of tea tasting, it is time to pair your tea with some food.
Exploring tea is the new cool: a basic guide to tea drinking
But with tea becoming so popular, few really know the difference between their teas as most South Africans still refer to all leafy beverages steeped in hot water as tea. Strictly speaking, the word ‘tea’ only refers to a beverage that comes from the Camellia Sinensis plant, which is native to Asia. The most common tea varieties are black, green, white, oolong, purple, Pu-erh and herbal infusions.
Piekelgroente
Bietjie dag terug daag daar ‘n pakkie by my huis op hier in Langebaan – en wat ‘n heerlike verrassing, Safari Vinegar se nuutste premium reeks asyne, alles natuurlik gefermenteer. Ek het nog altyd graag Safari se asyne gebruik maar hierdie is sommer hoërgraad.
Eet vars en gesond
Daar is deesdae so baie eetplanne oor gesonder eet dat dit mens meestal goed deurmekaar maak. Ek het nou al bykans na almal geloer en meeste beproef en op die ou einde het ek volstaan by gebalanseerd eet met die volgende 6 riglyne as basis.
Eet skoner en varser
‘n Goeie afskop om gestalte aan gesonder eetgewoontes te gee is om vir ‘n week of wat skoner te eet met lekker baie vars kosse, want ‘n mens hoef geensins net van water en groentestokkies te leef as jy bietjie wil detoks nie. Dieetkundiges beveel aan dat mens sowat 3—7 dae detoks, maar moenie vas nie, want dit vertraag die metabolisme.
Peuselgoed vir oujaarsaand
Van ons voorstoep af kyk mens lekker uit op die Langebaanmeer. Onder die lattedak staan daar ‘n groot stewige houttafel met bankies. Lanterns wat al om die kante van die stoep hang, gee net genoeg lig. Dis nou al tradisie dat ons Oujaarsaand saam met familie en ‘n paar vriende op die lekker groot stoep kuier, want hiervandaan kan ons die vuurwerke mooi bekyk. Dis dan wat ek graag groot houtborde met charcuterie en kase uitpak saam met lekker brode en ‘n paar smere. Ek gebruik sommer baie keer ‘n klompie vysels om die eetgoed in uit te sit. Eenkant prakseer ek ‘n ginstasie waar almal kan eksperimenteer met mengeldrankies.
